Het ons al klaar weer vergeet? Nuwe jaar, nuwe dinge 'n Prediker het eenkeer gesê as die duiwel jou nie kan sleg kry nie, maak hy jou besig en gaan al ons nuwejaarsvoornemens ook by die agterdeur uit. So pas is ons herinner aan hierdie Jesus wat in ons plek kom staan het. Die straf wat vir ons bedoel was op Hom geneem het... Maar onthou ons nog in Januarie, Februarie, Maart.... of nog te meer Maandag, Dinsdag, Woensdag...Saterdag? Onthou ons Hom in elke sekonde van elke dag, of is Hy vir ons net in die Kersdag boksie of dalk darem ook in die Sondag boksie van ons lewe, en vir sommiges is Hy glad nie eers in een van hul boksies nie. Elke boksie van ons lewe behoort te wees soos die band van 'n fiets wat op baie tereine van die lewe ry. Jesus moet die AS wees en elkeen van hierdie boksies van my lewe behoort vanuit hierdie As te funksioneer, soos die band van die fiets met speke aan die as vas is. "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en ...