Bid dat die seer in jou nie sonde word nie, al is dit hoe seer.

 


Pasop dat die seer in jou nie sonde word nie,

Pasop  dat die seer nie by jou sonde word
wanneer die vyand jou in situasies plaas, waar die manier wat die wêreld dinge doen hoogty vier, en jy seer kry omdat jy anders is, en nie van die wêreld.

 Pasop dat die seer nie maak dat jy saam begin doen met die wêreld
As jy nie pasop sal jy bitter word, hard word, terug doen en so word jy gevorm deur die vyand na sy beeld. Hy wil hê ons moet terug slaan. 

DANIËL 1:1, 3-21 AFR53
[1] IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.
[3] Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring: [4] jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer. [5] En die koning het vir hulle 'n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien. 


[6] En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.
 

 [7] Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo. 

[8] En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie. [9] En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

[10] En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai? [11] Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het: [12] Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink; [13] laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees. [14] Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel. [15] En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het. [16] So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee. 

[17] En hierdie vier jong seuns — God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome. [18] En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring. [19] En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien. [20] En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het. [21] En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores."



Daniel en sy vriende word weggevoer sonder dat dit hulle toedoen was na 'n goddelose koningkryk waar hul en al die ander opgelei en gevorm word om aan die goddelose koning se hof te kan gaan dien.
Vir 3 jaar word hulle opgelei om die goddelose Koning te dien soos hy dit van hulle verwag. Tot hul manier van praat word aangeleer. Aan die einde van die blootstelling en opleiding van hoe hulle dit hier in hierdie koningkryk (die wêreld) doen was die doel daarmee om hul te verander deur hulle in die goddelose koning se "mold " in te prop om hul te omvorm na wat hy wou hê hulle moes wees. Hulle te omvorm na sy beeld sodat
 hulle dan geskik sal wees om daardie goddelose koning te dien soos hy dit wil hê. Onthou hulle kom uit 'n koninkryk waar die lewende God gedien is, as hulle reeds van die wêreld was sou hulle nie eers moes gemaak pas word in die koning se "mold" nie.

 Hulle en al die ander kom uit dieselfde situasie waar hul die God van Israel geken en gedien het en geweet het wat Hy van hul vra maar net hierdie 4 manne neem die besluit om nie toe te laat dat die goddelose koning hulle verander om soos hy te word en in te pas in sy koningkryk nie.

 So plaas die Satan ons soms in moeilike situasie(goddelose koninkryke) om ons te verander om te word wat hy wil hê ons moet word sodat ons sy koningkryk kan dien. Ek het egter die keuse om soos Daniel en sy vriende daarteen te kies en steeds God se koningkryk te dien ten spyte van ons omstandighede. God toe te laat om my na Sy beeld te vorm, te kies om nie gevorm te word na die vorm van die Duiwel se manier van doen en praat deur die omstandighede, storm, woestyn waarin ek my nou bevind nie. Hy het selfs Jesus in die woestyn probeer oorhaal om voor Hom te buig en sy koninkryk te dien.

Moenie dat die wêreld jou indruk in sy vorm"mold" 

Dit wat jy toelaat sal jy word. 




Slegte omstandighede waarin ons ons bevind is soms ons eie toedoen agv ons eie slegte keuses, maar baie keer word ons soos hierdie jong manne weggevoer(deur die vyand vir sy eie agendas en doel) en beland ons in omstandighede wat ons nie gekies het nie. Omstandighede wat ons stukkend en baie seer laat of druk om God ons Vader te verloën deur mee te doen met die wêreld.




Dis in die seer tye wat ek moet kies dat die seer nie in my sonde word nie. Moet kies om te vergewe, die ander wang te draai, my vyand te seën en voor te bid, nie saam te begin doen soos die wêreld dit doen nie. Nie terug te slaan, te vervloek nie. Maar ook onder wêreldse druk nie saam begin drink en vloek, nie saam begin besigheid doen soos die wêreld dit doen nie. Ja jy gaan agv jou keuses in die vuur beland of in die leeu kuil, maar Jesus belowe Hy gaan saam met ons wees wat Hom kies en volg wees soos hy met Daniel en sy vriende was wat God bly volg het ten spyte van. Om te kies teen om gevorm te word wat Satan van my wil klaar kry, verg teëstaan van wat verkeerd is en opstaan vir die waarheid.





Daniel en sy vriende bevind hul in onsettende omstandighede maar laat nie toe dat die omstandighede hulle verander nie, hulle kies om God te bly eer en dien. Daardeur verander hulle elke keer die omstandighede.

Die koning is beindruk met hulle voorkoms, na die leeukuiel en die vuuroond verander die konings die wette en word God geêer.
Deur hulle keuses word hul lig in 'n duister wêreld waar die goddeloses God kon waarneem in Sy teenwoordigheid en ingrype.

My oom het altyd gesê die wêreld maak van jou wat jy is en as jy geword het wat hy jou gemaak het dan spoeg die samelewing jou uit want jy mag nie so wees nie.


Moenie toelaat dat die omstandighede jou verander nie, verander jy die omstandighede



DANIËL 3:10-30 AFR53
[10] U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; [11] en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.
[12] Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie. 
[13] Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring. [14] En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie? [15] As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? 
[16] Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie. [17] As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; [18] maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. [19] Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was. [20] En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi. 

[21] Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi. [22] Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.
(Die wat hulle in die vuur gooi brand self dood maar hulle kom niks oor)

 [23] Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval. [24] Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! [25] Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van 'n godeseun.
[26] Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan. [27] Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie. [28]

 Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God. [29] Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis 'n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.
[30] Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel."



Soms moet die kind van God in die vuur beland sodat die goddelose(koning) God kan sien





Kort daarna word Daniel ook vir sy keuse om God te dien gegryp.

DANIËL 6:12-14 AFR53
[12] Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek. [13] Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie 'n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse. [14] Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op 'n dag doen hy sy gebed.

 DANIËL 6:21-29 AFR53
[21] En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?
[22] Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!
 [23]  My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, OMDAT ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie. [24] Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar 'n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het. 

[25] En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel. [26] Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees! [27] Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe. [28] Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het. [29] En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers.





Daniel hul kon nie aan hul omstandighede verander nie, hulle kon nie kies wat met hul gebeur nie, maar hul kon kies hoe om daarop te reageer.
Dan sal ons optrede God verheerlik. Dit gaan beteken ek gaan myself moet verloën te sterf aan my eie ek, en self letterlik my lewe moontlik verloor soos ook in hulle geval om te bly in die vorm waarin God my geplaas het toe ek wedergebore
is as Sy kind en Hy besig is om my te vorm na Sy beeld


Die slegte nuus is die duiwel gaan ons aanval.
Do not assit the devil, resist him



JOSEF SE OPTREDE VAN SY BROERS WAT HOM EERS WOU DOODMAAK EN TOE VERKOOP, DIE PUT, GEBEURE IN DIE PALEIS EN TOE VERGEET IN DIE TRONK HET HOM NA DIE TYD OMDAT HY DIT GEESTELIK HANTEER HET LAAT UITROEP


Genesis 50:19-20 NIV
[19] But Joseph said to them, “Don’t be afraid. Am I in the place of God? [20] You intended to harm me, but God intended it for good to accomplish what is now being done, the saving of many lives. 

ONS KAN OOK BAIENKEER TERUG KYK OP WAADDEUR ONS IS EN VIR DIE VYAND SÊ:
" THAT WHAT YOU INTENDED TO HARM ME WITH, GOD INTENDED FOR GOOD."



JOHANNES 16:33 AFR53
[33] Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

 Die vyand gaan aanval en dit kan jare aanhoudend wees, maar as ek hom bly teëstaan, weier om die knie te buig en saam sy stroom te gaan, gaan hy op 'n stadium van my wegvlug want God veg vir ons. 

JAKOBUS 4:7 AFR53
[7] Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Maar waar begin dit om nie omvorm te word na die wêreld nie? Deur jou aan God te onderwerp, Hy die Pottebakker en ek net die klei.  

ROMEINE 12:2 NLV
[2] Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.  

Romans 12:2 AMP
[2] And do not be conformed to this world [any longer with its superficial values and customs], but be transformed and progressively changed [as you mature spiritually] by the renewing of your mind [focusing on godly values and ethical attitudes], so that you may prove [for yourselves] what the will of God is, that which is good and acceptable and perfect [in His plan and purpose for you].

Do not be conformed but be transformed


Moenie word wat die Duiwel van jou probeer maak nie, word wie Jesus jou geroep het om te wees.

Wil jy word wat hulle van jou maak, wil jy word soos hulle wat jou seermaak, of wil jy word soos Jesus wat die seerkry teen Hom verdra het.

HEBREËRS 12:3 AFR83
[3] Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie. 



Jy kan nie aan die omstandighede verander nie, jy kan nie die ander persoon verander wat teen jou is nie, jy kan net aan jouself werk en self doen wat God van jou vra.
Die Here het eenkeer vir my gesê toe ek erg te na gekom is:
"Ek sien wat hulle doen, maar wat doen jy?" 

Dit het my laat besef dat ek kan nie aan hulle verander nie, net die Here kan, maar ek staan ook voor die Here met wat ek terugdoen of saam doen.


Hoe het hulle die Duiwel teëgestaan en oorwin

OPENBARING 12:10-11 AFR53
"[10] Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. [11] En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie."

Trek jou volle wapenrusting aan?


EFÉSIËRS 6:10-13 AFR53
[10] EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. [11]  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. [12] Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. [13] Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Weerstaan beteken BLY STAAN

Die oomblik as ek oorgee en word soos hy my wil maak, terug doen, saam doen, val ek. Solank die bokser op sy voete bly is die geveg nie gewen nie.
Die Duiwel wil ons kwaad maak, mense laat afskryf, nie vergewe, God nie meer glo nie, verslaaf raak, laat saam doen ( oneerlik en korrupsie).

Kwaad word is nie sonde nie, selfs Jesus het kwaad geword en tafels omgegooi maar wat laat kwaadword my doen?
Dus wat maak ek met kwaad word en nie wat maak kwaad word met my nie.

EFES 4:26-27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. (27) Moenie die
duiwel vatkans gee nie."




Ek moet nie waak teen wat met my gebeur nie, dis baie keer buite my beheer, maar waak oor wat in my gebeur.

 Die wêreld sal sê, kry hulle terug, moenie dat hulle oor jou loop nie en jy begin fokus op wat hulle doen en nie op wat binne jou gebeur nie.

Dis hoekom die Here sê ons moet Hom toelaat om ons denke te verander want dit gaan jou dade terug bepaal. 

Kies jy om vleeslik op te tree of geestelik.

Moenie vanuit jou gevoel optree nie. Satan gebruik gevoel om ons in sy "mold" in te prop. 





God vra van ons om te vergewe, dis nie 'n gevoel nie dis 'n keues om God meer gehoorsaam te wees as my gevoel. Te vergewe omdat ek deur Hom vergewe is. As ek onthou hoe en waarvan Hy my vergewe het raak dit makliker om ander te vergewe.

EFESIËRS 4:31-32 AFR83
[31] Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. [32] Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

Satan wil steel verwoes en slag, hy wil darom nie hê ons moet vergewe nie hy weet dit verwoes verhoudings en alles binne en om ons.

II KORINTHIËRS 2:10-11 AFR53
[10] Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
 [11] want ons is met sy planne nie onbekend nie.


As ons kies om na die Gees terug op te tree sal verse soos hierdie ons gedagtes en optrede bepaal.

Rom 12:17-18 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. (18) As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Moenie vuur met vuur beveg nie.

LUKAS 6:27, 29-38, 40-49 NLV
[27] “Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. 
[29] As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan. [30] Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie. [31] Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.  [32] “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! [33] En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook. [34] En as julle geld leen net aan dié wat julle kan terugbetaal, is dit iets besonders? Selfs sondaars leen aan sondaars om die volle bedrag terug te kry.  [35] “Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. [36] Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.”   
[37] “Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. 
[38] As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.”  
[40] ’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word.  [41] “En waarom sien jy die splinter in jou vriend se oog raak en sien nie die yslike stomp in jou eie oog nie? [42] Hoe kan jy dan vir jou vriend sê: ‘Vriend, laat ek jou help om die splinter uit jou oog te kry,’ terwyl jy nie verby die stomp in jou eie oog kan sien nie? Skynheilige! Raak eers ontslae van die stomp in jou eie oog, dan sal jy goed genoeg kan sien om die splinter uit jou vriend se oog te haal.”   [43] “’n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom nie goeie vrugte nie. [44] ’n Boom word geken aan die soort vrugte wat hy dra. Vye groei tog nie aan doringbosse, of druiwe aan braambosse nie. [45] ’n Goeie mens bring goeie dade voort uit ’n goeie hart, en ’n slegte mens bring slegte dade voort uit ’n bose hart. Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.”  (wat die hart van vol is loop die mond van oor) [46] “Waarom noem julle My dan ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?  [47] “Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam. [48] Dis soos ’n man wat ’n huis bou op ’n sterk fondament wat op ’n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwater styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou. [49] Maar enigeen wat luister en nie gehoorsaam nie, is soos ’n man wat ’n huis sonder fondament bou. Wanneer die vloedwater teen daardie huis aanbruis, sal dit tot ’n puinhoop inmekaarstort.”



FILIPPENSE 2:3-5 NLV
[3] Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. [4] Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.  
 [5] Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:  


FILIPPENSE 2:13-16 NLV
[13] Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê!  [14] Doen alles sonder kla of teëpraat. [15] Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre [16] deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei. Dan, wanneer Christus terugkom, sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie. "

Ons doen hierdie nie uit ons self nie want ons het ook by die wapenrusting gelees word kragtig in die Here, ons kry dit alleenlik reg om die vyand se vorm teë te staan as ons dit vanuit God se krag doen. Nie ons eie krag.

FILIPPENSE 4:13 AFR53
[13] Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.




Ons kan hom teenstaan soos Daniel en sy vriende gedoen het,
MET ONS GOD!!!

DIE VRAAG IS EGTER WAT WIL ONS. IS DIT MY WIL WAT GAAN GELD OF GOD SIN.

1 JOHANNES 5:1-5 AFR83
[1] Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. [2] Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. [3] Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, [4] want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. [5] Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? 

1 JOHANNES 5:18-21 AFR83
[18] Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie. [19] Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is. [20] En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. [21] Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.

Hoe ons optree is deel van ons getuienis, dra ons vrug?




Ons oorwin die Duiwel op grond van ons getuienis en op grond van die bloed van die Lam.


OPENBARING 12:11 AFR53
 [11] En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie."

Die Here weet en sien wat ander aan ons doen, maar Hy sien ook wat ons doen, ons moet net fokus om ons innerlike te bewaar teen die bose se invloed en aanvalle. Moenie op jou omstandighede fokus nie, fokus op jou wapenrusting 

Kies om deur God gevorm te word en nie deur die Duiwel nie 



Laat God toe om die kettings waarmee Satan ons wil bind agv die situasie te verbreek en bid dat dit geen hou vas op ons sal hê nie.

 Laat die wraak dan aan God oor. Daniel se aanklaers is self in die leeukuil gegooi, sy vriende se soldate watvhul ingegooi het is self verbrand en Haman is aan sy eie galg gehang wat hy vir Mordegaai gebou het. Ons moet dit egter nie hulle toewens nie mar vir hulle bid, maar dit wys net dat die Here sy kinders se vyande self laat boet as daar nie belydenis van sonde is nie.

Esther 7:9-10 KJV
[9] And Harbonah, one of the chamberlains, said before the king, Behold also, the gallows fifty cubits high, which Haman had made for Mordecai, who had spoken good for the king, standeth in the house of Haman. Then the king said, Hang him thereon. [10] So they hanged Haman on the gallows that he had prepared for Mordecai. Then was the king's wrath pacified.




BID VIR JOU VYAND EN SEËN HULLE WANT DIS WAT GOD VAN ONS VRA





Moenie toelaat dat die Duiwel van jou iets maak wat jy nie wou wees of is nie.

Ek deel hierdie verhaal.


Powerful!!.. had to share ❤️

There was once a group of women studying the book of Malachi in the Old Testament. As they were studying chapter three, they came across verse three, which says: “He will sit as a refiner and purifier of silver.” This verse puzzled the women, and they wondered what this statement meant about the character and nature of God. One of the women offered to find out about the process of refining silver and get back to the group at their next Bible study.

That week this woman called up a silversmith and made an appointment to watch him at work. She didn’t mention anything about the reason for her interest beyond her curiosity about the process of refining silver. As she watched the silversmith, he held a piece of silver over the fire and let it heat up. He explained that in refining silver, one needed to hold the silver in the middle of the fire where the flames were hottest as to burn away all the impurities.

The woman thought about God holding us in such a hot spot – then she thought again about the verse, that he sits as a refiner and purifier of silver. She asked the silversmith if it was true that he had to sit there in front of the fire the whole time the silver was being refined.

The man answered “Yes”, and explained that he not only had to sit there holding the silver, but he had to keep his eyes on the silver the entire time it was in the fire. If the silver was left even a moment too long in the flames, it would be damaged.
The woman was silent for a moment. Then she asked the silversmith, “How do you know when the silver is fully refined?”

He smiled at her and answered, “Oh, that’s easy. When I see my image in it.”

If today you are feeling the heat of this world’s fire, just remember that God has His eyes on you. 

-Anne Kephart



Ons kan hieraan vashou
II KORINTHIËRS 4:7-12 AFR53
[7] Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

[8] In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; [9]  vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. [10]  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word. [11] Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. [12] So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.




Psalms 34:15-22 AMP
[15] The eyes of the Lord are toward the righteous [those with moral courage and spiritual integrity] And His ears are open to their cry. [16] The face of the Lord is against those who do evil, To cut off the memory of them from the earth. [17] When the righteous cry [for help], the Lord hears And rescues them from all their distress and troubles. [18] The Lord is near to the heartbroken And He saves those who are crushed in spirit (contrite in heart, truly sorry for their sin). [19] Many hardships and perplexing circumstances confront the righteous, But the Lord rescues him from them all. (BUT GOD!!)
20] He keeps all his bones; Not one of them is broken. [21] Evil will cause the death of the wicked, And those who hate the righteous will be held guilty and will be condemned. [22] The Lord redeems the soul of His servants, And none of those who take refuge in Him will be condemned.




Die Here se oë is op ons, Hy tree in vir ons, ons kan net stil wees, Hy veg vir ons.

EXODUS 14:14 AFR53
" Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees."

Fokus jy op God en op jou binnekant
 en Hy sal fokus op jou buitekant


Ook as kinders van die Here moet ons as ons mekaar op een of ander manier seer gemaak het, bedoeld of nie bedoeld en daar dalk konflik was, moet ons daarna streef om alby die situasie so te hanteer soos Jesus dit van elkeen van sy kinders vra. Ons moet die vyand teenstaan, hom nie toelaat om te wen nie. Dan  kom daar vergewing, genesing en heelword.

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”