Dalk is dit nog net 'n entjie...
Dalk is dit nog net 'n entjie...
Mis ons soms God se plan vir ons omdat:
*ons EIE PLANNE maak,
*ONGEDULDIG raak oor God se tyd
* Fokus verloor
*of dalk te gou MOED OPGEE?
Abraham en Sara het ongeduldig geraak en 'n ISMAEL PLAN gemaak 'n eie plan terwyl God sin 'n ISAK PLAN was...
Net nog 'n entjie verder UITHOU, entjie verder VERTROU sou hul so baie hartseer en ongelukkigheid gespaar het.
Hulle maak hul besluite op wat hul SELF KAN SIEN, onvrugbaar, ouderdom en tyd wat uitloop vir kinders hê, 'n slafin wat kan erfgenaam gee...
Ons planne word gemaak rondom die hier en nou, dit wat óns weet en kan sien.
Die Israeliete was al drie dae in die woestyn oppad toe hulle by Mara aankom.
Hul besluit uit wat hul kan sien voor hulle dat dit moet God se uitkoms vir hulle wees. Hulle kyk rond en nie Op nie...
Toe dit nie in hul behoeftes voorsien soos wat hulle verwag het nie is hul baie ongelukkig en murmereer oor hul lot. Maar God ons Vader kyk nie teen Mara vas nie, alhoewel Hy Mara kan gebruik om in hul dringende behoefte te voorsien, en ook so maak deur die water soet te maak, het Hy soveel meer vir hulle ingedagte...
Net 'n entjie verder sou hul besef, Hy was toe nooit oppad Mara toe met hulle nie, maar na Elim.
______________________________________________________________________________________
Net 'n entjie verder uithou, net 'n entjie verder vertrou sou so die moeite werd wees.
_______________________________________________________________________________________
Sou die volk VOORUIT KON SIEN sou hul nie by Mara wóú stop nie en sou hul nie ongelukkig gewees het oor die bitter water van Mara nie, hul sou opgewonde uitgesien het na die 12 fonteine van Elim, een vir elke stam en die lafenis van 70 palmbome waaronder hul nie net kon vertoef nie maar kon kamp opslaan en behoorlik rus.
_______________________________________________________________________________________
Ipv te gaan op wat ons VOORUIT KAN SIEN, moet ons leer om VOORUIT TE VERTROU omdat ons Vader vooruit kan sien.
_______________________________________________________________________________________
OOK LATER toe die volk nie vir Moses SIEN toe hy lank bertoef op die berg maak hulle 'n goue kalf om op te vertrou...
STOP DINK!!
Maak ons dalk ook planne oor wat ONS KAN SIEN ipv op WAT GOD KAN SIEN vir ons persoonlik maar ook vir ons land.
Dalk is ek besig om 'n goue kalf te maak of mik ek dalk self vir 'n Mara?
As baie ( 'n hele volk) saam jou stem beteken dit nie noodwendig hul is reg nie. 10 van die 12 verspieders het saamgestem en die hele volk laat verkeerd kies op die grens van die Beloofde land.
Ons hou soms uit tot by Mara, dit wat ons dink moes gebeur, maar as dit dan nie is wat ons voor gehoop het nie dan kla ons by die Here, maar het Hy gesê dis waarvoor ons moet mik?
Ons maak planne en verwyt Hom dan as dit nie uitwerk of nie 'n goeie uitkoms het nie. As dit bitter is...
Hy sê gewoonlik net VERTROU MY, VOLG MY...
BLY VERTROU ten spyte van!!
Moenie self besluit wat ons dink moet of moet nie gebeur.
"Vertrou VOLKOME op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie."
SPREUKE 3:5 AFR83
Veral as dit al 'n rukkie is dat ons, ons al in 'n woestyn bevind kan ons maklik die eerste uitkoms wat ons sien verkeerdelik aangryp ipv om ons Vader te vra of is dit Sy uitkoms of moet ons nog 'n entjie verder.
Mara is maar net 'n afdraai pad op die pad na waar Hy ons wil heen vat.
Dis Satan se poging om ons oog op die hier en nou te sit en af te haal van die hand van ons Vader. Planne te maak op wat ons kan sien, op eie insig staat te maak.
"'n Pelgrimslied. Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers. Soos die oë van 'n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm."
PSALMS 123:1-2 AFR83
Maar ons moet nooit die einddoel mis nie selfs "Elim" is net 'n rus plek oppad na ons Vader se uiteindelike bestemming vir ons om vir altyd by Hom in die hemel te wees, die Ewige lewe.
Ons moet verder as die HIER EN NOU van dié lewe kyk
"As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense."
1 KORINTIËRS 15:19 AFR83
"Toe hulle by Mara aankom, kon hulle nie die water drink nie, omdat dit bitter was. Daarom het hulle die plek Mara genoem. Die volk het by Moses gekla: “Wat moet ons drink?” Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle 'n vaste reël neergelê. Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”
Daarna het hulle by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome en daar by die water kamp opgeslaan."
EKSODUS 15:23-27 AFR83
As ons terugkyk op die WOESTYN VAN 2020 sien ons net een ry voetspore
God laat Mara's toe in ons lewe om ons te toets of ons Hom wil gehoorsaam en vertrou. Gaan ons uithou, aanhou, moedhou of ongeduldig raak en eie planne maak.
Mik ons dalk ook vir die verkeerde fontein?
Oom Angus Buchan vertel dat hul in Australië sulke groot plase het dat hul moeilik die beeste bymekaar kan jaag om hulle te kan skuif. Daarom sal hulle die water toemaak vir twee dae en so hulle aandag kry en almal hek toe kom. Wat het hul aandag gekry en hul laat beweeg waarheen die boer hul wou vat? Hul het dors geword...
Vat Jesus ons, Sy kudde nie ook soms deur 'n woestyn sodat ons ook dors kan word vir die strome lewende water sodat Hy óns aandag kan kry en ons op die REGTE PAD na die REGTE FONTEIN kan lei of teruglei.
"’n PSALM van Dawid. Die Here is my HERDER; niks sal my ontbreek(in my woestyne) nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na WATERS waar rus is, lei Hy my heen."
PSALMS 23:1-2 AFR53
"Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit DORS kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n FONTEIN van water wat opspring tot in die ewige lewe."
JOHANNES 4:13-14 AFR53
ONS VIND DIE WARE FONTEIN ALLEEN BY JESUS SE VOETE
Die gevolg van by die regte fontein drink maak my bruikbare instrument in God se hand om ander van hierdie water te laat proe en so te lei na die regte FONTEIN met die lewende water.
Nie net word my dors geles nie maar ook die van ander.
God se genade en liefde stop nie by my.
"En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand DORS het, laat hom na My toe kom en DRINK!
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie."
JOHANNES 7:37-39 AFR53
Moenie by die verkeerde plek wil kamp opslaan nie, GEHOORSAAM DIE HERE, vra na Sý wil en slaan kamp op as Hy so sê.
Fokus deur gebed en tyd in Sy Woord om te hoor waar wil Hy hê ons moet kamp opslaan.
WEET DIT God se fontein is gewoonlik bietjie verder as my uithou vermoë, my eie krag. Ek het gewoonlik Sy krag nodig om daardie entjie verder te kan gaan.
Vier dae te laat volgens ons met Laserus se dood, die heel laaste bietjie meel van die weduwee, en drie dae in die graf....BUT GOD!
Laserus leef, die weduwee se olie en meel raak nie op en JESUS HET OPGESTAAN.
Ons gee te gou moed op, ons moet leer om God se Vaderhart te vertrou en op Sy waarhede vas te staan. Sy plan, Sy bestemming is vir ons altyd beter as ons eie plan.
Met ons beperkte vermoë en beperkte insig sal ons VERKEERD KIES.
_______________________________________________________________________________________
Vertrou jy op dit wat jy kan sien vir voorsiening, die put hier voor jou of op GOD SE VOORSIENING, op dit wat Hy kan sien, dalk net nog 'n entjie verder.
Ons mik vir Mara, God sien verder, Hy mik vir ELIM
________________________________________________________________________________________
Ons was nie veronderstel om by Mara af te pak nie. As ons net entjie verder saam God wil gaan, bietjie langer wil vertrou...
WAAR WIL ONS UITKOM?
By Mara met net genoeg maar geen rus nie, of by Elim met meer as genoeg, plek van rus.
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
MATTHÉÜS 11:28-29 AFR53
Die volk gaan na Moses in hul nood, Moses en ook Dawid later sien ons gaan altyd na God in hul nood. Wie of wat is dalk 'n Moses in ons lewe?
HOU KOERS...
Die probleem kom in by dat hul God nog nie werklik geken en Sy waarheid oor hul identiteit nie werklik geglo het nie en daarom Hom nie genoeg vertrou het nie.
As die Israeliete hierdie waarhede onthou het en daarop gefokus het sou hulle nie begin vrees het of begin murmereer het nie toe Mara nie was wat hul gedink het dit moet wees nie.
Waarheid waarop ook ons moet vas staan as ons nie koers wil verloor in ons WOESTYN nie.
Pastoor Charel Krige vat hierdie WAARHEDE saam in sy preek.
- ONTHOU my identiteit, ek is God se kind...mede erfgenaam.
"Maar ALMAL WAT HOM AANGENEEM HET, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
JOHANNES 1:12 AFR53
"Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep:
Abba, Vader!
DAAROM is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus."
GALÁSIËRS 4:4-7 AFR53
"Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid."
ROMEINE 8:14-17 AFR83
- ONTHOU Jesus het my lief, Hy het vir mý gesterf.
Dadelik kom die liedjie se woorde by my op van:
" How can it be that my King has died for mé" En tog het Hy...
"Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het."
I JOHANNES 4:19 AFR53
- ONTHOU God my Vader het 'n plan vir my lewe.
"Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
1 KORINTIËRS 2:9 AFR83
- ONTHOU Alles sal ten goede meewerk
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is."
ROMEINE 8:28-29 AFR83
- ONTHOU die Woord leer ons daar is 'n vyand, die duiwel
"Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur."
1 PETRUS 5:8-9 AFR83
"Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug."
EFESIËRS 6:10-12 AFR83
- ONTHOU ek kan die duiwel oorwin MET MY GOD
"God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen."
1 PETRUS 5:10-11 AFR83
"Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin OMDAT Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is."
1 JOHANNES 4:4 AFR83
"God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!"
ROMEINE 16:20 AFR83
- ONTHOU God belowe dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie.
"Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie."
HEBREËRS 13:5 AFR53
- ONTHOU Hy soek vir ons die goeie nie die slegte nie...
"Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle HOOP vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind."
JEREMIA 29:11-13 NLV
_______________________________________________________________________________________
As ek aan hierdie waarhede vashou en daarop staan help dit MY VERTROU, EN VOLHARD deur die storms en woestyne TOT BY DIE BELOOFDE LAND.
_______________________________________________________________________________________
ONTHOU EN NIE VERGEET HELP MY KOERS HOU
Die Israeliete het hierdie waarhede vergeet en daarom wou hul terugkeer na die bekende van Egipte.
Hulle kies wat hulle kon sien bo wat God kan sien.
As jy hierdie waarhede ONTHOU, glo en aan vashou hoekom sou jy dan wou terug gaan uit wat God jou in Sy liefde en genade kom uitred het van?
Mara was nie GOD SE PLAN vir hulle nie maar Elim NET 'N ENTJIE VERDER
En dan uiteindelik die BELOOFDE LAND!!
Hou koers!
Dalk nog net 'n entjie...
Comments
Post a Comment