Onthou ons nog in Januarie, Februarie Maart....

Het ons al klaar weer vergeet?

Nuwe jaar, nuwe dinge

 'n Prediker het eenkeer gesê as die duiwel jou nie kan sleg kry nie, maak hy jou besig en gaan al ons nuwejaarsvoornemens ook by die agterdeur uit.

So pas is ons herinner aan hierdie Jesus wat in ons plek kom staan het. Die straf wat vir ons bedoel was op Hom geneem het...

Maar onthou ons nog in Januarie,  Februarie, Maart.... of  nog te meer Maandag, Dinsdag, Woensdag...Saterdag?

Onthou ons Hom in elke sekonde van elke dag, of is Hy vir ons net in die Kersdag boksie of dalk darem ook in die Sondag boksie van ons lewe, en vir sommiges is Hy glad nie eers in een van hul boksies nie.

Elke boksie van ons lewe behoort te wees soos die band van 'n fiets wat op baie tereine van die lewe ry. Jesus moet die AS wees en elkeen van hierdie boksies van my lewe behoort vanuit hierdie As te funksioneer, soos die band van die fiets met speke aan die as vas is.

"Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
MATTEUS 6:33 AFR83

Jesus is nie net 'n geskiedkundige figuur wat eens op 'n tyd iewers bestaan het en in geskiedkundige boeke opgeteken is nie, nee HY IS DIE SEUN VAN GOD wat lank reeds tevore deur die profeet Jesaja verkondig is. Reeds in die ou testament het God dit deur die profete aan die Joodse volk verkondig, maar alhoewel hul hom verwag het, het hulle Hom nie aanvaar as die Verlosser wat sou kom nie want Hy het nie ingepas in hulle prentjie nie.

Tog as ons terugkyk op Jesus se lewe kan ons nie anders as om te weet dat hierdie Verlosser waarvan Jesaja reeds in die ou testament na verwys niemand anders as Jesus Chritus kan wees nie.

"Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? 
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?  

Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
 Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.  
Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. 
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.  
Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. 
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.
 (EN HULLE HET UITGEROEP, KRUISIG, KRUISIG HOM!!!)
 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
  Ons het ALMAL gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.  
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. 
 Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
 Hy is gestraf oor die sonde van my volk.  
Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie.  
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.  Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. 
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.  Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.
JESAJA 53:1‭-‬12 AFR83

KLINK DIT BEKEND?

Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”  Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”
LUKAS 22:70‭-‬71 AFR83

Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom 'n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur.
LUKAS 23:9‭-‬11 AFR83


en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as 'n opruier van die volk. Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie. Herodes het ook nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur. Hy het beslis niks gedoen wat die dood verdien nie. Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat.”  Maar soos een man het hulle geskreeu: “Weg met hom! Laat Barabbas vir ons los!” Barabbas was in die tronk oor 'n opstand in die stad en oor moord.  Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, maar hulle het aanhoudend uitgeroep: “Kruisig, kruisig hom!”  Die derde keer sê Pilatus vir hulle: “Watter kwaad het die man gedoen? Ek het in hom niks gekry wat die doodstraf regverdig nie. Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat.”  Hulle het egter met 'n harde geskreeu aangehou om te eis dat Jesus gekruisig moes word, en met hulle geskreeu het hulle die oorhand gekry.
LUKAS 23:14‭-‬16‭, ‬18‭-‬23 AFR83

 Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.  Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.  Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”  Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”  Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:32‭-‬34‭, ‬39‭-‬43 AFR83

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.  Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”  Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan.
LUKAS 23:46‭-‬48 AFR83

Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! 'n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete.  Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?”  Hulle gee Hom toe 'n stuk gebakte vis. Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.”  Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 
Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes AAN AL DIE NASIES verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge.
LUKAS 24:38‭-‬42‭, ‬44‭-‬48 AFR83

Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. Só het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en sy oorwinning daar aangekondig. Hierdie geeste is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy baie geduldig met hulle was. Dit het gebeur in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net agt mense is uit die verskriklike vloed gered. Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly. Christus hét die hemel binnegegaan. Hy sit nou aan die regterhand van God, met die engele, magte en kragte onder sy beheer.
1 PETRUS 3:18‭-‬22 NLV

Jesus vra op 'n keer aan Sy dissipels die belangrikste vraag van hul bestaan

"Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”  Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”  “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”  Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”  “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is."
MATTEUS 16:13‭-‬17 AFR83

Petrus het dit nie uit sy eie geweet nie, dis deur God aan hom geopenbaar, die sluier is vir hom gelig.

Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”  “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
2 KORINTIËRS 3:15‭-‬18 AFR83

Wie sê ek is Jesus vir my?
 Nie net wat ander van Hom sê nie.
Wat is mý antwoord?

Het ek Hom afgetik Kersfees en die nuwe jaar is dit besigheid soos gewoonlik of Sondae en die week leef ek sonder Hom, of is Hy die As waarom my hele lewe draai?

Dit gaan nie hier of jy kersfees vier of nie, maar oor die boodskap, die evangelie, die goeie nuus.

Het jy al vergeet van die boodskap van Kersfees?

God is in us, God is for us, God is with us, Emmanuel
He's the savior we have been praying for
In our humble hearts he will dwell
God is in us, God is for us, God is with us, Emmanuel
                - Casting Crowns

God with us, God for us
Nothing can come against
No one can stand between us
God with us, God for us
Nothing can come against
No one can stand between us
               - Jesus Culture

Whom shall I fear
I know who goes before me
I know who stands behind
The God of angel armies
Is always by my side
The one who reigns forever
He is a friend of mine
The God of angel armies
Is always by my side
             - Casting Crowns


Mag hierdie wete jou deur die nuwe jaar dra


Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"