Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat.Ek wil van U grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle U groot goedheid verkondig en oor U reddingsdade jubel
Ps 145:5-7 Afr83
VERTROU vooruit
Get link
Facebook
X
Pinterest
Email
Other Apps
"Van Dawid.
Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees?
Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? ...
Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed!
Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:1, 14 AFR83
Met my God "In Him was life [and the power to bestow life], and the life was the Light of men. The Light shines on in the DARKNESS, and the DARKNESS did not UNDERSTAND it or OVERPOWER it or APPROPRIATE it or ABSORB it [and is unreceptive to it]." John 1:4-5 AMP In Hom was daar lewe, en dié lewe was die LIG vir die mense. Die LIG skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. JOHANNES 1:4-5 AFR83 ________________________ Die Here gee vir my oudste seun Jaco 'n droom hierdie week wat hom erg onstel het. Hy het net geweet hierdie is nie 'n gewone droom nie. Hy droom dat ons buite agter ons huis staan en toe hoor ons ‘n geskreeu en skielik vlieg 'n klomp swart flermuise met swart rook om hul op ons af. Hulle het op die gras kom sit en het onaardse geluide gemaak, ons het baie bang geword en toe besef hy dis demone waarna hy toe erg begin bid!! Die volgende oomblik kom daar ‘n verblindende wit ...
Jer 12:5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” Soms stamp die aanslae van die lewe ons onderstebo. Baie mense is in 'n bloedige geveg teen die donker wat hul wil oorweldig. Mens hoor van mense wat lank gestry het teen die donker gat van depressie en dan tog selfmoord pleeg. Dan wonder mens wen die donker dan ? Ons het self die hartseer nuus gehoor nou in die tyd van iemand wat selfmoord gepleeg het, hy het self so baie mense in hul donkerste tyd bygestaan as berader, maar het egter self later in dié donker gat beland. Ook God se profeet Elia beland in hierdie donker gat, en bevind hom onder 'n BESEMBOS diep in die woestyn. " Hy self het die WOESTYN ’n dagreis ver binnegegaan . Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf. “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks bete...
Wat as ons HOOP VERLOOR? GELOOF , HOOP en LIEFDE . Ons lees dit oral raak maar Geloof en liefde kry soms al ons aandag en vergeet ons soms van HOOP HOOP is allesbehalwe onbelangrik of minder belangrik as die ander twee. Satan probeer vir 'n rede heeltyd hoop by ons steel of ons fokus wegvat daarvan. Hoop kom 130x voor in die Bybel in 121 verse Die Here laat Sy lig vir my die laaste tyd val op HOOP … Dis asof ons almal wil begin hoop verloor . Amper elkeen waarmee jy praat sukkel hiermee. Ek besef ons is moeg Here, ons sukkel om ons fokus op U te hou en nie deur die storms onder gekry te word nie. Ek besef net weer en weer dat die Here weet van ons stryd, Hy weet ons begin moed en hoop verloor want op een dag deel drie verskillende medegelowiges Woord oor HOOP met my. Dit bevestig vir my dat Jesus deur Sy Gees in hierdie tyd met Sy kinders oor HOOP praat want tye is rof en ons is net mens. Hoe getrou is ons Here dat Hy self besig is om...
Comments
Post a Comment