Bid dat die seer in jou nie sonde word nie, al is dit hoe seer.
Pasop dat die seer in jou nie sonde word nie, Pasop dat die seer nie by jou sonde word wanneer die vyand jou in situasies plaas, waar die manier wat die wêreld dinge doen hoogty vier, en jy seer kry omdat jy anders is, en nie van die wêreld. Pasop dat die seer nie maak dat jy saam begin doen met die wêreld As jy nie pasop sal jy bitter word, hard word, terug doen en so word jy gevorm deur die vyand na sy beeld. Hy wil hê ons moet terug slaan. DANIËL 1:1, 3-21 AFR53 [1] IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër. [3] Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring : [4] jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaa...