Posts

Showing posts from March, 2023

4. Vra Jesus hom: "Waarom vervolg jy Mý?" Pelgrim se reis Deel 4

Image
  Ons is besig met die storie van Verlore Sondaar in die boek The Pelgrims progress wat oppad is na die hemelse stad maar ons het gesien hy kry baie teenkanting op sy pad,  verkeerde reisgenote tot verkeerde raadgewers wat hom wil keer of laat omdraai waarvan mnr Wêreldwys wat hy nou ontmoet het een was. Hy praat so baie en laat hom nou twyfel in al die goeie raad wat Evangelis en Hulp hom gegee het om daar te kom. Mnr Wêreldwys beduie hom nou na agter die hoë berg na WETSGESIND toe. Die satan laat God se pad moeilik lyk en niks lekker nie. Gebruik die mens se begeerte vir makliker en lekkerder lewe hier en nou om ons te bedrieg met ander paaie(ander evangelies). Mnr Wêrelswys vertrou ‘n gewone mens om die sonde weg te neem. Hy vertel hy is glo knap. Hy bly in ‘n gesiene buurt, hy is dus ook iemand van aansien. Wetsgesind stel iemand voor wat uit eie krag die 10 gebooie probeer onderhou en ander so leer. Hy maak staat op uiterlike skoon lewe soos die fariseers. Probeer uit eie nie erge