Dis HIER....
Dis HIER ... “What if trials of this life The rain, the STORMS, the hardest nights Are Your MERCIES IN DISGUISE” - BLESSINGS, Laura Story Soms wonder mens hoekom sou God vir wie niks onmoontlik is toelaat dat Sy kinders in STORMS en WOESTYNE beland? Hy wat die toekoms ken, Hy wat alles kan verander, hoekom sou Hy dit nie wegvat uit Sy kinders se pad nie. Soms is dit selfs Sý plan vir hul pad... Hy vat ons meestal daardeur en nie daar om nie. Om die twee verhale van die STORM en die WOESTYN as voorbeeld te gebruik. Moses word deur God geroep om Israel uit Egipte te lei. Menslik gesproke sal mens dink die Beloofde land wink net aan die ander kant van die grens, van nou af gaan dit net goed gaan met hulle, hierdie was immers gebedsverhoring, God het hul desperate smeek gebede gehoor, maar spoedig sien ons hulle pad loop deur die WOESTYN waar dit alles en behalwe net goed gaan met hulle. Dan sien ons ook in die verhaal van die STORM dat Jesus ...