Ons is besig met die storie van Verlore Sondaar in die boek The Pelgrims progress wat oppad is na die hemelse stad maar ons het gesien hy kry baie teenkanting op sy pad, verkeerde reisgenote tot verkeerde raadgewers wat hom wil keer of laat omdraai waarvan mnr Wêreldwys wat hy nou ontmoet het een was. Hy praat so baie en laat hom nou twyfel in al die goeie raad wat Evangelis en Hulp hom gegee het om daar te kom. Mnr Wêreldwys beduie hom nou na agter die hoë berg na WETSGESIND toe.
Die satan laat God se pad moeilik lyk en niks lekker nie. Gebruik die mens se begeerte vir makliker en lekkerder lewe hier en nou om ons te bedrieg met ander paaie(ander evangelies).
Mnr Wêrelswys vertrou ‘n gewone mens om die sonde weg te neem. Hy vertel hy is glo knap. Hy bly in ‘n gesiene buurt, hy is dus ook iemand van aansien.
Wetsgesind stel iemand voor wat uit eie krag die 10 gebooie probeer onderhou en ander so leer.
Hy maak staat op uiterlike skoon lewe soos die fariseers. Probeer uit eie nie erge sonde te doen nie en elke dag harder te probeer beter leef.
As dit wel die manier was om in die hemel te kom hoef Jesus nie te gesterf het nie. Sou die Vader Hom nie daardeur laat gaan het as dit nie uiters nodig was en al uitweg was nie. Deur die Hele Bybel kry ons die antwoord. Dit was nodig
Daar moes ‘n volmaakte offer lam geslag word. Sonder bloedvloeiing is daar geen vergifnis nie.
Wanneer Evangelis hom kry by die berg Sinai word hy vir hom baie kwaad want het hy hom dan nie die waarheid vertel hoe om by die Nou poort uit te kom nie?
Ons sien in Galasiers dat Paulus presies dieselfde probleem met die Galasiers gehad het as wat Evangelis hier het met Verlore sondaar. Net een verskil dat die Galasiers reeds by Jesus uitgekom het maar daarna nog steeds hul ore uitleen aan valse profete.
Hy is dan ook nie min onsteld nie.
Die boek Galasiers is ‘n brief van Paulus aan die Galasiers waarin hy hulle ernstig aanspreek en sê PASOP VIR ‘n ander evangelie wat verdeeldheid wil saai.
Om die brief te verstaan moet ons eers dink wie aan die woord is, meer oor hom weet en verstaan.
Hy was aanvanklik fanaties godsdienstig, soveel so dat hy die vervolging en moord van gelowiges goedgekeur en uitgevoer het. Hy was selfs by met Stefanus se steniging.
Hy het so ernstig geglo hy is reg, maar nog erger dat hy dit vir God doen.
Jy dink jy is reg maar Jesus vra dalk: "Waarom vervolg jy Mý?"
Paulus was sy hele lewe op die verkeerde pad alhoewel hy vas geglo het hy is op die regte pad.
Hy was so vas oortuig van sy eie sienings dat hy die ware kinders van God wreed vervolg het.
Dit het 'n persoonlike ontmoeting met Jesus geneem om hom van rigting te laat verander.
Jesus neem die vervolging van Sy kinders baie persoonlik op.
Hy vra nie vir (Saulus)Paulus waarom vervolg jy my kinders nie maar...
Waarom vervolg jy Mý?
"Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg."
HANDELINGE 9:4-5 AFR83
Nog 'n vers wat daarop dui hoe persoonlik Jesus ons doen en late opneem.
"En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen."
MATTHÉÜS 25:40 AFR53
Gelowiges wil graag doen wat reg is en kan dan maklik verwar word deur allerhande bygevoegde moets en moenies in hul ywer om die Here beter te dien, maar besef nienhul is dan almweer besig om dit te probeer verdien nie al was dit hoe goed bedoel. Goeie bedoelings kan mense wegvat van God se bedoeling. Die enigste weg en waarheid.
Om nie in die slagyster te trap en deur mense se sienings meegevoer te word nie moet ons baie tyd in die Woord spandeer en alles daaraan toets. Ons moet die Woord goed ken.
_________
Vir iemand om hom te bekeer uit gruwelike sonde is ‘n wonderwerk maar nog groter wonderwerk is as iemand hom bekeer uit GODSDIENSTIGHEID.
Hoekom?
Die eerste een weet hoe verlore hy is, die tweede een nie.
__________
Dis makliker om 'n hele valse evangelie aan te spreek as een wat net paar vals komponente het. Mense wil dit nie hoor nie.
As ons weet daar is net een vrot eier in 'n koek gaan ons die hele koek weggooi, of net 'n klein bietjie gif, maar ons sien dit oor as dit by die evangelie kom. Dink ons ooit daaroor dit hou ewigheids gevolge in.
Dit bepaal die skeidslyn tussen ewige oordeel en die Ewige lewe.
Paulus beweeg nadat hy Jesus persoonlik ontmoet van die grootste VERVOLGER na die grootste NAVOLGER.
Van GODSDIENSTIG tot VERHOUDING.
Van WETTIES tot GENADE.
Van die VERVOLGER NA DIE VERVOLGDE.
Van bereid om dood te maak vir godsdiens na bereid om self te sterf vir sy geloof in Jesus.
DIS DRASTIESE OMEKEER, NIE NET AANPASSINGS MAAK AAN SY OU LEWE NIE.
Die valse leraars herken wat Paulus sê is waar maar sê dit was net die helfte van die storie. Volgens hulle lering MOET gelowiges ook in elke opsig Joods word VOORDAT hulle navolgers van Jesus kan wees.
Terwyl geloof in Jesus al is wat ons van die straf vir ons sonde kan red en ons verhouding met God en ons naaste kan herstel.
DAARNA WIL ons deur gehoorsaamheid aan Hom leer hoe ons vanuit hierdie verhouding met Hom moet leef.
Dis nie werke tot redding nie maar agv redding.
Paulus was self voorheen vasgevang in halwe waarhede daarom voel hy so ernstig oor die WAARHEID. Hy weet hoe maklik die vyand mens kan verblind. Ek kan ook hiervan getuig. As jy in die leuen vasgevang is weet jy dit nie. Dit kos iets drasties om jou oë te open. In Paulus se geval was dit 'n persoonlike ontmoeting met Jesus oppad na DAMASKUS. In my geval was dit 'n persoonlike ontmoeting met Jesus op 'n ernstige siekbed.
Paulus vind deur Jesus self die ware Evangelie. Dis nie sy eie verstaan daarvan nie. Sy outoriteit is van God en nie oorvertel deur mense nie. Soos òns ook oor die doop by die Here self gehoor het en nie by mense nie.
Daarom was PAULUS so seker dat die Galasiers hulle hul nou op 'n dwaalspoor bevind en daarom ook erg ontstel toe hy daarvan hoor.
"Grace to you and peace [inner calm and spiritual well-being] from God our Father and the Lord Jesus Christ, who gave Himself [as a sacrifice to atone] for our sins [to save and sanctify us] so that He might rescue us from this present evil age, in accordance with the will and purpose and plan of our God and Father— to Him be [ascribed all] the glory through the ages of the ages. Amen. I am astonished and extremely irritated that you are so quickly shifting your allegiance and deserting Him who called you by the grace of Christ, for a different [even contrary] gospel; which is really not another [gospel]; but there are [obviously] some [people masquerading as teachers] who are disturbing and confusing you [with a misleading, counterfeit teaching] and want to distort the gospel of Christ [twisting it into something which it absolutely is not]. But even if we, or an angel from heaven, should preach to you a gospel contrary to that which we [originally] preached to you, let him be condemned to destruction! As we have said before, so I now say again, if anyone is preaching to you a gospel different from that which you received [from us], let him be condemned to destruction! Am I now trying to win the favor and approval of men, or of God? Or am I seeking to please someone? If I were still trying to be popular with men, I would not be a bond-servant of Christ. For I want you to know, believers, that the gospel which was preached by me is not man’s gospel [it is not a human invention, patterned after any human concept]. For indeed I did not receive it from man, nor was I taught it, but I received it through a [direct] revelation of Jesus Christ."
Galatians 1:3-12 AMP
Die 53 vertaling gebruik die Woord verwonder, maar die ander vertalings druk dit sterker uit.
astonished and extremely irritated (amp)
Ek is verstom(nlv)
Dit verbaas my (83)
I am shocked (nlt)
I marvel (astonish, graet surprise) nkjv
Paulus kom nie op hul af omdat hy niks voel vir hulle nie en hul veroordeel nie, nee hy doen omdat hy hulle liefhet en hulle wil terugbring van die verkeerde pad wat die valse leraars hul op geplaas het.
Die Galasiers het nie meer soos vroeër oorgeloop van blydskap oor hulle verlossing nie want wettiese ingesteldheid maak mens swaarmoeidig. Verlore sondaar was vreesbevange en swaarmoedig by die berg Sinai. Jy kyk dan vas teen jou eie tekortkominge en mislukkings en haat jy jouself ipv te fokus op GENADE onverdiend deur JESUS vir ons verdien. Ons moenie op reëls en regulasies fokus nie maar op Jesus en ons verhouding met Hom
Hierdie woorde van hierdie lied som dit so mooi op dat ek amper niks verder hoef te sê wat Paulus hier in hierdie brief van Galasiers doen en ons ook behoort te doen.
Love You With the Truth
Song by Casting Crowns
For the longest time, I believed the lie
That I'm not a strong enough believer
To be the friend that can take your hand
And lead you straight to Jesus
I'm waitin' on the preachers, singers and the teachers
To string the perfect words together
But every single time I have to say goodbye
I wonder, will this be the last time?
I can't call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Yes, God is love, but God is just
And we are separated in our darkness
So God let Him who knew no sin
To become sin to make us right with Him
It's not about religion or earning God's forgiveness
With magic prayers or new behavior
It's all about your heart, He'll meet you where you are
Turn from your sin and trust in Christ as Lord
Jesus is the Truth, the Life, the Way
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
How I've prayed for this moment, that you would finally see
That God is more than religion, a stained-glass fantasy
And how I've prayed for the courage, for my silent faith to speak
Or that God would just send you a better friend than me
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Love them with the truth…
not pointing fingers but holding out our hands.
Ons moenie iemand met bybel oor kop slaan nie, hulle oordeel nie, maar waarsku in liefde omdat jy eerste liefgehad is en nou ander kan liefhê.
Net die waarheid maak vry,
maar ken ons die enigste volle ware WAARHEID?
"To the Jews who had believed him, Jesus said, “If you hold to my teaching, you are really my disciples. Then you will know the truth, and the truth will set you free.”
John 8:31-32 NIV
Alle ander verdraaide waarheid sit ons in satan se tronke, daarom geen kompromië as dit kom by die ware evangelie nie.
Baie doen dit omdat hulle die pad van die minste weerstand kies, wil nie op mense se tone trap nie maar trap in die proses op Jesus sin.
"Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele."
LUKAS 9:24-26 AFR53
In sy brief spreek Paulus dit dan ook weer aan in Galasiers 1
"Am I now trying to win the favor and approval of men, or of God? Or am I seeking to please someone? If I were still trying to be popular with men, I would not be a bond-servant of Christ. "
Veral die laaste sin moet ons laat regop sit
"If I were still trying to be popular with men, I would not be a bond-servant of Christ."
Ons is of vriend van die wêreld of vyand.
Kan nie alby wees nie.
Jy het versekerde vyand status as jy die WAARHEID bring. Indien nie vyand nie, hoekom nie? Is jy dalk self besig met ‘n verdraaide waarheid wat die gehoor streel. Te bang om tone te trap?
“Het ek nou vir julle ’n VYAND geword omdat ek julle eerlik die WAARHEID VERTEL? Die ander mense wat skynbaar so baie ywer vir julle het, het nie goeie bedoelings nie. Hulle wil ’n wig tussen ons indryf sodat julle julle vir hulle saak sal beywer.”
GALASIËRS 4:16-17 NLV
Kyle Idleman getuig dat die Here hom kom wys het hy preek om FANS klaar te kry maar Hy soek FOLLOWERS. Van daar sy boek en fliek NOT A FAN. Gaan lees die bergpredikasie weer en kyk of Jesus bang was om tone te trap terwille van die waarheid?
Ons word vyand nommer een vir die wêreld as ons die waarheid glo en op die nou pad loop.
"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR83
Besef ons as ons nie die waarheid praat nie, of uitstel kan baie verlore gaan.
Ons moet in die regte ware Evangelie volhard en nie iewers afdraai op ‘n valse evangelie nie.
"Maar wie tot die einde VOLHARD, sal gered word."
MATTEUS 24:13 AFR83
Eendag is daar vir my gesê dat ander kosbare geestelik liedere in die kerk ook gesing gaan word in die toekoms, hulle kyk daarna op die oomblik. Opgewonde vra ek toe wanneer dit sal wees en die antwoord was dat so iets eers op hoër vlakke bespreek moet word en dat dit nie oornag gebeur nie en uit hul ondervinding vat verandering so 50 jaar. Nie slegte verandering waarvan ons hier praat nie, maar goeie verandering, na die waarheid verandering. Ek was stom. Ek is later amper dood aan brienvliesontsteking en het besef ek het amper nie 50 jaar gehad meer nie.
Hoekom hoop en wag dat waar jy jou bevind eendag na die waarheid sal draai, dalk het jy nie eers meer 50min nie.
Nader aan die waarheid is steeds nie die volle waarheid nie.
Jy kan nie dink ons beweeg darem al meer nader, VLUG na die volle waarheid soos verlore sondaar aanvanklik hier gedoen het. Kyk wat het met hom gebeur toe hy na mense en hul eie idees luister. Hy was volens Evangelis glad nie meer op die NOU pad wat nog te sê oppad na die Lig en die NOU poort nie.
Die Here gaan in elk geval nie vir my vra in watter kerk ek was nie maar of ek Hom in waarheid gedien het soos Hy dit vra. Of was ek so bang om mense te na te kom Of wat hul van my gaan dink dat ek nooit toe ‘n dienskneg van Jesus was nie (I would not be a bond-servant of Christ.)
PAULUS BEWEEG VAN ‘N UITERSTE NA ‘N UITERSTE
BEVEG DIE EVANGELIE NA VEG VIR DIE EVANGELIE
"Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het; en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral ’n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders. Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,"
GALÁSIËRS 1:13-16 AFR53
"hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei. En hulle het God verheerlik in my."
GALÁSIËRS 1:23-24 AFR53
Paulus het alles verloor wat hy vroeer gehad het, vriende, aansien ens maar kom ons sien hoe Paulus daaroor voel en dink.
"Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ’n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ’n Fariseër; wat ywer betref, ’n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus."
FILIPPENSE 3:5-14 AFR53
Dit was ook waar van Paulus, is dit ook waar van my en jou?
Valse profete sluip in die gemeenskap van die gelowiges is in.
"My concern was because of the false brothers [those people masquerading as Christians] who had been secretly smuggled in [to the community of believers]. They had slipped in to spy on the freedom which we have in Christ Jesus, in order to bring us back into bondage [under the Law of Moses]. But we did not yield to them even for a moment, so that the truth of the gospel would continue to remain with you [in its purity]."
Galatians 2:4-5 AMP
Mnr Wêreldwys was so 'n valse profeet wat Verlore Sondaar se pad gekruis het.
Dis nie asof die Galasiers nie die evangelie aanvanklik nie mooi verstaan het nie, nee hulle het dit so goed verstaan en aangegryp dat dit was asof hulle Jesus self sien hang het aan die kruis. Dus was daar geen onduidelikheid by hulle nie.
Tog draai hul weg van die waarheid soos ook Verlore sondaar hier doen.
Ons is nie een maal op die nou pad altyd op die nou pad nie. Die vyand gaan ons verwoed aanval om ons af te kry, maar Paulus veg ook hier verwoed terug om hulle terug te bring.
Veg ons verwoed vir die waarheid of staan ons en toe kyk hoe mense hel waarts mislei word. Veral vir hulle die naaste aan ons.
SELF PETRUS GAAN VIR ‘N OOMBLIK VAN DIE REGUIT PAD EN MOET DEUR 'n MEDEGELOWIGE TERUG GEBRING WORD.
PAULUS WAS SO OORTUIG VAN DIE WAARHEID DAT HY NIE BANG WAS OM OP TONE TE TRAP TERWILLE DAARVAN OM DIE EVANGELIE SUIWER TE HOU NIE.
"Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes — want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene — en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Bárnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan; alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen. Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins. Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe? Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie"
GALÁSIËRS 2:7-15 AFR53
Soms moet ons bietjie stop en uitvind waar mense die spoor byster geraak het soos Paulus hier in Galasiers doen, en dit aanspreek.
Daar is kerke wat glo dat jy jou kindskap geërf het, jy as't ware in God se huisgesin groot word vannaf geboorte terwyl die Woord sê jy is in sonde ontvang en gebore(PSALM 51:7)
Ons sien selfs Dawid die man van God het dit hier geweet in Psalm 51 en van ook homself getuig dat hy 'n sondaar gebore is. Nie eers hy het gedink hy is maar nog van altyd af God se kind nie.
Jesus self antwoord egter vir Nikodemus persoonlik dat hy alleenlik God se kind kan word as hy wedergebore word.
"Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees."
JOHANNES 3:3-6 AFR53
- Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
- Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered DEUR die bad van die WEDERGEBOORTE en die vernuwing deur die Heilige Gees.
Dis nie die doop wat jou red nie, maar wedergeboorte, dit wat God deur Sy Seun Jesus vir ons kom doen het, GENADE ONVERDIEND. Jy kry deel daaraan as jy jou sonde toestand herken en bely, vergifnis ontvang en jý skoon gewas word deur Sý bloed. Jy plaas daarmee jou vertroue vir jouself in Jesus alleen vir REDDING.
Die doop is daarna die teken en seël van wat in die wedergeboorte plaasgevind het. Nou staan jy op mét Jesus, ontvang Sy Gees en leef onder die leiding van die Gees verder en nie meer van die vlees nie. Hy word meer en jy word minder na mate God jou vernuwe deur die werking van Sy Gees.
Jy word dus nie God se kind vleeslik gebore nie! Jy is dan net uit vlees en water gebore, ons moet geestelik her gebore word uit water en Gees.
.
Toets wat jy glo heeltyd aan die waarheid.
Geloof red jou nie, wat jy GLO en in Wie jy glo doen.
Ander gelowe glo ook, selfs die duiwel glo het ons in Jakobus 2 gelees
" Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en IN Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”
JOHANNES 6:40 AFR83
IN HOM glo vir hulself en nie net AAN Hom glo nie
Adam en Eva kies om ‘n ANDER EVANGELIE te volg, nie God sin nie.
Esau kies hoe hý God wil dien en sy offer is nie aangeneem nie.
God laat ons nie maar net weggaan nie Hy bring ‘n oplossing om ons terug te bring op die nou pad en in verhouding met Hom.
Maar die goeie nuus is dat as jy opreg berou het kan jy weer terugdraai op die nou pad.
Dis genade wat ons met die regte geloof alleen ontvang.
Geloof in Sy plan deur Jesus Christus alleen en nie ons eie variasies daarvan nie.
Die mens bring altyd iets by, probeer dit verdien, weg redeneer ens. PAULUS sê egter dat enige iemand wat iets byvoeg vervloek is….rede…want dit lei mense helwaarts onwetend.
Lees ook die ROMEINE PAD NA VERLOSSING in die boek Romeine.
Ons ontvang verlossing deur genade alleen(He is my SAVIOR) en dan leef ons nou gehoorsaam daarin uit dankbaarheid.(HE IS MY LORD OF ALL)
Hoekom die besluit goedkeur dat heidene nie Joodse gebruike hoef te volg nie?
Want Verlossing word deur geloof in Jesus Christus alleen verkry. Dis wat genade beteken ONVERDIENDE GUNS.
"En toe, omdat hulle besef het dat God sy genade aan my gegee het, het Jakobus en Petrus en Johannes – hulle is as die sleutelfigure beskou – my en Barnabas die hand gegee as teken dat ons kollegas is: Ons sou na die nie-Joodse nasies gaan en hulle na die Jode. Al wat hulle gevra het, was dat ons aan die armes moes dink, en juis dit het ek ywerig gedoen."
GALASIËRS 2:9-10 NLV
Hele Galasiers gaan oor Paulus wat hul daarop wys die verskil tussen WARE en VALSE evangelie,
WET teenoor GENADE,
VLEES teenoor GEES,
SLAAF teenoor KIND,
GEVANGENSKAP teenoor VRYHEID.
Mense kyk egter deur die bril van dogma, kerklike leerstellings, tradisies ens na die Bybel en verdraai dit dan om dit te maak pas terwyl dit andersom moet wees...
Kyk na alles om jou deur die bril van die Woord dan sal jy die waarheid van die leuen kan onderskei.
Net die wat op Christus vertrou is waarlik vry, die waarheid van die evangelie is dat geloof in Jesus ALLEEN ons verhouding met God herstel.
"[I went on to say] “We are Jews by birth and not sinners from among the Gentiles; yet we know that a man is not justified [and placed in right standing with God] by works of the Law, but [only] through faith in [God’s beloved Son,] Christ Jesus. And even we [as Jews] have believed in Christ Jesus, so that we may be justified by faith in Christ and not by works of the Law.
By observing the Law no one will ever be justified [declared free of the guilt of sin and its penalty]. But if, while we seek to be justified in Christ [by faith], we ourselves are found to be sinners, does that make Christ an advocate or promoter of our sin? Certainly not!
For if I [or anyone else should] rebuild [through word or by practice] what I once tore down [the belief that observing the Law is essential for salvation], I prove myself to be a transgressor. For through the Law I died to the Law and its demands on me [because salvation is provided through the death and resurrection of Christ], so that I might [from now on] live to God. I have been crucified with Christ [that is, in Him I have shared His crucifixion]; it is no longer I who live, but Christ lives in me. The life I now live in the body I live by faith [by adhering to, relying on, and completely trusting] in the Son of God, who loved me and gave Himself up for me. I do not ignore or nullify the [gracious gift of the] grace of God [His amazing, unmerited favor], for if righteousness comes through [observing] the Law, then Christ died needlessly. [His suffering and death would have had no purpose whatsoever.]”
Galatians 2:15-21 AMP
VERVOLG
NO 5
Die wet se plek in die evangelie...
MOET WORD WIL, MOET NIE WORD WIL NIE
Comments
Post a Comment