Posts

Showing posts from October, 2019

Waarom Here?

Image
Waarom Here?  Ek is seker dat meeste van ons al in ‘n situasie was waar ons gevra het: ”WAAROM HERE!” Niemand kon egter meer daaroor gewonder het WAAROM God ons Vader slegte goed toelaat in ons lewe as Job en Habakuk. Ons mag vra waarom Here, maar die probleem kom in en beweeg ons op gevaarlike terein as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het. Ek onthou dat ons deur ‘n paar rowwe goed in ons lewe was kort na mekaar Een dag drie weke na ek self by die dood omgedraai het met breinvliesontsteking, deur ‘n fratsongeluk kap ‘n dakwaaier my 6 maande oue seuntjie se voorkop oop en terwyl ons van een hospitaal jaag na die ander omdat ons oorgeplaas is het ek daardie dag dit uitgeroep WAAROM HERE, waar was U Here kon U dit nie gekeer het nie? Toe ek praat was Hy stil soos met Job,en toe ek stil word toe praat Hy … Later toe die chirurg na ‘n uur uit die teater kom sê hy aan my of ons gesien het hoeveel GENADE ons gek