Dalk nog net een tree...
Dalk is dit nog net EEN TREE Vir die Israeliete was daar ‘n laaste tree net voor die mure van Jerigo voor hul inmekaar begin tuimel het. “Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas, en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal DAN inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.” JOSUA 6:3-5 AFR83 God se tyd is nie ons tyd nie, Sy plan nie ons plan. Op die regte tyd sal die muur waarteen ons te staan gekom het (mure in ons verhoudings, mure in ons land, in ons finansies ens) ook ineenstort as ons in GELOOFSVERTROUE Hom bly volg al sien ons nog nie, al verstaan ons nog nie. Die Woord leer ons om geduldig op die Here te bl...