Waar is God, God is daar!! Ook in Babilon.
God was dáár!!
Daniel hul se realiteit was nie vir sussies nie.
Daniel hul word weggevoer van hul familie, hul geloofgemeenskap, hul stad en hul kultuur na die godelose stad BABILON.
In Babilon probeer die koning Daniël en sy vriende Babiloniërs maak deur hul te onderrig in die Babiloniese taal en skrif, hul name te verander en ook om te probeer om hul van hul kos te laat eet en voor hul afgode te laat buig.
Ons sien dit ook vandag dat die vyand dit wat ons kinders leer op skole gebruik om hul al meer te omvorm om wêreldlinge te word.
Jou NAAM is jou identiteit…
Wie is ek, waar kom ek vandaan en aan wie en wat behoort ek.
Dus het die koning probeer om Daniel en sy vriende van hul identiteit te stroop en te verander om in te pas en te doen soos die Babiloniërs.
Daniel en sy vriende het egter nie hul identiteit as kind van God en van Sy volk vergeet nie.
Hul het geweet hul is nou hier IN Babilon, maar is nie VAN BABILON nie.
_______________________________________________________________________________
Net soos Josef sien ons dat Daniel en sy vriende vanuit hul identiteit as God se kind/volk keuses maak en nie vanuit hul omstandighede nie.
ONS SIEN DAT HUL NIE DEUR DIE PLEK VERANDER WORD NIE,
MAAR DAT HULLE DIE PLEK VERANDER
_______________________________________________________________________________
Selfs die koning se beste pogings om hul soos die Babiloniërs te maak beweeg hul nie om hul God, hul Vader te verloën nie.
EETGEWOONTES daardie tyd was sterk gekoppel aan afgodery. Kos is vir afgode geoffer en daarom mag die Jode nie daarvan geëet het nie.
Hy probeer hul dwing om hul gebruike te volg en dus so subtiel en ongesiens in te lei om hul afgode te dien. Later sien ons dat die Koning selfs drastieser optree om hul deur wetgewing te probeer dwing om hul God te verloën en direk voor afgode te buig.
Ons weet ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug en weet ons dus dat agter hierdie godelose konings se besluite en ootrede ons ware vyand die satan sit.
Ons as kinders van God is ook IN HIERDIE WÊRELD MAAR NIE VAN HIERDIE WÊRELD NIE.
Ons is net bywoners, reisigers oppad na ons ewige bestemming by ons Vader.
Satan se plan wat nog nie verander het nie.
Ons sien egter ook dat die vyand die kind van God net soos met Daniel hul in Babilon hier op aarde wil verander om wêreldlinge(Babiloniërs) te word.
Hy probeer ook met leuens en ander planne ons identiteit verander of verbloem. . Hy doen dit deur ons heeltyd te laat twyfel in ons kindskap. Hy bevraagteken ons identiteit as kind van God deur die verdien kaart te speel. Hy laat ons fokus op ons eie swakhede en tekortkominge. Ons moet egter heeltyd onthou dat ons uit genade gered is en alleenlik so deel gekry het aan God se gesin. Dat ons Vader self ons name verander het van verlore sondaar na verloste kind van God. Ons kan seker te wees dat daardie naam in Sy boek opgeteken is.
Satan weet as hy dit kan regkry om ons te laat vergeet wie ons eintlik is, en aan Wie ons behoort hy ons sal verlam om niks vir God se koningkryk te beteken nie.
Hy kom ook subtiel en verlei ons om kompromië met die wêreld aan te gaan en dinge te begin saam doen soos die wêreld dit doen terwyl ons weet dis nie heeltemal reg nie.
Daardeur word ons lou en al hoe meer afgode(goed waarop ons meer vertrou as op ons Vader) skuif in ons lewens ongesiens in, selfs willens en wetens. Ons begin saam doen met korupsie, koop ‘n lissensie, koop die verkeersman om, hoekom nie, almal doen dit. Ons dink as ons dit nie doen gaan ons niks uitrig in die land en gaan ons net “suffer", dis wie jy ken vandag.
Ons vergeet egter Wie ons ken en wie vir ons ken.
Ons het ‘n Vader vir wie niks onmoontlik is nie.
Ipv dat ons sout en lig moet wees in hierdie wêreld begin ons dan al hoe meer soos die res lyk en maak ons geen impak.
Daniel en sy vriende was sout en lig in BABILON.
Hul het ‘n impak gemaak op hul omgewing. ‘n Wrede, bose omgewing.
Ons geloof maak Jesus sigbaar voor ander mense.
Die mense van Babilon ervaar en sien God se kragtige werking in hul lewe deur wat met hul gebeur en hoe hul dit hanteer. Hul getuienis in hul ALLEDAAGSE LEWE spreek hard en duidelik tot almal om hulle.
Die impak wat hul maak deur nie te buig onder die druk nie maak dat ‘n goddelose koning God sien in die brandende oond, dat konings ‘n bevel afvaardig dat hierdie goddelose ryk van nou af Daniel en sy vriende se God moet dien. Daniel en sy vriende word aangestel in gesagsposisies oor die Babiloniese ryk waar hul verder invloed vanuit hul posisies kon uitoefen en so God se koningkryk uitbrei op die plek wat hul hul bevind.
Daniel, sy vriende en ook Josef bevind hul op ‘n plek wat nie hul skuld was nie en word vir etlike jare vasgevang in die implikasies van ander se besluite en keuses.
Is dit dalk waar van ons vandag hier in Suid-Afrika ook. Maar die groot vraag is of ons onthou dat as kind van God ons, ons wel hier in ‘n korupte land/wêreld bevind maar ons is nie van hier.
Ons eie keuses en optrede moet duidelik bleik dat ons burgers van God se koningkryk is. Josef, Daniel, sy vriende, asook koningin Ester was almal deur God geplaas in ‘n seker deel en tyd van die geskiedenis, op ‘n spesifieke plek en omstandighede, almal in ongevraagde moeilike omstandighede, maar om ‘n verskil te maak.
Ester se oom se woorde som dit so mooi op…
“Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra, en hy het haar geantwoord: “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”
ESTER 4:12-14 AFR83
Miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat ek en jy ons bevind waar ons, ons is.
Ester moes nie aan haar eie toekoms, gerief en veiligheid dink nie maar aan God se volk, aan God se wil en aan Sy koningkryk. Nie sy, of Josef of Daniel en sy vriende moes aan hul eie koningkryk bou nie, maar aan God sin. Almal van hulle plaas dus dan ook God se doel en plan voor hul eie.
________________________________________________________________________________
Ons kan onsself en ons gesin, ons eie koningkrykie eerste stel en daarvolgens keuses maak, of ons kan God se koningkryk eerste stel en daarvolgens keuses maak.
"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
_________________________________________________________________________________
Dit verg gehoorsaamheid wat ons meestal erg kos.
Josef moes put toe, tronk toe. Daniel leeukuil toe, sy vriende brandende oond toe en koningin Ester moes die koning gaan “face" al kon dit haar lewe kos.
Moses bly gehoorsaam in die grootste versoeking om saam te doen. Daniel, sy vriende en Ester bly gehoorsaam ten spyte van die grootste gevaar waarin hul verkeer….
Hulle glo BY GOD IS NIKS ONMOONTLIK!!
Hulle bly glo Hy IS ALTYD BY HULLE!!
Hy is by hulle in die vuuroond, hul klere ruik nie eers na rook, God is by Daniel in die leeukuil en Hy sluit die leeus se bekke.
Hy maak die onderdrukkers van Josef, hom goedgesind, in die paleis en ook in die tronk. Hy haal hom daaruit en maak hom onder koning.
Hy red God se volk die Jode en die ander nasies van hongersnood. Hy maak ook die koning, koningin Ester goedgesind en hy luister na haar en die Jode God se volk word gered.
______________________
Waar is God?
God is daar!!
______________________
In al hierdie verhale sien ons dat God is altyd daar by Sy kind in hul swaarkry. Hy sorg vir mense wat aan Hom gehoorsaam bly soos Daniël, sy vriende, Josef en Ester.
Hul toon 'n ten spyte van geloof .
Ten spyte van hul situasie het hul aangehou om God te dien en te gehoorsaam. Hulle het nooit toegelaat dat Babilon of waar ook al in hul binneste kom nie.
Dis nie die water wat om die skip is wat hom laat sink nie, al is die water hoe diep, dis as die water in die skip inkom dat hy sink.
Ek moet myself vra: ”Wie is ek hier waar ek my bevind?”
Sal mense kan sien dat ek wel hier is, maar nie van hier nie?
Weet ander ek is nie van Babilon(wéreld)?
Is daar genoeg bewyse dat ek nie van hier is of lyk en klink ek al so baie na Babilon? ( nie voorgee nie, maar dra ek die vrug van bekering wat sal hou?)
Daniel hul het nie by die kultuur van hul bestemming of tyd aangepas nie, hul het heeltyd keuses vanuit hul identiteit as burgers van God se koningkryk gemaak.
______________________________________________________________________________
Ons kan nie by alles wil aanpas en inpas nie, ons sal word soos die wêreld.
_______________________________________________________________________________
Waarop maak jy byvoorbeeld jou ourskap keuses, op die samelewing van ons tyd of op die Woord van God?
Ja dit sal jou baie keer op die “brandstapel" laat beland want die wêreldse samelewing kruisig diegene wat nie met hul saam doen nie, maar gehoorsaamheid aan die Here lewer altyd goeie vrug op die regte tyd.
Die gejaag na nog-nog steel ons tyd by ons gesinne.
Is ons slawe van ons tyd van nog-nog?
God sê Hy sorg…manna vir elke dag.
Die probleem is ons soek nie manna, ons soek vleispotte van Egipte en dit plaas ons onder slawerny van Egipte (skuld, rot ressies, te besig vir mekaar)
Te besig om te kan sout en lig wees.
“JULLE is die sout van die aarde, MAAR as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (van Maandag tot Maandag)
MATTHÉÜS 5:13-16 AFR53
Dis wat al die gelowiges in die Bybel gedoen het.
As ek sê ek is nie van hier nie, sê ek my identiteit is in Christus Jesus. My burgerskap is van God se koningkryk, ek behoort aan Hom, Hy is my Vader.
Jesus bid dat God ons nie uit hierdie wêreld sal vat nie, maar dat Hy ons in hierdie wêreld teen die bose sal bewaar want Hy weet die wêreld het sout en lig nodig.
“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik. Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.
Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar
Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid.
U WOORD IS DIE WAARHEID.
Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom."
JOHANNES 17:9-11, 14-20 AFR83
Ek is ALTYD eerstens ‘n kind van God dan vrou vir my man, ma vir my kinders, Suid-Afrikaanse burger ens.
Die familie waarin jy gebore is bepaal jou identiteit.
“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.”
JOHANNES 1:12-13, 16 AFR83
Ons is dus uit genade wedergebore.
Ons moet dus heeltyd kies…
God se koningkryk of in wees met die wêreld!
As ons nie geanker is in wie ons is in Chritus nie, gaan ander goed die koers van ons lewe bepaal.
_________________________________________________________________________________
Josef, Koningin Ester, Daniel en sy vriende se getuienis was in hul werksplek…Maandag tot Maandag. Daar in hul alledaagse lewe.
_________________________________________________________________________________
Wat kies ek as daar druk op my is…
Die veiligheid van my eie lewe deur kompromieë, of gehoorsaamheid aan God se Woord en moontlike leeukuil en vuur.
Is óns nog sout, ontsmet ons die wêreld of help ons die stank bevorder.
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”
ROMEINE 12:2 AFR83
MOENIE WORD SOOS BABILON NIE.
Maar, BABILON TOETS DIE EGTHEID VAN ONS GELOOF
“Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings SODAT die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, SODAT dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.”
1 PETRUS 1:6-7 AFR83
In hierdie verhale sien ons God het ‘n doel en plan met elkeen van ons se lewe en as ons getrou aan Hom bly sal dit uitwerk ten spyte van die situasie.
“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”
JEREMIA 29:11-14 AFR83
ONTHOU geen omstandighede kan ons van God se liefde skei nie.
Hy is saam met ons in Babiblon
GAAN HUIL BY DIE EEN WAT IETS AAN DIE SAAK KAN DOEN, bid, bid, bid!!
“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar HOU MOED: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR83
VERTROU (Sy hart)!!!!
Baie jongmanne het saam met Daniel hul uit Jerusalem in Babilon aangekom, die ander het meegedoen, Daniel en sy vriende het nie, hul het gekies het om te gehoorsaam. Ons sien dat selfs die ergste beproewings ten goede vir hul meegewerk het.
Ons is hier, maar nie van hier!
Alle gelowiges gaan deur beproewings, ons is nie alleen.
Waar is God?
Hy is hier, BY ONS!!
BLY MAAR NET GLO...
"Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. (Josef, Daniel en sy vriende en Ester is voorbeelde hiervan)
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. (Bid, bid, bid)
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë.
En MOENIE VERGEET nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.
God wat alle GENADE gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen."
1 PETRUS 5:6-11 AFR83
"Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep,
JY IS MYNE.
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie,
WANT Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, JOU Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Moenie bang wees nie, Ek is by jou...."
JESAJA 43:1-5 AFR83
Oh what I would do to have
The kind of faith it takes
To climb out of this boat I'm in
Onto the crashing waves
The kind of faith it takes
To climb out of this boat I'm in
Onto the crashing waves
To step out of my comfort zone
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand
But the waves are calling out my name
And they laugh at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The waves they keep on telling me
Time and time again. "Boy, you'll never win!"
"You'll never win!"
And they laugh at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The waves they keep on telling me
Time and time again. "Boy, you'll never win!"
"You'll never win!"
(BUT GOD)But the voice of truth tells me a different story
The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me
I will choose to listen and believe the voice of truth
The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me
I will choose to listen and believe the voice of truth
Oh what I would do to have
The kind of strength it takes to stand before a giant
With just a sling and a stone
Surrounded by the sound of a thousand warriors
Shaking in their armor
Wishing they'd have had the strength to stand
The kind of strength it takes to stand before a giant
With just a sling and a stone
Surrounded by the sound of a thousand warriors
Shaking in their armor
Wishing they'd have had the strength to stand
But the giant's calling out my name
And he laughs at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The giant keeps on telling me
Time and time again. "Boy you'll never win!"
"You'll never win!"
And he laughs at me
Reminding me of all the times
I've tried before and failed
The giant keeps on telling me
Time and time again. "Boy you'll never win!"
"You'll never win!"
But the stone was just the right size
To put the giant on the ground
And the waves they don't seem so high
From on top of them lookin' down
I will soar with the wings of eagles
When I stop and listen to the sound of Jesus
Singing over me
To put the giant on the ground
And the waves they don't seem so high
From on top of them lookin' down
I will soar with the wings of eagles
When I stop and listen to the sound of Jesus
Singing over me
I will choose to listen and believe the voice of truth
(Casting Crowns)
- nav die reeks preke Daniël in Babilon– Doxa deo Hartbeespoort
– Kobus Windt
Comments
Post a Comment