Posts

Showing posts with the label Moedeloos

Is jy nie ok nie? Dis ok...

Image
Is jy nie ok nie? Dis ok... Bevind jy jou vandag nie op ‘n lekker plek nie en is jy dalk op moedverloor se vlakte? Die goeie nuus is Jesus hang nie net uit met mense wat voorgee dat alles ok is nie. Met die Emmausgangers sien ons in Lukas 24 dat Hy juis saam met mense kom loop met somber gesigte, wat teleurgesteld en moedeloos is. “Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,…” LUKAS 24:14‭-‬15 AFR83 Jesus kom na hulle toe, kom ontmoet hul op die plek waar hulle hul bevind. Moedeloos oppad terug. Hulle was dan so seker Hy was die Messias wat sou kom, die een wat alles sou kom verander. Jesus ontmoet ook vir my en jou in ons donkerste uur van hopeloosheid. Dalk voel jy ook vandag jy was dan so seker Hy sou teen die tyd al ingegryp het en jou omstandighede verander het. Jesus daag op selfs op die onwaarskynlikste pad van jou lewe. JESUS DAAG ENIGE PLEK...