Koningkryk opgaarders
"....want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
MATTHÉÜS 6:19-21 AFR53
Ons vind so verhaal in Haggai waar die volk se fokus was op opgaar vir hulself en hul eie koningkrykie en nie belê het in God sin nie…
“So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie. Toe het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? Daarom, so sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek. So sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur. Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat Ek my eer kan ontvang en tevrede kan wees, sê die Here. Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk. Dit is oor julle dat die hemel sy reën en die aarde sy opbrengs teruggehou het. Ek het droogte laat kom oor die land en oor die berge, oor die koring, die wyn en die olie en oor die opbrengs van die land, oor mens en dier en oor alles waarmee die mens hom besig hou.
HAGGAI 1:2-11 AFR83
Is ons dalk so bekommerd en besig met ons eie koningkryke dat ons God sin nalaat. So besig om op te gaar terwyl daar daagliks mense om ons in uiterste elende en nood verkeer en selfs sonder Jesus sterf.
“Waarom? (Waarom dit gaan soos dit gaan)vra die Here die Almagtige. Omdat My huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk.” Haggai 1
Sê Jesus nie dalk vandag dit vir ons? Sommige mag meen dalk dat ons antwoord vir ons omstandighede nie in die geestelike lê nie…dalk moet ons dan net weer die volgende paar verse lees:
Die Woord leer ons: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (daarop fokus nie)
Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
MATTHÉÜS 6:31-33 AFR53
Nie geestelik?
“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
EFESIËRS 6:12 AFR83
Fokus ons so op wat ons kan opgaar, óns behoeftes van hier en nou of fokus ons op die 2 grootste gebooie in die Bybel waaruit al die ander hul oorsprong het, nl om God en ons naaste lief te hê
Die Jode was ook so gefokus op hul hier en nou behoeftes dat hul die Messias ter wille daarvan gemis het en toe gekruisig het.
As ons fokus so op die hier en nou is kan ons ook God se plan en doel heeltemal mis.
_______________________________________________________________________________
Solank ons rykdom, seerkry, bitterheid, onvergifnis ens opgaar kan ons nie Koningkryks opgaarders wees nie.
_______________________________________________________________________________
Ons is nie hier in Suid-Afrika in 'n tyd soos hierdie oor onsself nie, maar as instrument in God se hand tot Sy eer en om 'n verkil in ander se lewe te maak..
Wat het ek in my hand?
Ek moet my brood en vissies vir Hom gee sodat Hy daarmee ander ook kan voed
As ons fokus op die verkeerde plek is kan die gelykenis van die saaier op ons van toepassing wees
"Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.
MATTEUS 13:20-22 AFR83
Mag ons nooit ooit hierdie woorde by Jesus hoor…
"Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af."
MATTEUS 15 AFR83
"Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”
MATTEUS 7:23 AFR83
Mag ons egter reageer op die Woord van God wat sê
“(if Mý people)en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan.
2 KRONIEKE 7:14-15 AFR83
"MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
MATTHÉÜS 6:19-21 AFR53
Dan kan ons verhaal ook eindig soos vir die mense in Haggai
"Ek het julle oes, die vrug van julle handewerk, swaar getref met brandkoring, heuningdou en hael, en nogtans het niemand hom tot My bekeer nie, sê die Here. Maar nou, let op wat van vandag af en verder sal gebeur, van die vier en twintigste dag van die negende maand af, die dag waarop die fondamente van die tempel van die Here gelê is. (Hul fokus weer op God se koningkryk is)Let op! Is daar nog saad in die skuur? Tot nou toe het julle wingerde, julle vyebome, julle granaatbome en julle olyfbome nie gedra nie, maar van nou af sal Ek voorspoed gee!"
HAGGAI 2:17-19 AFR83
“want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
MATTEUS 25:35-40 AFR83
God se koningkryk word nie met bakstene gebou nie, maar met dit wat ons aan mense doen.
“….Jesus paid much too high a price
For us to pick and choose who should come
And we are the body of Christ
But if we are the body
Why aren't His arms reaching?
Why aren't His hands healing?
Why aren't His words teaching?
And if we are the body
Why aren't His feet going?
Why is His love not showing them there is a way?
Jesus is the way
Jesus is the way
we are His hands
We are His feet
We are His body
Jesus is the way” CASTING CROWN - if we are the body
DINK HOE SAL DIE WÊRELD VERANDER AS ONS LIEFDE GAAN DOEN.
AS DIT NIE MEER OOR MÝ GAAN NIE, MAAR ALLEEN OOR HÓM!!
Comments
Post a Comment