As die God van Josafat jou vat


                                   (foto - hard times becomes blessing) 
Vyand wees gewaarsku!!

Want as die God van Josafat jou vat kan jy die neerlaag nie vermy nie
Want as die God van Josafat hulle vat het daar nie een van hulle oorgebly nie
En as die God van Josafat jou vat kan jy nie anders as om te verloor nie
Want as die God van Josafat hulle vat was daar net mooi niks van hul oor nie
Loof die Here die God van Juda aan Sy liefde is daar geen einde nie
(Lied - Piet Smit)

Josafat kry tyding dat drie volke REEDS teen hom opgetrek het en REEDS oppad is.
 ‘ n Groot magtige menigte noem die Bybel hulle.(v2 , 15, 24) Hy word baie bang(VREES) en roep tot God om hulp. God antwoord hul gebede en veg namens Sy volk, soveel so dat toe hul oor die bult kom lê die vyand verslaan. Nie een het oorgebly nie.

En so maak die VREES VAN die kind van God 
plek vir die VREES VÍR God deur Sy vyande.

(Lees die verhaal van Josafat in 2 Kron 20)
As kind van God meld ons nie aan vir die oorlog nie, jy ís in die oorlog
Die Woord sê die Vyand loop rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslint (1Petr 5:8-9). Hy wil verwoes en steel (Joh 10:10)

Ons stryd is egter nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug (Efes6:12)

Van Satan se grootste wapens teen ons is:
 VREES, TWYFEL, LEUENS EN HALWE WAARHEDE.

Wil jy oorwinning behaal?
 Daai stryd by jou werk, jou familie, jou gesin, finansies, land se politiek ens, is nie vleeslik nie en kan dus nie vleeslik baklei word nie.

“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: NIE DEUR KRAG OF GEWELD nie, MAAR DEUR MY GEES, sê die Here van die leërskare.”
SAGARÍA 4:6 AFR53

Josafat se verhaal leer vir elkeen van ons GOEIE RIGLYNE  vir geestelike oorlogvoering(2Kron 20)
1. WEES WAKKER, WEES WAAKSAAM… (1Petr 5:8-9)
Weet van jou Vyand, moenie hom onderskat of ignoreer, neem notisie van
Ken sy planne(2 kor 2:11)
Weet die vyand kom om te veg, nie tee te drink nie (v1)
Josafat was bewus van die vyand en hoe groot die gevaar was(v2)

2. Gaan DADELIK na die Here (v3)
BID,BID,BID…heel eerste!!
Weet waar jou hulp vandaan kom, gaan vra jou hulp by die Here
“het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die Here te soek, en hy het oor die hele Juda ’n vasdag uitgeroep.”
II KRONIEKE 20:3 AFR53
“Josafat was bang en het BY DIE HERE HULP GESOEK. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep,”
2 KRONIEKE 20:3 AFR83

3. Kry MEDEGELOWIGES om saam met jou te bid en vas.
Die Here sê waar twee of drie in Sy Naam saam is daar is Hy (Matt 18:20)
Josafat roep die hele Juda bymekaar om saam met hom te BID EN VAS
(v 4 en 13)...It's time SA

“Die HELE Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan.”
2 KRONIEKE 20:13 AFR83

4. Hoe BID ek? – Roep Sy Naam aan
a) Erken Hom vir wie Hy is en kan doen
b) Maak Sy Naam groot, eer Hom en loof Hom

 LOFPRYSING - Dadelik begin Josafat met LOFPRYSING EN HOU DAARMEE DWARSDEUR HUL BEPROEWING AAN TOT OP DIE EINDE
Hieruit besef ons hoe kragtige wapens GEBED, VAS EN LOFPRYSING is in geestelike en fisiese oorloë OM STAANDE TE BLY

Trek die volle wapenrusting van God aan, SODAT JULLE STAANDE KAN BLY teen die liste van die duiwel….”
EFÉSIËRS 6:11 AFR53
Verder nog dit: SOEK JULLE KRAG IN DIE HERE en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.”
EFESIËRS 6:10‭-‬11 AFR83‬‬

LOFPRYSING is om opsetlik weg te kyk van my omstandighede
 en opsetlik kies om na God op te kyk.
Petrus het sy oog van Jesus afgehaal en na Sy omstandighede gekyk
 (golwe en wind) en toe “versuip" hy amper.

c) Herinner die Here aan Sy beloftes en dink self terug aan vroeër waar Hy jou gebede verhoor het.

“(Josafat) GEBID: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. NIEMAND KAN TEEN U STAND HOU. Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as 'n blywende besitting gegee het. ‘As U 'n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’
2 KRONIEKE 20:6‭-‬7‭, ‬9 AFR83‬‬‬‬

d) Bid dan jou probleem en nie die oplossing

Nou het die mense van Ammon en Moab en die Seïrberge gekom. U het Israel met sy trek uit Egipte nie toegelaat om in hulle gebied te kom nie. Die Israeliete het daardie mense vermy en hulle nie uitgeroei nie. Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het."
2 KRONIEKE 20:10‭-‬11 AFR83‬‬

e) Erken mý totale AFHANKLIKHEID van die Here vir alles in my lewe.
Josafat probeer nie sy aansien beskerm nie. Hy erken en verklaar voor almal dat hy niks kan doen en dat net die Here hulle kan help.

Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”
2 KRONIEKE 20:12 AFR83
Verneder jouself voor die Here.
Nie uit eie krag of insig ootree nie

f) FOKUS heeltyd op Hom in die geveg

“….Ons oë is op U gerig.”
2 KRONIEKE 20:12 AFR83
Onthou Petrus het amper “versuip” toe hy dit vergeet

5. LUISTER na God se antwoord – deur Sy Woord, in jou gees, deur ander kinders van die Here ens

Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf, en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat!
SO SÊ DIE HERE VIR JULLE: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, 
want HIERDIE OORLOG IS NIE ‘N SAAK VIR JULLE NIE, MAAR VIR GOD…” 
2 KRONIEKE 20:14‭-‬17 ‬‬

6. Gaan DOEN wat Hy vra – GEHOORSAAM

TREK hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop. JULLE HOEF NIE TE VEG NIE, NEEM NET POSISSIE IN  en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”
2 KRONIEKE 20:14‭-‬17 AFR83‬‬

a) Hulle moes OPTREK die vyand tegemoet – Dawid het ook Goliat tegemoet gegaan
Alby doen dit egter nie met hul oog op hul fissiese vermoëns of wapens nie, maar op God sin.

Wat is ‘n fissiese wapen soos ‘n slingervel in elk geval werd teen Goliat se wapens…NIKS!
 (Lees 1 Sam 17:4-7)
MAAR in God se hand, baie!

Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee …….sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het”.
1 SAMUEL 17:45‭-‬46 AFR83‬‬

b)   Hul moes POSISSIE inneem
- Onthou wat is my posissie as kind van God
– ek veg nie alleen nie, Jesus veg SAAM met my en aan Hom is alle mag gegee.

“…en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: HOOG BO ELKE MAG EN GESAG, ELKE KRAG EN HEERSKAPPY, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God ALLES ONDERWERP, Hom BO ALLES VERHEF en Hom aangestel as hoof van die kerk."
EFESIËRS 1:19‭-‬22 AFR83‬‬
Maar God is ryk in barmhartigheid en HET ONS INNIG LIEF. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. UIT GENADE IS JULLE GERED!  Ja, in Christus Jesus het Hy ons SAAM MET HOM opgewek uit die dood en ons SAAM MET HOM 'n plek in die hemel gegee,"
EFESIËRS 2:4‭-‬6 AFR83‬‬

NB!! Neem jou geestelike wapens op, sonder dit te probeer STAANDE BLY en VEG, te VOLHARD tot einde is  dwaasheid. Moenie net meer langer hiervan weet nie – doen dit, gebruik dit, TREK DIT OPSETLIK AAN vir jouself maar ook vir medegelowiges.

Net enkele van hulle bv.
- die WAARHEID (teen Satan se leuens en halwe waarhede),
- VRYSPRAAK en VERLOSSING van God (jou posissie - jou sekerheid dat jy Sy kind is – nie oor wat jy gedoen het nie, maar oor wat Hy bedoen het),
- Bereidheid om evangelie te verkondig – dissipel te wees
- Geloof
- Woord van God
- Bid
- Gehoorsaamheid

c) Moenie bang wees nie, moenie vrees nie
Dus kan ons ook nou vrees oorwin –
 as ons BESEF hoe lief Hy ons het en vanuit daardie POSSISIE optree.

En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ONS GLO DAARIN. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar VOLMAAKTE LIEFDE VERDRYF VREES, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
1 JOHANNES 4:16‭-‬18 AFR83‬‬

Ons het ‘n Vader, ons is KIND van God
‘n Vader versorg en beskerm sy kind.

As ons uit vrees optree gaan ons die saak vererger en verloor maar as ons vanuit ons posissie in God optree, tree ons in wysheid op en oorwin ons

d) Besef daar is ‘n belofte gekoppel aan gehoorsaamheid – ons is nooit alleen om te doen wat Hy van ons vra nie.
“…….Die Here sal by julle wees.”
2 KRONIEKE 20:14‭-‬17 AFR83‬‬

7. Stel jou vertroue volkome op die Here alleen – BUT GOD!!

Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! STEL JULLE VERTROUE IN DIE HERR JULLE GOD, EN JULLE SAL VASSTAAN. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.
2 KRONIEKE 20:20 AFR83

Nie op afgode vertrou vir hulp (Josafat gaan soek nie hulp by ander volke
(ons moet ook nie by ander volke soos Amerika of enige iets anders ons hulp soek nie, net by God alleen)
- Gaan die oorlog binne met LOFPRYSING EN GEBED – Bid heeltyd, oral
- Vertrou God vir volkome oorwinning – nie een het oorgebly nie (v24)
- Vind jou krag in Hom

8. Dank God
-  loof Hom en eer Hom vir die oorwinning

9. Dit laat ander besef wie God is
In Dawid en Goliat se geveg:

Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee …….SODAT die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het”.
1 SAMUEL 17:45‭-‬46 AFR83‬‬

In Josafat se geveg:

Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.
2KRONIEKE 20:29 AFR83

10. Besef ons hoe kragtige wapen is LOFPRYSING ?

Josafat die koning van Juda
-  Juda beteken in Hebrews PRYS - die koning van prys
Josafat is sinoniem met lofprysing
Josafat begin en eindig sy stryd met LOFPRYSING

- Hy begin sy gebed met lofprysing (v 6 - 7)
- Hulle prys die Here uit volle bors nadat hulle Sy antwoord op hul gebede gehoor het (v 19)
- Hy sit LOFPRYSING heel voor in sy gevegslinnie, nog voor enige ander wapen

Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe SANGERS laat plek neem VOOR DIE GEWAPENDE MANNE. Hulle het VOORUIT GELOOP in hulle gewyde klere en DIE HERE GELOOF met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
2 KRONIEKE 20:21 AFR83
(Hulle sing Ps 136 van Dawid)

Hulle was seker van hul posissie in die Here agv Sy liefde vir hulle…onverdiende genade

- Lofprysing is groot vir die Here
JUIS TOE, toe die sangers met die lofprysing en gebed BEGIN, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely."
2KRONIEKE 20:22 AFR83

Die Here bewerk aanvalle op hulle en saai later verwarring en verdeeldheid sodat hulle mekaar begin uitdelg – Israel het nie ‘n hand hoef te gelig het nie – hulle moes net bid, glo vertrou, gehoorsaam en die Here loof (lofprys)

- Hulle dank die Here met lofprysing  - Noem die plek LOFDAL (v26)
- Hulle gaan daarheen met lofprysing en keer terug met lofprysing
Hulle is terug na Jerusalem, na die huis van die Here toe, met harpe, liere en trompette.”
2 KRONIEKE 20:28 AFR83

Het dit nie tyd geword dat ons die vyand, en die oorlog na God toe neem in gebed nie
Het dit nie  tyd geword dat ons ons wapenrusting ernstig opneem nie.
Het dit nie tyd geword om LOFPRYSING op te neem as een van ons wapens en daarmee verklaar wie ons God is, waartoe Hy in staat is, wie ons in en deur Hom is en Hom so die eer bo alle eer gee nie.

Nie meer net BEWONDERAARS nie, maar VOLGELINGE

IT’S TIME to say BUT GOD!!!
 (Bron: lewende woord - geestelike oorlogvoering)

http://gaanvertelgotell.blogspot.co.za/2018/01/as-die-god-van-josafat-jou-vat.html?m=1

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”