Geloofsreuse twyfel nie en word nie bang nie... of doen hulle?

 



Die Vyand wil he ons moet van die Gelowiges in die Bybel as Geloofsreuse dink om ons moedeloos te maak, omdat óns nie is nie.

Maar die waarheid is niemand is 'n Geloofsreus nie en kan altyd in alles sterk staan nie, en niemand is gevrywaar dat dinge nooit vir jou te veel kan word nie. Selfs Elia was maar net 'n gewone mens.

"Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ERNSTIG GEBID dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;"
JAKOBUS 5:17 AFR53

Die Here weet ons is nie Geloofsreuse   nie, want Hy se dit in Sy Woord

"Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is."

PSALMS 103:14 AFR83

Dit beteken nie ons hoef nie te glo en te vertrou nie maar dat Hy weet ons kan dit nie op ons eie alleen gaan regkry nie daarom help Hy ons daarmee deur Sy Gees wat in ons woon en Hy werk deur medegelowiges se bystand, omgee en gebede. 

As ons maar net die Psalms lees sien ons hoe Dawid die man na God se hart se moed hóm soms begewe het in tye van nood en angs en hoe daar oomblikke in Dawid se omstandighede was dat VREES die oorhand kry, al was dit net vir "n oomblik, maar ons sien ook hoe die trant van die Psalms altyd verander teen die einde na die boodskap van om op God te kan en bly vertrou. 

 ' n Voorbeeld hiervan is:

"Net U is my skuiling, my God; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?

PSALMS 43:2 AFR83

Dawid voel in hierdie Psalm dat alles vir hom te veel geword het, hy ervaar dit so erg dat dit tot vir hom voel of die Here Hom verlaat het, dis maar een van sy oomblikke van worsteling, maar eindig dan dieselfde Psalm met die volgende 

"Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!"

PSALMS 43:5 AFR83

Hy kon op hierdie noot eindig al was hy aanvanklik angsbevange want hy ken sy God persoonlik en weet dat Hy hom nog nooit verlaat het of sal verlaat nie al voel dit vir hom so. Hy staan op God se beloftes en nie wat hy dink en voel nie.


Geloof is gebaseer op feite en nie gevoel nie, 

Satan manipuleer denke en gevoel.

As dit vir jou lyk of ander dit soveel makliker regkry om te glo as jy, is dit maar net omdat jy baie keer net die einde van hul "Psalm" sien en dalk nie bewus is van die stryd vooraf nie. 

Daardie in die nag wakker word met ang en worsteling weet jy dalk niks van. 


NOG ANDER GROOT GELOWIGES IN DIE BYBEL VIR WIE DIT OP 'N OOMBLIK ALLES NET TE VEEL GEWORD HET IS:  


JOHANNES DIE DOPER

Johannes is ‘n profeet van God – die grootste van al die profete.

Dié Johannes die doper wat die weg vir Jesus moes baan, wat ander heen gewys het na die Messias die Lam van God kry 'n oomblik waar VREES hom pootjie en hy wonder of Jesus regtig die Messias is. 

VREES laat hom vir 'n oomblik twyfel en dit vat hom van "Daar is die Lam van God" na "Is U die Lam van God."

''Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Ná my kom daar 'n Man wat my vóór is, want Hy was voor my reeds daar.’ Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar ek het gekom en ek doop met water sodat Hy aan Israel bekend gestel kan word.” Verder het Johannes getuig: “Ek het duidelik die Gees soos 'n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly. Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.’ Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God.”

JOHANNES 1:29‭-‬34 AFR83

Maar dan in die tronk...

"en hulle na die Here toe gestuur om te vra: “Is U die Messias wat ons verwag, of moet ons iemand anders verwag?” Johannes die Doper se twee dissipels het Jesus gekry en vir Hom gesê: “Johannes die Doper het ons gestuur om te vra: ‘Is U die Messias wat ons verwag, of moet ons iemand anders verwag?’” Op daardie oomblik het Jesus baie mense van verskeie siektes genees, en Hy het bose geeste uitgewerp en blindes se sig herstel. Hy (Jesus)het vir Johannes se dissipels gesê: “Gaan terug na Johannes, en vertel hom wat julle gesien en gehoor het – blindes sien, verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word genees, dowes hoor, dooies word tot die lewe opgewek, en die Goeie Nuus word aan die armes verkondig. En sê vir hom: ‘Gelukkig is hulle wat nie aan My aanstoot neem nie.’”

LUKAS 7:19‭-‬23 NLV

Johannes die Doper het hier alleen in die tronk gesit afwagtend om tereggstel te word, hy moes gewonder het waar God was in sy situasie. Hy moes dalk gevoel het, Here dit is alles te veel om te dra of te verstaan.

Jesus eindig sy boodskap aan Johannes met “Moenie aan My aanstoot neem nie, Johannes''

Johannes kon uit sy verhouding met God weet dat Hy het ‘n plan met dit alles en Hy kan Hom vertrou al verstaan hy nie altyd nie. Hy kon wel sy engele stuur om hom dadelik daar te kom uit haal het maar hy kon weet en vertrou dat wat ook al gaan gebeur sal wees tot God se verheerliking en dit sal ewige heerlikheid vir homself, Johannes beteken!

Johannes het ENDUIT VERTROU en toe hy uiteindelik onthoof is deur Herodus, het hy sy oë oopgemaak by sy hemelse Vader. 'n Uiteinde wat dalk vir die wereld nie sin maak nie, maar wat ons weet ewigheids waarde het wat nie vergelyk kan word met wat ons nou deurmaak nie.

''Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.''

ROMEINE 8:18 AFR83

Ware gelowiges kom by 'n kruispad van glo ten spyte van die feite, en laat ons uitroep :

 "Here ons verstaan nie, maar ons vertrou u"


PAULUS

Ook Paulus praat van dat hul tot gedink het hulle gaan dood gaan en dat alles ook vir hulle gevoel het met tye dat dit vir hulle te veel word, maar omdat hy terugkyk op wat gebeur het en nie skryf terwyl dit gebeur het nie, kan hy sy brief begin met die perspektief van BUT GOD.

"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons 'n oorvloed van LYDING is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van BEMOEDIGING deur Christus.

As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het. Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die DOODSFONNIS klaar oor ons uitgespreek is. 

Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.

 Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. 

Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red. Daartoe werk julle mee deur vir ons te BID. So sal die gebede van baie 'n seën van God vir ons bring, en dan sal baie Hom vir ons dank."

2 KORINTIËRS 1:3‭-‬11 AFR83


JOSEF

Ons weet waardeur Josef alles moes gaan, hy moes meer as eenmaal gevrees het vir sy lewe en nie verstaan het waarom alles gebeur soos dit gebeur het nie. Verraai, Vals beskuldig en vergeet in die tronk. Maar toe ook Josef terugkyk op sy lewe kon hy vir sy broers die perspektief op die omstandighede gee van BUT GOD

"But Joseph said to them, “Do not be afraid, for am I in the place of God? [Vengeance is His, not mine.]

 As for you, you meant evil against me, BUT GOD meant it for good in order to bring about this present outcome, that many people would be kept alive [as they are this day]."

Genesis 50:19‭-‬20 AMP

As ons gaan terug kyk op ons lewens eendag gaan ook ons getuig van BUT GOD...HY het alles ten goede laat meewerk vir ons.

"And we know [with great confidence] that God [who is deeply concerned about us] causes all things to work together [as a plan] for good for those who love God, to those who are called according to His plan and purpose. For those whom He foreknew [and loved and chose beforehand], He also predestined to be conformed to the image of His Son [and ultimately share in His complete sanctification], so that He would be the firstborn [the most beloved and honored] among many believers."

Romans 8:28‭-‬29 AMP

HY is besig om ons deur alles wat ons deurmaak te vorm soos die Pottebakker met die klei te omvorm na die beeld van Sy Seun Jesus Christus, die Messias.


ELIA DIÉ PROFEET

Elia kom van 'n geestelike hoogtepunt dae tevore waar hy Goddelike ingryping sien maar beland op 'n laagtepunt kort daarna met die begeerte om eerder te sterf.

 VREES laat hom onder die besembos beland.

DIE AANVANKLIKE HOOGTEPUNT - met groot geloof vat hy sy teenstaanders aan

"Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie. En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het. En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het. En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie. Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die Here herstel wat afgebreek was. 

( Hy neem die volk terug na wat God van hul vra en nie hul eie manier van doen nie, God se wil en opdragte, nie menslike interpretasies)



Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders — tot wie die woord van die Here gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees — en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die Here. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad, en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê. Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen, sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak. En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, Here, God is, en dat Ú hulle hart tot U laat terugkeer. Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die Here, Hy is God, die Here, Hy is God! 

( Die vyand se doel met twyfel en vrees is dat ons hieraan moet begin twyfel of Hy waarlik God is,  soos Johannes gese het, is U waarlik die Messias)



Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: GAAN WEER — sewe maal. 

En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. En in 'n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en 'n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël; maar die hand van die Here was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.

I KONINGS 18:25‭-‬46 AFR53

DAN VOLG DIE LAAGTEPUNT - twyfel en VREES tree in, die man wat pas die grootste wonderwerk beleef het word bang want soos ons gelees het selfs Elia was van stof.

''EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Daarop stuur Isébel 'n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen — sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; maar self het hy 'n dagreis ver die WOESTYN ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. 

En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie. Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet! Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb. En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly.

En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía? En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die Here, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem. En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die Here nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie. En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die Here nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom 'n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía? En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die Here, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.

(Elia het gedink sy lewe was op 'n einde maar die Here het die laaste sê daaroor en het nog werk vir hom gehad)

Maar die Here sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek. En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu doodmaak; en wat van die swaard van Jehu vryraak, hom sal Elísa doodmaak. Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.

(Elia se tyd met die Here sy God help hom sy oë terug draai na God en hy staan op uit sy desperate situasie en gevoelens)

Hy het toe daarvandaan weggegaan en Elísa, die seun van Safat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse voor hom en hy self by die twaalfde paar was; en Elía het by hom verbygegaan en sy mantel op hom gewerp. Daarop het hy die osse verlaat en agter Elía aan geloop en gesê: Laat ek tog my vader en my moeder soen; daarna sal ek u volg. En hy antwoord hom: Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen? Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak en Elía gevolg en hom gedien.

I KONINGS 19:1‭-‬21 AFR53




Ook PETRUS 

Petrus toon aanvanklik so groot geloof dat hy die enigste een is wat uit die boot klim en op die water loop, maar toe hy sy oog afhaal van Jesus en vir die storm om hom kyk begin hy VREES en hy sink en moes uitrop "Here help" en Jesus gryp hom.

Ook hy kry 'n oomblik wat hy twyfel en elke keer soos met die vorige manne van geloof waarna ons gekyk het kom die Here en tel hulle op sodat hul weer op die Rots kan staan en vorentoe volhard.


JOB

Job se omstandighede is te veel om op te noem. Hy is nog besig om te verneem van die een dan tref die volgende ramp hom.

"DAAR was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad."

JOB 1:1 AFR53

"En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.:

JOB 1:8 AFR53


Die man wat God mee spog by die duiwel, beland op die ashoop, vriende verlaat hom, sy vrou draai teen hom maar God (BUT GOD) kom haal hom daar en tel hom weer op. 

"Job het op die ashoop gaan sit en met ’n gebreekte potskerf sy swere gekrap. Sy vrou vra hom: “Hoekom hou jy aan om die Here te dien? Vloek God en sterf!” Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat God glad nie ken nie. Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” Job het steeds niks verkeerds gedoen of gesê nie."

JOB 2:8‭-‬10 NLV

Nie in een van hierdie manne se gevalle het hul weg gedraai van God in hul benoudheid of twyfel nie, maar wel na God. Hulle roep na Hom, vat Sy hand en staan weer op.

En dan JESUS SELF

Hy sweet bloed in die tuin van Getsemane

"Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

HEBREËRS 4:15‭-‬16 AFR83

Self God maar ook volkome mens verstaan Hy ons.

Hy word so bang vir wat voor Hom lê om deur te gaan dat hy bloed sweet in die tuin van Getsemane. Die Here het my eenkeer gevra of ek al bloed gesweet het, natuurlik nee. Dan weet ek nog nie van regtig bang wees nie. Jy sien die Duiwel het my so aangeval en laat twyfel in my kindskap want hy het my laat glo dat ware gelowiges "Super" gelowiges is wat NOOIT bang word nie, nooit twyfel nie.

 Maar die leuenaar is uitgewys deur Jesus wat self begin vrees het en Hy het nie gesondig nie. 

Dus is bang word nie sonde nie maar menslik. Die verskil kom in by wat maak ons met ons bang

Jesus self het gaan tyd spandeer by Sy Vader in gebed. Ook nie net een keer nie maar weer en weer. Gaan bid jou vrees, lê dit by Sy voete neer.

"Do not be anxious or worried about anything, but in everything [every circumstance and situation] by prayer and petition with thanksgiving, continue to make your [specific] requests known to God. And the peace of God [that peace which reassures the heart, that peace] which transcends all understanding, [that peace which] stands guard over your hearts and your minds in Christ Jesus [is yours]."

Philippians 4:6‭-‬7 AMP


Hoe kom ons hierdeur? 

MET ONS GOD!!




Jesus wil ons ontmoet, nie altyd deur ander nie maar self

Elia moes sy mond oopmaak en eet, die engel het hom nie geforseer om te eet nie. 

Sy dienaar het hom altyd bedien met iets te ete en te drinke, maar hy moes hom in hierdie situasie agterlaat en alleen in die woestyn ingaan.  Daar kom 'n tyd wat hulle wat jou bedien het met geestelike kos nie meer kan agv omstandighede. Dalk vannaand daar alleen op jou bed in die middel van die nag of daar in die tronksel, hospitaalbed ens. 

BUT GOD .... nou alleen onder die besembos bedien God hom persoonlik deur Sy engel. 

Daar waar alles vir ons te veel word los die Here ons nie, verwerp Hy ons nie maar gryp ons. (Hy neem dit in ag dat ons van stof is)

Hy kom ontmoet Elia daar onder die besembos. Herhaaldelik skud Hy aan hom, Hy gee nie op met Elia na die eerste poging nie. 

As ons nie toelaat dat die Here ons persoonlik bedien met Sy geestelike kos en water nie SAL DIE PAD VIR ONS TE LANK WORD. 

Ons moet dit inneem wat Hy aan ons wil gee. DIT GLO EN DAAROP VERTROU.

Dan vat die Here hom deur die woestyn na Sy berg om daar verder en intiemer met hom te praat. Aanvanklik was Elia te op om eers te hoor, maar nou is hy gereed om in gesprek met die Here te tree en te hoor wat Hy vir hom wil sê.

 Elia is weer versterk en eindig kragtig in die Here sy wedloop.


Wat het hierdie manne in gemeen gehad?

Hulle kon elkeen hierdie woorde van Paulus aan die einde van hul lewe herhaal

"Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou."

2 TIMOTEUS 4:7 AFR83

WANT:

Elkeen het 'n persoonlike verhouding gehad met die Here. Nie godsdiens beoefen nie. Self tyd by Sy voete deurgebring voor en tydens hul nood. Hulle geloof was nie gebou op wat ander van God sê en beleef het nie. Hulle het eerstehandse KENNIS gehad van wie God is.

Hulle het Eertehandse GELOOF gehad

Self alleen tyd in Woord en gebed deurgebring. 

Tweedehandse geloof kan jou in tye wanneer die storm oor jou losbreek in die steek laat.

“Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Al val daar ’n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas. 

Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.”

MATTEUS 7:24‭-‬27 NLV

Die wat vir ons na GELOOFSREUSE lyk was maar net gehoorsaam aan die skrif.

Dit verg "effort" van eie pad stap, eie keuses maak. Ander nie toelaat om dit namens my te maak of in my pad te staan van 'n intieme verhouding met Jesus nie. Meer te bekommer wat Jesus van my verwag en dink as wat mense sal sê of dink.

Daardie mense gaan nie eendag in jou plek voor God staan nie.

Die vyand gaan dit vir jou fissies, emosioneel ens onmoontlik probeer maak om intieme tyd met ons Vader deur te bring, maar maak die keuse dat niks en niemand hierdie tyd by jou gaan steel nie.


Jou tyd by Jesus se voete is

 ONONDERHANDELBAAR

 (NON NEGOTIABLE)


Hoe lyk tweedehandse geloof?

Dis min of geen tyd self deurbring in God se Woord of gebed.

 Olie lampies wat gevaarlik leeg word omdat ons nie in Hom bly nie.  Hoor die Woord maar doen dit nie. Staan met een voet in die geloof maar met die ander in die wêreld. Of ANDER moet heeltyd vir jou bid en Woord gee selfs profeteer.(vra olie by ander) Natuurlik moet hulle maar as dit al is waar jy jou geestelike kos kry kan dit jou dalk nie deurdra nie. Jy lees eerder dagstukkies as die Woord. Dagstukkies ekstra by die Woord kan kosbaar wees afhangende of die persoon wat dit skryf natuurlik self eerstehands die Woord kry by die Here, Heilige Gees geinspireerde woord, want nie almal wat sê Here, Here verkondig die evangelie suiwer nie, kies dus met versigtigheid watse geestelike boeke jy lees, maar om net dit te lees skiet jy jouself in die voet. 

Jy kan nie heeltyd kos eet wat iemand anders vir jou moes kou nie. Die Israeliete moes elke dag gaan manna optel het, kon nie oorhou vir môre nie want dit was dan nie meer goed vir môre nie. So is geestelike kos vir vandag dalk nie meer op môre van toepassing nie. Soos 'n pa wat sy kind oor die pad wil help en eers sê die kind moet stilstaan (want die pa sien die trok kom) en dan daarna sê gaan maar oor (want die pa kan sie die pad is skoon en die trok is verby) Daar was wel uitsonderlik 'n dag wat hul dubbel kon optel, daardie tye beleef ons ook wanneer jy nie kon al wou jy ook maar dit moet nie gewoonte word nie.

Tweedehandse geloof staan in die boord maar dra geen vrug.

"EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap."

LUKAS 13:6‭-‬9 AFR53



Tweedehandse geloof kan wel deur groot grnade eerstehandse geloof word, ek weet want ek was daardie boom met my tweedehandse geloof (BUT GOD) maar deur GOD se genade van tweede kanse het Jesus deur Sy Gees in my storm om my begin spit, mis gooi en my lewe kom verander om Hom persoonlik te mag ken. 

No longer a fan but follower


Hoe lyk eerstehandse geloof?

Eerstehandse geloof is nie vanselfsprekend nie. Dis 'n keuse om in hom te bly, Hom te volg, te gehoorsaam, te doen wat Hy jou wys. Keuse om jou kruis op te neem en Hom te volg en nie net te bewonder nie. (Not Fan but Follower)

Jou dus deur Sy Gees laat lei deur tyd in Woord en gebed deur te bring. Tyd daarvoor te maak, dit prioritiseer. Kinderlik afhanklik van Hom te leef. Hom VERTROU en GLO, aan Sy BELOFTES VASHOU en nie net daarvan weet nie.



 Dis nie net KOPKENNIS nie maar HARTSKENNIS.

 Jy ken die Herder se stem jy weet nie net van Hom nie want jy spandeer self baie tyd met Hom. Hy sê "NADER TOT MY EN EK SAL TOT JULLE NADER" Ons is so ver van Hom as wat óns kies om te wees. Hom met jou hele lewe wys hoe lief jy Hom het en jou naaste.

Dis om op die baan te wees en nie net vannaf die paviljoen te kritiseer nie. Dis vrug dra wat by die bekering pas.

Tweedehandse geloof kan baie keer ek gerig wees, wat ek daaruit kan kry, maar eerstehandse geloof is God gerig, Sy wil, sy eer al kos dit my. Dis 'n ten spyte van geloof, 'n NOGTANS GELOOF, 'n Habakuk geloof.

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel."

HABAKUK 3:17‭-‬19 AFR83



Die gees van Vrees is nie in ons nie maar teen ons want die Here sê:

"Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."

II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53

Daarom kan ons Sy kinders met Sý Gees in ons VREES oorwin.

"Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is."

I JOHANNES 4:4 AFR53


Almal van ons kry 'n besembos oomblik MAAR DIE HERE (BUT GOD) vat ons van "Is U die lam van God?" na 'n seker wete "U is die lam van God!" wanneer Hy ons vrees aanspreek en ons weer saam die volgende kan sing


"Fear Is A Liar"

When he told you you're not good enough
When he told you you're not right
When he told you you're not strong enough
To put up a good fight
When he told you you're not worthy
When he told you you're not loved
When he told you you're not beautiful
That you'll never be enough

Fear he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
Cause fear he is a liar

When he told you were troubled
You'll forever be alone
When he told you you should run away
You'll never find a home
When he told you you were dirty
And you should be ashamed
When he told you you could be the one
That grace could never change

Fear he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
Cause fear he is a liar

Let Your fire fall and cast out all my fears
Let Your fire fall Your love is all I feel

Fear he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
Cause fear he is a liar

"No Longer Slaves"
(performed with Jonathan David Helser & Melissa Helser)

You unravel me with a melody
You surround me with a song
Of deliverance from my enemies
'Til all my fears are gone

I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God

From my mother's womb
You have chosen me
Love has called my name
I've been born again to a family
Your blood flows through my veins

I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God

I am surrounded
By the arms of the Father
I am surrounded
By songs of deliverance

We've been liberated
From our bondage
We're the sons and the daughters
Let us sing our freedom

You split the sea
So I could walk right through it
My fears are drowned in perfect love
You rescued me

And I will stand and sing
I am a child of God

You split the sea
So I could walk right through it
You drown my fears in perfect love
You rescued me
And I will stand and sing
I am a child of God

Yes, I am
I am a child of God
I am a child of God
Yes, I am
I am a child of God
Full of faith
Yes, I am a child of God
I am a child of God

I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God



Jy sal tye kry waar jy vrees of twyfel, "VERSUIP OMBLIKKE" ervaar maar hardloop in sulke tye na God toe.

 Hy gryp ons en plaas ons weer op die ROTS
Hy sal nooit Sy kind se hand los nie

Moenie dat die vyand jou wysmaak dat jy nie 'n goed genoeg gelowige is nie want almal word bang maar bly jy net volhard.

"Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. 
Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontbe-rings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk."
2 KORINTIËRS 12:9‭-‬10 NLV

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”