Is die Here besig om my te straf?
Hoekom Here, hoekom tref al die goed my?
Dink ek dalk God straf my?
Wanneer ons "crap" voel, daardie onvrede omdat ons besef dat ons, as God se kind Hom gefaal het, of wanneer ons deur beproewings gaan kan ons begin dink Hy straf ons en dat Hy nou klaar is met ons.
Satan kla ons gedurig aan en wil hê ons moet so dink en voel. Hy wil ons heeltyd laat skuldig voel en wil hê ons moet glo dat God ons straf.
MAAR..."Wie kan die uitverkorenes van God AANKLA? God self spreek hulle vry."
ROMEINE 8:33 AFR83
a) Soms is dit soos met Job, die vyand se aanslae wat jou teiken met sy brandpyle nie omdat jy iets verkeerd gedoen het nie, maar juis omdat jy soos Job in God se wil lewe en vir Sy koningkryk 'n verskil maak, en hy jou wil verwyder van jou pos. Daarom sê die Woord: "Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."EFESIËRS 6:11 AFR83
b) En soms is dit TUGTIGING van God ons Vader
Die persoon aan die ontvang kant van die beproewing moet van die Here die wysheid bid watter een is dit, TUG of AANSLAE. Hy sal dit deur gebed en Woord aan jou duidelik maak as jy opreg die antwoord by Hom soek, want as dit TUG is kan ons dit nie ignoreer as ons Vader ons wil leer, reghelp en terughelp op die nou pad nie.
Ons moet egter ook onsself verder dan afvra dissiplineer Hy ons (TUG) of is dit STRAF?
"Are we dissiplined or punished.
Big difference!!!"
"Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd om lewe of dood geword het nie. (Ons is nog nie ernstig daaroor soos die Vader ernstig daaroor is nie)
Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word:
“My kind, moet dit NIE GERING AG as die Here jou TUG nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here TUG hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.”
Verdra die TUG as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders.
Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie?
As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie? Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug,
MAAR Hy tug ons tot ons beswil SODAT ons in sy heiligheid mag deel.
Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te HUIL.
Later lewer dit egter vir dié wat daardeur GEVORM is, 'n goeie vrug :VREDE omdat hulle GEHOORSAAM is aan die wil van God.
Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en LOOP DIE REGUIT PAD. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word."
HEBREËRS 12:4-13 AFR83
________________________________________________________________________________ TUG is dus vir God se kind bedoel.
STRAF is die finale oordeel vir hulle wat Hom nie aangeneem het nie.
_Jesus het ons straf op Hom geneem
_______________________________________________________________________________
Ek moet God se karakter verstaan en ken want dan sal ek weet wat die verskil is tussen TUG en STRAF. Om Hom te verstaan en ken moet ek tyd met Hom spandeer in Sy Woord en in gebed.
Die verskil tussen TUG en STRAF is:
1. TUG word toegpas deur 'n liefdevolle VADER, STRAF deur 'n REGTER
GOD IS LIEFDE EN GENADE, Hy wil nie die mens straf nie, MAAR Hy is ook REGVERDIG en móét die SONDE STRAF.
Sien jy die probleem?
God het hierdie probleem opgelos deur Sy Seun vir ons sonde te straf.
Tug is vanuit 'n verhouding tussen Vader en kind.
God se kinders kan nooit weer vir hul sondes GESTRAF word nie want God het reeds deur Jesus al ons sonde op Hom laat afkom. Die bloed van Jesus maak ons skoon van elke sonde. Hy het elkeen wat Hom aangeneem het VRYGESPREEK van die straf wat ons moes kry. Hy verwyder dit so ver as die Ooste van die Weste van ons om nooit weer daaraan te dink nie.
Ons Vader bied dus REDDING deur Jesus ons VERLOSSER vir elkeen wat in Hom glo as die weg tot Saligheid.(God se plan vir ons redding)
"Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou VRYGEMAAK van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees."
ROMEINE 8:1-4 AFR83
"Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít:
God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te RED. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit GENADE skenk nie?
Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.
Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, HY PLEIT VIR ONS.
Wie kan ons van die liefde van Christus skei?
Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?"
ROMEINE 8:31-35 AFR83
MAAR.....
Jesus is ook REGTER wat sal gaan sit en die goddelose straf.
“God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te BEKEER, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy REGVERDIG oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”
HANDELINGE 17:30-31 AFR83
“Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei.
MATTEUS 25:31-32 AFR83
Is Jesus al jou VERLOSSER OF nog JOU REGTER?
Is jy al van sy kudde, sy skape of is jy nog 'n bok?
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Aard van Goddelike Straf is vergeldend,
terwyl sy Goddelike Tug reghelpend is.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
2. Tug is uit liefde
Ons, Sy kinders word wel getugtig maar nie gestraf.
Soms uit liefde moet Hy ons dissiplineer, om ons weer op die regte pad te bring, tot ons geestelike beswil.
"Julle het ook vergeet van die AANMOEDIGING wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou TUG nie en moenie mismoedig word as Hy jou TEREGWYS nie, WANT die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.”
HEBREËRS 12:5-6 AFR83
Hierdie straf is dissiplinering en teregwyssing en nie die finale straf van die ewige hel in die ewigheid nie wat God voorberei het vir die Satan en sy demone en hulle wat Hom verwerp het nie.
"want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem."
HEBREËRS 12:6 AFR53
3. Hy behandel my as Sy kind
"VERDRA die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie?
As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie."HEBREËRS 12:7-8 AFR83
AL DIE KINDERS VAN GOD HET DUS DEEL AAN DIE TUG WANT NIEMAND IS VOLMAAK.
‘n Pakslae is om jou reg te help, dit verander nie aan jou kindskap nie. Inteendeel elke pa gee sy eie kinders pak nie ander mense sin nie. God behandel ons dus as Sy eie kinders as Hy ons moet tug.
______________________________________________________________________________
Ons aanvaar dit omdat ons Sy doel met die tugtiging vertsaan ons weet Hy wil vir ons die goeie hê nie die slegte.
______________________________________________________________________________
4. TUG is tot ons beswil sodat ons kan deel in Sy heerlikheid.
Tug word deur 'n liefdevolle Vader toegepas tot sy eie kind se BESWIL, sodat ons in Sy heiligheid kan deel hê.
"Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is."
MATTHÉÜS 5:48 AFR53
5. Dit lyk op die oomblik na iets om oor te HUIL maar later dra dit goeie vrug.
"Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur GEVORM is, 'n goeie vrug: VREDE omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God."
HEBREËRS 12:11 AFR83
"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here , gedagtes van VREDE en nie van onheil nie, om julle ’n HOOPVOLLE toekoms te gee."
JEREMIA 29:11 AFR53
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
ROMEINE 8:28 AFR83
6. Tug vorm ons na Sy beeld soos klei in die Pottevakker se hand
"Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is."
ROMEINE 8:29 AFR83
Wie is Sy broers volgens Jesus self?
"But He answered, “My mother and My brothers are these who LISTEN to the word of God and DO IT”
LUKE 8:21 AMP
Hy neem ons aan as Sy kind net soos ons is, maar los ons nie soos ons is, ons word verander om meer gelyk aan sy beeld te word dus kan ons nie net die redding wil hê, maar dan wil leef soos ons wil nie.
As jy Sy kind geword het sal Hy jou soos Sy kind behandel
" Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die VREDE wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
KOLOSSENSE 3:9-10, 14-15, 23 AFR83
7. Tug wys my tereg, met die doel om my weer op die REGTE PAD terug te bring, die NOU PAD
”As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad; jou tong ryg bedrog aanmekaar. Jy sit en praat teen jou broer, jou eie broer beswadder jy. “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan! JULLE MOET LUISTER NA HIERDIE WAARSKUWING, julle wat nie met God rekening hou nie, anders verskeur Ek julle sonder dat iemand kan red. “Die mens wat My eer, is die een wat lof as 'n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.”
PSALMS 50:19-23 AFR83
8. Die Vader gebruik TUG as opvoeding, om my te leer, lei en geestelik te laat groei, TE LEER VOLHARD.
IT'S CORRECTION NOT REJECTION
9. Hy gebruik TUG om my te suiwer soos 'n Silwesmit die silwer suiwer oor 'n oop flam.
"Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ’n mens silwer LOUTER."
PSALMS 66:10 AFR53
Tug is ook soos SNOEI, deur beproewing word ons reg gesnoei sodat ons veel meer vrug kan dra wat ons Vader verheerlik.
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af(STRAF); maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg(TUG), sodat dit nog meer vrugte kan dra."
JOHANNES 15:1-2 AFR83
As die Woord van die Here op goeie grond val...
"Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur VOLHARDING VRUG DRA.”
LUKAS 8:15 AFR83
MAAR tug kan die wat nie opreg God se Woord hoor en bewaar nie, laat MOED OPGEE en geen vrug oplewer nie. Dis dan ook deel van Satan se plan, hy wil dat ons moed opgee, ons moet egter VOLHARD TOT DIE EINDE.
"Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie.
Die oomblik dat dit op die proef gestel word, GEE HULLE MOED OP."
LUKAS 8:13 AFR83
Daarom vermaan die Psalms ons om moed te hou en te bly vertrou
"As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie MOED! Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:13-14 AFR83
10. Hy tug ons sodat ons vir Hom eerbied sal hê, weer onthou wie Hy is, nl. GOD en nie Sy teregwysing en waarskuwings sal ignoreer nie.
BUT...."He is a good good Father"
‘n Goeie pa leer Sy kinders wat reg en wat verkeerd is, hy kyk nie ander pad as sy kind verkeerd optree nie, hy waarsku en vermaan, en tug dan as die kind nie luister.
As kind van God kan ek dus vanuit hierdie liefdesverhouding met my Vader leef, ek weet ek moet uit eerbied aan Hom gehoorsaam wees, en ek weet en vertrou Sy hart dat as Hy my tugtig is dit tot my beswil, dit is dus reghelpend.
En daarom leef ek nie meer in vrees vir straf nie.
" I am no longer a slave of fear, I am a child of God" Bethel music lyrics
Ek bely en glo dat Hy deur Sy Seun reeds my gered en vry gespreek het van daardie vergeldende straf
"Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het. Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ONS HET NIKS TE VREES VIR DIE OORDEELSDAG nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, WANT VREES VERWAG STRAF, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê."
1 JOHANNES 4:13-21 AFR83
“Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees. “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
LUKAS 12:4-7 AFR83
______________________________________________________________________________
BEPROEWING KAN ONS SY KINDERS WEL VORM NA SY BEELD, MAAR KAN ONS NOOIT SKEI VAN SY LIEFDE NIE
"HY PLEIT VIR ONS.
Wie kan ons van die liefde van Christus skei?
Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?"
ROMEINE 8:31-35 AFR83
______________________________________________________________________________
Hy het sy volk nooit verlaat in die woestyn nie.
"Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny
( BUT GOD)Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie."
NEHEMIA 9:17 AFR83
________________________________________________________________________________
MAAR die kind van God kan nie leef soos hul wil nie. Jy kan nie die stem wat met jou praat oor iets in jou lewe ignoreer nie.
Rom 7 : 22-27
A true Christian desires is to be free from sin, not to sin freely
________________________________________________________________________________
“Maar as die slaaf by homself sê: ‘My eienaar draai lank om te kom,’ en hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word, sal die eienaar van die slaaf kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak, en hom die lot van ontroues laat deel. “Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal 'n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal 'n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”
LUKAS 12:45-48 AFR83
Waaroor praat Jesus op die oomblik met jou en my in ons lewe?
Daardie iets wat ons weet ons moet ons van bekeer.
________________________________________________________________________________
DIE PROBLEEM IS ONS BESEF NIE HOE GROOT EN ONAANVAARBAAR ONS SONDE IS VIR ONS VADER NIE DAAROM VLUG ONS NIE DAARVOOR EN IS DIT SOOS DIE WOORD SÊ...
"Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n STRYD OM LEWE OF DOOD geword het nie."
HEBREËRS 12:4 AFR83
Ons HARDLOOP nog nie weg van die sonde.
"Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af WEGHARDLOOP, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”
JOHANNES 10:5 AFR83
Dis nog nie vir ons 'n saak van dodelike erns nie!!
_________________________________________________________________________________
Ons tree dan op soos "slegte grond " mense
Ons ignoreer dit, maar dis dom want as Hy ons waarsku is dit om ons te wil beskerm van die gevolge wat sonde bring en omdat Hy ons nie wíl tug nie.
Party keer hoor ons wat Hy sê en erken dat dit waar is, maar doen nooit iets daaromtrent nie, of deur die sorge of genietinge van die lewe stel ons uit. Hy het Jona getsuur na Ninive om hulle te WAARSKU teen die straf wat sou kom en hulle het geluister en hulle bekeer. Wie sou kon dink Ninive mense was "goeie grond" mense, wel nie Jona nie.
Dus hang God se genade en jou redding nie af van hoe goed jy is nie, maar of jy hoor, gehoorsaam(doen) en jou bekeer van jou slegte pad.
Ons neem dit nie ernstig op dat die Duiwel rondloop soos 'n brulende leeu om te kyk wie hy kan verslint nie, want anders sou ons BAIE MEER GEBID HET, vir onsself en vir ander.
Dalk lê jy vandag by die bad van Batesta, jy wil gesond word van hierdie sonde in jou lewe, maar jy glo die vyand wat sê jy sal nie dit regkry so hoekom nog probeer. Jy probeer tog al hoe lank, maar dit werk nie.
Jesus vra:"WIL JY GESOND WORD?" Met ander woorde hoe ernstig is jy daaroor om iets aan hierdie sonde in jou lewe te doen!?
Jy sien ek moes self die vraag beantwoord in my eie lewe. Ons stel uit, maak verskonings daarvoor, dink dis nie so erg, MAAR VIR DIE HERE IS DIT ERG!
SONDE IS VIR HOM SO ERG DAT HY DIT DIE KRUISDOOD VAN SY EIE SEUN GESTRAF HET
Hy sê as ons LOU is gaan Hy ons uitspoeg.
LOU IS SO TUSSENIN.
Dis nie standvastig nie, dit neem nie standpunt in nie. Lou is in niks ernstig nie. Dis nie ernstig koud nie, maar ook nie ernstig warm nie. Dit kan dus na enige kant beweeg na gelang van die omstandighede. Lou los 'n agterdeur oop vir verandering, vir teruggaan na koud as dit my beter pas. Baie moeiliker om van kookpunt na koud te gaan as van lou na koud. Was ons maar koud sou ons dalk ons sonde en elende voor God besef het en ons bekeer het. Gevaarlikste plek om te wees in valslik gerus in die kerk. Lou maak jou valslik gerus...jy dink ek is darem nie so sleg nie.
Ek kan nie sê "YES BUT" nie...
Dus ja, ek weet dis verkeerd, MAAR... En dan rede gee hoekom ek nie kan gehoorsaam nie en weg draai van my verkeerde pad nie.
So ons bluf net onsself as ons nie luister as God met ons praat nie. Hy gaan ons dan Tugtig, OF ons kan soos Nineve wegdraai in berou en ons sondes bely en Hy kan afsien van die tug wat ons moes kry.
"Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die Here . En Ninevé was ’n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet. En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes. En die manne van Ninevé het God geglo en ’n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet ’n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef. Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie."
JONA 3:3-10 AFR53
Jesus sê vir die man by Batesda "STAAN OP"
Hy het Jesus geglo en gehoorsaam. En die Here het die genesing gegee. Hy was reg uit homself kon hy nie, maar moes wou en op God vertrou om hom te help om te kon. Hy kon nie, MAAR JESUS KON!
Die Here wil ook nie net dat ons heeltyd bid nie, maar dat ons iewers sal opstaan en gaan doen wat Hy sê.
Iewers ophou om die duiwel te "assist", maar te begin "resists"
Jesus sê vir elkeen van ons ook vandag deur Sy Woord om OP TE STAAN teen ONS sonde, in Hom te VERTROU en glo om ons te help en daarvan te verlos/genees,en dat ons sal begin om Hom te GEHOORSAAM in wat Hy van ons vra om te doen.
Alhoewel Jona die volgende sê omdat hy kwaad is vir die Here gee sy woorde vir my en jou as Sy kinders vandag soveel hoop en troos want dit bevestig vir ons, ons Vader se karakter, wat Sy hart vir ons is.
"Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het."
JONA 4:1-2 AFR83
Is dit nie tyd dat ons die waarheid met God praat nie, deur my sonde deur sy Waarheid/WOORD te Herken, Erken, Bely, en my daarvan te Bekeer nie en so vergifnis ontvang.
En op vergifnes volg dankbaarheid, 'n lewe van gehoorsaamheid vir genade onverdiend 'n lewe wat nooit weer dieselfde is nie en nooit weer wil terugkeer na die ou lewe nie, want die Woord sê dis net 'n dwaas wat teruggaan na sy sonde.
'Soos 'n hond wat na sy braaksel toe terugkom, so is 'n dwaas wat dieselfde dwaasheid weer begaan."
SPREUKE 26:11 AFR83
Die vrou in Lukas se sonde was groot, menslik gesproke, maar sy het in onsettende berou oor haar sonde Jesus se voette met haar trane gewas en gesoen. Die mense van Ninive se sonde was groot maar hul het opregte berou getoon.
Alby het weggedraai van hul sonde en om genade gesmeek, en dit gekry!!
"Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, ......... Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?”
Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”
LUKAS 7:36-50 AFR83
Mag ons vandag ook hoor
“Jou geloof het jou gered. Gaan in VREDE.”
Mag ons die GENADE en LIEFDE werklik besef en aan Hóm daarvoor liefde bewys met ons lewens van nou af tot in ewigheid.
Kry jou vrede terug
"Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug :VREDE omdat hulle GEHOORSAAM is aan die wil van God.
Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word."
HEBREËRS 12:4-13 AFR83
Mag ons nooit vergeet!!
It's CORECTION NOT REJECTION
Comments
Post a Comment