Die hedendaagse "ASPOESTERTJIE " weergawe van die Evangelie van: EEN MAAL GERED ALTYD GERED



Dis nie een maal gered altyd gered nie... 
dis 'n proses van begin, voortsit en voltooi

"Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle BEGIN het, sal VOORSIT totdat Hy dit VOLTOOI op die dag wanneer Jesus Christus terugkom."

FILIPPENSE 1:6 NLV


Hy BEGIN

dan sal Hy ditVOORSIT

 TOTDAT

Hy dit VOLTOOI


Dis nie iets wat ek uit my eie doen of kan doen nie nie, in al drie gevalle is dit God drie enig wat dit doen, ek moet net gehoorsaam wees en my deur Sy GEES laat lei.  

Hy die Pottebakker ek die klei.

(Jeremia 18)



Hy skenk wedergeboorte, deur Sy Gees sit Hy dit voort in die proses van geestelike groei en heiligmaking(HOLINESS) in Sy kind se lewe en Hy voltooi dit op die dag as Hy terugkeer om Sy kinders te kom haal.

Ja Hy verwyder UIT ONVERDIENDE GENADE ons sonde so ver as die oorste van die weste van ons maar Hy het ook gesê "jou sonde is vergewe maar gaan en sondig nie meer nie."



Jy kan nie vergewing van sonde ontvang en dan weer kies om in sonde te gaan leef verder nie. Dit maak die prys wat Hy betaal het goedkoop en onnodig.



Ja ware gelowiges doen ook soms nog sonde, hulle kan ook soms val maar hulle kies dit nie, as hulle val bely hulle dit en maak reg met hul VADER, staan op en volhard weer om Hom te volg. 

Hulle weet dit breek Sy hart, hulle akkomodeer nie meer sonde willens nie. Hulle WIL NIE MEER sondig nie en maak daarom nie plek daarvoor in hul lewe deur dit te probeer regverdig of verskoon nie. God se wet is nou op hul hart en hul laat hul deur die Gees lei. Hulle beywer hulle om elke dag meer en meer aan hulself te sterf sodat Hy meer en meer in hul gestalte kan kry en hul meer en meer omvorm word na Sy beeld.



Oom Angus Buchan sê altyd

 "HOLINESS  is the end product of OBEDIENCE




BEGIN - WEGSPRING 

 (wedergeboorte)


VOORSIT  - VOLHARD - VOLG 

 (NOU PAD van heiligmaking, geestelike groei, vrug dra)


VOLTOOI - ONTVANG EWIGE LEWE 

(Jesus se wederkoms)


"Maar deur Hom

is julle IN Christus Jesus, 

wat vir ons geword het wysheid uit God

en geregtigheid

en heiligmaking

en verlossing."

I KORINTHIËRS 1:30 AFR53


"Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; dié het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ’n ongemaakte pad;"

JEREMIA 18:15 AFR53

Sy volk het weggedraai van die Nou pad 




Ek kan dus verlore gaan maar nie maklik nie, die Here los nege en negentig om een skapie te gaan soek, Hy snoei, Hy spit om en bemes van vooraf, gee dus nog kanse om ons terug te bring, maar ons bly die vryheid van KEUSE hê. Dis waar, Niks kan my van Hom skei nie, Niks (anders) maar EK kan die KEUSE uitoefen om weg te gaan soos die verlore seun gedoen het. Afdraai paaie, sy paaie en ongemaakte paaie KIES agter afgode aan. 

'n Afgod is enige iets wat God se tyd en plek in jou lewe in beslag neem. Daardie iets wat jy eerder na luister en jou laat BEHEER.  Wat ongehoorsaamheid aan God se Woord  tot gevolg het. 



Die Heilige Gees sal nooit teen God se Woord praat of jou maar toelaat om in die vlees te lewe nie.

Die groot genade is dat ons Vader staan gereed om ons tegemoet te hardloop as ons daai een tree gee. Die een van omdraai terug na Hom.






Jy kan nie met jou voete in alby kante staan nie, dis 'n leuen wat baie ontnugter gaan laat.

Dis of die een of die ander

"Its not both worlds! "



Die Woord sê uitdruklik

No one can serve two masters; for either he will hate the one and love the other, or he will be devoted to the one and despise the other. You cannot serve God and mammon [money, possessions, fame, status, or whatever is valued more than the Lord]."

Matthew 6:24 AMP



"Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? 

Wie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God. 

Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader

Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle DUBBELHARTIGES! Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog."

JAKOBUS 4:1‭-‬10 AFR53‬‬‬‬

In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê: As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God stelling ingeneem. 

Of dink julle dat die Skrif sommer maar net sê: “God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê”? 

God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom GETROU te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade.” Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. 

Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom.

Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle TWEEGESIGTE wat nie kan besluit aan wie julle GETROU wil wees nie.


JAKOBUS 4:4‭-‬8 NLV



"You’re cheating on God.

If all you want is your own way, flirting with the world every chance you get, you end up ENEMIES of God and his way.

And do you suppose God doesn’t care? "

James 4:4‭-‬10 MSG





"NADER TOT MY EN EK SAL TOT JULLE NADER"

ONS IS SO NABY AAN GOD SOOS ONS KIES OM TE WEES. MENSE WAT BAIE NABY AAN HOM IS KIES OM NABY HOM TE LEEF….DIT VERG TYD , GEHOORSAAMHEID, oorgegee aan Sy wil nederig by Sy voete.




Abraham het baie tyd by God deurgebring, BAIE TOT GOD GENADER en God het Sy planne en opdragte met hom gedeel, GOD HET TOT HOM GENADER 

Abraham word God se vriend genoem


"And the Scripture was fulfilled which says, “Abraham believed God, and this [faith] was credited to him [by God] as righteousness and as conformity to His will,” and he was called the friend of God. You see that a man (believer) is justified by works and not by faith alone [that is, by acts of obedience a born-again believer reveals his faith]."

James 2:23‭-‬24 AMP



"You are my friends if you keep on doing (VOLHARDING, VOORTSIT, VOLG) what I command you

I do not call you servants any longer, for the servant does not know what his master is doing; but I have called you [My] friends, because I have revealed to you everything that I have heard from My Father. 

You have not chosen Me, but I have chosen you and I have appointed and placed and purposefully planted you, so that you would go and bear fruit and keep on bearing, and that your fruit will remain and be lasting, so that whatever you ask of the Father in My name [as My representative] He may give to you."

John 15:14‭-‬16 AMP


Abrham se vrug was gehoorsaamheid.

Hoe lyk hierdie gehoorsaamheid?

Dit reageer onmiddelik, bevraagteken nie die Here se wil nie, dit vertrou en glo in God se wysheid en almag. Gehoorsaamheid is om God se opdragte nie net te hoor of van te weet nie maar te doen al maak dit my seer, al verstaan ek dit nie en al maak dit nie vir my sin. Ons moet onthou ons weet net ten dele eendag sal ons alles ten volle ken en verstaan. 

Tot dan moet ons HOM GLO EN VERTROU EN GEHOORSAAM. 


Ware gehoorsaamheid hou nie iewers op nie, dit volhard tot op die einde.

KEEP ON KEEPING ON


"You are my friends if you keep on doing what I command you"  John 15:14

Hoe lyk my vrug?(gehoorsaamheid). Hoe naby is ek aan Hom, kan Hy my Sy vriend noem of leef ek een voet in die wêreld?



Alby Abraham en Lot word regverdig genoem in die Bybel maar hoekom sou God sy planne aan Abrham bekend maak en nie aan Lot wie se eintlike lot dit was wat sou kom nie?  Binne die volgende 24 uur verwoesting.

Waarom dit vir Abraham gaan vertel en nie direk vir Lot?

Want Abraham het tot God genader in geloof, vertroue en gehoorsaamheid. Hy het naby God geleef en soos ons reeds gelees het openbaar God Sy planne aan sy vriende. Iemand wat net af en toe by jou draai maak en dan meer omdat hy jou net nodig het word nie jou naby vriend met wie jy jou planne en geheime deel nie. 

Lot het gekies om in Sodom en Gomora te gaan bly. 

Dit het sy verhouding met God beinvloed, dalk het hy  nie meer so baie tyd gehad om tot God te nader soos voorheen alhoewel hy steeds in God geglo het. Hy het ook geen verskil gemaak vir God se koningkryk terwyl hy daar gebly het nie. God sou twee stede spaar as Hy net tien mense sou kry wat regverdig was en in Hom geglo het. Dus buiten Lot se naaste gesin van sy vrou, twee dogters en twee skoonseuns moes hy net in al sy tyd daar net vier ander bereik het dan sou God almal in die stad gespaar het. Hy het nie net nie die vier ekstra bereik nie, maar self sy eie vrou en sy skoonseuns het nie gekies om God te volg en te gehoorsaam nie en het ook omgekom. Oor Abraham se gebede stuur God engele om hulle te gaan uithaal, en wou Hy hulle red van die komende oordeel maar op die ou einde kon hul self kies of hul die engele se hand wou vat en volg of weier om hul hande te vat. Op die ou einde is net drie gered van al die mense in twee groot stede. Twee vat nie hul hand en volg hulle nie en een het omgedraai nadat sy aanvanklik hul hand tog gevat het. 

 Hy bied sy dogters aan in die plek van die egele toe die manne hulle wou gryp, hy spreek nie hul sonde direk aan nie maar probeer dit met 'n ander sonde keer omdat hy die mense meer gevrees het as vir God

Het Lot nie ook skuld aan die verwoesting van die stede en al sy mense nie? 

Het ons, God se kinders nie dalk skuld in die goddelose verval om ons nie. Akkomodeer ons ook sondes om nie op ander se tone te trap nie?

"if My people who are called by My name will humble themselves, and pray and seek My face (TOT MY NADER), and TURN from THEIR wicked ways, then I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer made in this place."

II Chronicles 7:14‭-‬15 NKJV




Waaraan is ons veral skuldig? Ons getuig nie WANT WAT SAL DIE MENSE SÊ EN DINK en ons bid nie genoeg nie WANT ONS GLO NIE dit gaan help nie.  Glo eerder " What will be will be" Daarmee glo ons nie werklik dat vir God niks onmoontlik is nie. 

Baie sogenaamde Christrne se lewe lyk so baie na die van die wêreld dat ons nie meer sout en lig is wat ons wêreld moet impakteer nie. Duidelik was Lot se geloof ook die van geheime agent en was min bewus daarvan in sy tuisdorp.

 Sou iemand aan sy keuses, optrede en gehoorsaamheid aan God hom kon uitken as 'n gelowige?


 Sal iemand ons kan uitken as 'n kind van God by ons familie, ons vriende en werksplek, nie net by ons kerk nie. Dis juis ín die wêreld waar ek vir God moet leef en Hom verheerlik.




Een keer het iemand wat onbybelse praktyke begin inmeng het in die filmbedryf gesê hulle het dit eers subtiel ingevoeg en later openlik. En díe woorde van die persoon het my geskok oor hoe skuldig ons staan. 

"NOBODY STOPPED US"

TREE ONS OP, TREE ONS IN OF KYK ONS ANDERPAD?

Kerke raak al hoe meer akkomoderend teenoor sondige praktyke en valse leeringe.

AND NOBODY STOP THEM!!

Die Here gaan Sy lamp wegvat van sulke gemeentes en dan gaan hul godsdienstig in die duister voort om net verder mense te mislei. 




Sonder Sy Gees en waarheid is die kerk dood.

"In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê: “ ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: HULLE het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’

MATTEUS 13:14‭-‬15 AFR83


Húlle het húl ore en oë toegemaak, hulle kies om in die gehoor gestreel te word


Abraham het God meer gevrees as mense, Lot het mense meer gevrees as God en so geen verskil gemaak nie.

In enige verhouding gaan daar min van die verhouding oorbly as die een persoon net heeltyd sê hy of sy is lief vir die ander persoon maar hul dade wys dit nie. So sê sommige hulle is lief vir Jesus maar hul leef dit nie.


SAYING MOET LIVING WORD

Die Here het uit Abraham se gehoorsaamheid bewys gekry dat hy God vrees. 

"The Lord said, “Do not reach out [with the knife in] your hand against the boy, and do nothing to [harm] him; for now I know that you fear God [with reverence and profound respect], since you have not withheld from Me your son, your only son [of promise].”

Genesis 22:12 AMP


Die Woord sê ook aan ons vrugte sal ander ons kan uitken as kinders van God.


Maar wat as ons nie vrug dra wat pas by ons bekering?


"Hier is ’n voorbeeld van Johannes se prediking aan die skares wat gekom het om gedoop te word: “Julle broeisel slange! Wie het julle gewaarsku om God se komende oordeel te ontvlug? Bewys deur julle lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het. Moenie eers daaraan dink om te sê: ‘Ons is veilig – ons is afstammelinge van Abraham’ nie. God kan hierdie klippe in kinders van Abraham verander. Die byl van God se oordeel is reeds gereed om julle wortels af te kap. 

Ja, elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, sal afgekap en in die vuur gegooi word.”

LUKAS 3:7‭-‬9 NLV



Baie het gedink omdat hul deel het aan die verbond met Abraham dat hul veilig was en oppad hemel toe maar dis valse gerustheid, vandag nog word mense met die lering mislei. 

Jy hoor dan ook eenmaal gered altyd gered(OSAS, ONCE SAVED ALWAYS SAVED), wat nie waar is nie.

Dalk het jy Sy kind geword deur wedergeboorte maar as jy terugkeer na jou ou lewe en soos die wêreld gaan leef gaan jou naam "seun"  verander na "VERLORE seun" jy word daardie een verlore skaap waarvoor Jesus nege en negentig sal los om te gaan soek, maar dan moet jy gekry wil word, en jy gaan soos die verlore seun moet terugkeer. 

"And if some of the branches were broken off, and you, being a wild olive tree, were grafted in among them, and with them became a partaker of the root and fatness of the olive tree, do not boast against the branches. But if you do boast, remember that you do not support the root, but the root supports you. You will say then, “Branches were broken off that I might be grafted in.” Well said. Because of unbelief they were broken off, and you stand by faith. Do not be haughty, but fear. 

For if God did not spare the natural branches,

 He may not spare you either.

Therefore consider the goodness and severity of God: on those who fell, severity; but toward you, goodness, 

if you CONTINUE (keeping keeping on) in His goodness. 

Otherwise you also will be cut off.

And they also, if they do not continue in unbelief, will be grafted in, for God is able to graft them in again."

Romans 11:17‭-‬23 NKJV

  Hoor God se GENADE in die laaste sin as hul nie aanhou op hul verkeerde pad en terugkeer na Sy NOU PAD sal Hy hul terugvat. Hy sal ons herstel soos toe die Vader sy seun tegemoet gehardloop het en hom nuwe klere en 'n ring gegee het. 

Hy sal ons soos daardie een skaap bly soek, bly aan ons hart se deur klop, maar ons moet reageer, oopmaak. Hierdie vers is aan die gemeente/gelowiges in Laodicea geskryf, nie aan ongelowiges nie.


"Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: 

Ek weet alles wat julle DOEN.

Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. 

Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. 

Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien.

 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. 

Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Elkeen wat die OORWINNING BEHAAL, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê."

DIE OPENBARING 3:14‭-‬22 AFR83

OORWINNING BEHAAL - Die sonde en afgode in ons lewe te oorwin het saam met God. Die stryd nie alleen aan te sê nie want dan gaan ons misluk. Die Israeliete het reeds die Belofte gehad van die Beloofde land en dit was reeds hulle sin, maar hulle moes dit in gehoorsaamheid aan God se leiding dit stad vir stad inneem. Dis die NOU PAD, die pad waar ons meer en meer omvorm word na God se beeld om aan Sy Seun gelykvormig te word. Die pad van heiligmaking, van volle oorgawe en gehoorsaamheid aan Sy wil nie OM GERED te word nie, maar OMDAT ONS UIT GENADE GERED IS, hulle wat in Jesus glo as hul SALIGMAKER(Savior) en Hom nou as hul KONING(LORD) dien. 

Lewenslange proses van kruis opneem en HOM VOLG. 




Dis nie net dus 'n WEGSPRING nie (gebedjie opsê en dan is dit klaar nie) dis met VOLHARDING die wedloop voltooi, Hom VOLG nie net bewonder, volhardend "keep on keeping on"


Dus soos ons reeds gehoor het

"Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle BEGIN het, sal VOORSIT totdat Hy dit VOLTOOI op die dag wanneer Jesus Christus terugkom."

FILIPPENSE 1:6 NLV




BEGIN het, sal VOORSIT totdat Hy dit VOLTOOI 

Die 'n proses tot die dag van ons dood.


Daar is 'n skaar verlostes langs die baan wat ons aanmoedig om die wenstreep te behaal.


"DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?"

HEBREËRS 12:1‭-‬7 AFR53



As ons sê EEN MAAL GERED ALTYD GERED, sit ons met 'n aspoestertjie verhaal waar ons tone moet afkap, inprop aanpas ens om die skoen( boodskap)te maak pas, te laat sin maak. Maar as ons glo jy kan weer verlore gaan, afgekap word, uitgespoeg word dan maak alles in die bybel sin en hoef niks aangepas of weggegooi te word nie.





 Ons VADER het gewaarsku dat ons niks aan Sy Woord mag verander, niks byvoeg of wegvat.



Gedeeltes in die Bybel wat nie pas by EEN MAAL GERED ALTYD GERED nie  is byvoorbeeld die volgende:

1. 
Soos reeds gesê die gelykenis van die Verlore seun

"Om dié punt verder te verklaar, het Jesus vir hulle die volgende verhaal vertel: “’n Man het twee seuns gehad. Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ ( SOMMIGE GELOWIGES WIL NET GOD SE KIND WEES VIR WAT HUL DAARUIT KAN KRY, DIE ERFPORSIE, EN GAAN DIT NIE VIR HUL OOR DIE VADER NIE. HUL GEE DUS SOOS HIERDIE SEUN VAN SY PA NIE OM WAT SY OPTREDE EN ONGEHOORSAAMHEID AAN SY VADER SE HART DOEN NIE)

Ons breek nie reëls/wette nie, ons breek Sy hart. Lord (Break my heart for what breaks Yours)



 Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel. “’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis(NIKS EN NIEMAND SAL ONS UIT SY HAND RUK NIE, MAAR ONS KAN SELF BESLUIT OM VER WEGTE GAAN VAN HOM, DIE TEENOORGESTELDE VAN DIE VERS WAT SÊ, NADER TOT MY EN EK SAL TOT JULLE NADER), en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe. 

Teen die tyd dat sy geld opgeraak het, het ’n groot hongersnood oor die land gekom en hy het begin honger ly (SOMS LAAT DIE HERE TOE DAT ONS IN DIE WOESTYN BELAND SODAT ONS HONGER EN DORS KAN WORD). 

Hy kry toe werk by ’n plaaslike boer en dié het hom die veld ingestuur om varke op te pas. Die seun het só honger geword dat selfs die peule wat die varke gevreet het, vir hom smaaklik gelyk het. Maar niemand het hom enigiets gegee om te eet nie. 



“Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis (WAARVAN HY KOM, HY WAS KIND DAAR, MOET DIT NIE NOG WORD NIE) het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’ (HERKEN, ERKEN, BELY EN BEROU OOR SY SONDE)

Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. 

Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop(LIEFDE EN GENADE ONBESKRYFLIK GROOT), hom omhels en gesoen. 

Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 

(BUT GOD!!)“Maar sy pa sê vir die bediendes: ‘Gou, bring die mooiste mantel in die huis en trek dit vir hom aan. Kry ’n ring vir sy vinger en sandale vir sy voete. En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier, want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.

’ Toe het hulle begin feesvier. “Intussen het die ouer seun in die veld gewerk. Toe hy terugkom huis toe, hoor hy musiek en dansery in die huis, en hy vra toe een van die bediendes wat aangaan. ‘Jou broer is terug!’ is vir hom gesê. ‘En jou pa het die vetgemaakte kalf geslag. Ons vier fees omdat hy veilig teruggekom het.’ “Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat, maar hy het geantwoord: ‘Ek het al die jare hard gewerk vir Pa en nooit geweier om enigiets te doen wat Pa my gesê het om te doen nie. En in al die tyd het Pa my nie eers ’n bokkie gegee om saam met my vriende fees te vier nie. Maar toe hierdie seun van Pa terugkom nadat hy Pa se geld op prostitute gemors het, vier Pa fees en slag die beste kalf wat ons het.’ “Sy pa het vir hom gesê: ‘Kyk, Seun, ek en jy is nog altyd hier bymekaar en alles wat ek het, is tog joune. Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!’”

LUKAS 15:11‭-‬32 NLV

Sy eens medegelowige(broer) was dood en verlore, maar deurdat hy TERUGGEKEER het lewe hy weer en is gevind. Ons kan nie in die wêreld gaan leef, soos die wêreld en dan dink ons kindskap gaan ons red van verlore word en geestelike dood.



2. 

of die volgede verse - 

"En jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie. (VOLG - LOOP WAAR EK LOOP, TRAP WAAR EK TRAP, GAAN WAAR EK GAAN, DOEN WAT EK DOEN)

 “Moenie eers begin voordat jy die koste bereken het nie. (BEGIN, DEURVOER, VOLTOOI, WEGSPRING, HARDLOOP, WENSTREEP)

Want wie sal met die oprigting van ’n gebou begin sonder om eers kwotasies te kry en te sien of daar genoeg geld is om die rekeninge te betaal? Anders kan jy dalk net die fondament voltooi voordat die geld opraak.(DIE TWEEDE SAADJIE VAN DIE GELYKENIS VAN DIE SAAIER) En dan sal almal mos vir jou lag! Dan sal hulle sê: ‘Daardie kêrel het mooi begin bou, maar sy geld was op nog lank voordat hy klaar was.’ “Of watter koning sal ooit droom om oorlog toe te gaan voordat hy saam met sy raadgewers gaan sit en beplan het of hy met sy 10 000 man sterk genoeg is om die aankomende 20 000 soldate te verslaan? As hy nie kan nie, sal hy, terwyl die vyand nog ver is, ’n afvaardiging stuur om vredesvoorstelle te maak. Só kan niemand my dissipel word sonder om alles vir My prys te gee nie.

SOUT is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie. 

Dit word weggegooi. 

Enigeen wat gewillig is om te hoor, moet luister en verstaan!”

LUKAS 14:27‭-‬35 NLV



3.

Die boom in die tuin wat nie vrug gedra het nie





"Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en VRUGTE daaraan gesoek en NIKS gekry nie. 

Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het( GENADE ONBESKRYFLIK GROOT). As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap."

LUKAS 13:5‭-‬9 AFR53


"Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.” Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.

MATTEUS 7:17‭-‬23 AFR83




4. 

Die loot wat nie vrug dra se lot

"EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 

As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly (WWJD? JESUS IS ONS VOORBEELD).

 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het."

JOHANNES 15:1‭-‬15 AFR53



5. 

Die Vyf maagde wie se olie in hul lampies opgeraak het

" DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was VERSTANDIG en vyf DWAAS. 

En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. 

MAAR die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie."

MATTHÉÜS 25:1‭-‬13 AFR53




6.

Olyfboom takke afgesny


"Party van die takke van hierdie boom – van die Joodse takke – is uitgekap en jy, die wilde olyf, is op die mak boom geënt. (GENADE ONBESKRYFLIK GROOT)

So deel jy ook nou in die lewensap wat van die mak olyf se onderstam af opstoot. Maar oppas om jou bors hieroor uit te stoot. Dit is immers nie jy wat die onderstam dra nie, maar juis andersom. Jy kan dalk sê: “Die takke is uitgekap sodat ek geënt kan word.” Toegegee – hulle is egter as gevolg van hulle ongeloof uitgekap terwyl jy nou daar is omdat jy glo. Moenie dink jy is wonderlik nie, maar wees liewer baie klein voor God. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, kan Hy jou dalk ook nie spaar nie. 

Neem in ag dat God vol goedheid, 

maar terselfdertyd ook streng is.

 Hy is streng teenoor hulle wat van Hom weggedwaal het, maar vol goedheid teenoor jou – mits jy op sy goedheid bly staatmaak. Anders kan jy ook afgesny word.

En as die Jode nie volhard in hulle ongeloof nie, sal God hulle weer op die olyfboom terug-ent. Hy besit die mag om dit te kan doen. Want as God bereid was om julle, wat van nature takke van die wilde olyf was, af te sny en julle op die mak olyf oor te ent – wat ’n baie ongewone ding was om te doen – hoeveel eerder sal Hy nie die Jode wil terug-ent op die boom waar hulle hoort nie!"

ROMEINE 11:17‭-‬24 NLV



7. 

Demas wat teruggeaan het na die wêreld 

"Beywer jou om gou na my te kom. Want Demas het my VERLAAT, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië."

II TIMÓTHEÜS 4:9‭-‬10 AFR53



8. 

Wedloop, wegspring, hardloop en voleindig


"DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en VOLEINDER VAN DIE GELOOF, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, SODAT julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. 

Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 

As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, SODAT ons sy heiligheid kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word."

HEBREËRS 12:1‭-‬13 AFR53



9.

 Jesus bid dat Petrus se geloof nie OPHOU agv satan se aanslae nie. Is dit dalk een van Satan se mikpunte met sy vuurpyle in jou en my lewe?


"EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. MAAR Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk."

LUKAS 22:31‭-‬32 AFR53



10.

 Goeie mense gaan nie hemel toe nie, net ware geredde mense

Hierdie lering van EEN MAAL GERED ALTYD GERED het tot gevolg dat baie mense lou word, hul sonde nie meer in 'n ernstige lig beskou en die prys wat daarvoor betaal is nie. Dit maak Jesus se kruisdood goedkoop en verloor die waarheid van die boodskap. Baie wil die false boodskap glo want dit maak dat ek glo dat ek nie hoef afstand te doen van my ou lewe nie maar nog steeds hemel toe sal gaan. Dis nie 'n wen-wen boodskap nie maar 'n totale verloor een. Want almal wil hemel toe gaan maar min op God se voorwaardes van 'n NOU PAD. Bitter min wil die pad van Heilgmaking stap. Om gelouter te word soos goud in vuur.




Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” “Pas op vir die VALS profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.” “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

MATTEUS 7:13‭-‬21 AFR83


11.

Gelykenis van die Saaier

"Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is. Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat “hulle kyk sonder om te sien en hoor sonder om te verstaan.” 

“Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie. Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”

LUKAS 8:9‭-‬15 AFR83


"Sy dissipels het Hom gevra wat die gelykenis beteken. Hy het geantwoord: “God het dit aan julle gegee om die geheime van sy koningsheerskappy te verstaan. Maar vir buitestanders is die gelykenisse raaisels, sodat dit waar word wat die Skrif sê: ‘Hulle sien wat Ek doen, maar eintlik sien hulle nie; hulle hoor wat Ek sê, maar hulle verstaan nie.’ 

“Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is God se boodskap. Die saad wat op die harde pad geval het, is die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom die duiwel en steel dit en verhoed hulle om te glo en verlos te word. “Die klipperige grond is mense wat die boodskap met blydskap aanhoor. Maar soos jong plantjies in sulke grond het hulle nie diep wortels nie. Hulle glo wel vir ’n rukkie, maar hulle verlep wanneer die warm winde van beproewing waai. “Die saad tussen die onkruid is mense wat die boodskap hoor en ook aanvaar, maar tog te gou word dit verdring deur die sorge en rykdom en plesiere van hierdie lewe. En só groei hulle nooit tot volwassenheid nie (daar is nieVOORSIT  - VOLHARD - VOLG - NOU PAD van heiligmaking, geestelike groei, vrug dra) 

 “MAAR die saad wat in goeie grond val, is mense met ’n goeie en OPREGTE hart wat God se boodskap hoor, daaraan vashou en konstant ’n groot oes oplewer.”

(daar is: VOORSIT  - VOLHARD - VOLG - NOU PAD van heiligmaking, geestelike groei, vrug dra) 

LUKAS 8:9‭-‬15 NLV


-------------

Dis maar 'n paar verse(tone) in die Woord wat met die hedendaagse "ASPOESTERTJIE " weergawe van die Evangelie deur die wêreld, media maar erger nog Bybelvertalers en Sinodes van sommige kerke afgekap(weggelaat of ignoreer word) of ingeprop (verdraai word) om te maak pas.

--------------


Hul wat hierdie boodskap van EEN MAAL GERED ALTYD GERED glo verloor baie keer hul eerbied vir God, begin baie goed akkomodeer, vergeet hoe heilig HY is en dat Hy God is en bly. 

LORD OF ALL. 

Hul lewe verheerlik nie meer die Here nie en hul impakteer nie meer die wêreld nie want hul lampies is leeg, hul sout het laf geword, daar is geen vrug wat God en ander dien nie. Hul redding gaan oor hul self en wat hulle daaruit kan kry en nie volle oorgawe aan Hom om Sy wil te laat geskied, Sy koningkryk te laat kom soos in die hemel so ook op die aarde en Hom te verheerlik nie. 

'n Lewe wat net weggespring het by wedergeboorte maar iewers agv wat ook al opgehou het of nie by vrug uitgekom het nie trek nie ander na Jesus nie, bou nie aan Sy koningkryk nie, dien nie in liefde God en hul naaste nie. 

Lyk nie anders nie en

 is nie anders as die van die wêreld nie. 




Dit maak mense valslik gerus en gaan baie eendag hoor.

“Not everyone who says to Me, ‘Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of My Father who is in heaven. Many will say to Me on that day [when I judge them], ‘Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, and driven out demons in Your name, and done many miracles in Your name?’ And then I will declare to them publicly, ‘I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands].’

Matthew 7:21‭-‬23 AMP




Dis nie vrug wat uit eie pogings gedra probeer word om redding te verdien of te probeer behou nie, nee dis vrug wat volg agv in Hom bly, ingeënt in Hom vloei Sy sap (Heilig Gees) deur jou en dra Hý die vrug deur jou want sonder Hom kan ons niks doen nie. 

Vrug wat Hom en my naaste dien. Vrug wat die gevolg is van 'n lewe wat elke oomblik tot Hom nader en Hy dan tot my nader. Hom gehoorsaam VOLG en dien. Vrug is slegs die bewys van my redding soos God vir Abraham gesê het dat agv sy gehoorsaamheid Hy kon weet dat Abraham Hom vrees.


'n Lewe wat daarna streef dat Hy moet meer word en ek minder

Minder van myself sodat ek kan vol


Moet ek dan in vrees lewe om verlore te kan gaan?

Nee ware opregte gelowiges gaan Sy opdragte ernstig opneem, wil Hom gehoorsaam. DIE VRAAG IS EERDER: "IS ONS ERNSTIG OOR ONS GELOOF, IS DIT VIR ONS 'N SAAK VAN ERNS, GLO ONS ERG?

  GOD KYK NA ONS HARTE

Ons moet dus WAAKSAAM wees en ons BEYWER om in Hom te bly want Hy belowe om ons nie te los nie en dat Hy met 'n stem agter ons sal laat hoor wat vir ons sê pasop hierdie kant toe nie daardie kant toe nie, Sy Heilige Gees kom woon in ons wat ons sal aanmoedig, beywer en bekwaam maak om te wil en kan. Hy sal ons op ons pad beskerm en leiding gee kom. As ons egter sy stem uitblus, ons ore toehou sal ook ons die regte pad kan verlaat. As jy dink dis nie moontlik om dit te verlaat nie, sal jy nie daarvoor oplet nie en jou later ver weg van jou Vaderhuis bevind.

'n Opregte hart wat Hom wil dien met hul hele hart siel en verstand sal God se Woord in hul harte bewaar en dit Volg, gehoorsaam.

HY VERANDER ONS NA SY BEELD



"Therefore humble yourselves under the mighty hand of God [set aside self-righteous pride], so that He may exalt you [to a place of honor in His service] at the appropriate time, casting all your cares [all your anxieties, all your worries, and all your concerns, once and for all] on Him, for He cares about you [with deepest affection, and watches over you very carefully]. Be sober [well balanced and self-disciplined], be alert and cautious at all times. That enemy of yours, the devil, prowls around like a roaring lion [fiercely hungry], seeking someone to devour. But resist him, be firm in your faith [against his attack—rooted, established, immovable], knowing that the same experiences of suffering are being experienced by your brothers and sisters throughout the world. [You do not suffer alone.] After you have suffered for a little while, the God of all grace [who imparts His blessing and favor], who called you to His own eternal glory in Christ, will Himself complete, confirm, strengthen, and establish you [making you what you ought to be]. To Him be dominion (power, authority, sovereignty) forever and ever. Amen."

1 Peter 5:6‭-‬11 AMP

Sodra iemand die Woord aanpas, verdraai, van dit weggooi of byvoeg om hul lering te staaf moet ons wegvlug. (Aspoestertjie verhaal van tone afkap en inprop)

Meeste van die tyd is daar min tot geen skrif vir hul sienings, die veroorsaak verwarring wat mense valse hoop op redding gee agv ander paaie as die van GOD se enigste NOU PAD VAN REDDING.

"Jesus said to him, “I am the [only] Way [to God] and the [real] Truth and the [real] Life; no one comes to the Father but through Me."

John 14:6 AMP


Niks het aan God se plan of WOORD verander nie. Jesus is steeds die Woord. As ons die Woord van God afwater na woorde van mense oor God verloor ons Jesus

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.


"Onthou julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Dink aan watter voorbeeldige lewe hulle ENDUIT gelei het en vertrou soos hulle op God.

Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd! 

Pas op dat julle nie meegesleur word deur die bekoring van allerlei vreemde idees nie. Dit is goed om deur God se genade versterk te word en nie deur die nakoming van kosvoorskrifte, wat in elk geval vir dié wat dit nagekom het, niks gebaat het nie."

HEBREËRS 13:7‭-‬9 NLV




Ware redding is onverdiende genade wat vrugte tot gevolg het wat jou hele lewe op alle gebiede beinvloed en nooit ophou nie.

Ware redding maak volgelinge(Followers), nie bewonderaars(FANS).

Ware reddende geloof kry jou van die paviljoen af tot op die baan, ywerig besig om God se wil te volg met jou lewe tot Sy eer en voordeel van my naaste. 



Dan sal ons ook soos Paulus uitroep

"Maar wat eers vir my 'n bate(godsdiens) was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus(verhouding), ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken(intieme persoonlike verhouding met Hom), oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. 

(Hy het nog nie "arrive" nie)


Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak OMDAT Christus Jesus my REEDS Syne gemaak het.(span my in nie om gered te word nie maar omdat ek gered is)

 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie(dis 'n Nou pad, wedloop proses van heiligmaking). Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is(volle oorgawe in Gehoorsaamheid aan Sy wil). 

Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus(die beloofde land/ewige lewe).

Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê.

 En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. 

FILIPPENSE 3:7‭-‬16 AFR83






DAAR KOM 'N TYD WAT MENSE NIE SAL WÍL HOOR NIE, daardie tyd is nou.

"EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; WANT daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die GESONDE LEER nie sal verdra nie, maar, OMDAT hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte LERAARS sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels

Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening. WANT ek word alreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd GESTRY; ek het die WEDLOOP VOLEINDIG; ek het die geloof BEHOU. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het."

II TIMÓTHEÜS 4:1‭-‬8 AFR53

As ons glo EENMAAL GERED ALTYD GERED, gaan ons nie toelaat dat die Heilige Gees ons verander na Jesus se beeld nie, ons gaan nie glo dis nodig nie. Ons gaan volgens ons vlees lewe en nie onder leiding van die GEES nie.




 Ons lampie se liggie gaan doodgaan, ons sout het laf geword en lyk ons nes die wêreld, ONS MAAK GEEN VERSKIL VIR GOD  SE KONINGKRYK,  INTEENDEEL ONS DOEN MEER SKADE AS HULLE WAT GLAD NIE GLO. LOU GELOWIGES STOOT ANDER EERDER AF AS WAT HULLE IEMAND NADER TREK NA JESUS EN REDDING.



"JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. 

MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te VERVUL. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele."

MATTHÉÜS 5:13‭-‬19 AFR53




Die lied beskryf dit so mooi

BLY VOLHARD SOOS ATLETE (JSB 1, NO. 35) 

1. Bly volhard soos atlete – dis God wat ons wedloop be-paal. 

Daar’s ‘n skaar verlostes wat wag om die baan 

dat ons almal die wenstreep sal haal. 

2. Elke las moet ons afgooi die sonde wat maklik verstrik – 

dat ons God se pad met volharding kan loop: 

dis die pad na die ware geluk. 

3. Hou die oë op Jesus – ons Vriend, ons Verlosser, ons Hoof. 

Vir die vreug daarna het Hy smarte verdra: 

Hy begin en versterk ons geloof.







JESUS HET HERHAALDELIK GESÊ

NIE BEWONDER MY NIE, MAAR VOLG MY!!



Daagliks jou KRUIS opneem, JOU EIE EK NIE MEER EERSTE STEL NIE MAAR VERLOËN en Hom elke oomblik VOLG, DIE WEDLOOP VOLTOOI






"En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg — hoe kan ons dan lewe? 
Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 
En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie. As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe. En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe — en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen — gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie — dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe. 

Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie. 
As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe. En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe. 

Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!"
ESÉGIËL 33:7‭-‬20 AFR53

Judas het saam met Jesus geleef en Sy wonderwerke beleef maar het toe geval vir sonde en het verlore gegaan. 
Die moordenaar aan die kruis het sy hele lewe gesondig maar op die einde hom bekeer en is gered.






Aan die einde gee Jesus Johannes opdrag om aan sewe gemeentes briewe te skrywe. Nie aan goddeloses nie. Net twee gemeentes hoef hul nie te bekeer het nie. 
Net omdat ons in 'n kerk is beteken nie noodwendig ons is op die Nou pad nie.

Efese hoor hul het hul eerste liefde verlaat en moet hulle bekeer.
Pérgamus moes hul bekeer van die dwaalleer.
Thiatire moes nie seksuele losbandigheid verdra nie en hulle bekeer.
Sardis moes wakker skrik uit hul geestelike laksheid, dat hul die naam het dat hul leef maar eintlik dood is.
Laodicéa moes hul bekeer uit hul louwarm geloof, anders sou die Here hul uitspoeg.

Net twee, Smirna en Filidelfia uit sewe gemeentes moes hul nie bekeer nie.
Smirna was getrou te midde van lyding en Filidelfia het ook getrou gebly en volhard.

Die ander het kompromieë aangegaan wat hul geloof op die spel geplaas het en ander se ywer vir Christus het verflou. 

Maar die twee gemeentes het GETROU GEBLY.
BEGIN, VOORTSIT EN VOLTOOI

Die briewe sluit af met "aan hom wat OORWIN"
- "Sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne die paradys van God is" ( Op 2:7)
-  "sal deur die tweede dood geen skade ly nie" (Op 2:11)
- " sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe  wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang" (Op 2:17)
-  "en My werke tot die einde bewaar, sal ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer...
En Ek sal hom die môrester gee"(Op 2 26-28)
- " sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit UITWIS uit die boek van die lewe nie, en ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.(Op 3:5)

-  " Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal dar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die Naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal en my nuwe Naam. (Op 3: 12)
-  "sal Ek gee om saam met my te sit op my troon, SOOS EK OORWIN het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het"

Jou naam kan uitgewis word, jy kan uitgespoeg word.

Dis 'n Nou pad om te volhard, te voltooi, dis 'n stryd om te stry en te OORWIN

Elke brief sluit af met: " Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die GEMEENTE sê.( die gelowiges, nie goddeloses)"

Hoor ons?




Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”