Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"







ONS WEET NIE, EN TOG WEET ONS

Niemand weet wat die volgende paar weke vir ons gaan inhou in hierdie tyd van die CORONA virus nie, maar wat weet ons wel  en waarop moet ons fokus?

God verander nie, Hy bly dieselfde


WEET DAT GOD JOU Só LIEF HET

"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, SODAT elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, MAAR dat die wêreld deur Hom GERED kan word."
JOHANNES 3:16‭-‬17 AFR53

WEET DAT HY ALLES TEN GOEDE SAL LAAT MEEWERK

" Ons weet dat God alles TEN GOEDE laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
ROMEINE 8:28 AFR83

" Jesus het vir Petrus gesê:
 “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar JY SAL LATER VERSTAAN.”
Johannes 13:7 ABA
___________________________________________________________________________

Ons verstaan nie vooruit nie, ons VERTROU vooruit en verstaan daarna
____________________________________________________________________________


WAAROP KOM DIT DUS NEER

" Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge?
Dít:
God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer OM ONS ALMAL TE RED.
Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom UIT GENADE skenk nie?
 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? 
God self spreek hulle vry.
 Wie kan ons veroordeel? 
Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, HY PLEIT VIR ONS.

Wie kan ons van die liefde van Christus skei?
 Lyding of benoudheid of vervolging, 
honger of naaktheid, 
gevaar of swaard? 
Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”
MAAR in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
 Hiervan is ek oortuig: 
geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of TOEKOMSTIGE dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."
ROMEINE 8:31‭-‬39 AFR83

"Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."
FILIPPENSE 4:13 AFR53



WEET ALMAL WORD EEN OF ANDER TYD BANG
(Jesus het self bloedgesweet omdat Hy geweet het wat vir Hom voorgelê het met die kruis, Hy het in Sy angs gaan BID)



Be ANXIOUS for nothing, INSTEAD PRAY ABOUT EVERYTHING

"Be ANXIOUS for nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; and the PEACE of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus."
Philippians 4:6‭-‬7 NKJV

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.
  Julle moet nie ontsteld wees nie,
 en julle moet nie bang wees nie.
JOHANNES 14:27 AFR83


________________________________________________________________________________

"... Ek het die Here gesoek(GEBID), en Hy het my geantwoord en my uit al my VREES gered."
PSALMS 34:5 AFR53
_______________________________________________________________________________



WEET DUS OM TE BID AS EK BANG WORD


" Do not fear [anything], for I am with you; Do not be afraid, for I am your God. I will strengthen you, be assured I will help you; I will certainly take hold of you with My righteous right hand [a hand of justice, of power, of victory, of salvation].’
Isaiah 41:10 AMP




"WHEN I am afraid, I will put my TRUST and FAITH in You.  In God, whose word I praise; In God I have put my trust; I shall not fear. What can mere man do to me?
Psalms 56:3‭-‬4 AMP


WEET DIE HERE IS ALTYD BY ONS

"Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.  Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.  Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.  Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.  U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.  Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.  Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?  Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.  Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,  ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.  Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,  MAAR vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.  U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.  Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:  geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.  U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.  Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!  As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.  As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars!  Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree.  Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?  Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.  Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.  Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!"
PSALMS 139:1‭-‬24 AFR83


" ’n BEDEVAARTSLIED.

 Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?   

MY HULP IS VAN DIE HERE  wat hemel en aarde gemaak het.  
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.  
Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.  

DIE HERE IS JOU BEWAARDER,  
die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.  (Hy is altyd by ons)

 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. 
 Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.  
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid."
PSALMS 121:1‭-‬8 AFR53

Ek is in Sy SKADUWEE en Hy in myne...ALTYD BYMEKAAR

"HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die SKADUWEE van die Almagtige.  Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.  Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes."
PSALMS 91:1‭-‬3 AFR53

"Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal EK SAL NIE BANG WEES NIE ,(hoekom nie?) want U IS BY MY. In u hande is ek veilig."
PSALMS 23:4 AFR83

WEET HY SORG
HY IS DIE GOD VAN DIE MOSSIE

" 'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.  
Hy laat my rus in groen weivelde.
 Hy bring my by waters waar daar vrede is. 
 Hy gee my nuwe krag.
 Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam."
PSALMS 23:1‭-‬3 AFR83



WEET HY IS DIE ROTS
By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie!  Red my en bevry my, want U is getrou. Luister tog na my en help my!  Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.  Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.  Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel.  Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen.  U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade.  Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.  U verlossingswerk, o God, is oneindig groot; groot is die dinge wat U gedoen het! Wie is soos U, o God?  U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.  Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!  Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God, saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.  Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het.  Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk, want dié wat my ondergang soek, staan teleurgestel in hulle verwagting; hulle beland self in die ellende.
PSALMS 71:1‭-‬3‭, ‬14‭-‬24 AFR83

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My."
JOHANNES 14:1 AFR83














Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?