8. Die berg moeilikheid...die vyand wil ons laat ophou glo...die Pelgrim se reis deel 8

 Wanneer ek Jesus aangeneem het as my Verlosser en Koning dan word dinge nie makliker nie maar moeiliker. Die vyand zoom dan in op elke gelowige want hy wil ons laat ophou glo.



Baie vals evangelies(gospels) verkondig: 
"kom na die Here Jesus en dit gaan dan net met jou goed gaan"

 Die teendeel is waar!!

Gaan kyk maar na elke gelowige in die Bybel se lewe en sien hoe hulle verdruk en vervolg is.

 Jesus self het gesê:

‭‭JOHANNES‬ ‭16:33‬ ‭NLV‬‬
"[33] Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

"I have told you these things, so that in Me you may have [perfect] peace. In the world you have tribulation and distress and suffering, but be courageous [be confident, be undaunted, be filled with joy]; I have overcome the world.” [My conquest is accomplished, My victory abiding.]"
John 16:33 AMP


As ons verder lees in die boek "The Pelgrims progress" van John Banion dan sien ons dat Verlore sondaar se naam verander toe hy by die voet van die kruis sy groot pak sonde verloor. Sy naam is nou Christen, hy is nou 'n nuwe mens.

"Daarom, as iemand IN Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. 

Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen."

II KORINTHIËRS 5:17‭-‬20 AFR53

Christen is nou bly en lees gereeld uit die boekrol wat hy by die kruis gekry het. Dit bemoedig, seën, berispe hom en wys hom die Nou pad verder aan.

  Hy het nou weggespring maar moet nou die wedloop voltooi, volhard en homself daarin oefen soos 'n atleet.





Dan kom hy by die BERG MOEILIKHEID

Aan die voet van die berg was daar 'n fontein waarvan hy kon drink, dis die beloftes van die Woord vir elke kind van God. Hy het ywerig begin klim om oor die berg te kom. Dit het moeilik gegaan en hy al stadiger begin klim. Hy het kortasem begin word. Dit was nie lank nie of hy het met moeite vorentoe beweeg. Gevoel of hy later nie meer kon. Het hy omgedraai? Nie Christen nie!

Dit het nie vir hom saak gemaak hoe stadig hy vorentoe gaan nie. Naderhand het hy hande en voete geklouter"

Wanneer ons by die kruis begin kom ons ook 'n berg moeilikheid teë, die lewe hier op aarde met al sy sorge, versoeking en aanslae van die vyand. Dink maar aan die gelykenis van die Saaier.



Op die eerste harde grond pik die vyand die saadjies van die Evangelie dadelik op nog voor dit kan opkom, maar die res van die saad het opgekom. Dit kon egter in die meeste gevalle nie bruikbare ryp vrug dra nie.

"‭‭Luke‬ ‭8:11‭-‬15‬ ‭MSG‬‬
[11-12] “This story is about some of those people. The seed is the Word of God. The seeds on the road are those who hear the Word, but no sooner do they hear it than the Devil snatches it from them so they won’t believe and be saved. 

Die DUIWEL STEEL by hulle die Woord, die goeie nuus en verhoed hulle om te glo en verlos te word.

[13] “The seeds in the gravel are those who hear with enthusiasm, but the enthusiasm doesn’t go very deep. It’s only another fad, and the moment there’s trouble it’s gone.

As gevolg van die swaarkry (Berg moeilikheid) het die wat op die grond geval het opgegee en omgedraai, soos met Bangbroek en Wantroue gebeur het wat afgehardloop gekom het net toe hy die berg moeilikheid begin klim. Hul het net die Woord gehoor maar nie gedoen wat daarin staan nie

 [14] “And the seed that fell in the weeds—well, these are the ones who hear, but then the seed is crowded out and nothing comes of it as they go about their lives worrying about tomorrow, making money, and having fun. 

As gevolg van die van Sorge (BERG MOEILIKHEID, beproewings, brandpyle en bekommernisse), genietinge en rykdom(versoekings en verleidelikhede) het die wat op die grond opgekom het nie by ryp vrug uitgekom nie. Hulle hoor die Woord maar kom nie regtig uit by dit te doen nie, of begin doen maar volhard nie daarin. Ons sien byvoorbeeld baie liefdadigheids projekte wat goed begin om ons maar kort voor lank bestaan dit nie meer nie. Dan het mense weer besig geraak en kom die uitreik tot 'n einde.

Maar vir my is die gevaarlikste een die SORGE VAN DIE LEWE wat gemaak het dat die wat op die derde grond geval het nie vrug gedra het nie. Die ander pyle van die Satan kan mens nog voor vlug deur die keuses wat jy maak maar sorge gebeur met jou, dis nie iets wat jy kies nie, jy kan wel kies hoe jy dit hanteer, verlam dit jou of hanteer jy dit in gebed op jou knieë. Kry jy dus jou krag by Jesus. 


[15] “But the seed in the good earth—these are the good-hearts who seize the Word and hold on no matter what, sticking with it until there’s a harvest."

Hulle volhard, bestudeer die Woord, hoor en doen dit, bou hul huis op die rots, vul hul olielampies daagliks, BLY IN HOM en laat die Heilige Gees hul lei op die NOU PAD van heiligmaking tot geestelike volwassenheid,  hulle bly in die wingerd, hul VADER WORD MEER EN HULLE MINDER, Sy belange(ook die van ons naaste) word bo hul eie belange geplaas. Hulle draai nie om teen die Berg Moeilikheid nie, maar volhard.

‭ROMEINE 8:1 AFR53‬
[1] DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat IN Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Baie vertalings los die laaste deel uit, maar dit verduidelik vir ons wat dit beteken om IN CHRISTUS JESUS te wees, wat dit beteken om die laaste deel van die gelykenis te wees en vrug te dra, geloofgehoorsaamheid, en die pad van heiligmaking.

 Ek het ook onlangs gedink ek sal dit of dat doen sodra dit weer beter by ons gaan want ons is die laaste jaar baie aangeval deur die vyand en toe sê die Here vir my dat as ek gaan wag tot dit weer beter gaan dan gaan ek nooit daarby uitkom nie want die vyand sal altyd aanval. Daar sal altyd brandpyle wees wat ons moet hanteer, ons moet uitreik tenspyte van die persoonlike stryd wat ons stry.

"Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontbe-rings, vervolgings en benoudhede (my Berg moeilikheid) ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk."

2 KORINTIËRS 12:9‭-‬10 NLV

Daarom is ons as gevolg van Sy krag wat in ons werk MEER AS OORWINNAARS

"Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard

Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 

Hiervan is ek oortuig:

GEEN dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

ROMEINE 8:35‭-‬39 AFR83

IS DIT MAKLIK? Alles behalwe

Elke gelowige gaan jou kan vertel dat jy by die einde van jou krag kom en voel dit soms of jy wil omdraai of ophou maar ons gaan aan al moet ons bietjie vir bietjie vorentoe kruip.

"Hieroor het baie van sy dissipels TERUGGEGAAN en NIE MEER saam met Hom gewandel nie

Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God."

JOHANNES 6:66‭-‬69 AFR53

In hierdie vers dui Petrus se antwoord daarop dat hy daaroor gedink het om dalk ook om te draai, maar omdat hy opreg geglo het in Jesus het hy besluit om te bly, te volhard ten spyte van. Ware gelowiges bly glo, bly volg al sou die vyeboom nie bot en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie soos ons lees in Habakuk nie.

                                                                    ------------------------

Elke ware gelowige het die voorneme in sy of haar hart soos die liedjie se woorde gaan...

"I HAVE DESCIDE TO FOLLOW JESUS, I HAVE DESCIDE TO FOLLOW JESUS, I HAVE DESCIDE TO FOLLOW JESUS

...NO TURNING BACK, PRAISE THE LORD NO TURNING BACK. The cross before me the world behind me..."

                                                                  No turning back




Ook Job was 'n bewys hiervan, ware gelowiges VOLG HOM ten spyte van, maak nie saak wat, WANT dit gaan vir hulle oor Hom en nie oor hulself en wat hulle daaruit kry nie.

Daarom kan ons saam met die Hebreërs skrywer sê :

"Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met VOLHARDING op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op JESUS, die Voorganger en Voleinder van ons GELOOFSWEDLOOP

Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!"

HEBREËRS 12:1‭-‬2 NLV


Die vyand se aanslae is rowwer as rof, dis nie een brand pyl nie maar pyle, dis nie warm vlamme nie maar sewe maal warmer vlamme. 

Ons raak ook soms kortasem in ons stryd, party ervaar sels fissies "panic attacks"

 BUT GOD

Jesus is ons krag om te oorwin

ONS BEWEEG SOMS MET MOEITE VORENTOE, MAAR OMDRAAI OF OPGEE IS NIE 'N OPSIE NIE.

Ons hou ons oë op Jesus, ons bly in Hom ingeênt deur Sy Woord en gebed.

Daders van Sy Woord nie net hoorders nie.

Paulus skryf die volgende vir Timotheus

"Take with me your share of hardship [passing through the difficulties which you are called to endure], like a good soldier of Christ Jesus. No soldier in active service gets entangled in the [ordinary business] affairs of civilian life; [he avoids them] so that he may please the one who enlisted him to serve. And if anyone competes as an athlete [in competitive games], he is not crowned [with the wreath of victory] unless he competes according to the rules."

2 Timothy 2:3‭-‬5 AMP

‭2 TIMOTEUS 2:3-5 NLV‬

[3] Verduur saam met my lyding soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus. [4] Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse  (Genietinge, rykdom en sorge) van hierdie lewe nie, WANT dan kan hy die een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie ( nie ryp vrug dra nie). [5] ’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie. 


Nêrens leer die Woord van God ons dit gaan maklik wees nie, dis 'n stryd ten bloede toe, 'n Nou moeilike pad (opdraende Berg moeilikheid) met baie aanslae maar ONS BLY OP KYK NA DIE EEN ONS HERE EN VERLOSSER JESUS WAT DIE BEGIN EN VOLEINDER VAN ONS GELOOF IS EN DAAROM GEE ONS NIE OP NIE.




Skrif soos die volgende bevestig hoe moeilik die pad is, maar dit moet ons bly maak want:

MATTEUS‬ ‭5:10‭-‬12‬ ‭NLV‬‬

"[10] Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.  [11] “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. [12] Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon

Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”  


2 KORINTIËRS‬ ‭4:8‭-‬12‬ ‭NLV‬‬

"[8] Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie;  [9] ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.  [10] Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.  [11] Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. [12] Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe. "

Dankie tog vir MAAR (BUT) GOD



Die vyand val aan, dis 'n gegewe!!

Die vraag is net aan watter kant veg ek?


Die wêreld is besig om in twee kampe te verdeel oor die oorlog in Israel, maar die wêreld is nog altyd in twee kampe verdeel van "good and evil"

As ons die Duiwel ontken of verklein dan is ons dwaas want die Duiwel en sy gevalle engele bestaan en is ons soldate in 'n geestelike oorlog waarvan daar genoeg bewyse van is in die Bybel om dit te staaf. Ons hoef niks meer te wete daaroor te kom as wat die Bybel ons vertel nie want dan kan dit ons nuuskierig maak en voor ons onsself kan kry is ons te diep in die bose kant van die geestelike wêreld (okulte), maar ons moet ook nie minder weet as wat die Here Jesus ons daarvan leer in Sy Woord nie want as jy nie jou vyand ken nie hoe gaan jy van hom kan wegvlug of teen staan.

"Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie."

II KORINTHIËRS 2:10‭-‬11 AFR53

Dis dus dom om onbekend met sy planne te wees. Hy bombardeer ons met brandende pyle in die meervoud ('n BERG MOEILIKHEDE)

Die vyand het die afgelope tyd geweldig baie brandende pyle op ons as gesin en familie afgetrek, soveel so dat ons moeg is, moeilik vorentoe tree, maar die Here is so getrou Hy maak my een aand wakker met die woorde,

 "Die vyand wil julle laat ophou glo"

Hy val gelowiges dus so erg aan want hy wil ons so ver kry om op te hou glo, te twyfel, op te gee en om te draai. 

In die wapensrusting is dit die skild van geloof wat aangeval word want dit weer die bose se brandpyle af. 'n  Brandpyl tref nie net sy teiken nie maar saai verder verwoesting om daardie plek ook aan die brand te steek. 

Alles het oor Job gekom omdat die vyand wou bewys dat Job net in God glo omdat God vir hom goed is. Dus was ook Job se geloof die teiken nie so seer sy besittings, kinders of gesondheid ens nie.

Hy gebruik al die dinge om ook ons geloof by te kom, dit te verswak en selfs te vernietig.

Jesus se die volgende vir Petrus

EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. (BUT GOD) Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.”

LUKAS 22:31‭-‬32 AFR53‬


SODAT JOU GELOOF NIE OPHOU NIE!!


Nie sodat dit sal goed gaan in jou gesondheid, verhoudings of finansies nie...

Hier se Jesus dat die vyand agter Petrus se geloof aan is, dat hy wil hê dit moet ophou maar hoe groot troos het ons as ware toegewyde kinders van die Here dat Jesus self vir ons bid daarvoor.

 In 2 Korintiers 1 se Paulus dit ook oor die bemoediging wat hul ontvang uit van God moet hul weer ander mee bemoedig. So moet ons ook dieselfde waarmee ons geloof versterk is vir ander bid en hulle hande hoog hou. Petrus moes weer sy broeders se geloof gaan versterk.


1 Thessalonians 5:11 AMP‬
[11] Therefore encourage and comfort one another and build up one another, just as you are doing. 

‭2 Corinthians 1:3-11 AMP‬
[3] Blessed [gratefully praised and adored] be the God and Father of our Lord Jesus Christ, the Father of mercies and the God of all comfort,
[4] who comforts and encourages us in every trouble so that we will be able to comfort and encourage those who are in any kind of trouble, with the comfort with which we ourselves are comforted by God. 
[5] For just as Christ’s sufferings are ours in abundance [as they overflow to His followers], so also our comfort [our reassurance, our encouragement, our consolation] is abundant through Christ [it is truly more than enough to endure what we must].

 [6] But if we are troubled and distressed, it is for your comfort and salvation; or if we are comforted and encouraged, it is for your comfort, which works [in you] when you patiently endure the same sufferings which we experience
[7] And our hope for you [our confident expectation of good for you] is firmly grounded [assured and unshaken], since we know that just as you share as partners in our sufferings, so also you share as partners in our comfort. 

[8] For we do not want you to be uninformed, brothers and sisters, about our trouble in [the west coast province of] Asia [Minor], how we were utterly weighed down, beyond our strength, so that we despaired even of life [itself].
 [9] Indeed, we felt within ourselves that we had received the sentence of death [and were convinced that we would die, but this happened] so that we would not trust in ourselves, but in God who raises the dead. [10] He rescued us from so great a threat of death, and will continue to rescue us. On Him we have set our hope. And He will again rescue us [from danger and draw us near], [11] while you join in helping us by your prayers. Then thanks will be given by many persons on our behalf for the gracious gift [of deliverance] granted to us through the prayers of many [believers]. 


In vandag se lewe word die bestaan van die duiwel in twyfel getrek en word selfs in gelowige kringe gesê dat elke individu self kan besluit of hulle aan hom glo of nie.

Hoeveel Skrif sal dan uitgeskeur moet word uit God se Woord?

Die sondeval in die paradys is dan 'n leuen en Jesus se versoeking in die woestyn het nie gebeur nie en Jesus se kruisdood het dan geen sin meer nie. As ons die vyand die Duiwel ontken, kan ons maar die hele Bybel in die asblik gooi en nie net 'n paar bladsye uitskeur nie. 

As daar nie 'n duiwel is nie hoekom sou Jesus sy dissipels leer hoe om te bid en deel van die gebed invoeg BEWAAR ONS VAN DIE BOSE.

WANT!!

"Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding (Berg moeilikheid) opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is."

I PETRUS 5:8‭-‬9 AFR53

"Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug."

JAKOBUS 4:7 AFR83


Maar dis wat ons soms nie verstaan nie, ons VOLG Jesus, en tog bly die vyand aanval. Moet Jesus dit nie dan van ons weghou nie.

Die Here gee my die antwoord deur 'n droom waarin ons ry in ons voertuig en amper in die een na die ander erge ongelukke(brand pyle) kom.

Ek en my man alby bid heeltyd hard in die voertuig.

Met noue ontkomings tref ons geen voertuig, en kom behoue ander kant uit. Na alles verby is was ons dit eens JESUS MOES BESTUUR HET, want dit was menslik onmoontlik dat ons nie verongeluk het nie.

Hy bevestig dit toe vir my met die vers 

"Many are the afflictions of the righteous, But the Lord(BUT GOD) delivers him out of them all."

Psalms 34:19 NKJV

‭Psalms 34:19 AMP‬

[19] Many hardships and perplexing circumstances confront the righteous, But the Lord rescues him from them all.


PSALMS 34:20 AFR53‬

[20]  Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.


‭PSALMS 34:20 NLV‬

[20] Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom.  


Soms toets dit ons geloof “next level” 

Al probeer die Duiwel daarmee ons geloof vernietig, hy kan dit nie regkry wanneer ons in die wingerstok bly nie.  JESUS BID VIR ONS



Sommige aanslae is vir ons onbekende terein, onverstaanbaar en kry die vyand dit reg om twyfelgedagtes in ons harte te sit. Here ons verstaan nie, maar ek besef weer: 

ONS HOEF NIE TE VERSTAAN NIE, ONS MOET NET VERTROU

Sou Job kon verstaan het? Ons verstaan Job se situasie omdat ons in die geestelike wêreld wat gelyktydig met ons fisiese wêreld afspeel kan sien deur wat in die Woord staan maar Job het nie geweet wat ons nou weet nie. Wat as ons so kykie kon kry wat in die geestelike wêreld aan die gang is rakende elke kind van God. 

I KORINTHIËRS 13:9 AFR53‬

[9] Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.


Die Bybel gee ons tog bietjie insig daarop, genoeg sodat ons kan vertrou sonder om te moet verstaan.



Die Here wys my dat Hy die Duiwel toelaat om ons geloof te toets want ware geloof moet getoets word. Dus voel dit vir ons die Duiwel haal nou kanonne uit om sy doel te bereik om ons geloof te vernietig, BUT GOD!!



Die Here wys vir ons deur die skrif die volgende.

Daniel se geloof was ook aangeval want hy bid maar niks gebeur nie. Maar toe die engel by hom uiteindelik uitkom se hy vir Daniel

Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was. En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel, het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek 'n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas. En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van 'n menigte. 

En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het 'n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg. Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. 

En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval. En kyk, 'n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan. En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. 

En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan

Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, 

en om jou woorde ontwil het ek gekom; 

maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. 

Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword. En kyk, een wat soos 'n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie. En hoe kan so 'n geringe kneg van my heer met so 'n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.

DANIËL 10:3‭-‬17 AFR53‬

Dit gee ons insig dat daar ‘n geestelike oorlog is waarvan ons nie altyd bewus is nie. Daniel was in groot nood en het tot God gebid maar vir 21 dae het NIKS gebeur nie. Daniel se geloof word hier ook getoets. Hy kon by homself begin dink het, hoor die Here hom dalk nie, het hy iets verkeerd gedoen dat die Here hom nie wil hoor en help nie?

 Ek dink dis wat die vyand probeer regkry het en nie net om antwoord op sy gebed en hulp te keer nie. 


Maar dis ‘n leuen, GOD het gehoor en het hulp gestuur maar die vyand veg terug. Probeer keer. Daniel het ook niks verkeerd gedoen nie want die engel noem hom geliefde van God


In die tyd wat hy wag het Daniël  geen idee gehad van die geestelike oorlog wat gevoer is nie.

“Hy het vir my gesê: “Daniël, man wat God baie liefhet, luister aandagtig na wat ek vir jou sê. Staan op jou voete! Ek is na jou toe gestuur.” Toe hy dit vir my sê, het ek al bewend regop gaan staan.”

DANIËL 10:11 NLV

Ons is ook geliefde kinders van die Here, alleenlik oor wie Jesus is en wat Hy vir ons gedoen het. Daarom herinner die Here ons om ons wapenrusting aan te trek. Onder andere die helm van Verlossing op ons kop te sit, dus te onthou wie ons is IN Christus, nl. geliefde kinders van God.

Daniel word so aangespreek sodat hy dit kan onthou en weet, dit versterk ook ons geloof as ons onthou.

EK bid en vra hoe moet ons hierdie BOOSHEID teë staan en soms in sommige gevalle letterlike boosheid waar die vyand manifesteer en ek besef toe ek Effesiers lees dat die Here daar presies vir ons gese het hoe.


TREK JOU WAPENRUSTING AAN!!!!

"Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!

(nie eie krag nie, ons spreek ook nie die Duiwel aan nie Adam en Eva het in gesprek met die Duiwel gegaan en kyk wat het dit tot gevolg gehad. Ons doen dit in Jesus se Naam en in Sy krag)

 Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel 

(staande in ons geloof en in ons roeping om in God se koningkryk te dien, in Sy weermag te veg)

moet julle God se gevegstoerusting aantrek. 

(ons kan nie sonder dit die vyand aanvat nie, die sewe seuns van Skeva het probeer en die Boses geeste het hulle uitmekaar geslaan, hulle het gesê dat hulle Jesus ken en van Paulus weet maar nie geweet het wie hulle is nie. Dus moet ek Wedergebore kind van God wees en in Jesus se krag en Naam dit doen. Jesus nie net gebruik daarvoor nie)

 Want ons STRYD is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.  "



Daniel word ook aangesê om weer op sy pos te gaan STAAN en die Here gee hom krag en help hom op. In Efesiërs 6 oor die wapenrusting word die rede hoekom ons dit moet aantrek herhaaldelik beklemtoon sodat ons staande op ons pos kan bly. Satan wil ons van ons pos verwyder. Ons posisie in God se weermag waar ons vir Sy koningkryk moet veg en 'n verskil maak.

As Daniel ophou glo het sou hy ook ophou bid het. Daniel het altyd baie gebid en die vyand weet hoe gebed hom aan bande lê en sy koninkryk skade doen. Hy het Daniel selfs in die leeukuil laat gooi omdat hy gebid het en hom dus so wou laatvophou bid het.

Besef ons die krag van 'n gelowige gebed?

Ons sien dan ook verder in die boek The Pelgrims progress wanneer Apòllion Christen aanval HOE hy sy geestelike wapenrustig gebruik om te oorwin.




Die gelowiges kan die bose teenstaan, maar nie elke een wat die Woord en die Naam van Jesus net wil gebruik nie, want hulle het nie die GEES van God in hulle nie

Party was egter koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook voor die gemeente sleg gepraat van “Die Pad”. Toe het Paulus die sinagoge verlaat en hy het die gelowiges saam met hom gevat. Hy het daagliks in die lesingsaal van Tirannus besprekings gehou. So het dit vir die volgende twee jaar gegaan sodat almal in die Romeinse provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die boodskap van die Here gehoor het. Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy vel geraak het, op siekes gesit is, het hulle siektes verdwyn. Selfs bose geeste het uit mense uitgegaan.

 Party rondreisende Joodse geesuitdrywers (nie gelowiges nie) het ook probeer om die Naam van die Here Jesus te GEBRUIK vir mense wat bose geeste gehad het.

Die FORMULE wat hulle probeer het, was: “Ek dryf julle uit in die Naam van dié Jesus vir wie Paulus verkondig!” Hierdie geesuitdrywers was die sewe seuns van ’n senior Joodse priester, Skeva. Maar die bose gees het vir hulle gesê: “Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar wie’s júlle?” 

Die man in wie die bose gees was, spring toe onder hulle in. Hy was te sterk vir hulle en kry die oorhand oor hulle sodat hulle kaal en erg beseer uit daardie huis gevlug het. Dié gebeure het bekend geword by al die Jode en Grieke in Efese. ’n Gevoel van diep ontsag het oor hulle almal gekom, 

en die Naam van die Here Jesus is grootgemaak.

 Baie van dié wat gelowig geword het, het hulle aangemeld en al hulle praktyke openlik bely. Heelparty van dié wat toorkunste beoefen het, het hulle toorboeke saamgebring en voor almal verbrand. Die waarde van dié boeke was 50 000 silwermuntstukke. So het die woord van die Here kragtig gegroei en sterk geword.

HANDELINGE 19:9‭-‬10‭, ‬12‭-‬20 NLV‬‬‬



Wat het dalk in ons huise ingekom wat ons nodig het om te gaan brand, letterlik en figguurlik. Wat lees ons, waarna kyk ons, games?

Bid erg vir wysheid in die verband, die vyand doen hom voor as die engel van die lig en sluip hy in soms sonder dat ons dit besef. 

Ons hoef nie alle boeke met hekse en toordery in die storie weg te gooi nie want dan moet ons die Bybel ook weggooi want die Bybel praat ook hieroor, van die heks van Indor byvoorbeeld. Ons moet wel die boeke en flieks vermy waar die heks die goeie een is en nie as sleg uitgebeeld word nie en so ook met ander karakters wat die Bybel sleg noem maar deur die fliek of boek as goed uitgebeeld word, dus waar wat goed is sleg gemaak word en sleg goed.

Buite egtelike verhoudings wat goedgekeur word, homoseksuele verhoudings wat goedgekeur word, ouerlike gesag wat belaglik en afgekraak word, saam bly en onsedelikheid wat goedgekeur word en drankmisbruik wat aangemoedig word ens.


Spirit Lead Me

Song by Influence Music and Michael Ketterer


This is my worship, this is my offering

In every moment, I withhold nothing

I'm learning to trust You, even when I can't see it

And even in suffering, I have to believe it

If You say, "It's wrong, " then I'll say, "No"

If You say "Release, " I'm letting go

If You're in it with me, I'll begin

And when You say to jump, I'm diving in

If You say, "Be still, " then I will wait

If You say to trust, I will obey

I don't wanna follow my own ways

I'm done chasing feelings, Spirit lead me

O Spirit lead me

It felt like a burden, but once I could grasp it

You took me further, further than I was asking

And simply to see You

It's worth it all

My life is an altar

Let Your fire fall

If You say, "It's wrong, " then I'll say, "No"

If You say, "Release, " I'm letting go

If You're in it with me, I'll begin

And when You say to jump, I'm diving in

If You say, "Be still, " then I will wait

If You say to trust, I will obey

Teach me how to follow in Your way

Oh, yeah (Holy Spirit)

Spirit lead me



ALLE GELOWIGES WORD AANGEVAL EN VERVOLG. NIEMAND IS GEVRYWAAR NIE

Maar jy, Timoteus, het my onderrig getrou gevolg, hoe ek lewe en wat my doel in die lewe is. Jy ken my geloof en hoe lank ek al GELY het. Jy ken my liefde en my geduld en verdraagsaamheid. Jy weet hoeveel VERVOLGING en LYDING ek verduur het. Jy weet alles van hoe ek VERVOLG is in Antiogië, Ikonium en Listra, (BUT GOD) maar die Here het my uit alles verlos.

 JA,EN ALMAL WAT ‘N TOEGEWYDE LEWE IN VERBONDEHEID AAN CHRISTUS JESUS WIL LEI, SAL VERVOLG WORD.

Maar bose mense en swendelaars sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle sal aanhou om mense te mislei, en hulle sal self mislei word. 

Maar jý, bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

2 TIMOTEUS 3:10‭-‬17 NLV‬

Ook in die Woestyn het ons gesien word Jesus versoek deur die bose.

Jesus self gebruik daar ook die swaard van die Gees deur elke keer te se DAAR STAAN GESKRYWE. Dus moet ons ook die Woord aanhaal, dit glo daarop staan en dit doen in ons stryd teen die boosheid waarmee ons nou te doen het en sy brandpyle blus.

Die Woord versterk ook ons geloof

Psalm 91 verwys ook na die woestyn en dat ons aangeval word maar ons beskerming is van GOD

Die Woord en die Naam van Jesus is ons wapens teen die bose. Maar soos ons reeds gesien het is dit net vir die kind van God nie vir alle mense nie. Ons Verlossing in Jesus maak ons bekwaam om die bose teen te staan, hy het van Jesus geweet en van Paulus maar nie van die sewe seuns nie. Ek moet dus in my geloof in Jesus vas en seker staan om die bose te kan afweer. 



LUKAS 10:17‭-‬24 AFR53‬

"Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Die Here gee aan ons die mag om die vyand te kan teenstaan want Hy wat in ons is is sterker en het al die mag. Sy Naam is bo elke Naam, HY het al die gesag oor alles op die aarde


“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

JOHANNES 15:5 AFR53

Dit gaan ‘n geveg wees, dit gaan nie oorgaan verdwyn nie maar ons gaan dit in God se krag en sterkte aanpak, met Sy wapens en Sy leiding. 



Nuwejaarsdag 2024 word ek wakker en dink terug aan hoe erg 2023 vir ons was en al die brandpyle van die Satan wat ons deur die Here se genade moes afweer. Ek word benoud en wonder wat gaan 2024 vir ons inhou. Op daardie oomblik herinner die Here my aan die droom en die vers waarvan ek hierbo vertel het.


"Many are the afflictions of the righteous, But the Lord(BUT GOD) delivers him out of them all."

Psalms 34:19 NKJV

‭Psalms 34:19 AMP

Hy sê vir my ek kan 2023 onthou vir al die "afflictions" en daarop fokus of ek kan dit onthou vir die jaar van wonderwerke en uitred. 

Dus fokus op HÓM, op alles wat Hý gedoen het, Sy uitred en hoe goed en genadig Hý vir ons was en nie op die vyand fokus en alles wat hy ons aangedoen het nie.

Daarom sal ek nie meer 2023 onthou vir die rampe "afflictions" nie want dan gaan die vyand my laat vrees en my geloof skade doen, ek gaan kies om die jaar te onthou vir die wonderwerke en genade, en vir die 

"But the Lord(BUT GOD) delivers him(us) out of them all."

So kry Jesus my fokus, en nie die vyand, So word my onthou getuienisse, tot Sý eer en tot bemoediging van ander







1Tess 5:11
[9] Indeed, we felt within ourselves that we had received the sentence of death [and were convinced that we would die, but this happened] so that we would not trust in ourselves, but in God who raises the dead. [10] He rescued us from so great a threat of death, and will continue to rescue us. On Him we have set our hope. And He will again rescue us [from danger and draw us
 near],

In plaas van dat al die brandpyle ons geloof verwoes het, het die Here deur Sý genade dit versterk, ons nog nader aan Hom getrek.
 Die BERG MOEILIKHEID, is erg maar dit leer ons volhard, glo en vertrou. Dit oefen ons om God se wapenrusting aan te trek en ons geestelike wapens te kan gebruik en so die vyand teen te staan omdat Hy hom klaar oorwin het.




Raise a Hallelujah
Song by Bethel Music, Jonathan David Helser, and Melissa Helser


Raise a Hallelujah
Song by Bethel Music, Jonathan David Helser, and Melissa Helser

Main results

I raise a hallelujahIn the presence of my enemiesI raise a hallelujahLouder than the unbeliefI raise a hallelujah
My weapon is a melodyI raise a hallelujahHeaven comes to fight for me
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I raise a hallelujahWith everything inside of meI raise a hallelujahI will watch the darkness fleeI raise a hallelujahIn the middle of the mysteryI raise a hallelujahFear, you lost your hold on me
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
Sing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderOh, sing a little louder
Sing a little louderIn the presence of my enemiesSing a little louderLouder than the unbeliefSing a little louderMy weapon is a melodySing a little louderHeaven comes to fight for meSing a little louder
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I raise a hallelujah (hallelujah)I raise a hallelujah (I raise my hallelujah)I raise a hallelujah (I raise my hallelujah)I raise a hallelujah




Main results

I raise a hallelujahIn the presence of my enemiesI raise a hallelujahLouder than the unbeliefI raise a hallelujah
My weapon is a melodyI raise a hallelujahHeaven comes to fight for me
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I raise a hallelujahWith everything inside of meI raise a hallelujahI will watch the darkness fleeI raise a hallelujahIn the middle of the mysteryI raise a hallelujahFear, you lost your hold on me
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
Sing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderSing a little louderOh, sing a little louder
Sing a little louderIn the presence of my enemiesSing a little louderLouder than the unbeliefSing a little louderMy weapon is a melodySing a little louderHeaven comes to fight for meSing a little louder
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I'm gonna sing in the middle of the stormLouder and louder, you're gonna hear my praises roarUp from the ashes hope will ariseDeath is defeated, the King is alive
I raise a hallelujah (hallelujah)I raise a hallelujah (I raise my hallelujah)I raise a hallelujah (I raise my hallelujah)I raise a hallelujah



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”