Waarom Here?

Waarom Here? 

Ek is seker dat meeste van ons al in ‘n situasie was waar ons gevra het: ”WAAROM HERE!”

Niemand kon egter meer daaroor gewonder het WAAROM God ons Vader slegte goed toelaat in ons lewe as Job en Habakuk. Ons mag vra waarom Here, maar die probleem kom in en beweeg ons op gevaarlike terein as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het.

Ek onthou dat ons deur ‘n paar rowwe goed in ons lewe was kort na mekaar
Een dag drie weke na ek self by die dood omgedraai het met breinvliesontsteking, deur ‘n fratsongeluk kap ‘n dakwaaier my 6 maande oue seuntjie se voorkop oop en terwyl ons van een hospitaal jaag na die ander omdat ons oorgeplaas is het ek daardie dag dit uitgeroep WAAROM HERE, waar was U Here kon U dit nie gekeer het nie?

Toe ek praat was Hy stil soos met Job,en toe ek stil word toe praat Hy …

Later toe die chirurg na ‘n uur uit die teater kom sê hy aan my of ons gesien het hoeveel GENADE ons gekry het van die Here, 1 mm nader aan die dakwaaier sou hy blind, of breinskade gehad het of dood gewees het. En net daar sê die Here vir my “EK WAS DAAR, MY HAND WAS TUSSENIN" 

Ja ons het nooit die WAAROM dit ook nog moes gebeur het gekry nie, maar ons het die seker wete gekry dat waardeur ons ook al sou gaan Hy by ons sal wees en ons nooit ooit sal los nie. Tot vandag is dit iets wat ons deurdra as dinge rof raak.

Om te onthou wat God vir ons in die verlede gedoen het gee vir ons deursettingsvermoë en KRAG vir die situasie nou en HOOP vir die toekoms.

“Jy moet altyd terugdink(ONTHOU) aan die 40 jaar wat verby is. Kyk altyd terug na die pad waarmee die Here jou deur die woestyn gelei het."
Deut 8:2

Jare later het die Here by monde van Moses  vir die Israelite gesê WAAROM hulle 40 jaar in die WOESTYN moes vertoef. Baie van ons STORMS EN WOESTYNE sal ons ook baie later eers verstaan, maar ander dalk nooit of eers in die ewigheid.
“… Hy (die Here)het jou swaar laat kry SODAT jy nederig kon word en kon leer om sy voorskrifte te gehoorsaam. Jy was dikwels honger, maar (but God) die Here het vir jou manna gegee. Dit was iets wat jy en jou voorgeslagte nie geken het nie. So wou die Here jou leer dat ’n mens nie van brood alleen kan leef nie, maar dat die beloftes en die woorde van die Here jou ook versadig maak. In die 40 jaar wat verby is, het jou klere nie  verslyt nie en het jou voete nie eens geswel van al die stap nie. Dink altyd daaraan (Onthou) dat die Here jou in die woestyn soos ’n kind grootgemaak en geleer het. So wou Hy jou leer om Hom lief te hê en volgens sy wil te leef.”   Deuteronomium 8:2‭-‬6 DB‬‬


Die probleem kom in as ons antwoorde wil gee vir God se toelatende wil en self wil besluit wie skuldig is dat dit of dat gebeur het.

As ons dan sê dis nooit God wat soms berge, woestyne, storms of Goliats oor ons pad bring nie, dan sê ons soms is Hy nie in beheer nie maar die duiwel of ons self, terwyl God nooit uit beheer kan wees nie, Hy is Almagtig.

Die dissipels het ook hier probeer uitvind wie se skuld dit was en hul opinie was heeltemal verkeerd.
"Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?”  En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word."
JOHANNES 9:2‭-‬3 AFR83

 In die Woord sien ons telkemale dat God deur Sy TOELATENDE WIL situasies oor Sy kinders se pad toelaat en soms selfs bring, nie omdat Hy dit altyd wil nie maar in Sy wysheid vir ‘n rede.
 Ons kan nie altyd Sy rede ken nie, maar ons moet Hom net vertrou
“…. If a DISASTER or MISFORTUNE occurs in a city
 has not the Lord caused it?
AMOS 3:6 AMP

Ons kan ook nie vir onsself sê ja maar dit was daardie tyd nie.
God het en sal nooit verander nie

Net in die vorige vers van Deuternomium 8 sien ons dis die Here wat hul(Sy kinders) woestyn toe gevat het en wou leer
 “ Hy (die Here)het jou swaar laat kry SODAT jy nederig kon word en kon leer om sy voorskrifte te gehoorsaam…… Dink altyd daaraan dat die Here jou in die woestyn soos ’n kind grootgemaak en geleer het. So wou Hy jou leer om Hom lief te hê en volgens sy wil te leef.”

Die Duiwel het nie God se volk die Israelite woestyn toe gelei nie, ook het die Israelite nie iets verkeerd gedoen wat hul in die woestyn laat beland het nie, die Here self het met ‘n wolkolom in die dag en ‘n vuurkolom in die nag hulle daarheen gelei. Ja hul eie ongehoorsaamheid het hul langer in die woestyn laat vertoef as wat hul daar moes wees, maar dit was aanvanklik die Here wat hul daarheen gelei het oor die redes wat ons pas hier bo gelees het.
Eers maak dit nie vir ons sin dat ‘n liefdevolle Vader Sy kinders wat na Hom roep om redding sal opdaag as antwoord op hul gebed maar hul dan woestyn toe lei nie, tot ons Sy redes lees. Dan eers verstaan ons Sy wysheid. Ons sien ook dat Hy in die woestyn hul heeltyd in Sy hand gehad het, TEN SPYTE VAN. Soos Sy hand tussenin was TEN SPYTE VAN dat ons hierdeur moes gaan, maar Hy wou ons ook leer dat Hy altyd by ons sal wees maak nie saak wat gebeur en dat nils buite Sy beheer is nie.

Dis nie Sy hart om dit te wil toelaat nie, maar dit is in Sy wysheid laat Hy dit toe. Vir ons onverstaanbaar, maar eendag sal ons verstaan glo ek.

“Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.
Moet dan nie bang wees nie.
 Julle is meer werd as baie mossies.”
MATTEUS 10:29‭-‬31 AFR83

NIKS IS UIT SY BEHEER NIE

Ook in Job se geval sien ons sê die Here dit is Hy wat Job ruïneer het, al sou ons dalk wou sê dis Satan se werk gewees en verseker was dit ook nie Job se eie toedoen nie. Net dit wat God voor ja gesê het kon gebeur en dit waarvoor God nee gesê het kon nie gebeur nie. Satan kon nie Job se lewe vat nie.

Die volgende vers bewys aan ons dat dit nie buite God se beheer  of toelatende wil gebeur het nie.
 “ Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom nou gesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad. Hy het vroom gebly, al het jy My daartoe gebring om hom sonder rede te ruïneer.”
JOB 2:3 AFR83

Job het ook nooit die duiwel bameer nie, maar met God in gesprek getree oor sy situasie, en BY HOM WOU WEET WAAROM.
 Hierdeur sien ons dat Job geglo het God is in beheer.
Hy praat met God en nie met die Duiwel, Eva het met die Duiwel in gesprek getree en dit het haar duur te staan gekom

Job weet die ramp is in God se toelatende wil.
 “Maar vir die ramp wat God nou gestuur het, is ek bang, teen sy majesteit kan ek niks doen nie.”
JOB 31:23 AFR83

Wat hom oorgekom het, het nie gemaak dat hy die Here kwalik neem en gaan goddeloos lewe het nie al het sy vrou dit selfs voorgestel. Inteendeel sy reaksie was
Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê:  “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en DIE HERE HET GENEEM. Prys die Naam van die Here.”  Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.
JOB 1:20‭-‬22 AFR83‬‬‬‬‬

Let op Hy sê nie die Duiwel het geneem nie, maar die Here het geneem.

Sal ‘n God van liefde jou Sy kind deur woestyne, storms, ens lei?
Ja Hy sal, maar Sy MOTIEF is nie wat Satan hoop ons sal dink dit is nie nl. dat Hy ons Altyd dan straf, of verlaat het nie. Satan wil ook daardeur probeer laat twyfel in Sy almag en liefde vir ons.
Nee Hy laat goed toe in Sy toelatende wil om aan ons en aan ander goed te doen en leer wat ewigheidswaarde dra.

Jesus het seker die ergste iets deurgemaak en was onder geen omstandigede self aandadig daaraan nie, want hy het nie sonde nie en Sy kruisdood was God se plan nie Satan sin nie. 

Deur menslike oë gesien sou die goeie wees om dit te probeer keer en die slegte om dit deur te voer.
God het Jesus na die kruis gelei en Satan het juis alles in sy vermoë gedoen om dit te keer?

Satan probeer Jesus keer om later aan die kruis te sterf deur al die seuntjies dood te maak kort na Jesus se geboorte, God stuur ‘n engel om Hom veilig weg te vat want God se plan met Jesus se lewe moes nog vervul word. God bewys Hy is in beheer. Satan probeer Jesus in die woestyn verlei om Hom te keer om God te gehoorsaam, Jesus volg God in gehoorsaamheid ten spyte van wat Hy vir Hom in die toekoms gewag het.

Petrus(menslik) probeer keer dat Jesus moes sterf en Jesus self openbaar wie hom deur Petrus wou keer, nl. SATAN.
Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie MOET ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.  En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.  Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.
MARKUS 8:31‭-‬33 AFR53‬‬‬‬‬

Ons weet vandag wat die rede daarvoor was…
GENADE ONBESKRYFLIK GROOT aan òns bewys. 
_________________________________________________________________________________

Is dit dalk ook ons antwoord hoekom ons nie kan verstaan WAAROM God die seer en slegte toelaat nie, Want "ons bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.”
ONS DINK SOOS 'N MENS SOU DINK EN NIE SOOS GOD DINK NIE
_________________________________________________________________________________


As Hy Sy eie Seun Jesus Sy enigste Seun nie gespaar het van die kruis hoekom sal Hy ons dan nie ook deur moeilike goed neem as Hy in Sy alwysheid dink en weet dis nodig nie. Hy behandel ons as Sy kinders.

 Daniel moes leeu kuil toe sodat ‘n goddelose koning die ware God kon leer ken. Sy vriende moes vuuroond toe 7x warmer sodat ‘n goddelose God kon sien.

Soms vat die Here Sy kinders deur Sy toelatende wil deur rowwe goed sodat ander Hom deur hul en hul omstandighede kan sien of leer ken, of sodat Sy kind gelouter en gesuiwer kan word in die proses van heiligmaking om meer en meer te word soos Jesus, of sodat Hy daardeur kan bewys dat die ware wedergeboorte kind van God Hom dien TEN SPYTE en nie net omdat Hy by magte is om aan hul goed te doen nie.
 Ons weet hierdie moontlike redes uit die lewe van ander gelowiges, maar die rede vir my situasie kan net Hy weet en moet ek Hom net vertrou.

As Hy net altyd net die goeie toegelaat het en nooit die slegte dan sou ons geloof min werd gewees het, want dan sou almal wou glo om te kan kry. Dis egter ‘n Habakuk geloof wat God soek, ‘n "al sou die vyeboom nie bot en daar geen vee in die kampe wees" geloof. God soek geloof en liefde vir Hom oor wie Hy is en nie oor wat ons daaruit kan kry nie.
Hy soek FOLLOWERS EN NIE FANS NIE
Jesus het daardie liefde vir die Vader gehad, en so, baie gered deur Sy gehoorsaamheid.

Vir die kind van God gaan dit oor liefde tot God en liefde tot ons naaste. Al sou dit soos vir Jesus jou alles kos, selfs jou lewe.
Its not about me….
"What about me" ingesteldheid gaan ons altyd ongelukkig laat want God se gedagtes is nie ons sin nie en kan ons nie hier en nou Sy weë altyd verstaan nie want ons ken net ten dele, eendag sal ons eers regtig verstaan. Tot dan VERTROU SY HART

Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”
I KORINTHIËRS 13:12 AFR53
Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here .  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”
JESAJA 55:8‭-‬9 AFR53‬‬

As ons op ons woestyn paaie terugkyk en sien hoe baie nader dit ons aan God gebring het, sal die vyand dan regtig dit teweeg wou bring?

Satan wil eerder die teenoorgestelde probeer regkry.
Hy wil hê Job en ons moet in God se liefde twyfel. Hy beweer dat mense God net dien oor wat hulle daaruit kan kry.
Deur Job bewys God hom verkeerd!!
Job bewys dat die kind van God, God TEN SPYTE VAN wat dit hulle kos Hom liefhet en dien. Vir sommige gelowiges is die prys baie hoog en moet hul selfs met hul lewe daarvoor betaal. Jesus self het.

Toe die duiwel sien dat hy nie reggekry het met Job as wat hy aanvanklik gehoop het om reg te kry nie nl om Job so ver te kry om God te vloek en van Hom weg te draai oor die slegte in sy lewe begin hy met meer direkte aanslae. Hy gebruik Job se vrou om direk vir hom te sê om dit te doen.
Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.”
JOB 1:9‭-‬11 AFR83‬‬‬
“Die Satan sê toe vir die Here: “Dit bewys nog niks. 'n Man sal mos alles gee wat hy het, as hy net kan bly lewe. ….
(v9)En sy vrou het vir hom gesê: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf!”
JOB 2:4‭, ‬9 AFR83‬‬‬

Dis van uit God se ten spyte van liefde vir ons dat Hy selfs toe ons nog sondaars was, Hy Sy enigste Seun Jesus gestuur het om in ons plek te sterf .
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
ROMEINE 5:8 AFR83
_________________________________________________________________________________

Dis uit God se ten spyte van liefde vir ons dat Sy kinders ook uitkom by ten spyte van liefde vir Hom en ons naaste.
_________________________________________________________________________________

As ons na Job en Habakuk se verhale kyk dan sien ons dat Satan dit nie reggekry het om hul te laat twyfel of wegdraai van God nie maar alby beweeg van WANHOOP na VERTROU,
alby het TEN SPYTE VAN GELOOF,
en TEN SPYTE VAN v LIEFDE vir die Vader.

Job bewys sy TEN SPYTE VAN GELOOF in sy volgende woorde
Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.”
JOB 2:10 AFR83

Hierdie vers sê Job het nie gesondig, dus wat hy hier sê dat God die slegte ook kan gee kan ons dus as die waarheid vat en is dit nie ‘n leuen.

Ook Habakuk se bekende woorde bevestig sý TEN SPYTE VAN GELOOF of NOGTANS GELOOF

Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder, my lippe het gebewe, my hele liggaam het lam geword, my bene het aan die ruk gegaan. Tog sal ek geduldig wag dat die dag van die oordeel moet kom oor die volk deur wie ons aangeval is.  Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees,  NOGTANS(ten spyte van al hierdie dinge) sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.  Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel.” (Sy God gee vir hom die krag om deur alles te gaan)
HABAKUK 3:16‭-‬19 AFR83‬‬‬

Nie Job of Habakuk het maklik ten spyte van geglo nie. 
Job verloor ALLES en sit in sak en as.
Habakuk sidder.

So kan ons na elke ware wedergebore gelowige se lewe in die Bybel kyk en duidelik sien dat die kind van God ‘N TEN SPYTE VAN GELOOF of NOGTANS GELOOF het.
-  Abraham het TEN SPYTE VAN geglo en vertrou al wou die Here hê hy moes sy enigste seun offer.
-  Daniel bly glo TEN SPYTE VAN daarvan dat hy terwyl hy gebid het gevange geneem is en in die leeukuil gegooi is.
-  Daniel se vriende sê ook reguit met hulle woorde aan die koning dat hulle ‘N TEN SPYTE VAN GELOOF in God die Vader het.
Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. SELFS AS Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”
DANIËL 3:16‭-‬18 AFR83‬‬‬

En dis hierdie geloof wat ons aardse vyande wit laat word van woede, en wat die duiwel laat rondloop soos ‘n brulende leeu om te kyk wie hy kan verslint, maar ons as God se kinders het die belofte dat ons Vader ons nooit sal los nie.
“Toe het Nebukadnesar wit geword van woede vir Sadrag, Mesag en Abednego en opdrag gegee dat die oond sewe maal warmer gemaak moet word as gewoonlik........ Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir hom: “Dit is so, U Majesteit!”
DANIËL 3:19‭, ‬24 AFR83‬‬‬

_________________________________________________________________________________

‘n TEN SPYTE VAN GELOOF sal vir die Vader VRAE VRA,
maar Hom nooit BEVRAAGTEKEN nie.

Daar is ‘n verskil, een is kinderlik, nederig en Soekend na antwoorde die ander een is verwytend, beskuldigend en beterwetend.
_________________________________________________________________________________

 Job gaan in gesprek met die Vader oor WAAROM alles gebeur,
 ook Habakuk vra WAAROM HERE?
WAAROM laat U my die onreg sien wat gedoen word, WAAROM kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei….(v13) U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie! WAAROM doen U dan niks aan die trouelose mense nie, WAAROM bly U stil wanneer slegte mense dié vernietig wat beter as hulle is?”
HABAKUK 1:3‭, ‬13 AFR83‬‬

In die hele hoofstuk 31 waar Job sy saak stel hoor mens die WAAROM dan Here in sy pleidooi.
Maar nie een van hulle twee BEVRAAGTEKEN die Here se wysheid of weë of probeer antwoorde self in Sy mond lê nie. 

Alby het hierdie diepe besef:
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!  “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?”
ROMEINE 11:33‭-‬34 AFR83‬‬

Job se vriende het wel antwoorde in God se mond probeer lê en God het hul berispe daaroor. Hulle het geglo hulle kan God se WAAROM uitlê en weet.
Toe het die Here vir Job aangespreek uit 'n stormwind uit:  “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie? JOB 38:1‭-‬2 AFR83‬‬

Die Here het egter nooit vir Job of Habakuk die antwoorde gegee op hul WAAROM VRAE nie, maar bring wel alby by die wete van wat ook al die rede is, hul kan TEN SPYTE VAN GLO EN VERTROU

Al verstaan hulle nie, vertrou hulle Sy Vaderhart
Hul beweeg van VERWARD NA VERTROU, van WANHOOP NA HOOP

"Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor. 
 God stuur die storm
 óf om te straf 
óf om vir die aarde te sorg
óf om sy liefde te toon."
JOB 37:12‭-‬13 AFR83‬‬

Wie is ons om soos Job se vriende te besluit WAAROM, of WIE SE SKULD dit is?

Maar meeste van die kere kan die kind van God aan die einde van sy seer die volgende sê

Daarna het Job vir die Here gesê:  “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.  Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, EK HET DIT NIE VERSTAAN NIE 
 U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My. 
 Tot nou toe het ek NET GEHOOR wat mense van U sê, 
maar nou het ek U SELF GESIEN,”
JOB 42:1‭-‬5 AFR83‬‬

Wat kan ons dan ten slotte sê
WEES STIL EN WEET Hy is die Heer,
en Hy is NOOIT UIT BEHEER!


Hy vat ons dan van
VERWARD NA VERTROU, van WANHOOP NA HOOP
TEN SPYTE VAN!!!

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”