DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER AAN JOU DOEN, MAAR WAT DOEN JÝ?



DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER 
AAN JOU DOEN, 
MAAR WAT DOEN JÝ?


Daar is TWEE KANTE

Die stryd is geestelik, en daar is net twee kante…
Watter kant veg jy?

“Verder nog dit:
(1) Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
(2) Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee,
SODAT julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

"Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.”
EFESIËRS 6:10‭-‬12 AFR83‬

Dit laat my dink aan Simba wie gedink het in the Lion king dat dit vir hom is wat hulle skielik so bang is en nie geweet het dat sy pa Mufassa agter hom staan nie. Ons vergeet ook as kind van God te maklik Wie by ons is. Satan gebruik VREES of GEESTELIKE HOOGMOED om ons te laat vergeet.

"Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op dié en dié plek sal my laer staan.  MAAR DIE MAN VAN GOD het die koning van Israel laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af.  Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie. 
 Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?  En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar Elísa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.
  En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: 
Hy is daar in Dotan.  So het hy dan daarheen perde en strydwaens en ’n swaar leër(sterk mag)gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel."
(Die vyand weet hoe kragtig God die Vader is van die wedergebore kind van God dus stuur hy ‘n hele army om een man te gaan vang… menslik gesproke lyk dit belaglik, maar as ons verder lees raak ons bewus dat Elisa verstaan dat dit nie ‘n menslike stryd is nie, maar ‘n geestelike een.)

"En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ’n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak? "
(Die dienskneg word bang oor wat hy met sy oë kan sien, ‘n menigte teen net hulle twee, geen kans dus vir vry kom nie. Een van die Duiwel se dodelikste strategië is om ons ook te laat vaskyk teen wat ons menslik van die situasie waarin ons is kan sien, maar Elisa kyk nie vas teen wat hy kan sien nie, hy hou vas aan wat hy weet, God se beloftes dat Hy vir ons veg en ons nie alleen los nie.

Die slaaf kyk vas teen wat hy kan sien en vrees, 
Elisa fokus op wat hy van God weet en is kalm. 

Hy was vol vertroue dat God hul sal beskerm, hy bid dat die Here die slaaf se oë sal laat oopgaan en dat ook hy sal verstaan dat as ons saam met God is, binne Sy wil is, Sy kind is, ons geen mag hoef te vrees nie. Satan weet dat gevaar en teenstand (golwe en wind) kan so groot rol speel dat dit ons fokus van Jesus afhaal en ons laat vergeet Wie by ons op die water is.
 Dis dan ook Satan se plan sodat hy ons kan laat voel ons wil verdrink.
Maar JESUS GRYP SY KIND in sulke tye as ons na Hom roep, daarom moet ons ook in sulke tye bid vir oë wat kan sien dat God by ons is.

Elisa bid vir die kind van God om te kan sien,
 en vir die vyand om nie te kan sien.

"Maar hy antwoord: 
VREES NIE;
 WANT Dié WAT BY ONS IS,
 IS MEER AS Dié WAT BY HULLE IS. "

(Dus was daar onsigbare magte by ALBY partye betrokke, maar die wat by hulle was is meer en magtiger as die wat by die ander was. Die Duiwel weet dit ook en hy weet hy staan nie ‘n kans teen God die Almagtige nie, dus val hy die kind van God aan deur hom bang te probeer maak deur wat hy kan sien en daarop te fokus sodat hy nie op Jesus en dus die Woord sal fokus nie. Maar God is getrou, in sulke omstandighede gee Hy ons as Sy kinders, medegelowiges om mekaar in sulke tye te herinner WIE BY ONS IS en aan Sy beloftes)

En Elísa het GEBID en gesê: Here , open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa. 
(Elisa gebruik GEESTELIKE WAPENS teen die fissiese vyand.
Elisa “ Soek (sy)julle krag in die Here en in sy groot mag” Efes 6:10)

 En toe hulle na hom afkom, het Elísa tot die Here GEBID en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van Elísa met blindheid geslaan.
(ELISA probeer nie self teen hul veg nie, hy vra die Here se hulp,tree vir tree)

 Daarop sê Elísa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samaría gelei.  En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa(bid):
 Here, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die Here het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría!  En die koning van Israel sê vir Elísa toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader?  
(Dis die eerste menslike reaksie om hulle terug te wil kry, uit te roei, self te wil vergeld)

"MAAR hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het?
 Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.  En hy het hulle ’n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie."
II KONINGS 6:8‭-‬23 AFR53‬‬‬‬



Ons moet ook ons aardse vyande met GEESTELIKE WAPENS aanvat want ons weet die Woord sê ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug en sal ons dus nêrens kom as ons kwaad met kwaad wil vergeld nie, DIT MAAK DIT NET MEER.

Net (lewende)water kan vuur blus en net LIG kan duisternis verdryf.
 Doen goed aan jou vyand moet nie terug aanval nie, draai die ander wang, as hy jou uitbuit, doen meer as wat hulle van jou vra, vergewe…dis GOD SE KRAGTIGE WAPENS om vestings neer te werp.

"Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig...."
2 KORINTIËRS 10:3‭-‬4 AFR83

Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak. As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan. Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie. 
DOEN AAN ANDER WAT JY WIL HÊ HULLE AAN JOU MOET DOEN. .....

“Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes."
LUKAS 6:27‭-‬31‭, ‬35 NLV


Elisa bid dat hul blind word en lei hul tot binne die stad maar ipv hulle aanval en uitroei maak Elisa eerder staat op goedheid as wraak.
 GOEDHEID, God se geestelike wapen waarteen Satan nie bestand is. 

Dit werp vrug af want vir ‘n tyd lank het hulle, hul nie weer aangeval nie,
dus het hulle 'n fissiese stryd oorwin met geestelike wapens.
_________________________________________________________________________________

DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER AAN JOU DOEN, MAAR WAT DOEN JÝ?
_________________________________________________________________________________


Elisa GEHOORSAAM God se Woord hier,  
hy weet dit nie net nie, hy doen dit.

Mat. 5:44): "Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;" 

"MOENIE KWAAD MET KWAAD VERGELD NIE. Wees goedgesind teenoor alle mense.  As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.  Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.  “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.  
Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, 
maar oorwin die kwaad deur die goeie." ”  
ROMEINE 12:17‭-‬21 AFR83‬

Ons moet ook doen wat Elisa gedoen het, Elisa hou vas aan die Here en Sy beloftes  met sy een hand, maar deur sy woorde aan sy kneg vat Elisa met sy ander hand sy kneg se hand en maak hom nie afhanklik van homself nie, maar plaas die hand van sy dienskneg in die HAND VAN GOD.

Wêreldse sielkunde laat die persoon na die tyd afhanklik wees vir hulp van die professionele persoon, Bybelse berading help en leer die persoon om afhanklik van God sy Vader te wees. Dit vat net die persoon wat perspektief verloor het se hand en help hom of haar weer God se hand te vat. Die berader of medegelowige moet net die instrument wees om ander te help om weer op Jesus te fokus en nie op die storm.
Wêreldse sielkunde leer die persoon menslike wapens gebruik, Bybelse berading leer die persoon God se geestelike wapens gebruik.
Die een is tydelik, en rig meestal nie veel uit, die ander een is kragtig en blywend.

Ek glo na hierdie opendbaring het die dienskneg se geloof gegroei en kon hy self ook hierna vasstaan op God se beloftes en het vrees plek gemaak vir vertrou. 
VREES, Satan se wapen is verslaan met God se wapen VERTROU.
Als hang dus af van wat mens sien(op fokus). 
Satan se weergawe van die situasie of God sin.

Deur mekaar te herinner aan God se Woord, vir mekaar te bid is om iemand wat wil val se hand te gryp en in God se hand te plaas. Te bid dat God vir hulle Sý bril opsit sodat hulle kan sien en nie
VREES NIE;
 WANT Dié WAT BY ONS IS,
 IS MEER AS Dié WAT BY HULLE IS. "

Mense moet nie afhanklik van jou word nie, maar van God. Ons moet net die instrument wees wat God gebruik om hulle nader aan Hom te trek. ‘n Instrument wat self soms deur die seer proses moet gaan van vorming en slyping. Soms gebruik God weer ander om ons hand te gryp en òns te herinner as ons fokus verskuif het na die golwe en wind. Ons het mekaar nodig.

Die liedjie van Casting Crowns, IN THE POTTERS HANDS sê dit so mooi.









[Verse 2]
My world is spinning, my life seems so out of control
Nailed, scarred hands tell the story of love that will never let go of me
Through the sunshine or rain, I know where my hope is found
What You started in me, I know You will complete from the inside out

[Chorus]
And as I fall apart
Come flood this desert heart
Fall like the rain, Living Water
And I know Your way is best
Lord, help me find my rest
And I'll be the clay
In the Hands of the Potter
My world is breaking me, Your love is shaping me
And now the enemy is afraid of what You're making me"
Jesus het liefde, vergifnis aan die kruis gedemonstreer en dis al wat duisternis en boosheid kan verslaan.

Bid dat  God ons oë oop maak om die geestelike stryd raak te sien en nie net die fissiese teen vas te kyk

As ons hierdie mis, nie verstaan is dit waar van ons wat die Woord sê:
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; ..” HOSÉA 4:6 AFR53
Gebrek aan kennis? Jip ons maak nie meer ernstig tyd met Woord en gebed nie. As ons besef wie ons eintlike vyand is sal ook besef dat ons tyd met ons Vader “non negotiable” is, en gehoorsaam aan Sy Woord ons enigste effektiewe wapen  is.

Baie interessant is dat die vyand altyd sal probeer om ons van hierdie waarheid weg te hou al moet hy ook die Bybel verkeerd vertaal… Dit maak my eintlik opgewonde want dan weet ek hier het ons te doen met 'n kern waarheid wat satan nie wil hê ons moet weet nie. Hoekom nie? Want dit sal hom dodelik wond.
In die Afrikaanse 83 vertaling word die idee geskep dat dit ons en God teen hulle is, ipv DIE wat by ons is teen DIE wat by hulle is.
Dus word die waarheid van dat die stryd geestelik is hier verswyg.
"Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is."
II KONINGS 6:16 AFR53
"And he answered, Fear not: for they that be with us are more than they that be with them."
2 Kings 6:16 KJV


TEENOOR DIE VERKEERDE VERTALINGS VAN DIE VERS

"Elisa het geantwoord: “Moenie bekommerd wees omdat hulle so baie is nie. Dié aan ons kant is baie meer as hulle soldate!”
2 Konings 6:16 DB

"Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.”
2 KONINGS 6:16 AFR83

 Satan gebruik paar strategie om ons te probeer verwoes:

- Jy voel geaffonteerd, jy word te nagekom…jy neem aanstoot(offends)

"offends is the bate of Satan, if he can  get you offended, angry he can get you to do what he wants." Kyle Idleman
Hoe groter die "me, myself and I, en arme ekke" nog in my is hoe beter sal die taktiek van Satan werk. Daarom leer die Bybel "Hy moet meer word en ek minder"

Jesus het kwaad geword as God te nagekom is, tafels omgegooi maar nooit as Hy self te nagekom is nie, dan het Hy altyd die ander wang gedraai, dit verdra.

- Hy wil hê ons moet teen die persoon en omstandighede VASKYK en vergeet van hom wat agter hierdie aanval op jou sit.
Daardeur laat hy jou dink jy moet die stryd aanpak met menslike wapens en weet hy jy gaan daarmee nie veel tot niks kan uitrig.
Maar God bly ons oor en oor herinner dat ons krag in Hom is en in Sy geestelike wapens waarteen geen vesting van die vyand bestand is nie.
Kyk vandag bietjie verder as vlees en bloed, bid vir geestelike oë wat die waarheid kan raaksien, en wysheid hoe om dit op God se manier te kan beveg. Onthou Selfs jou grootste vyand as persoon het God so lief dat Hy ook vir hom of haar gesterf het en ook wil red.

Satan wil hê ons moet VASKYK teen wat ons fissies kan sien, 
God wil hê ons moet by dit VERBY KYK!

- Satan gebruik die LEUEN om verdeeldheid, misverstande en konflik te veroorsaak. Die waarheid alleen kan dit uitdoof. Nie watbjý dinkndie waarheidnis nie, maar God se waarheid!!!
"Hy is die Gees van waarheid, wat julle in die hele waarheid sal lei (Joh 16:13).
Jy moet bid vir wysheid

Satan se ander grootste wapens is egter versoeking en beskuldigings (Temptation end accusations)

Alby hierdie is altyd gewortel in leuens;
LEUENS omtrent jou
maar ook LEUENS omtrent God.

- Hy verdeel en oorwin
- Hy kry dit reg om ons te verdeel op gronde van ons eie interpretasies, of voorkeure, dws my eie ek wat eerste gestel word.
'n "What about me?" ingesteldheid

- Hy val ons nie ligtelik aan nie, maar vinnig en met vors op ‘n spesifieke plek en op die regte oomblik.
Gewoonlik sien jy dit nie kom

- jy het jou waaksaamheid verslap, jy het gedink dit sal nie met jou of jou gesin gebeur nie, nie joù kerk, jou werksplek. Jy het vir ‘n oomblik vergeet
“Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.”
1 PETRUS 5:8‭-‬9 AFR83‬


Die vyand zoom veral in op die kind van God wat uit die boot klim in gehoorsaamheid om in geloof ‘n verskil te gaan maak. Daarom is hulle in die bediening die ergste in die spervuur en moet ons hulle toevou in ons gebede, maar geen medegelowige word hiervan gevrywaar nie.

- Ons weet dat die Een wat in ons is groter is as hy wat in die wêreld is, maar ons het nodig om mekaar voortdurend daaraan te herinner, en self daaraan herinner te word deur samekomste van die gemeente en my eie stiltetyd.
“Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, OMDAT Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.”
I JOHANNES 4:4 AFR53

- Die vyand gebruik ook die strategie van golf op golf. Die Woord praat nie van ‘n pyl nie maar van PYLE!

“Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige PYLE van die Bose sal kan uitblus.”
EFÉSIËRS 6:16 AFR53
Job was nog besig om van die een brandpyl te hoor dan was die volgende boodskapper daar met die volgende brandpyl.

VEG TERUG!!
- (met geestelike wapens)
BID, GLO, GEHOORSAAM DIE WOORD, LOFPRYS, DOEN DIE VRUG VAN DIE GEES,
"I 'll raise a halleluya in the presence of my enemy's "

Nog ‘n verhaal waar ons lees van dat op die oog af aardse OORLOG ‘n geestelike wortel het is van koning Jehiskía.

Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; 
WANT BY ONS IS MEER AS BY HOM 
By hom is ’n vleeslike army, maar by ons is die Here onse God om ons te help en ons oorloë te voer! 
(Koning Jehiskia weet ook die stryd is nie teen vlees en bloed, en gebruik ook geestelike wapens)
En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.   Hierna het Sánherib, die koning van Assirië — hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis — sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehiskía, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:  So sê Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?  Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die Here onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?   Het dieselfde Jehiskía nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dít gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?  Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?   Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red — dat julle God julle uit my hand sou kan red?  Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ’n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?   Sy dienaars het nog meer teen die Here God gespreek en teen sy kneg Jehiskía.  Hy het ook ’n brief geskrywe om die Here , die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.  En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, (weereens gebruik Satan die taktiek van vrees)

SODAT hulle die stad kon inneem.  (Satan wil ook ons denke inneem)

En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde — ’n maaksel van mensehande.  Maar toe koning Jehiskía en die profeet Jesaja, die seun van Amos, HIEROOR GEBID en na die hemel geroep het,   stuur die Here ’n engel
( Satan stuur 'n magtige weermag teen een kind van God, God stuur een engel teen 'n magtige army van Satan)

en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met ’n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.  
En die Here het Jehiskía en die inwoners van Jerusalem VERLOS uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
( weereens oorwin met geestelike wapens, nie een skoot self afgevuur nie)

En baie het geskenke aan die Here na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehiskía, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.
 (Op so oorwinning ķry God die eer en nie die mens)

(Maar pas op dat jy nie na so oorwinning geestelik hoogmoedig word nie)   
IN dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar hy het tot die Here gebid, en Hy het met hom gespreek en hom ’n wonderteken gegee.  Maar Jehiskía het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar ’n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.  Maar Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die Here nie oor hulle gekom het in die dae van Jehiskía nie.  En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;  ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.  Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.   Dieselfde Jehiskía het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehiskía was voorspoedig in al sy werk.  So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel — wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het — het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was."
II KRONIEKE 32:7‭-‬31 AFR53‬

Weereens dié waarheid:
“Be strong and courageous. Do not fear or be dismayed because of the king of Assyria, nor because of all the army that is with him;
for the One with us is greater than the one with him.
2 CHRONICLES 32:7 AMP

Ook Dawid het hierdie waarheid geken teen Goliat.
"Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ’n swaard en met ’n spies en met ’n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE VAN DIE LEËRSKARE , die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het."
I SAMUEL 17:45 AFR53

"Then David said to the Philistine, “You come to me with a sword, a spear, and a javelin, but I come to you in the name of the Lord of hosts, the God of the armies of Israel, whom you have taunted."
1 SAMUEL 17:45 AMP


"Heavenly host (Hebrew: צבאות‎ sabaoth or tzva'ot, "armies") verwys na die army van engele (Luke 2:13)

"Then suddenly there appeared with the angel a multitude of the heavenly host (angelic army) praising God and saying,  “Glory to God in the highest [heaven], And on earth peace among men with whom He is well-pleased.”
LUKE 2:13‭-‬14 AMP


In watter stryd is ek en jy op die oomblik?


WATTER KANT VEG ONS?
Die oomblik as ek met aardse wapens van woede, haat, terugkry en baklei veg,
dan veg ek nie meer TEEN die vyand nie, maar SAAM met hom

DIE HERE SIEN WAT DIE ANDER 
AAN JOU DOEN, 
MAAR WAT DOEN JÝ?

"Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?"
MIGA 6:8 AFR53

"En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,  om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?"
DEUTERONÓMIUM 10:12‭-‬13 AFR53



Staan terug, bid dat die Here jou geestelike oë sal oopmaak sodat jy deur Sy bril sal kan sien wat werklik aangaan en Hom dan sal vertrou vir die geestelike wapens om te kan oorwin tot Sy eer.

ONTHOU:
“Vrees nie; 
want dié wat by ons is, 
is meer as dié wat by hulle is.” (2 Konings 6)

Whom shall I fear deur Chris Tomlin
I know who goes before me
I know who stands behind
The God of angel armies
Is always by my side
The one who reigns forever
He is a friend of mine
The God of angel armies
Is always by my side

Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"