Posts

Showing posts from July, 2023

Geloofsreuse twyfel nie en word nie bang nie... of doen hulle?

Image
  Die Vyand wil he ons moet van die Gelowiges in die Bybel as Geloofsreuse dink om ons moedeloos te maak, omdat óns nie is nie. Maar die waarheid is niemand is 'n Geloofsreus nie en kan altyd in alles sterk staan nie, en niemand is gevrywaar dat dinge nooit vir jou te veel kan word nie. Selfs Elia was maar net 'n gewone mens. " Elía was 'n mens net soos ons , en hy het ERNSTIG GEBID dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;" JAKOBUS 5:17 AFR53 Die Here weet ons is nie Geloofsreuse   nie, want Hy se dit in Sy Woord "Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is." PSALMS 103:14 AFR83 Dit beteken nie ons hoef nie te glo en te vertrou nie maar dat Hy weet ons kan dit nie op ons eie alleen gaan regkry nie daarom help Hy ons daarmee deur Sy Gees wat in ons woon en Hy werk deur medegelowiges se bystand, omgee en gebede.  As ons maar net die Psalms lees sien ons hoe Dawid die man na God