Posts

Showing posts from April, 2018
Image
Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer? Ons het soveel aanvalle van die vyand beleef op verskeie gebiede dat dit gevoel het ons gaan onder al die druk en bekommernisse vou. Verwoord Dawid dalk ook jou hart vandag? “Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en weg bly!  Kyk, ek sou ver wegvlug ; ek sou vernag in die woestyn! Sela.  Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die ONSTUIMIGE WIND, teen die STORM." PSALMS 55:6‭-‬9 AFR53‬‬‬‬‬ Pasop  veral vir die sorge van die lewe. Die kind van God kyk uit vir sonde in hul lewe maar besef ons SORGE en SONDE is ewe gevaarlik as ons nie WAAKSAAM is nie…alby kan ons wegvat van God se plan met ons lewe(van jou pos wegvat) en ONS FOKUS van God self afvat. (Die golwe en wind(storm) het Petrus se fokus van JESUS afgehaal en toe versuip hy amper...genadiglik net amper) Daar is nie iemand wat kan sê dat hul geen sorge het nie,

My kant, jou kant en die regte kant

Image
Het jy jouself al afgevra of daar nie dalk 'n ander kant van die muntstuk kan wees nie.. Ek het hom die voorkant van n R10 gewys En vir haar die agterkant van 'n R10 En toe hulle twee om 'n tafel laat sit en gevra: "Hoe lyk 'n R10?" Elkeen hardkoppig om sy eie prent te verduidelik het hulle daar gesit en gestry en gestry sewe dae, en sewe nagte lank All in vain- Sy kon nie vir Nelson sien nie En hy nie haar renoster nie Uiteindelik het albei uitgestorm,  woedend "Hy is verkeerd,  ek is reg" Sy het almal vertel hoe stupid hy is Dat hy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie En vir hulle haar kant met die renoster gewys As bewys Hy het almal vertel hoe stupid sy is Dat sy nie eers weet hoe lyk 'n R10 nie terwyl hy die prentjie van Nelson wys As bewys Sewe jaar later toe stry hulle steeds Teen daardie tyd ook oor die R20 noot en die R50 noot En uiteindelik besluit hulle moet maar skei omdat hulle uitmekaar uit geg

Is jy nie ok nie? Dis ok...

Image
Is jy nie ok nie? Dis ok... Bevind jy jou vandag nie op ‘n lekker plek nie en is jy dalk op moedverloor se vlakte? Die goeie nuus is Jesus hang nie net uit met mense wat voorgee dat alles ok is nie. Met die Emmausgangers sien ons in Lukas 24 dat Hy juis saam met mense kom loop met somber gesigte, wat teleurgesteld en moedeloos is. “Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,…” LUKAS 24:14‭-‬15 AFR83 Jesus kom na hulle toe, kom ontmoet hul op die plek waar hulle hul bevind. Moedeloos oppad terug. Hulle was dan so seker Hy was die Messias wat sou kom, die een wat alles sou kom verander. Jesus ontmoet ook vir my en jou in ons donkerste uur van hopeloosheid. Dalk voel jy ook vandag jy was dan so seker Hy sou teen die tyd al ingegryp het en jou omstandighede verander het. Jesus daag op selfs op die onwaarskynlikste pad van jou lewe. JESUS DAAG ENIGE PLEK