Van AsHoop tot Hoop?
En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle HOOP vestig.” Mag GOD, DIE BRON VAN HOOP, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle HOOP al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
ROMEINE 15:12-13 AFR83
Hi" He give us hope
When hope is gone
He give us strength
When we can't go on
He give us shelter
In the storms of life
When there's no peace in earth
There is peace in Christ... Video: Claire CrosbyHoe kom mens van moed verloor op die ashoop tot Hoop?
“for every problem in life there is a promise of God .
If we can learn to build our lifes on the promises of God then we will truly build a life that is
UNSHAKEBLE because the promises of God is UNBREAKABLE, therefore our HOPE is UNSHAKEBLE" - Max Lucado
"Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons
ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die
samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. "
HEBREËRS 10:23-25 AFR83
" Let us seize and hold tightly the confession of our hope without wavering, for He who promised is
reliable and trustworthy and faithful [to His word]; and let us consider [thoughtfully] how we may
encourage one another to love and to do good deeds, not forsaking our meeting together [as believers
for worship and instruction], as is the habit of some, but encouraging one another; and all the more
[faithfully] as you see the day [of Christ’s return] approaching."
HEBREWS 10:23-25 AMP
"In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel
aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. "
Efes2:12
Maar nou...
"Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan.
En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek HOOP; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het."
ROMEINE 5:2-11 AFR83
"Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle HOOP volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus."
1 PETRUS 1:13 AFR83
Al verstaan ons nie altyd alles, bly ons HOOP op God ons Vader wat deur Sy seun Christus alles ten goede sal laat meewerk.
"Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, HOOP en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!"
1 KORINTIËRS 13:12-13 AFR83
En dis hoe jy van ashoop na hoop beweeg
Comments
Post a Comment