Bid heeltyd, altyd... Moenie stop nie




BID SONDER OPHOU!!!! 
I Thessalonicence 5:17 AFR53

Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens ALTYD MOET AANHOU BID SONDER OM MOEDELOOS TE WORD.
LUKAS 18:1 AFR83

Maar WEES WAAKSAAM EN BID ALTYDDEUR dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.”
LUKAS 21:36 AFR83

Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.....
DOEN DIT ALLES BIDDEND en SMEEK GOD BY ELKE geleentheid deur die Gees. WEES WAAKSAAM en BID GEDURIG vir al die gelowiges.
EFESIËRS 6:13‭, ‬18 AFR83

Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’ En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie ...’ Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, OMDAT HY HOM NIE SKAAM OM AAN TE HOU VRA NIE.
  “Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis?  Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
LUKAS 11:5‭-‬13 AFR83

Moet oor niks besorg wees nie, MAAR maak in alles julle begeertes deur GEBED en SMEKING en met DANKSEGGING aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:6‭-‬7 AFR83

Do not be ANXIOUS or worried about anything, but instead PRAY about everything

PRAY on it, PRAY over it, bit most of all PRAY THROUGH IT!!


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”