No 3 Ek moes doof word om (die waarheid) te kon hoor. - Jy verander na gelang van jou God of afgod

 


Ek moes doof word om te kon hoor dat

Jy VERANDER na gelang van jou God

 of jou afgod


Ons het in deel 2 gesien dat wie of wat bo in jou driehoek staan bepaal jou waarheid wat jy volg en gehoorsaam.

Die antwoord op HOEKOM DOEN EK WAT EK DOEN, HOEKOM DINK EK WAT EK DINK help bepaal wie of wat is 'n afgod in my lewe.

Afgode in jou lewe verlei jou tot ongehoorsaamheid aan God en baar sonde.



DIE WAARHEID IS: Jy kan nie sonde verdedig, verskoon en wil behou nie.

Jesus sê wel Hy gooi haar ook nie met klippe nie, maar sê dan vir haar gaan en sondig nie meer nie. Hy het wel gekom vir sondaars en saam met hulle verkeer, maar dan het hulle verander, nie Hy nie. 

John 8:7 KJV

[7] So when they continued asking him, he lifted up himself, and said unto them, He that is without sin among you, let him first cast a stone at her. 

JOHANNES 8:11 AFR53

[11] En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. 

Ook die tollenaar Saggues het verander nie Jesus nie

LUKAS 19:6-10 NLV

[6] Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang. [7] Almal wat dit gesien het, het geprotesteer en gesê: “Hy het jou werklik tuisgegaan by ’n sondige man!”  [8] Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.”  [9] Jesus sê toe vir hom: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man ’n seun van Abraham is. [10] Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”   


Ons het gehoor sommige gebruik God se Genade en liefde om sondes te kan behou.

 MAAR

Genade en liefde het ons juis aan die kruis ontvang om ons in die posisie van regverdig en geheilig te plaas, verlos van sonde.


 Daarna moet ek dus vanuit my posisie van skoongewas, geheilig,  gaan heilig leef nie tot redding nie maar agv redding uit genade onverdiend. Niemand is volmaak nie, maar ons moet daarna streef.

Lees weer hierdie vers


2 Peter 2:19-22 NLT

[19] They promise freedom, but they themselves are slaves of sin and corruption. For you are a slave to whatever controls you.(wat ook al bo in jou driehoek staan, wat jy grager wil hê as Jesus)

 [20] And when people escape from the wickedness of the world by knowing our Lord and Savior Jesus Christ and then get tangled up and enslaved by SIN again, they are worse off than before. 

[21] It would be better if they had never known THE WAY to righteousness than to know it and then reject the command they were given TO LIVE A HOLY LIFE

[22] They prove the truth of this proverb: “A dog returns to its vomit.”And another says, “A washed pig returns to the mud.”


 Weereens kom dit wat in jou hart is hier ter sprake 

wat wys in jou dade. 

'n Hart wat VERANDER het se dade wys dit. 


MATTHÉÜS 3:8-10 AFR53

[8] Dra dan vrugte wat by die bekering pas. [9] En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. [10] Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.


Die man van God moes VLUG EN VOLG


1 TIMOTEUS 6:11-12 NLV

[11] Maar jy, Timoteus, man van GodVLUG weg van al hierdie bose dinge, en VOLG na wat reg en goed is. Beywer jou vir ’n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis. [12] Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies. 


  Hierdie genade en liefde by die Kruis gee ons nie toestemmingg om nou in sonde verder te leef nie, dit is die krag van God om nou oor die sonde te kan heers waar dit voorheen oor ons geheers het. 

FILIPPENSE 4:13 AFR53

[13] Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.


MATTHÉÜS 7:16-21 AFR53

[16]  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! [17] So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. [18] 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. [19]  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. [20] So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. [21]  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.



As geredde kind van God móét jy nie net meer sondig nie,

 jy wil nou nie meer sondig nie. Jou hart het verander.


As so iemand val(nie willens en wetens), soos Dawid, het hy berou, gaan vra vergifnis en draai weer weg van die sonde, hy maak nie soos Saul verskonings daarvoor nie of glo soos sommiges God se genade en liefde sal hom toelaat om maar daarin te volhard en leef nie. 

God haal ons uit sonde uit Hy los ons nie daarin of erger plaas ons weer terug daarin nie...die die ware Evangelie, goeie nuus van God



Baie sonde en leuens word vandag in baie kerke geakkomodeer onder die woorde jy mag nie oordeel nie en liefde en genade bedek alles. God straf nie meer nie ons leef onder genade.

 Ja die sondaar is welkom by Jesus net soos hy is, maar God se genade en liefde was hom dan juis skoon, die skoonwas is die genade uit liefde, hy bly nie in sy sonde voort leef nie. Hierdie Liefde en genade verwyder juis jou sonde so ver as die ooste van die weste van jou, dit laat jou nie in jou ou sondige lewe voortlewe nie. As dit so was, dat niks verander het en ek maar net verder leef soos voorheen, wat was dan die punt dat Jesus vir ons moes kom sterf?

 Die Woord sê jy is 'n nuwe mens, God VERANDER jou meer en meer om soos die beeld van Sy Seun te word. 


II KORINTHIËRS 3:16-18 AFR53

[16] maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. [17] Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. [18] En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.


2 KORINTIËRS 5:17-21 AFR83

[17] Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mensDie oue is verby, die nuwe het gekom. [18] Dit alles is die werk van GodHy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. [19] Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. [20] Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens ChristusAanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! [21] Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.


Jy moet die versoe ing vir jouself aanvaar, jy het dit nie maar net(van kleinsaf) nie.

Dan VERANDER JY, die nuwe jy praat anders, lyk anders en doen anders as die wêreld. 

EFÉSIËRS 4:17-25 AFR53

[17] DIT sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie — [18] mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; [19] wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. [20] Maar julle het Christus nie so leer ken nie, [21] as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: [22] dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, [23] en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed [24] en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. [25] Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.


KOLOSSENSE 3:9-11 AFR53

[9]  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het [10] en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, [11] waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal



Jy trek die ou mens uit en die nuwe mens aan deur in gehoorsaamheid Hom te VOLG, en IN Hom te bly




Die kruis is juis die simbool van God se liefde en genade, onverdiend. Jy het dus Sy liefde en genade daar by die kruis ontvang om jou te verlos van sonde, die ou mens en nie om jou die groen lig te gee om maar daaraan vas te hou en voort te gaan in dit nie. 

Die verlore seun het nie in sy varkhok klere bly leef nie, hy is skoon aangetrek.


Waarheid is:

HY HET JOU MET SY BLOED SKOONGEWAS. 

DUUR BETAAL!!

 HOE SAL HY JOU DAN MAAR NET WEER TERUG SIT IN DIE VARKHOK VAN SONDE?


Waarheid is: 

Bekering is 'n U draai, 


jy vlug van die sonde wat se uiteinde die ewige dood is, jy probeer dit nie verdedig en behou nie. 

II TIMÓTHEÜS 2:5, 19-22 AFR53

[5] En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

[19] Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid. [20] Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer. [21] As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer weesgeheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk. [22]  Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

Vlug...jaag na

Kyk ook 1 Tim 6

  [11]  Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid, godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid.
(WEEREEN VLUG VAN...STREEF NA(JAAG NA)

Wanneer ons geregtigheid(om in regte verhouding met God te staan) na jaag, vlug ons weg van die sonde af. Aangesien dit twee teenpole is, kan 'n mens nie alby tergelykertyd najaag nie. So ver verwyder van mekaar soos die ooste van die weste.

As jy Sy kind geword het moet jy jou rug draai op die sonde en gehoorsaam die Nou pad van heiligmaking loop


2 Timoteus 2:19 AFR20

[19] Maar tog staan die fondament van God stewig, met hierdie inskripsie, “Die Here ken diegene wat aan Hom behoort” en, “Laat elkeen wat die Naam van die Here aanroep, die rug op ongeregtigheid keer.”

Hierdie liefde en genade (JESUS) het jou juis onder die slawejuk van sonde kom uithaal sodat SONDE NIE MEER OOR JOU KAN HEERS NIE MAAR SAAM MET DIE HEILIGE GEES WAT NOU BINNE JOU WOON JY NOU DAAROOR KAN HEERS.



Mense wil egter hul eie aanpassings ook aan die Evangelie maak. Hul wil kerke hê wat hul sonde akkomodeer nie aanspreek en van verlos nie. Dan dien jy nie meer die Jesus van die Bybel nie, dan het jy vir jouself 'n afgod gemaak wat by jou begeertes pas. 


ROMEINE 1:23-32 NLV

[23] dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld. 

 [24] Om hierdie rede het God hulle aan hulle eie sondige hartstogte oorgegee, met die gevolg dat hulle onsedelikheid begin bedryf het deur oor en weer immorele praktyke met mekaar se liggame te beoefen. 

[25] Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis(WAARHEID) van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. Amen!  

[26] Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die natuur is, naamlik dié met ander vroue. [27] Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en ’n brandende begeerte na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal.  [28] Inderdaad, omdat hulle geweier het om aan God die erkenning te gee wat Hy verdien, het Hy hulle oorgegee aan hulle skewe ingesteldheid. Gevolglik doen hulle allerlei onbehoorlike dinge. [29] Hulle lewe word gekenmerk deur elke vorm van ongeregtigheid, boosheid, grypsug, kwaadwilligheid; hulle is vol jaloesie, moord, twisgierigheid, skelmstreke, slegte bedoelings en skinderpraatjies. [30] Hulle stook kwaad, haat God en is arrogant, hooghartig en verwaand; hulle is vindingryk om slegte dinge te bedink en ongehoorsaam aan hulle ouers; [31] jy kan nie met hulle redeneer nie en ook nie op hulle reken nie; hulle is liefdeloos en sonder ontferming vir ander mense.  [32] Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is."


"Hulle is bewus van God se bepaling", maar tog voeg hul by en vat weg om by hul eie waarheid te laat pas


ESEGIËL 14:1-23 NLV

[1] Party van die leiers van Israel het by my besoek kom aflê. Terwyl hulle by my sit, [2] het die Here vir my gesê: 

[3] “Mensekind, hierdie leiers het hulle harte op afgode gerig. Hulle het die struikelblok van sonde in hulle lewe toegelaat. Hoekom moet Ek toelaat dat hulle enigiets van My vra?


  [6] “Daarom, sê vir die volk Israel die oppermagtige Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode! Hou op met julle afskuwelike dade! "


Die Here wys ons afgode aan ons uit sodat ons,

 ons daarvan kan bekeer en terugkom na Hom.



ELKEEN GAAN VIR HOM OF HAARSELF VOOR DIE HERE ONS GOD STAAN of ons Sy waarheid gedoen en hoog geag het of ons eie variasie daarvan. 



Wyse raad in 'n neutedop:


Van die Hoofbestandele van hierdie verhouding nie van godsdiens nie is: LIEFDE,  liefde tot God en liefde tot ons naaste, GELOOF, VERTROUE, BEKERING EN GEHOORSAAMHEID



Waarheid: "firmly rooted in the WordGet to know the truth for yourselfDevelop a personal relationship with Jesus Christ. (Die Jesus van die Bybel) Sober, vigilant lest you be deceived. Be alert and pray without ceasing" 

As almal net hierdie raad hierbo wou ernstig opneem, het ek nie nodig om iets verder te skryf nie want die Here sal self dit aan elke gelowige openbaar. Baie glo egter geleerdes, kerklike leerstellings, tradisies en hul eie opinies bo die van die Woord.

 Ons lewe in die laaste dae!




Dra mense se opinies dalk vir jou ook meer gewig as God se Woord?




Hoe baie van ons wil ons uit gehoorsaamheid uit redeneer

Hoekom? 

Is daar dalk iets wat ons bang is om te verloor, dalk gaan moet opgee. Baie gaan hoor dan daarom ook nie self by Hom oor 'n saak nie omdat hulle vrees dat Hy dit van hul sou vra.



Is mense of dinge dalk groter in jou lewe as wat jy besef?



Die boek “When people are big and God is small” verduidelik dit so goed dat dinge en mense kan groter rol en plek in jou lewe begin inneem as God en dan word dit jou afgod. Ons het gesien jy wil dit grager hê, dit behou, dit beskerm, dit dien. Dit maak jou dan 'n "people pleaser" ipv 'n "God pleaser" Dit beheer jou, dit maak jou ongehoorsaam aan GodDit laat jou die waarheid aanpas, "compromise " DIT LAAT JOU SONDIG


 Is jou verhouding met Jesus vir jou belangriker as jou verhouding met mense of dinge?

Die wêreld wil nie mense te na kom nie, 

maar gee nie om, om Jesus in die proses te na te kom nie. 



Kom ons kyk weer na die gedeelte oor die Ryk jong man wat Jesus sê oor iemand wat iets "grager" liewer wil hê as Hom alleen.


Matthew 19:22 AMP

[22] But when the young man heard this, he left grieving and distressed, for he owned much property and had many possessions [which he treasured more than his relationship with God]



Hy kies sy rykdom bo Jesus, die keuse laat hom weggaan van Jesus afweg van die waarheid.

TOG was die Here vir hom belangrik die dat hy al van sy jeug af alles reg probeer doen het, maar sy keuse wys dat rykdom bo in sy driehoek gestaan het en sy eintlike god was. 



HY WOU SY RYKDOM 

"GRAGER" HÊ AS VIR JESUS

Rykdom het sy hart besit, hy het nie rykdom besit nie. Jesus het dit geweet, Hy wat in ons harte kan sien, wat meer belangstel wat in ons harte aangaan, het vir hom die vraag gevra sodat hy kon sien dat sy hart nie werklik aan Hom behoort nie. Maar ipv om van die afgod ontslae te raak in sy lewe het hy gekies om van Jesus af weg te stap sodat hy die afgod van sy hart kon bly behou.


DIE WAARHEID IS:

Ons kan nie Jesus plus in ons lewe volg nie.

 Dis net Jesus of dis nie.

He is rather Lord of all or not Lord at all



 Alhoewel dit hom bedroef, hartseer maak om nie Jesus te volg meer nie is dit vir hom erger om sy rykdom te moet opgee/offer. (Vir party is dit daardie iemand of soms selfs 'n sekere kerk denominasie of die waarheid wat jy dink jy het)

Maar in die proses offer hy sy verhouding met Jesus, gee hy dit op. Die amplified het ons gesien sê,

"which he treasured more than his relationship with God" 

 


GOD OF AFGOD?
 Ons moet die keuse maak



[23] En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat 'n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. [24] En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. 

Jesus sê self hier dat die ryk jong man nie in die koningkryk van die hemel sal ingaan nie weens die afgod van rykdom in sy lewe. 


Geld is nie boos nie, maar sy liefde vir geld bo sy liefde vir God is. 

Ook Paulus waarsku vir Timoteus om vir die gapende afgrond van Mammon te passop.

1 Timoteus 6:3-21 AFR20
[3] As iemand 'n ander leer verkondig, en hom nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus, en by die leer wat met die ware godvresendheid ooreenstem nie, [4] is hy verwaand en sonder begrip, en het hy eerder 'n sieklike aptyt vir meningsverskille en stryery oor woorde. Dit lei tot afguns, rusie, lastering, bose suspisies, [5] aanhoudende geredekawel onder mense wie se denke ontaard het, en wat van die waarheid beroof is, en dink dat godvresendheid winsgewend is. [6] Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan. [7]  Ons het immers niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan niks daaruit wegneem nie; [8]  maar as ons kos en klere het, laat ons daarmee tevrede wees
[9]  Wie ryk wil wees, val in versoeking en 'n strik, en baie dwase en skadelike begeertes wat mense meesleur na ondergang en vernietiging. [10] Want geldgierigheid(liefde vir geld) is die wortel van alle kwaad. Die hunkering na rykdom het sommige mense laat afdwaal van die geloof, en hulle het hulleself met baie smarte deurboor.  [11]  Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid(verhouding tussen ons en God reg is), godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid.
(WEEREEN VLUG VAN...STREEF NA(JAAG NA)

[12] Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. [13] Ek beveel jou voor God, wat aan alles lewe gee, en •Christus Jesus, wat die goeie belydenis voor Pontius •Pilatus gelewer het, [14] dat jy die opdrag suiwer en onberispelik sal uitvoer, tot die verskyning van ons Here Jesus Christus, [15] wat God op sy eie tyd sal openbaar – Hy, die lofwaardige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die heersers, [16] Hy wat alleen onsterflikheid besit, ontoeganklike lig bewoon, en vir wie geen mens ken of kan sien nie – aan Hom kom die eer en ewige krag toe. •Amen. [17] Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet. [18] Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees, [19] om sodoende vir hulleself 'n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry. [20] O Timoteus, bewaar jou pand! Vermy goddelose en leë praatjies, en die teenstrydighede van wat valslik as kennis bestempel word. [21]  Omdat sommige mense dit bely het, het hulle van die geloof afgedwaal.  Die genade bly met julle!


Ons sien dat die ryk jongman sal eerder die Here verloor as wat hy sy geld sal wil verloor.

Sy liefde vir geld beinvloed sy gehoorsaamheid aan God


  Wat sal ons ten alle koste wil behou, 

al kos dit ons, ons verhouding met Jesus?


Ons gehoorsaamheid wys ons liefde vir God

JOHANNES 14:21 AFR53

[15]  As julle My liefhet, bewaar my gebooie

[21] Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.




Ons het een keer op 'n kerk kamp moes die keuse maak of ons bereid was om alles op te offer vir Jesus onder andere ons kinders, ons werk(inkomste) ens. Sjoe ek moet erken dit was nie 'n maklike keuse nie, mens wil liewer terugdeins en vlug van so 'n keuse, maar ons moes in ons harte kyk en besluit is Jesus werklik vir ons belangriker as enige iets anders. Was Sy wil bo ons wil vir ons lewe? Kon Hy soos met Abraham enige iets by ons terugvat, ook ons kinders. Jy sien Hy moet so alles wees vir ons in ons harte, daar is nie bietjie van Hom en bietjie van die wêreldse dinge nie. Dit wat ons nie vir Hom wil gee nie staan bo in ons driehoek ipv God.

En toe net die volgende dag kom die toets en het ons 'n oproep gekry wat ons meegedeel het dat my man se afdeling toemaak en ons, ons inkomste verloor het. Ons was steeds op die kerkkamp op daardie stadium en sou ons terug gaan na niks, geen werk geen inkomste. 

Ons loop net daarna 'n vriend raak op die kamp en ons vertel hom wat gebeur het, sy reaksie het ons eers geskok. Hy het gesê hy is so opgewonde vir ons want hy kan nie wag om te sien wat God vir ons beplan nie. Ek het eers gedink hy het nie mooi gehoor wat ons vir hom sê nie, maar hy het reg gehoor. Later het sy woord by ons gebly en het ons beleef hoe kragtig sy woorde daardie dag was en beteken dit tot vandag nog vir ons baie as ons in moeilike situasies kom. Wat wou God hiermee doen?

Ons moes eintlik dadelik oppak en terugry, maar op daardie oomblik herinner die Here ons aan ons keuse die vorige aand om Hom met alles te vertrou, dat ons alles vir Hom teruggegee het en dat ons nou Hom moet vertrou as genoeg in ons lewe. 

Soos die liedjie sê: "I (we) surendered all"

Dis Hy wat sorg. Hy is die God van die mossie. 

Ons staan toe voor die vraag. Was die vorige aand se keuse net emosie of werklik uit ons hart bedoel? My man het toe weer die behoefte gekry om weer na die gebedskamer te gaan en weer alles vir Hom in gebed te gee. Ons het die res van die kamp bygewoon en die Here het later ingetree en vir ons weer werk gegee, beter as die een wat my man verloor het. 

Die Here sorg, Hy is getrou, Hy is genoeg.

MATTHÉÜS 7:7-8 AFR53

[7]  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. [8] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Hoe ernstig soek ons, klop ons?



Party dien Jesus en...

Party sal Hom volg MAAR...op hul eie voorwaardes en terme

Party sal Hom alles maak in sekere areas van hul lewe maar net nie hier of daar nie

Luke 9:59-62 AMP

[59] He said to another, “Follow Me [accepting Me as Master and Teacher].” But(MAAR) he said, “Lord, allow me first to go and bury my father.” [60] But(MAAR)He said to him, “Allow the [spiritually] dead to bury their own dead; but as for you, go and spread the news about the kingdom of God.” [61] Another also said, “I will follow You, Lord [as Your disciple]; but (MAAR) first let me say goodbye to those at my home.” [62] But Jesus said to him, “No one who puts his hand to the plow and looks back [to the things left behind] is fit for the kingdom of God.”

Luke 9:59-62 TPT

[59] Jesus then turned to another and said, “Come be my disciple.”He replied, “Someday I will, Lord, but allow me first to fulfill my duty as a good son and wait until my father passes away.”[60] Jesus told him, “Don’t wait for your father’s burial. Let those who are already dead wait for death. As for you, go and proclaim everywhere that God’s kingdom has arrived.”[61] Still another said to him, “Lord, I want to follow you too. But first let me go home and say good-bye to my entire family.”[62] Jesus responded, “Why do you keep looking back to your past and have second thoughts about following me? If you turn back you are not fit for God’s kingdom.”





Afgode is vir God 'n euwel en Hy haat sonde. Sonde is die slegte DADE van 'n persoon maar Afgode het met die persoon se hart te doen, dit is waaraan of aan wie iemand se hart behoort en dit bepaal hul dade (Vrugte). As dit aan 'n afgod behoort bring dit sonde voort maar as die hart aan God behoort vrugte uit gehoorsaamheid aan Hom



Al die slegte konings in die Bybel het afgode aanbid en die goeie konings God alleen. 

Hier sien ons hoe die Godvresende koning Asa se hart aan God behoort en hy Hom gehoorsaam en van al die afskuwelike afgode in die land ontslae raak en die volk ook so leer.

II KRONIEKE 15:1-19 AFR53

[1] TOE het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom; [2] en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! 

(Asárja sê wat God gesê het, dis wat God van ons verlang)

Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. 

(God sê ook in Sy Woord "nader tot My en ek sal tot julle nader" op soveel ander plekke ook dat ons Hom moet soek. Die wonderlike belofte van die Woord is dat Hy laat Hom vind deur elkeen wat met hulle hele hart, hulle hele siel en wil Hom soek) 

[3] En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder 'n lerende priester en sonder wet.

(Hulle het nie die ware God gehad nie WANT hulle het false gode aanbid, as ek 'n afgod in my lewe begin toelaat beweeg ek weg van die Here en is Hy nie meer deel van my lewe nie al dink ek, ek kan alby hê... Woord sê dit kan nie. Of ek het die WARE evangelie of ek het nie, false evangelies dien afgode en nie die WARE GOD nie. Dit is nie die ware Jesus, nie die ware weg. Dis nie die waarheid.!)

 [4] Maar as hulle in die nood hul tot die Here, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.


(HOE GROOT IS ONS VADER SE GENADE NIE, ONS KAN REGMAAK ONS KAN TERUGKOM. Die verlore seun het sy vader verlaat agter sy afgod rykdom en genietinge aan, maar die vader het Hom tegemoet gehardloop toe hy die afgod laat staan en terugkom na sy vader. Hy kon nie in die wêreld bly lewe en by sy vader nie, hy moes 'n keuse maak. Die ryk jongman het ons gesien het anders gekies en Jesus verlaat en agter sy Afgod rykdom aangegaan)

[5] En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande; [6] en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het. [7] Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

 [8] En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die Here wat voor die voorportaal van die Here was, het hy herstel.

( Ons kan ook moed skep, die afgode uit ons lewe verwyder en ons verhouding met God herstel deur weer Hom te dien soos Hy van ons vra)

[9] Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die Here sy God met hom was. [10] En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa, [11] en dieselfde dag aan die Here geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee. [12] En hulle het die verbond aangegaan om die Here, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te SOEK

(Hul soeke was nie effens net vir hul voordeel nie maar met alles in hulle, dis 'n volle oorgawe aan Sy wil, nie meer hul eie nie en met hul hele hart wat nou net aan God behoort, nie meer gedeel met afgod nie. Dis ook een van die redes tussen warm en lou wees. God laat ons nie toe om lou te wees nie, Hy waarsku en gee geleentheid om reg te maak met Hom, maar indien ons nie doen nie gaan Hy ons uitspoeg Openbaring 16 sien ons sê Hy die rede hoekom Hy hul gaan uitspoeg is omdat hulle dink hulle saak is reg en dat hulle nie skuldig is aan wat sy hart breek nie. 

Revelation 3:15-22 AMP


[15]  ‘I know your deeds, that you are neither cold  nor hot; I wish that you were cold or hot. [16] So because you are lukewarm (spiritually useless), and neither hot nor cold, I will vomit you out of My mouth [rejecting you with disgust].  Because you say, [17]

“I am rich, and have prospered and grown wealthy, and have need of nothing,” and you do not know that you are wretched and miserable and poor and blind and naked [without hope and in great need], [18] I counsel you to buy from Me gold that has been heated red hot and refined by fire so that you may become truly rich; and white clothes [representing righteousness] to clothe yourself so that the shame of your nakedness will not be seen; and healing salve to put on your eyes so that you may see. [19] Those whom I [dearly and tenderly] love, I rebuke and discipline [showing them their faults and instructing them]; so be enthusiastic and repent [change your inner self—your old way of thinking, your sinful behavior—seek God’s will]. [20] Behold, I stand at the door [of the church] and continually knock. If anyone hears My voice and opens the door, I will come in and eat with him (restore him), and he with Me. (Weer die genade van kan regmaak met Hom) [21] He who overcomes [the world through believing that Jesus is the Son of God], I will grant to him [the privilege] to sit beside Me on My throne, as I also overcame and sat down beside My Father on His throne. [22] He who has an ear, let him hear and heed what the Spirit says to the churches.’ ”)


Die verhaal van koning Asa vervolg...

[13] En elkeen wat die Here, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue. 

(God wil hê dat ons Hom moet soek en so die ewige lewe kry, maar almal wat Hom ongehoorsaam is en Hom nie soek nie, met volle oorgawe soek nie gaan die ewige lewe mis. Die volk luister wel na Asa se waarskuwing en draai terug na God)

[14] En hulle het vir die Here gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine. [15] En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom GESOEK; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die Here het hulle rus verskaf rondom. 

(Hulle gee hulle hele wil en hele hart nou vir Hom en Hy laat Hom daaroor deur hulle vind)

[16]  Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand. 

(God was vir Asa die belangrikste, het selfs nie eers die persoon so na aan hom as sy eie ma oorgesien en haar toegelaat om nog haar afgode te dien nie. Hy gehoorsaam God al moes hy teen sy ma kies en optree. As hoof van sy land laat hy dit nie maar aan die volk oor om elkeen vir homself te besluit wie hul dien of ook dien nie, nee hy bring die hele volk terug na gehoorsaamheid aan God en om Hom alleen te dien)

[17]  Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

(ASA SE HART WAS VOLKOME BY DIE HERE SY GOD AL SY DAE)

[18] En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe. [19] En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie.

ASA en ook die ander Godvresende konings in die ou testament is vir ons tot voorbeeld maar die goddelose konings tot waarskuwing.

Maar deur God se ware evangelie plan van versoening was dit ook moontlik vir die jong rykman en enige ander persoon maak nie saak hoe vuil jou lewe is nie, om in die hemel te kom, as ons berou het oor ons sonde en in Jesus glo as ons Verlosser. As ons opregte ware berou het en terugdraai na God, as ons afgode in ons lewens bemerk, dit laat staan en Hom weer bo alles en almal in ons lewe plaas, dien en volg.  By God is daar vergewing, by Hom is dit moontlik om skoongewas te word.


Ek kan so erg aan JESUS glo dat ek selfs bereid sou wees om vir Hom te sterf, my fissiese lewe vir Hom te offer, maar tog is ek nie bereid om daardie iets of iemand op te offer nie, my  huweliksmaat, my kinders, my werk, my finansies ens. Dan staan daardie iets/iemand bo in my driehoek en nie Jesus nie, daardie iets of iemand is vir my belangriker as Hy.

Ons het gesê ons kan deur die vyand wysgemaak word God is liefde en genadig Hy sal begrip hê daarvoor, maar hoe voel die Here regtig daaroor volgens Sy Woord?

EXODUS 34:13-17 AFR53

[13] Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. [14] Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die Here se Naam is Jaloers — 'n jaloerse God is Hy. [15] Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; [16] en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. [17] Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.

Ook die tien gebooie leer dit vir ons

EXODUS 20:2-6 AFR53

[2]  Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. [3]  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. [4] Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. [5] Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; [6] en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.



DIE WAARHEID IS: Om God se waarheid te verdraai om iets of iemand te behou is om te buig voor jou afgod.


Wat wil jy die graagste hê?

Die dissipels sê dan iets wat beskryf wat ware dissippels van die Here doen

“Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?”


Alles verlaat en Jesus gevolg!!

Dis die verskil tussen 'n ware volgeling(Follower) van Jesus en net 'n Bewonderaar(Fan) van Hom


Hulle het hul lewe van hier en nou opgeoffer, nie daaraan vasgehou nie en Hom gehoorsaam GEVOLG. Abraham het dieselfde gedoen. Alles gelos weggetrek sonder dat hy geweet het waarheen en hoekom, hy het God tot die uiterste gehoorsaam.

Hy het GOD SE WIL VIR SY LEWE GESOEK EN NIE SY EIE NIE


Hy antwoord hulle dat hulle loon groot gaan wees daar by Hom in die hemel, maar die jongman wat sy huidige lewe, rykdom en plesier wou behou gaan sy beloning verloor en gaan dit vir hom moeiliker wees as kameel deur naald se oog om in hemel te kom. (Derde saadjie verstrik deur die sorge, genietinge en rykdom, verhoed vrug) 


Sommige besef nie altyd dat daar afgode in hul lewe is nie, afgode laat jou sondig, dit laat jou ongehoorsaam word aan God se opdragte soos met Dawid gebeur het toe Batseba vir hom so belangrik geword het dat hy teen God gesondig het.

 Dawid moes toe hoor, “Jy is daardie man” waarna hy in berou voor die Here gaan huil en wegdraai van sy sonde. 

Moet ek of jy dalk vandag daardie woorde hoor?



"Jy is daardie man/vrou!"


Vader ons bid daarom nou die volgende woorde van psalm139

PSALMS 139:23-24 AFR53

[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Amen.


Ons kan goed begin maar ver van God eindig, maar die goeie nuus is ons kan terugdraai ook. Ons moet egter nie talm nie, ons leef elke oomblik in genade tyd, Jesus se koms is voor die deur.




Abraham was bereid om daardie iets wat vir hom die belangrikste in sy lewe was te offer, sy enigste kind.

Is ons bereid om die Isak in ons lewe te offer?

Wat is jou Isak?


Isak kan tot die waarheid wat jy dink jy het wees. Is jy bereid om God toe te laat om deur Sy Gees Sy onvervalste waarheid self aan jou te openbaar,  jou waarheid in te ruil vir Sy waarheid?

Ongelukkig offer baie die waarheid om die leuen te behou


As ons ons eie reêls instel diskwalifiseer dit ons. Ons kan net die prys kry, oorwin volgens God se reëls


II TIMÓTHEÜS 2:5 AFR53
[5] En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.


Ek moes doof word om (die waarheid) te kon hoor.

-word vervolg-

deel 4 - het ons die vrees van die Here langs die pad verloor?



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Toets alles en behou die goeie