Posts

Showing posts from December, 2020

Om om te kyk...

Image
 Laaste dag van 'n bitter moeilike jaar vir die ganse mensdom....2020 Dis hier waar ons vir 'n wyle stop en terugkyk. Soms is terugkyk nodig en soms nie... Hang af waarop jy fokus, soms is daar goed wat jy moet uitblur. SOMS NIE is soos wanneer die Israeliete terugkyk en verlang na die vleispotte van Egipte en dit terwyl die Here self voor hul uittrek na iets baie beter, Hy self vir hul sorg en hul beskerm en hul neem na die Beloofde land, hul verlos uit slawerny . SOMS NIE is as Lot se vrou omkyk na die lewe soos sy dit geken het OM DIT NIE TE WIL LAAT GAAN NIE, om te kyk na die stede Sodom en Gomora met al hul verleidelikhede, na 'n lewe van sonde waarvan die Here haar en haar gesin pas verlos het. " Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam.   En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit,

Dalk is dit nog net 'n entjie...

Image
Is jy dalk by die verkeerde fontein?   Dalk is dit nog net 'n entjie... Mis ons soms God se plan vir ons omdat:  *ons EIE PLANNE maak,  *ONGEDULDIG raak oor God se tyd    * Fokus verloor *of dalk te gou MOED OPGEE? Abraham en Sara het ongeduldig geraak en 'n ISMAEL PLAN gemaak 'n eie plan terwyl God sin 'n ISAK PLAN was... Net nog 'n entjie verder UITHOU, entjie verder VERTROU sou hul so baie hartseer en ongelukkigheid gespaar het.  Hulle maak hul besluite op wat hul SELF KAN SIEN, onvrugbaar, ouderdom en tyd wat uitloop vir kinders hê, 'n slafin wat kan erfgenaam gee... Ons planne word gemaak rondom die hier en nou, dit wat óns weet en kan sien .  Die Israeliete was al drie dae in die woestyn oppad toe hulle by Mara aankom.  Hul besluit uit wat hul kan sien voor hulle dat dit moet God se uitkoms vir hulle wees. Hulle kyk rond en nie Op nie... Toe dit nie in hul behoeftes voorsien soos wat hulle verwag het nie is hul baie ongelukkig en murmereer oor hul lot. M