Posts

Showing posts from August, 2019

Met KRAG wat ek waar kry?

Image
Met KRAG wat ek waar kry? Maar Gideon sê: "Ekskuus, Meneer, waarmee"? Gideon het reeds gehad wat hy nodig het, maar dit nie geweet... Almal wil 'n wonderwerk hê, maar niemand wil in 'n situasie wees waar hul een nodig het nie. In die ONMOONTLIKE, totaal in die minderheid situasies sien ons hoe God met bietjie baie meer kan doen as wat die wêreld met hul baie kan doen. “ Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.  Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê:  “ DIE HERE IS BY JOU , dapper man !”   MAAR Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die

Mý plan teenoor God se plan

Image
Mý plan teenoor God se plan Wat ek sou dink moet gebeur is nie altyd wat God weet moet gebeur nie.  " My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;   soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.  So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het ." JESAJA 55:8‭-‬11 AFR83 Jesus se kruispad was nie Petrus se plan nie, maar dit was God se plan. Petrus se plan probeer Een persoon red. God se plan sterf Een persoon sodat baie gered kan word. Josef moes deur sy broers  in 'n put gegooi word, as slaaf verkoop word, valslik