Posts

Showing posts from November, 2019

Wat as die trein kom...?

Image
Wat as die trein kom...? 'n Kosbare ou dame, hartsvriendin van my, Sarah vertel my die storie.... Skoolkinders wat anderkant 'n berg gebly het moes elke dag oor die berg klim om by die skool uit te kom. Soms was hulle laat dan het hulle sommer vinnig 'n kans gevat en deur die treintonnel geloop. Een dag toe hulle dit weer waag kom daar skielik 'n trein van vooraf en besef hul, dit help nie om te probeer vlug nie. Soos sy dit gestel het : "they realize they could not outrun the train" Al wat hul op daardie oomblik kon doen was om hul lywe styf  teen die rotswant te druk en so styf as moontlik vas te probeer hou aan die stukke van die rots wat uitgesteek het. So staan hul toe met hul wang styf vasgedruk teen die rotswand en klou vir al wat hul werd is terwyl die trein trok vir trok by hul verby spoed. Lam van skrik en bewerig maar veilig en ongedeerd kon hul na die tyd verder deurbeweeg tot aan die einde van die tonnel. Dis hoe dit ook is in ons