Give up the things we can not keep, in order to gain the things we can not loose

“Father help us to give up the things we can not keep, in order to gain the things we can not loose”- Angus Buchan


Jy kan al jou geld en besitting verloor in 'n oogwink, en ook nie inpak en saamvat die ewigheid in nie, dit het die rykman te laat besef maar liefde is die een ding wat nooit vergaan en groot waarde ook in die ewigheid vir jou inhou.

Liefde tot God en liefde tot my naaste

“Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak."
1 KORINTIËRS 13:8 AFR83

“MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;   maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
MATTHÉÜS 6:19‭-‬21 AFR53

God se grootste geskenk ook aan ons was liefde wat in Jesus sigbaar geword het...genade onverdiend.

“Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.  Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
1 KORINTIËRS 13:2‭-‬3 AFR83

LIEFDE IS NIE ‘N GEVOEL NIE…dis ‘n aksie…dade...dis 'n werkwoord

Dis my liefde vir God wat in gehoorsaamheid aan Hom en tot Sy eer oorgaan in dade tot voordeel van my naaste
"And now there remain:
 FAITH [abiding TRUST in God and His PROMISES],
HOPE [confident(unshakeble)expectation of eternal salvation],
LOVE [unselfish love for others growing out of God’s love for me],
these three [the choicest graces];
but the greatest of these is LOVE."
1 CORINTHIANS 13:13 AMP

Ander skatte is ook onder andere geregtigheid,  barmhartigheid, betroubaarheid ens.

Jesus sê aan die Fariseërs: “gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie” (Matt 9:13). Jesus sê ook later: "Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en die ander nie nalaat nie” (Matt 23:23 NAV).

Barmhartigheid - is liefde in aksie
“want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
MATTEUS 25:35‭-‬40 AFR83

Maar die Here kyk meer na die gesindheid waarom ons iets doen as wat ons doen. Doen ons dit om gesien te word? Doen ons dit om iets terug te kry van die persoon of sodat God mý weer sal seën, of doen ek dit uit liefde vir my Vader wat in gehoorsaamheid uitdrukking kry in liefde vir my naaste.
 Dit is egte barmhartigheid wat nie net met ‘n beursie bewys word nie, maar ook met die hart.

 “MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;   (things we can not keep)
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; (things we can not loose) want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
MATTHÉÜS 6:19‭-‬21 AFR53

Die Woord leer ons: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?  Want na al hierdie dinge soek die heidene(things we can not keep); want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid (things we can not loose), en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
MATTHÉÜS 6:31‭-‬33 AFR53

Ons kan net mense saamvat hemel toe (jou man, jou kinders, familie, vriende, werksmense, ja selfs ons vyande). Belê meer van jou tyd in mense en nie in dinge opgaar nie.
Laat ons die meeste belê in wat ons nie kan verloor nie, en nie in dit wat tydelik is nie.

“Father help us to give up the things we can not keep,                                     in order to gain the things we can not loose”- Angus Buchan


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”