Daar is hoop en dan is daar HOOP...








Wat as ons HOOP VERLOOR?

GELOOF, HOOP en LIEFDE.

Ons lees dit oral raak maar Geloof en liefde kry soms al ons aandag en  vergeet ons soms van HOOP

HOOP is allesbehalwe onbelangrik of minder belangrik as die ander twee. Satan probeer vir 'n rede heeltyd hoop by ons steel of ons fokus wegvat daarvan.

Hoop kom 130x voor in die Bybel in 121 verse

Die Here laat Sy lig vir my die laaste tyd val op HOOP

Dis asof ons almal wil begin hoop verloor. Amper elkeen waarmee jy praat sukkel hiermee. Ek besef ons is moeg Here, ons sukkel om ons fokus op U te hou en nie deur die storms onder gekry te word nie.

Ek besef net weer en weer dat die Here weet van ons stryd, Hy weet ons begin moed en hoop verloor want op een dag deel drie verskillende medegelowiges Woord oor HOOP met my. Dit bevestig vir my dat Jesus deur Sy Gees in hierdie tyd met Sy kinders oor HOOP praat want tye is rof en ons is net mens.

Hoe getrou is ons Here dat Hy self  besig is om Sy kinders te bemoedig, weer HOOP te gee om aan vas te hou en dit met mekaar te deel.
Dus te toeval om toeval te wees val Sy LIG vir soveel van ons op HOOP, juis nou dat ons dit so nodig het.
Ons het 'n Vader wat omgee.

My een vriendin skryf...
Die winter is hier en dalk ook in sommiges se gemoedere.....
Vanoggend lees ek Ps 33 en besef weereen ons hoop kan net in die Here wees en by Hom alleen kan ons in hierdie ‘snaakse’ tye vrede vind!

“Behold, the eye of the LORD is on those who fear Him, On those who HOPE in His mercy, To deliver their soul from death, And to keep them alive in famine. Our soul waits for the LORD; He is our help and our shield. For our heart shall rejoice in Him, Because we have trusted in His holy name. 
Let Your mercy, O LORD, be upon us, Just as we hope in You.
‭‭Psalms‬ ‭33:18-22‬ ‭NKJV

Ons is moeg Here....




Het gisteraand gebid dat die Here vir mý moet help om Hoop te behou en dat die Here ons hoop sal gee vir die toekoms.
Ek word wakker in die nag met die lied " I raise a hallelujah"  se woorde in my gedagtes en veral die reëltjie "Up from the asses HOPE will arise"

"I raise a hallelujah, in the presence of my enemies
I raise a hallelujah, louder than the unbelief
I raise a hallelujah, my weapon is a melody
I raise a hallelujah, heaven comes to fight for me

I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive!

I raise a hallelujah, with everything inside of me
I raise a hallelujah, I will watch the darkness flee
I raise a hallelujah, in the middle of the mystery
I raise a hallelujah, fear you lost your hold on me!

I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar

Up from the ashes, hope will arise

Death is defeated, the King is alive" 
- Bethel music

Ek weet toe net dat uit hierdie hoop as van ons ou normaal sal HOOP opstaan, 'n nuwe normaal waarvoor ons nog die Here gaan dank.

Van ashoop tot hoop...

Job het ook dié pad geloop.

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Maar waarin lê my hoop?

Wêreldse HOOP is 'n verwagting dat die toekoms beter sal wees as nou, 'n "hoop so" wat baie ooplos vir dat dit dalk, dalk nie kan gebeur.
'n Glad nie seker wete dat dit wel sal gebeur nie.

Bybelse HOOP is nie, dalk, dalk nie!
Dis 'n seker geloof dat God se BELOFTES  waarop ons HOOP en in glo sal gebeur. Watter beloftes? Die in Sy Woord vir elkeen van Sy kinders.

 HOOP moet nie in omstandighede gegrond wees nie anders sal ons dit heeltyd so maklik verloor, die duiwel weet dit en sal ons omstandighede heeltyd onderstebo gooi sodat ons sal hoop verloor.

Inteendeel daarmee is Bybelse HOOP op 'n persoon gerig, op Jesus, want HY is ons HOOP....

want U, Here, U is my HOOP, op U, Here, het ek van jongs af vertrou.  U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.”
PSALMS 71:5‭-‬6 AFR83‬‬‬‬‬

Om hoop te verloor laat ons moed verloor, en dit laat ons later opgee en voel dit of ons afsak in 'n diep donker put. Moenie oorgee nie!
Veg daarteen en roep daarom uit soos Dawid...
" 'n PSALM van Dawid. Ek roep U aan, o Here ! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.  Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom......

Geloofd sy die Here , want Hy het die stem van my smekinge gehoor.  Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou (op Hom het ek my hoop geplaas), en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.  Die Here is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.  Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid."
PSALMS 28:1‭-‬2‭, ‬6‭-‬9 AFR53

"Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:14 AFR83
"Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom! Hou moed! Wees sterk! Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!"
Psalms 27:14 DB


My HOOP moet dus op die Here wees en Sy beloftes…
dit kan die vyand nie by ons steel nie.
____________________________________________________________________
HOOP is nie iets wat uit die lug gegryp word nie,
maar uit die Lig.
____________________________________________________________________

Jesus is die Lig vir die wêreld. Hy is HOOP. 
Hy is die Rots, enige iets anders waarop ek my hoop plaas is sandbanke.

By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie!  Red my en bevry my, want U is getrou. Luister tog na my en help my!  Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.”
PSALMS 71:1‭-‬3 AFR83‬‬‬‬‬

U is my HOOP, U is my ROTS





Hoekom is HOOP so belangrik vir ons.

Dit gee vreugde/BLYDSKAP
As ons HOOP verloor, verloor ons nie net hoop nie, maar ook ons blydskap en vreugde vir vandag. 
As jy jou glimlag verloor het, beteken dit jy het hoop verloor.

Proverbs 10:28 "The HOPE of the righteous brings joy, 
but the expectation of the wicked will perish"

Dit gee vrede binne die storm
- Dit gee ons moed en krag ipv vrees
- Dit help ons volhard as ons eerder sou wou opgee
- Dit gee geduld en sekerheid wanneer ons wil twyfel


"En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;  
en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.  
En Jesaja sê ook: Die wortel van Ísai sal daar wees, 
en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, 
OP HOM sal die nasies HOOP.  

En mag die God van die HOOP 
julle vervul met alle BLYDSKAP en VREDE 
deur die GELOOF, 
dat julle OORVLOEDIG kan wees in die HOOP 
deur die KRAG van die Heilige Gees!”
ROMEINE 15:10‭-‬13 AFR53‬

En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, 
en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; 
OP HOM sal die nasies hulle HOOP vestig.”  

Mag God, die bron van HOOP,
julle deur julle GELOOF 
met alle VREUGDE en VREDE vervul, 
SODAT julle HOOP al hoe sterker kan word 
DEUR die KRAG van die Heilige Gees!”
ROMEINE 15:12‭-‬13 AFR83‬‬‬‬

May the God of hope fill you 
with all joy and peace as you trust in him, 
so that you may OVERFLOW WITH HOPE
BY the power of the Holy Spirit.
Romans 15:13 NIV


In bogenoemde verse sien ons as ons, ons HOOP op Jesus vestig 
OP HOM FOKUS, op wat Hy gedoen het en gaan kom doen dan 
VERVUL God wat die bron van HOOP is ons deur ons geloof in Jesus
 met vreugde en vrede, weg is die donker gemoed van opgee en moed verloor.
 Hierdie HOOP word  sterker omdat ons KIES om Hom te GLO, te VERTROU en op Hom te FOKUS.
 Die HeiligeGees gee vir ons die krag om daarin te volhard en maak so ons hoop al hoe sterker.



"but those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint." Isaiah 40:31 NIV



In Christenskap is die ANKER die simbool                 wat gebruik word vir HOOP




Ons moet verstaan wat HOOP VIR ONS INHOU AS KINDERS VAN GOD
HOOP hou ons standvastig as die winde ons in TWYFEL en VREES wil rondwaai.


Ek dink nie ons besef altyd hoe belangrik HOOP is nie.
Dis nie toevallig een van die drie wat uitgelig word in 1 Kor 13
GELOOF, HOOP EN LIEFDE nie.
Miskien as ons dit vanuit verskillende vertalings lees kan ons 'n groter begrip kry van wat HOOP werklik is en hoekom dit so belangrik is.
Geen wonder die duiwel wil dit by ons wegvat en steel nie.

Hebrews 6:19, "Which HOPE we have as an ANCHOR of the soul, both sure and steadfast." 
"This HOPE [this confident assurance] we have as an anchor of the soul [it cannot slip and it cannot break down under whatever pressure bears upon it]—a safe and steadfast hope that enters within the veil [of the heavenly temple, that most Holy Place in which the very presence of God dwells], where Jesus has entered [in advance] as a forerunner for us, having become a High Priest forever according to the order of Melchizedek."
Hebrews 6:19‭-‬20 AMP

"Hierdie HOOP besit ons as 'n veilige en onbeweeglike LEWENSANKER, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek."
HEBREËRS 6:19‭-‬20 AFR83

"When God wanted to guarantee his promises, he gave his word, a rock-solid guarantee—God can’t break his word. 
And because his word cannot change, the promise is likewise unchangeable. 
We who have run for our very lives to God have every reason to grab the promised HOPE with both hands and never let go. It’s an unbreakable spiritual lifeline, reaching past all appearances right to the very presence of God where Jesus, running on ahead of us, has taken up his permanent post as high priest for us, in the order of Melchizedek.
Hebrews 6:18‭-‬20 MSG

"God het dinge belowe en Hy is sy eie getuie, en hierdie twee dinge kan nie verander nie omdat God nie kan lieg nie. Ons het na God toe gevlug. Daarom kan ons baie seker wees dat die dinge nog sal gebeur, en ons kan HOOP en wag daarvoorOns HOOP en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo.
 Dit is soos 'n ANKER wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. 

Ons HOOP en ons is seker dat Jesus ons ANKER is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was."
Hebreërs 6:18‭-‬20 ABA

_________________________________________________________________________________

Hoe kosbaar is dit nie om te weet JESUS is ons HOOP en hierdie hoop is ons anker ons sal nie wegdryf deur al die aanslae teen ons lewensboot nie. Niks en niemand kan ons uit Sy hand ruk nie.
_________________________________________________________________________________

Ek besef as ons HOOP verloor is ons in die moeilikheid, maar hoe behou ons HOOP in sulke donker tye...

1. DRIE DUBELLE TOU
2. KEUSE
3. FOKUS
4. VERWAGTING
5. WOORD/BELOFTES
6. ONTHOU

1. Maak gebruik van die DRIE DUBELLE TOU.

 VERSTERK jou HOOP met LIEFDE en  GELOOF
"En nou:
geloofHOOP en liefde bly,
 hierdie drie.
 En die grootste hiervan is die liefde!"
1 KORINTIËRS 13:13 AFR83

Liefde, die een woord waarmee die hele Bybel opgesom kan word,  die fondasie van alles,  maar GeloofHOOP en liefde word nie verniet hier saam genoem nie.
 Agv liefde het ons geloof en HOOP.

Jy moet glo om te hoop, en hoop glo omdat Hy ons lief het. 

Hierdie 3 is soos 'n driedubbele tou, saam soveel sterker. 

 Psalm 147:11
"But the Lord takes pleasure in those who fear him, in those who HOPE in his steadfast LOVE. "

HOOP span saam met GELOOF en LIEFDE en help ons volhard.
"Om te GLO, is om seker te wees van die dinge wat ons HOOP, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."
HEBREËRS 11:1 AFR83

"bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle GELOOF, die inspanning van julle LIEFDE en die volharding van julle HOOP op ons Here Jesus Christus."
1 TESSALONISENSE 1:3 AFR83


2. MAAK 'N KEUSE

Maak elke dag 'n bewuste keuse om te GLO, HOOP en LIEF te hê.


Dis 'n keuse om te glo,
liefde gaan in dade oor,
en volharding is nodig om te bly HOOP



Ons maak voordurend KEUSES







3. FOKUS My kind


Stop gereeld, veral as jy wil HOOP verloor, en vra jouself af waarop is jy besig om te fokus, wat oorheers jou gedagtes?


Die Duiwel kom verplaas ons FOKUS en steel so daarmee ons HOOP.


FOKUS daarom op Hom en my verhouding met Hom en nie op als wat verkeerd is nie.

___________________________________________________________________________

Wêreldse hoop fokus net op my eie plan en wat ek wil hê, mý wil MAAR
  Bybelse HOOP fokus veral op God se plan, Sy wil, vir die wêreld maar ook wat mý betref ("the bigger picture").
___________________________________________________________________________


Hoe behou ek FOKUS?


 Deur Woord en gebed



Die Here herinner my een oggend aan die fliek "Sound of music"
waar die kleinste dogtertjie van die gesin na Maria verlang en dan sê haar boeties en sussies sy moet aan haar gunsteling goed dink om beter te voel. 
Dan begin hul saam haar sing...

"When I'm feeling sad,
I simply remember my favorite things,
And then I don't feel so bad.
Raindrops on roses and whiskers on kittens
Bright copper kettles and warm woolen mittens
Brown paper packages tied up with strings
These are a few of my favorite things."

Sy moes eerstens herinner word deur haar mede boeties en sussies daaraan, sy het daarvan geweet, maar haar hartseer het so al haar fokus gevat dat sy vir daai oomblik vergeet het, en toe moes sy dit glo en doen. 
Maar dan vra sy tussendeur : "WHY DON'T I FEEL BETER?"

Is dit nie ook soms ons hart nie, ons probeer moed hou maar soms voel dit of ons net dieper wegsak in die hopeloosheid.
Hoekom voel sy nie beter, want sy het nie gefokus op wat sy gesing het nie, haar gedagtes was steeds op haar hartseer.

________________________________________________________________________
So hoekom voel ons nie beter nie? 
Ons Fokus is steeds op die storm.
_____________________________


Prakties?
KIES om op Jesus te fokus en nie op die wind en die golwe. 
Die oomblik as jy wil hoop verloor of angstigheid die oorhand wil kry BID!!
 ERG EN AANHOUDEND as dit moet. 

Neem elke slegte gedagte gevange, BID oor dit wat jou gedagtes wil oorheers, besluit dan om nie verder 'n gedagte daaraan te gee nie en dit by Jesus se voete te los.

Vul dan jou gedagtes bewustelik met goeie, mooi opbouende gedagtes. 
Gaan lees Woord (staan op Sy beloftes, vervang die leuens en halwe waarhede met God se waarheid oor die situasie).
HOU VAS aan Sy beloftes en KIES dan opbouende goed om jou gemoed verder mee te vul.

"Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. DIE HERE IS NABY.  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.  

VERDER, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, BEDINK DIT.
En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, DOEN DIT
en die God van vrede sal met julle wees."
FILIPPENSE 4:5‭-‬9 AFR53

FOKUS doelbewus, bedink dit, Doen dit, 
 moet dit nie net aanhoor nie (net onnadenkend saamsing soos die dogtertjie nie)


KIES wat jy lees,
 KIES wat jy kyk,
 VERMY nuus (die duiwel se kant van die storie)
KIES jou geselskappe
BEPAAL wat jou aftrek en bly dan vir eers weg van dit.

Die Here sê vir ons Sy kinders
FOKUS My kind....
KRY JOU FOKUS TERUG!!

Kies om God se kant van die storie te glo, fokus op die feit dat Hy steeds in beheer is en dat niks vir Hom onmoontlik is nie.

Lees dan 'n goeie boek, kyk 'n goeie fliek(nie 'n donker een wat jou gemoed verder sal aftrek nie), raak besig, kry net jou gedagtes op iets anders, en elke keer as dit weer by jou opkom BID DIT WEG.
BID SONDER OPHOU.
LOFPRYS, luister of sing self geestelike liedere
"I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise"


Joyce Meyer het gesê: "Thoughts go through your mind, but you decide what stay behind"



"Oh what I would do to have
The kind of faith it takes
To climb out of this boat I'm in
Onto the crashing waves
To step out of my comfort zone
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand
(but the enemy)But the waves are calling out my name
And they laugh at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The waves they keep on telling me
Time and time again. "Boy, you'll never win!"
"You'll never win!"
(But God)But the VOICE OF TRUTH 
tells me a different story
The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me

I will CHOOSE to listen and BELIEVE the voice of truth
Oh what I would do to have
The kind of strength it takes to stand before a giant
With just a sling and a stone
Surrounded by the sound of a thousand warriors
Shaking in their armor
Wishing they'd have had the strength to stand
But the giant's calling out my name
And he laughs at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The giant keeps on telling me
Time and time again. "Boy you'll never win!"
"You'll never win!"
(But God) But the stone was just the right size
To put the giant on the ground
And the waves they don't seem so high
From on top of them lookin' down
I will soar with the wings of eagles
When I stop and listen to the sound of Jesus
Singing over me

I will CHOOSE to LISTEN and BELIEVE the voice of truth"

- Casting Crowns




4. Ek moet 'n VERWAGTING hê dat SY BELOFTES in vervulling sal gaan en waar is, my HOOP daarop sit.



Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"(HOOP)
JEREMIA 29:11 AFR83

"For I know the thoughts that I think toward you, says the Lord , thoughts of peace and not of evil, to give you a future and a HOPE."
Jeremiah 29:11 NKJV
Wat 'n belofte om aan vas te hou!!

Good, good Father...
God is good all the time and all the time God is good





HOOP is om 'n verwagting te hê, die versekerde verwagting op wat God beloof het en my krag om te volhard tot dit in vervulling gaan is in Sy getrouheid.
Dit was Jesus se geheim van Sy volharding in Sy uiterste lyding.


5. In Sy WOORD en beloftes lê my HOOP. 

Hy is die Woord (Joh 1:1)
Kan ek bekostig om nie tyd daarin en met Hom te bestee nie.



“I wait [patiently] for the Lord ,                                                                                          my soul [expectantly] waits,                                                                                             And in His word do I HOPE.”

                                                   - Psalms 130:5 AMP -

My soul faints for Your salvation, But I HOPE in Your word
My eyes fail from  searching Your word, Saying, 
“When will You comfort me?”
Psalms 119:81‭-‬82 NKJV

HOOP sê...
Ek vertrou op die Here. Met my hele lewe vertrou ek op Hom. 
Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het.
Ek GLO Hy sal doen wat Hy belowe het.
Psalms 130:5 DB

Hoop is gegrond in geloof op God se BELOFTES

"Laat ons styf vashou aan die HOOP wat ons bely
want God is getrou: 
Hy doen wat Hy beloof het."
HEBREËRS 10:23 AFR83

HOOP GLO en weet verseker...
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, 
dié wat volgens sy besluit geroep is."
ROMEINE 8:28 AFR83

"...constantly rejoicing in HOPE [because of our confidence in Christ], steadfast and patient in distress, 
devoted to prayer [continually seeking wisdom, guidance, and strength],"
Romans 12:12 AMP



6. Nog 'n manier om FOKUS en HOOP te behou is om te ONTHOU....

Wat die Here al gedoen het,
 ook vir my persoonlik.


_____________________________________________________________________________

HOOP ONTHOU die tye wat jy en ander dit al deurgemaak het tot ander kant.
Hoop glo jy sal ook deur hierdie kom.

_____________________________________________________________________________

"Van Dawid. Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is,
 wil ek sy heilige Naam loof.
 Ek wil die Here loof en
 NIE EEN VAN SY WELDADE VERGEET NIE. 

  Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
 wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
 wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
 my die jeugdige krag van die arend skenk.

Die Here laat geregtigheid en reg geskied
 aan almal wat verdruk word.
 Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,
aan Israel wat Hy van plan was om te doen.  
Barmhartig en genadig is die Here,
 lankmoedig en VOL LIEFDE."
PSALMS 103:1‭-‬8 AFR83

As die psalm ons nie HOOP gee nie sal niks kan nie.


Ek bid dat ons onthou hoe Jesus ons deur ons hele lewe gedra en beskerm het en dat ons die wonderwerke van die verlede nooit sal vergeet want:

 Onthou gee my moed vir vandag se storm, en HOOP vir môre.



Ons het soveel beloftes waaraan ons kan vashou

Beloftes van HOOP ten spyte van omstandighede
Isaiah 43:2 "When you pass through the waters, I will be with you; and through the rivers, they shall not overwhelm you; when you walk through fire you shall not be burned, and the flame shall not consume you.”

"'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: 
waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 
 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
  Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.  Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.  Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.  Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.  Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. 
 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, 
nou en vir altyd."
PSALMS 121:1‭-‬8 AFR83

"Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! Dien die Here, julle wat aan Hom toegewy is! Hulle wat Hom eer, ly geen gebrek nie."
PSALMS 34:8‭-‬10 NLV
  

_________________________________________________________________________________

ONS KAN HOOP HÊ WANT GOD IS NOOIT UIT BEHEER NIE!!
_________________________________________________________________________________

Die oorsprong van die woord HOOP is die woord "curve"(to bend) Dus gee die woord HOOP ons die verwagting dat daar 'n verandering van rigting sal kom, dat dit nie vir altyd in die rigting sal voortgaan nie.
  Ons grootste HOOP is egter gewortel in die Ewige lewe,
alles wat hier seer en stukkend is gaan eendag ophou...vir altyd!!

______________________________________________________________

"Everything that is done in this world, is done by HOPE "
– Martin Luther
______________________________________________________________


Sonder HOOP is daar geen sin daarin om te bestaan nie, dit het 'n
"WHAT WILL BE, WILL BE" bestaan tot gevolg wat weer biddeloosheid tot gevolg het, presies waar Satan ons wil hê, kragteloos. Hoekom sal ons bid as daar nie hoop is en hoekom bid as ons glo dinge sal gebeur soos dit sal.


‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬Mense het Josef vergeet in die tronk, maar nie die Here nie. 
Alles was nog in Sy beheer en binne Sy plan vir Josef se lewe en die volk se toekoms. Die koning moes nog eers droom...en die droogte was op hande.
Josef is op die regte tyd vrygelaat, nie te vroeg en nie te laat. 

HOOP  laat ons volhard, help ons aan te hou om Op te kyk,
te FOKUS en moed te hou.
HOOP gee deursettingsvermoë, dit laat ons opstaan as ons geval het en laat ons nie op gee nie.

BLY HOOP, BLY GLO, BLY VERTROU, BLY FOKUS!
"KEEP ON KEEPING ON!!"
...moet net nie ophou om dit te doen nie!

Moenie HOOP opgee nie...

Dit sal op die ou einde reg uitdraai.
Dit gaan ook verby gaan.






----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

HOOP is om lig te sien                                                          ten spyte van al die donker om jou

Moenie moed opgee nie,
 môre kan die dag wees waarvoor jy al so lank bid.




----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons kán HOOP hê want ons is Syne!!!

"In dié tyd was julle SONDER CHRISTUS, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af
sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, SONDER HOOP en SONDER GOD in die wêreld. "
Efes2:12

MAAR!!!! (But God)

"Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
Daarom moet ons, die eerstes wat ons HOOP op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het.
In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, 
julle as die eiendom van God beseël. 
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan WEET watter HOOP sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat GLO. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
EFESIËRS 1:11‭-‬13‭, ‬18‭-‬23 AFR83‬‬‬‬‬‬


"God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. 
Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.
Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan.
  En ons verheug ons ook in die HOOP om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie.
Ons verheug ons ook in die swaarkry,
want ons weet:
swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof,

en egtheid van geloof kweek HOOP; en dié HOOP beskaam nie, 

want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.
(BUT GOD) Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 
Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
ROMEINE 5:1‭-‬9 AFR83‬

"......And you shall know [with an understanding based on personal experience] that I am the Lord ;
For they shall not be put to shame
 who wait and HOPE expectantly for Me."
Isaiah 49:23 AMP


Ek moet besef ek kan nie ontvang wat God vir my wil gee as ek vashou aan dit wat my vasgehou het nie.
Ek moet besef dit kan my nie meer vashou nie, dis ek wat dít nog vashou, Jesus het reeds die greep wat dit op my gehad het verbreek.
DIT GEE HOOP OP 'N BETER TOEKOMS

Ek bid dat ons na 'n beter nuwe normaal sal kan terugkeer.
Een van HOOP, liefde, dankbaarheid, omgee en 2de kanse. Ek bid dat die Here òns HOOP deur Sy Gees sal kom nuut maak en versterk.
Ek bid dat ons 'n bonatuurlike ingryping in ons land sal sien en mense sal vra hoe is dit moontlik dat ons getalle nie die van ander lande geword het nie. Bonatuurlike ingryping in ons regering en goddelike wysheid vir ons president. Ek bid dat hy sal kies om God gehoorsaam te wees en nie mense.
 Ek bid vir wysheid waar om te help in mense se nood in die tyd en dat ons sal kan help en dat ons sal weet wie hulp nodig het.
Ek bid dat ons Jesus se hande en voete sal wees wat HOOP sal bring na hulle wat hoop verloor het.

This too shall pass
You will surely forget your trouble,
 recalling it only as waters gone by.”
Job 11:16 NIV

Ons sal die detail van die storm vergeet, maar die Een saam met ons in die storm en wat Hy vir ons gedoen het ONTHOU.

Opgee is nie ‘n opsie nie

"Stel al jou hoop op die Here! 
Vertrou op Hom!
 Hou moed! 
Wees sterk! 
Moenie die handdoek ingooi nie; 
bly wag op die Here!

Psalms 27:14 DB







Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"