Regte bestandele, verkeerde volgorde
Dan wonder ons hoekom die koek flop?
Selfde bestandele, selfde stappe.
Maar die geheim lê in die VOLGORDE,
as ons die volgorde verkeerd het flop alles.
Jy kan tog nie die nat bestandele al gaan bak voordat die droë bestandele bygevoeg is nie of dit uitlaat om alles te klits nie. Nee ons moet die skepper van die resep se stappe volg...
Selfde met die evangelie.
"Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê(regte bestandele), maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie(verkeerde volgorde)."
JESAJA 29:13 AFR83
Dit was presies ook hoekom God Kain se offer afgewys het en Abel sin aangeneem het. God vereis 'n bloedoffer wat heenwys na Sy Seun se kruisdood en nie net wat Kain gedink het wat hy sal wil offer nie. Al was dit sy beste uit sy oes dit was nie God se opdrag, want dit was nie God se plan van redding. (2Kor5:17-21)
Genade kom eerste en dan volg res...
Dade en gehoorsaamheid volg agv redding(GENADE), nie tot redding(VERDIENSTE)
(om gered te word nie)
Genade is onverdiende guns...
En as dit van God is deur Sy Seun Jesus Christus staan ons in verwondering en word dit vir my "AMAZING GRACE "
Maar hierdie genade word alleenlik verkry deur opregte berou, bekering en wedergeboorte.
"Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”.......
En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?(uit God se volk gebore, uiters godsdienstig, ken die Skrif en ook hy moes tot wedergeboorte kom)......
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom GERED kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
JOHANNES 3:3, 10-10, 16-18 AFR83
En dan daarna gaan dit alles oor Hom...
My hele lewe draai dan om Hom alleen!
Dus die "bestandele" GEHOORSAAMHEID en DADE word nie in die asblik gegooi agv GENADE nie, nee dit word juis tot sy volle reg gebruik, want na my redding is my pogings nie meer uit myself nie, maar saam met Christus wat in my woon en my in staat stel om te kan.
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is." MATTEUS 5:17-18 AFR83
"Die LIEFDE van CHRISTUS DRING ONS omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het(God se genade plan), en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, SODAT DIÉ WAT LEWE NIE MEER VIR HULLESELF MOET LEWE NIE (goeie dade en gehoorsaamheid) MAAR VIR HOM wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is."
2 KORINTIËRS 5:14-15 AFR83
".... want om te LEWE IS VIR MY CHRISTUS en om te sterwe, is vir my wins."
FILIPPENSE 1:21 AFR83
My hele lewe moet Hom wat my gered het VERHEERLIK uit liefde en dankbaarheid tot Hom.
Maar MOET is die verkeerde woord, dis MOET as jy daarna kyk voor jou redding, maar word met jou hele hart WIL na jy hierdie genadige redding onverdiend ontvang het.
Niks is meer vir my 'n MOET, of die regte ding om te doen nie want:
Ek wil Hom nou gehoorsaam
Ek wil Bybel lees
Ek wil bid
Ek wil kerk toe gaan
Ek wil goed doen en liefhê
Ek wil nie meer doen wat my Here se hart breek...
Ek WÍL' n lewe lei wat Hom laat glimlag
"Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
MATTEUS 5:16 AFR83
Kosbare lied met kosbare woorde
"..... This is amazing grace
This is unfailing love
That You would take my place
That You would bear my cross
You lay down Your life
That I would be set free
Oh, Jesus, I sing for
All that You've done for me...."
(this is Amazing Grace by Phil Wickem)
- As jy gely voel om te copy of te share doen gerus -
gaanvertelgotell.blogspot.com
http://gaanvertelgotell.blogspot.co.za/2018/01/dan-wonder-ons-hoekom-die-koek-flop.html
Comments
Post a Comment