9. Die geestelike stryd teen Apòllion (Satan) DIE GEESTELIKE WÊRELD... die Pelgrim se reis deel 9
Die geestelike stryd teen Apòllion Ons is besig met die boek van John Banyon "The Pelgrims Progress" 'n fiktiewe verhaal wat hy in 1678 geskryf het en al in baie tale vertaal is. John Banyon was 12 jaar in die tronk vir sy geloof. Die bekende Charles Spurgeon het glo dié boek 100 keer gelees in sy lewe. Ons stap deur die verhaal saam met Christian die pad van 'n gelowige hoofstuk vir hoofstuk vannaf sonde besef, wedergeboorte, heiligmaking tot by die Ewige lewe. Geestelike oorlogsvoering "Want ons STRYD is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes ." Efes 6 Ons gaan kyk na die geestelike oorlog waarin ons, ons bevind. Die geestelike wêreld en die rolspelers daarin. In die volgende stuk, deel 10 gaan ons na òns rol in hierdie oorlog kyk en na die geestelike wapens wat God aan ons gee. Christian se reis het dus...