Posts

Showing posts with the label Beproewing

Ons troos, KRAG en oorwinning lê by ELKE DAG SE KLIPPIES OPTEL.

Image
  Dis derde golf, dis nag... Ek sê vir iemand die ander dag, die Here het ons so bewaar deur die afgelope jaar, deur elke golf van die Carona maar sjoe ek weet nie, hierdie derde golf, is baie baie rof. Die oomblik toe ek dit sê kom die woord in my gedagtes, asof die Here self vir my geamuseerd sê;  "O Ek kon jou tot hier help en beskerm maar jy dink hiérdie golf is vir my te erg?" Ek het dadelik besef wat ek besig is om te sê. Ek sê die Here kon my tot hier help maar nie verder asof iets vir ons Vader te moeilik is. Ek besef die vyand het pas vrees gebruik om die waarheid uit my hart te vat en dit met sy leuen te vervang. Ek moes hierdie gedagte gevange neem en die waarheid verklaar dat ons Vader is die Almagtige, vir wie niks onmoontlik is...  Ook dit waardeur ons nou moet gaan. Oral waar ons kyk is daar elende, hartseer en vrees maar die Here wys my en my man die laaste tyd dat ons nie self iets aan die omstandighede kan doen nie, maar wat ons kan doen is om nou onsett...

Daai wind van voor is nie vir sussies nie...

Image
  Kry jy die wind van voor?  Ja meestal figguurlik , maar die wind kan in die Kaap so erg waai dat mense letterlik amper nie 'n tree vorentoe kan beweeg nie, hulle kan selfs struikel en val, soms moet hul vir eers gaan skuiling soek of ompad soek waar daar meer skuiling teen die wind is.  Hier lees ons dat hul ook letterlik die wind teen hulle gehad het en sien ons dat die vyand die WIND GEBRUIK om hulle telkemale bang te maak. " EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê:   Laat ons OORVAAR na die ander kant.   (Jesus se wil vir hulle was om OOR te gaan en nie ONDER te gaan nie)  En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.  En ’n groot STORMWIND het opgekom , en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word (die situasie was baie ernstig en uiters gevaarlik waarin hul verkeer het)   Maar Hy was agter op die skuit aan die sla...