Hallo wie praat?
Hallo wie praat? As jy die foon optel is dit tog die eerste ding wat jy wil weet is: WIE PRAAT MET JOU? Maar stop ek soms en maak seker wie is besig om met my te praat in my gedagtes? God praat gereeld met ons Sy kinders op baie maniere, ook deur ons gedagtes, maar so doen Satan ook... Ons GEDAGTES is Satan se oorlogsveld, onthou ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. (Efes 6:12) Jesus se stem sal ons aanmoedig, ophelp, reghelp, leer en waarsku sodat ons die lewe kan hê van oorvloed, maar Satan wil dit heeltyd by ons steel en ons verwoes. " 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." JOHANNES 10:10 AFR83 As ek na die verkeerde stem luister kan dit vir ons voel soos om slangetjies en leertjies te speel, die slange kan my insluk en voel dit ek eindig baie maal weer op by “square one" in my geestelike groei, my pad van heiligmaking. Satan wil hê ons moet moedeloos raak en opgee . Maar ...