Posts

Showing posts from 2024

No 6 - Ek moes doof word sodat ek kon hoor - Waarheid as die lewende water

Image
Die Here openbaar hierdie aan my dogter nadat ons ernstig weer gaan bid het oor  WAT is reg, en nie WIE is reg nie?  DIE WAARHEID as die lewende water Waarvan loop jy oor? Want wat die hart van vol is loop die mond van oor.    Die Samaritaanse vrou by die put  vervolg… Jesus weet wat hierdie vrou kortkom en nodig het en sê selfs vir haar  WAT sy moet vra?  As jy net 1 ding kan kry sal dit seker wys wees om vir JESUS te vra om jou te sê en te wys wat jy die nodigste het. MATTHÉÜS 6:8 AFR53 [8] "… want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. In JOHANNES 10:30 AFR53 sê Jesus: " [30]  "Ek en die Vader is een." So dit beteken Jesus weet die beste wat ons nodig het. Die Samaritaanse vrou weet nie dat die Messias voor haar staan nie want sy ken Hom nog nie persoonlik nie, sy het nog net van Hom gehoor. Dus glo sy ook wel  aan  Hom maar nog nie  IN  Hom nie.  Vers 10:  Jesus antwoord en sê vir haar: As jy d...

No 5 Ek moes doof word om te kon hoor - Die waarheid as lig en wedergeboorte

Image
  HOE LYK  SUIWER WAARHEID AS LIG !? Ons het gesien in die vorige hoofstukke dat onsuiwer waarheid dodelike gevolge kan hê en dat God in Sy Woord oor en oor met ons praat oor sy waarheid. Al die apostels was heeltyd besig om die WAARHEID te verdedig en valse leer te weerspreek want Satan het van die begin af die waarheid aangeval en verdraai. Uit my eie getuienis wat ek reeds gedeel het, het ek verduidelik hoe ek by die waarheid moes uitkom en hoe amper-waarheid my amper die Ewige lewe gekos het.  Ek sal later meer sê oor my amper-waarheid teenoor DIE WAARHEID. Die suiwer waarheid as lig Hoe gaan ‘n ligtoring die skepe waarsku as hy net af en toe skyn… Dus as ons aan en af van die waarheid is, hoe gaan ons ander waarsku teen hul verpletter loop op die Rots. 1 PETRUS 2:7-8 AFR83 [7] Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword” [8] en: “'n ...