Posts

Showing posts from June, 2021

Ons storie is Sy storie - ( deel 1) EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN

Image
Ons storie is Sy storie - ( deel 1)  EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN Elkeen van ons het 'n STORIE en daardie storie vorm deel van die wêreld se storie wat ons die GESKIEDENIS noem. Kirk Cameron het in een van sy 100 Day Campfire Revival video's op Faceboek gesê dat die geskiedenis word in die engelse woord HISTORY presies omskrywe...  History - HIS(s)TORY (all of it is His story) Alhoewel die grootste geskiedenisboek in die wêreld steeds die Bybel bly omdat dit Sy storie is, val alle ander geskiedenisboeke wat al ooit geskryf is ook onder Sy storie (HIS(s)TORY) ook jou en my geskiedenis wat ons verlede, hede en toekoms omvat. Kirk sê verder: " Our story is part of HISTORY and therefore HIS STORY become our story. God is a part of it to triumph over error .  God is in the midst of my family's story triumphing over error and evil. He is in our personal story,  our national story and our international story triumphing over error and evil." Ons kan dus verseker weet

Om goed te doen of nie goed te doen, dis die vraag.

Image
  Om goed te doen of nie goed te doen dis die vraag.  Dit het nogal so klankie van Shakespear daarin …"to be or not to be that’s the question" Dit mag dalk na ‘n dom vraag klink, of ons kan dink daar is ‘n maklike antwoord... Wel GOEDDOEN is toe moeilker as wat ek ooit kon droom . Ek dink baie sal dalk hiermee hul kan vereenselwig.   Jy wou GOEDDOEN, maar toe loop alles skeef en word 'n gemors.  Jy wou GOEDDOEN maar toe neem hul dit verkeerd op of dit kom verkeerd oor.  Jy wou GOEDDOEN maar hul wou privaatheid hê. Toe besluit jy 'n volgende keer om iemand se privaatheid te respekteer toe neem húl dit weer op jy gee nie om, want hul wou hê jy moes opdaag. Jy wou GOEDDOEN maar hul het klaar besluit hul weet wat jou motief is en word jou GOEDDOEN met agterdog beheen of selfs van die hand gewys. Jy wou GOEDDOEN maar omdat jy nog nie in hul skoene was mag jy nie saam loop. GOEDDOEN voel later soos om op eiers te loop, VERSIGTIG ipv met oorgawe, dit voel dit maak nie saak h