Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?


IS DIT DONKER, STIKDONKER?

Dié Lig kan jou lewe red.

Uit die duisternis van sonde, maar ook uit die donker put van depressie/wanhoop/ opgee/oorgee.

"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.
In Hom was daar lewe, 
en dié lewe was die LIG vir die mense. 
Die LIG skyn in die duisternis
die duisternis
KON DIT NIE UITDOOF NIE."
JOHANNES 1:1‭-‬5 AFR83

 Lig teenoor duister  ...  Die uiterste kontras!

Gen 1:1-4
"In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 
Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, 
dit was donker op die diep waters, 
maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 
God het gesien die lig is goed, 
en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei."

Die goeie (Lig) staan lynreg teenoor die werke maar ook die gevolge van die slegte (duisternis)

God se koninkryk word altyd aan Lig gekoppel.
 Satan en sy demone vind jy nie waar daar lig is nie.
Donker het 'n manier om ons bang te maak, niemand hou van die donker nie.
Donkerte is 'n toestand wat heers as daar 'n gebrek aan lig is.
 Hoe minder lig daar is hoe donkerder word dit. Satan weet dus om die plek waar jy jou bevind donker te kry moet hy al die lig wegneem deur aanslae, beproewinge, versoekings, leuens maar ook deur jou FOKUS weg te vat van die Lig.



Hy vat daarom al die Lig uit ons skole, parlement, land, werkplekke en maak ons te besig sodat ons ook nie self tyd het om tyd te maak vir God se Lig in ons lewe nie.
Sorge, genietinge en rykdom volgens die gelykenis van die saaier verdoof ook die Lig om ons en word dit donkerder en donkerder om ons sonder dat ons dit self besef.
 Sonder dat ons notisie neem, gaan die son vir ons onder tot dit te laat is en
ons bewus word dat ons, ons bevind op 'n plek waar dit totaal donker geword het en sien ons eenvoudig geen lig meer nie.




Ook Dawid het telkemale hom in die donker bevind en moes hy vrees vir vertroue in die Here verruil...hoe?
 Hy het ONTHOU/REMEMBER

"For the enemy has persecuted me, He has crushed my life down to the ground; He has made me dwell in DARK PLACES, like those who have been long dead.  Therefore my spirit is overwhelmed and weak within me [wrapped in darkness]; My heart grows numb within me.  
I REMEMBER the days of old; 
I meditate on all that You have done;
 I ponder the work of Your hands.  
I reach out my hands to You
My throat thirsts for You, as a parched land [thirsts for water]. Selah.  
Answer me quickly, O Lord , my spirit fails; 
Do not hide Your face from me, 
Or I will become like those who go down into the pit (grave). 
 Let me hear Your lovingkindness in the morning, For I trust in You. 
Teach me the way in which I should walk, For I lift up my soul to You.
  Rescue me, O Lord , from my enemies; I take refuge in You.  
Teach me to do Your will [so that I may please You], 
FOR YOU ARE MY GOD
Let Your good Spirit lead me on level ground.  
Save my life, O Lord , for Your name’s sake; 
In Your righteousness bring my life out of trouble.  
In your lovingkindness, silence and destroy my enemies 
And destroy all those who afflict my life, For I am Your servant."
Psalms 143:3‭-‬12 AMP


 En so ook Paulus weet hoe donker dit kan word.
"Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. MAAR dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe. 

Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons WEER SAL RED

Op Hom is ons hoop gevestigHy sal ons ook verder red."

2 KORINTIËRS 1:8‭-‬10 AFR83

Hoe donker is dit regtig om ons?

"Die lamp van die liggaam is die oog.
 As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.

 As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!"

MATTHÉÜS 6:22‭-‬23 AFR53

Dit het my laat dink dat ons oog die "instrument" is waarmee ons kyk.
As ek vir die verkeerde goed kyk gaan dit my aftrek in die donker gat van depressie OF van sonde.

 Ek KIES hoe ek hierdie "instrument" gebruik en dus waarna ek kyk.
DIE LEWE IS VOORTDURENDE KEUSES
As ek heeltyd vir die golwe en wind kyk (dààrop FOKUS), al die donker gebeure op faceboek, in die nuus en my heeltyd in swaarmoedige donker geselskappe bevind word my kyk (oog) al hoe donkerder, en later maak dit my hele lewe donker en later besef ons nie eers meer hoe donker ons na alles kyk nie. As my kyk dus donker is hoe donker moet dit nie dan wees nie?

Waarvoor kyk ons?

Kyk ons na die dinge wat ons aftrek of KIES ons om te kyk vir JESUS...

JA JY KAN KIES WAARVOOR JY KYK EN WAAROP JY FOKUS

Hy is die Lig.
 Hy is die teenvoeter vir die duisternis. 
Hy het gekom om die duisternis nie net te verdryf nie, 
maar ook te vernietig.

God die Vader het Jesus na die aarde gestuur om die Lig te kom wees vir hulle wat in die duisternis verkeer agv sonde maar ook vir hullle wat in die donker van wanhoop rondspartel. Hy het gekom om die lig vir ons aan te skakel sodat ons kon sien, Hy as die Lig het gekom om die duisternis uit te dryf in ons lewe.

As ons op Jesus die lig vir die wêreld FOKUS, besluit om Sy lamp (Woord) op te tel en daarmee en daardeur na die wêreld te kyk sal selfs die donkerste donker nie ons kan oorweldig nie.

"In Hom was lewe, 
en die lewe was die lig van die mense.
En die lig skyn in die duisternis, 
en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld."
JOHANNES 1:4‭-‬9 AFR53




"Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,  ook daar lei u hand my, hou U REGTERHAND my vas.  Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,  
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
PSALMS 139:9‭-‬12 AFR83

Ons kyk vas teen hier en nou terwyl daar deur God se bril 'n groter prentjie is



"U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad."
PSALMS 119:105 AFR53



"Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: 
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie."
1 JOHANNES 1:5 AFR83


SELFS in die donker gevaarlike woestyn waarin hul, hul bevind het het God sy kinders deur lig ('n vuurkolom) in die donker nag gelei wat as simbool gedien het van God se teenwoordigheid en beskerming. (Eks 13:21–22).
God is gister, vandag en môre dieselfde. Hy is steeds daardie LIG vir elkeem van Sy kinders al is dit hoe donker om ons. As ons uitroep: " Here help!!" 
Verdryf Sy teenwoordigheid in ons omstandighede die donker.

 In sy boek "The Heavenly man" vertel brother Young hoe God sy vrou as jong meisie elke aand gelei en bewaar het huistoe nadat sy die ondergrondse huiskerk besoek het in die geheim. Nie alleen kon sy deur rowers oorval word nie of verdwaal nie, maar ook die regering kon haar in hegtenis neem aangesien Christene toe en selfs nou erg vervolg word in China.
 Elke aand het daar 'n klein liggie voor haar verskyn en haar elke keer veilig tot by haar huis in die donker gelei. As God 'n vuurkolom kon gee vir dieselfde redes vir sy hele volk kan hy mos vir Sy dogter 'n flammetjie stuur...

Ook in ons eie land het 'n boervrou nou onlangs 'n week of wat terug getuig dat na hul op hul plaas aangeval is sy in die stik donker nag ver deur bosse moes gaan hulp soek by 'n buurplaas en sy net hul stoepliggie heeltyd voor haar in die verte kon sien en het dit gevolg. Toe sy later haar bure bedank en hul vertel dat was dit nie vir hul stoeplig nie sy hul seker nooit sou kon gekry het in die donker nie, waarop hul haar geantwoord het dat dit onmoontlik is want hul stoeplig is al geruime tyd stukkend.

That was (again) God at work!!


Satan hou ons egter met alles in hom weg van die lig en in die donker deur leuens, sonde, ongeloof, twyfel, vrees, en selfs onkunde.
"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;..."
HOSÉA 4:6a AFR53

 Jesus is die lig maar Hy is ook die Woord (dus is Sy Woord my lig/lamp), elke vers van die Woord wat ek glo en doen verdryf die duisternis om my.

Gebruik ek dit om die donker te verdryf of lê dit onoopgemaak op my rak? Vra ek Hom sonder ophou om lig te kom wees in my donker? Hoe lyk my gebedslewe? Satan maak ons biddeloos.


"Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: 
“Ek is die lig vir die wêreld. 
WIE My VOLG, sal nooit in die duisternis lewe nie, 
maar sal die lig hê wat lewe gee.
JOHANNES 8:12 AFR83

________________________________________________________

DUISTERNIS steel jou lewe by jou.
 LIG gee lewe.


_______________________________________________________

"Om hierdie rede word ons nie moedeloos (en gee op) nie. 
Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe (ons geloof word gelouter en versterk). Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en GAAN VERBY (This too shall pass), maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

 Ons OOG is nie op die sigbare dinge gerig nie

maar op die onsigbare; 
want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."
2 KORINTIËRS 4:16‭-‬18 AFR83

"Want U laat my lamp skyn; 
DIE HERE MY GOD LAAT MY DUISTERNIS OPKLAAR.  
Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.  Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.  Want wie is God buiten die Here , en wie is 'n ROTS behalwe onse God?
PSALMS 18:29‭ AFR53




Maar, Pasop vir satan se nagemaakte lig.

-  Dit wat die wêreld bied as oplossings vir ons donker.

GAAN EERSTENS NA GOD IN JOU DONKER, en as jy dan moet na mense gaan, gaan na iemand wat God opreg dien.
Moenie in jou storm verkeerde keuses maak OF verkeerde hulp aanvaar wat jou dalk in 'n erger storm kan laat beland nie, bv om te gryp na alkohol ens.

"En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig."
2 KORINTIËRS 11:14 AFR83

Ons moet ook aan ander wat in die donker vasgekeer is van die Lig getuig.



"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons.
  DAAROM kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,"
2 KORINTIËRS 1:3‭-‬4 AFR83

"GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus,
die Vader van ONTFERMINGE en die God van alle VERTROOSTING,
 wat ons TROOS in al ons verdrukking, SODAT ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word."
II KORINTHIËRS 1:3‭-‬4 AFR53


Hy is die Lig ek is net die ligdraer.



As ek my lig neersit is dit nie net vir my donker nie, maar vir almal vir wie ek moes lig maak. Satan weet dit en daarom wil hy ons laat opgee en van ons lig vergeet.
Ons moet wees soos 'n prisma, die lig deur ons laat skyn na ander.
Die lig breek op in verskillende kleure om die verskillende behoeftes van ander te kan aanspreek...dien, hulp, bemoedig, behoeftes, gebed, te getuig, my talente en om my gawes tot ander se voordeel te gebruik en so baie vrug dra.


"Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die DUISTERNIS geroep het na SY WONDERBARE LIG."
1 PETRUS 2:9 AFR83

Ek moet nie net die Lig selfsugtig absorbeer en vir myself hou en sonder vrug wees nie.

As ons nie gaan skyn in hierdie donker wêreld nie, wie gaan.



"Sajin.  Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis:
 Get.  genadig en barmhartig en regverdig."
PSALMS 112:4 AFR53

"Wie is soos die Here onse God, wat hoog woon,  
wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?  
 Wat die geringe uit die stof oprig, 
die behoeftige van die ashoop af verhef;..."
PSALMS 113:5‭-‬7 AFR53

Hy is die enigtse lig in die donker!!

Het Sy lig al op jou geval?


Soulus was uiters GODSDIENSTIG...
"Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring. Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraall. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. 
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg” 
Hand 9:1-5
"Vervolg" ons dalk ander Christen denominasies?
Hou ons dalk so vas aan wat ons dink en glo reg is dat ons ander verwerp of selfs op neersien. Satan wil verdeeldheid veroorsaak want so verswak hy God se weermag.

Toe die LIG op Soulus val word hy Paulus wat totaal verander
van iemand wat Christene VERVOLG 
tot iemand wat mense leer om Christus te VOLG.

As Jesus van Soulus 'n Poulus kon klaarkry is daar geen verskoning vir enige iemand om nog in die duisternis te leef nie.
 Soms is dit onwetend, Soulus het gedink hy wandel in God se weë want hy was dan uiters godsdienstig.
Mense kan dus in die kerk ongered wees.

Hy het geglo aan werke TOT REDDING,
 maar God se weg van Saligheid is werke AGV REDDING.
"Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon."
JAKOBUS 2:17‭-‬18 AFR53

Jou werke is dus die BEWYS van jou geloof en redding en nie andersom nie.


 Hy het Sy Seun gestuur, sodat elkeen wat in Hóm glo die ewige lewe sal hê (Joh3:16)...en op geen ander manier nie.
  Wie Jesus het, het die lig, wie Hom nie het nie, het nie die lig nie en leef nog in die duisternis.

"Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
JOHANNES 8:12 AFR83



  Om AAN Jesus te glo is ook nie genoeg want die duiwel glo ook aan Hom.

"Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder."
JAKOBUS 2:19 AFR53

Jy moet IN Jesus glo as jóú persoonlike Saligmaker en redder. Jy het die dood verdien vir jou sonde en vir jou het Hy aan die kruis gesterf. Vir almal van ons...die KEUSE lê nou by ons of ons dit vir onsself gaan glo.



God is die Lig vir hierdie wêreld, die enigste, ware bron.

Kan jy sien dat ‘n wedergebore Christen nooit weer vir Satan hoef te vrees nie? Toe Jesus sterf aan die kruis, was dit vir 3 ure donker, en toe nie meer nie, want toe het die LIG DIE DUISTERNIS OORWIN




Die antwoord om uit die donker te kom....
VOLG HOM, 
DOEN SY WOORD!! 
Hy ken nie net die pad uit die donker nie,
HY IS DIE PAD UIT MY DONKER


"Raise A Hallelujah"
(performed by Jonathan David Helser & Melissa Helser)

I raise a hallelujah, in the presence of my enemies
I raise a hallelujah, louder than the unbelief
I raise a hallelujah, my weapon is a melody
I raise a hallelujah, Heaven comes to fight for me

I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive!

I raise a hallelujah, with everything inside of me

I raise a hallelujah, I will watch the darkness flee

I raise a hallelujah, in the middle of the mystery
I raise a hallelujah, fear you lost your hold on me!

I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive!

Sing a little louder (Sing a little louder)
Sing a little louder (Sing a little louder)
Sing a little louder (Sing a little louder)
Let's sing a little louder (Let's sing a little louder)
Sing a little louder (In the presence of my enemies)
Sing a little louder (Louder than the unbelief)
Sing a little louder (My weapon is a melody)
Sing a little louder (Heaven comes to fight for me)
Sing a little louder (In the presence of my enemies)
Sing a little louder (Louder than the unbelief)
Sing a little louder (My weapon is a melody)
Let's sing a little louder (Heaven comes to fight for me)
Sing a little louder!!

I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive!
Oh, I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive!

I raise a hallelujah
I raise a hallelujah
I raise a hallelujah
I raise a hallelujah!

Just begin to raise your own hallelujah
I can't do it for you
There's a song written on your heart only you can sing
And when you sing enemies flee
When you sing prison walls come falling down
When you sing Heaven invades the earth
So just begin to lift up your hallelujah
Raise it like a banner
Raise it like a flag
Raise it in the middle of the storm
Let it rise, let it rise
Like a symphony to the King
Everything to You, Jesus
We raise it all
Sing a little louder!!


I raise a hallelujah
I raise a hallelujah
I raise a hallelujah
I raise a hallelujah
I raise a hallelujah (In the presence of my enemies)
I raise a hallelujah (Louder than the unbelief)
I raise a hallelujah (My weapon is a melody)
I raise a hallelujah (Heaven comes to fight for me)





Comments

  1. Merit Casino Review 2021 | Expert Review of the Pros & Cons
    Read Merit 메리트카지노 Casino's review to see if this casino 제왕 카지노 is trustworthy and reliable. Read our experience and play 인카지노 with our exclusive bonus!

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"