Posts

NB!!! Belangrike kennisgewing - my nuwe webadres vIr my blog GAANVERTEL

Image
  Belangrike kennisgewing!! Ek het ongelukkig aanhoudende tegniese probleme ondervind op hierdie blog van my en moes ek 'n nuwe blog skep  Die nuwe adres is  https://www.gaanvertel.co.za/

No 3 Ek moes doof word om (die waarheid) te kon hoor. - Jy verander na gelang van jou God of afgod

Image
  Ek moes doof word om te kon hoor dat Jy VERANDER na gelang van jou God  of jou afgod Ons het in deel 2 gesien dat wie of wat bo in jou driehoek staan bepaal jou waarheid wat jy volg en gehoorsaam. Die antwoord op HOEKOM DOEN EK WAT EK DOEN, HOEKOM DINK EK WAT EK DINK help bepaal wie of wat is 'n afgod in my lewe. Afgode in jou lewe verlei jou tot ongehoorsaamheid aan God en baar sonde. DIE WAARHEID IS:  Jy kan nie sonde verdedig, verskoon en wil behou nie. Jesus sê wel Hy gooi haar ook nie met klippe nie, maar sê dan vir haar gaan en sondig nie meer nie. Hy het wel gekom vir sondaars en saam met hulle verkeer, maar  dan het hulle  verander , nie Hy nie.  John 8:7 KJV [7] So when they continued asking him, he lifted up himself, and said unto them,  He that is without sin among you, let him first cast a stone at her.  JOHANNES 8:11 AFR53 [11] En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig ni...

No 6 - Ek moes doof word sodat ek kon hoor - Waarheid as die lewende water

Image
Die Here openbaar hierdie aan my dogter nadat ons ernstig weer gaan bid het oor  WAT is reg, en nie WIE is reg nie?  DIE WAARHEID as die lewende water Waarvan loop jy oor? Want wat die hart van vol is loop die mond van oor.    Die Samaritaanse vrou by die put  vervolg… Jesus weet wat hierdie vrou kortkom en nodig het en sê selfs vir haar  WAT sy moet vra?  As jy net 1 ding kan kry sal dit seker wys wees om vir JESUS te vra om jou te sê en te wys wat jy die nodigste het. MATTHÉÜS 6:8 AFR53 [8] "… want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. In JOHANNES 10:30 AFR53 sê Jesus: " [30]  "Ek en die Vader is een." So dit beteken Jesus weet die beste wat ons nodig het. Die Samaritaanse vrou weet nie dat die Messias voor haar staan nie want sy ken Hom nog nie persoonlik nie, sy het nog net van Hom gehoor. Dus glo sy ook wel  aan  Hom maar nog nie  IN  Hom nie.  Vers 10:  Jesus antwoord en sê vir haar: As jy d...