Posts

No 2 - Ek moes doof word sodat ek kon hoor - Passop!! afgode beinvloed jou waarheid

Image
  Ek moes doof word sodat ek kon hoor -   Dat afgode my waarheid  beinvloed My storie wat ek in deel een gedeel het oor hoe ek moes doof word om te kon HOOR is God se genade storie van 'n tweede kans. 'n Kans om my waarheid vir Sy waarheid te kon ruil en so vergifnis ontvang het en gered  kon word. Hy het my siel gered, nie net my lewe nie en daarom kan ek uit my hart hierdie Psalm saam bid, want dit is ook my storie. PSALMS 116:1-9 AFR53 [1] EK het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge , [2] want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. [3]  Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind . [4]  Maar ek het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here, red my siel . [5]  Die Here is genadig en regverdig , en onse God is 'n ontfermer . [6] Die Here bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp . [7] My siel, keer terug tot jou rus; wan...

No 1. Ek moes doof word sodat ek kon hoor - dat Jesus 'n streep deur mỳ waarheid trek - deel1

Image
  Ek moes doof word sodat ek  kon hoor! JUDAS 1:3-5 AFR53 [3] GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. [4] Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. [5] Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. Ek wil my eie persoonlike getuienis met julle deel hoe die Here my aan die hand kom vat het, my vanuit halwe waarhede na Sy WAARHEID gelei het en DIE waarheid, SY WAARHEID vir my kom oopbreek het, soos die blinde man wat blind was en toe, na sy persoonlike ontmoeting met Jesus kon ...