Uit, UIT!!!...hul moes uit
God dryf Adam en Eva uit die Paradys..
Het jy al daaroor gedink dat ons die Here daarvoor moet dank?!!
Adam en Eva word uit die Paradys gedryf om hul, en ons te BESKERM, want sou hul van die boom van die lewe eet sou almal vir ewig in hul sonde toestand SONDER GOD LEEF...
God is liefde en maak seker dit gebeur nie en bewaak daarom die tuin.
Gen3:14-24.AFR83
“ Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!” Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.
Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.”
Op Sonde volg straf!
Eva...
Gen3:16.AFR83 Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
Adam...
Gen 3.17-19.AFR83 “Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
Slang...
Gen3.14-19.AFR83” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
God moet die sonde straf, maar gee ook genade!
Reeds hier beloof Hy dat uit Adam se nageslag daar ‘n Verlosser sal kom wat die slang se kop sal vermorsel...Jesus!
God laat sonde nie ongestraf
"Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
ROMEINE 3:23-24 AFR83
Die straf wat ons toegekom het, het Hy op Hom geneem...DIS GENADE!
Hy wl die mens red en met die mens versoen!
"Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol."
JESAJA 1:18 AFR83
Kom tog...
"MAAR aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."
JOHANNES 1:12 AFR83
DIE MENS HOEF NIE MEER IN HUL SONDE TOESTAND TE STERF NIE...HUL KAN DEUR GOD SE GENADE DIE EWIGE LEWE SAAM MET GOD DEUR SY SEUN JESUS ONTVANG!
Ek en jy moet daaroor besluit...
Aanvaar ons Sy gratis geskenk van die ewige lewe deur Jesus gekoop met Sy bloed, of wys ons dit van die hand?
DIE MENS HET DIE KEUSE
Van uitstel kom afstel
Jesus pleit by ons..."Kom tog"
Comments
Post a Comment