Posts

Showing posts from 2021

COLA se storie...

Image
  COLA SE STORIE is ook ons storie  Cola is ons hondjie,  sy is 'n Yorky kruising,  6 jaar oud.  So rukkie terug toe ons vir die naweek gaan kamp het besluit sy, sy gaan ons soek. Ons vermoed met covid inperking en die werk en leer van die huis af het sy bederf geraak dat daar altyd iemand meeste van die tyd deesdae tuis is, en moes sy verbouereerd geraak het toe daar skielik niemand tuis is.  Vir 6 jaar het sy nooit ooit uit die erf kon kom nie en het sy boonop maatjies, sy was dus nie alleen, alleen nie.  Van ons ander woefkinders is kleiner gebou as sy en hul het nie saam met haar uitgekom nie dus was ons dronk geslaan en kon nie dink wat van haar kon geword het toe my kinders die aand na ons gery het tuis kom van die universiteit en Cola nerens te vinde is nie.  Ek het dadelik oral haar begin soek en rondgevra. So paar ure later het sy so twee blokke van ons af by ‘n kompleks ingeloop en het iemand haar gekry en ons gekontak. Groot was die verligting vir almal want Cola is die

Wonder jy ook nog waar jy Maandag jou kruisie gaan trek?

Image
 As ons by daardie stembus staan is dit net ek wat sien waar ek my kruisie trek, reg?  En is dit net my saak, maar is dit? In 'n land soos ons sin is daar soveel plekke waar jy dit kan trek, maar eintlik is daar net een van twee... Een wat God verheerlik en Sy koningkryk soek en een wat nie. As ons al die partye wat staan vir die verkiesing indeel in dié twee kategorië, weet ek verseker waar my keuse van party ingedeel is tussen die twee opsies.  Het ek deeglik my huiswerk gedoen? Daar is ook 'n verskil in reg praat en reg doen? Baie sê die regte goed om kiesers te trek maar doen iets anders. Die Woord leer verder "Aan hul vrugte(dade) sal julle hulle ken" WOORDE WEK MAAR VOORBEELDE STREK. Wie het voor parlement en howe geveg vir minderheidsgroepe, teen aborsie, vryheid van keuse, kerkdeure om oop te maak, om God te bly erken in die grondwet, ouers se regte ens. MAAR,kan ons dalk verder redeneer dis politiek nie godsdiens, dis waar ons verkeerd

DIE STORIE VAN DIE OLIE - Hoekom het vyf gehoor, "Gaan weg Ek het julle nooit geken nie" Dis 'n mondvol.

Image
  " KEEP  your lamp filled with oil.  The King of Kings is coming" DIS 'n saak van  " KEEP ON KEEPING ON"  Weet ons wat is of simboliseer hierdie OLIE ? VERSTAAN ons die storie van die olie? Ons kan HOOR en van weet maar as ons dit nie BEGRYP nie, NIE VERSTAAN NIE   hoe sal ons dit kan DOEN wat Jesus vra?  Hoe sal ek dan weet HOE OM MY LAMPIE  se OLIE aan te vul en VOL TE HOU? My HOOR, moet VERSTAAN en dan DOEN word. Hoe beter ons verstaan hoe beter kan ons dit doen/gehoorsaam.   "Then you can tell the next generation      detail by detail the story of God, Our God forever,      who guides us till the end of time ." Psalm 8 :14-15 Ons kan nie die Here dien op ons eie manier nie  daarom moet ons baie tyd by Sy voete deurbring om te hoor en begryp hoe Hy wil hê ons Hom moet dien. "Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos