Bitter of beter?

Bitter of beter? Hoe wil jy opeindig? Op die ou einde, wie wil jy wees? Moenie toelaat dat die lewe of die duiwel jou verander en vorm nie. Hy sal baie maniere kry om dit te probeer doen...hy wil ons ver van God se wil laat opeindig. Laat God toe om jou elke dag meer en meer te vorm en verander na Sý beeld. Hy die Pottebakker, ek die klei. Gaan wees lig in die duisternis, draai die ander wang, vergewe soos Jesus ons vergewe het. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Verander jy die plek, moenie toelaat dat die plek jóú verander nie. Soos die liedjie sê "U die Pottebakker, ek die klei, vorm en maak my net soos U wil, op U bly wag ek nederig stil" " Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur so...