Wat leer ons, ons kinders?




As jou kind vanuit die hel roep:
 "Pappa en Mamma hoekom het julle my nooit genoeg vertel!!!!???

Dis een ding as vreemdes, moordenaars, verkragters, heidene ens dalk eendag vanuit die hel ons gaan vra hoekom het ons hulle nooit vertel nie...maar dink jou in as dit jou kind gaan wees wat dit uitroep?

Fokus ons genoeg daarop om ons kinders van Jesus te leer...of is ons so besig met verbygaande dinge dat ons nie tyd kry vir die ewige dinge nie...?

Daar is 'n gesegde wat sê...wat jy nou doen het 'n effek op later en glo my later gaan kom.

Vir party gouer as later...elkeen gaan eendag voor Jesus verskyn en dan gaan party hoor: "gaan weg van My ek het julle nooit geken!

Om net AAN Jesus te glo is nie genoeg nie want die Duiwel glo ook ..

Jak 2:19 "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook -- en hulle sidder van angs."

Jy moet IN Jesus glo!
Joh 15...ons moet IN Hom bly en Hy in ons...daagliks toegewyd en gehoorsaam aan Hom leef nie tot redding maar agv redding...en dis wat ons onderskei van die Duiwel...hy kan nie dit doen nie...hy doen die teenoorgestelde!

Maak hierdie Woord vandag 'n erns!

Deut 6:5-9 "Daarom moet JÝ die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.(dit begin by jou eie verhouding met Jesus) “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in JOU gedagtes bly. JY MOET DIT INSKERP BY JOU KINDERS en MET HULLE DAAROOR PRAAT as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.(ALTYD EN ORAL) Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte"

Ps 78:3-4 "Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons vaders ons vertel het,  SAL ONS VIR ONS KINDERS NIE VERSWYG NIE. Ons sal AAN DIE VOLGENDE GESLAG VERTEL van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het."

Ps 90:16"Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders."


Spr 22:6 "Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie."

-------------------------------------------------------------------

Dink jy dalk maar hulle is nog te klein?
Jesus het daarop die volgende gesê:

Matt 11:25 afr 53 "IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het."
-----------------------------------------------------------------

As ons nie met ons kinders gaan praat nie sal die Duiwel wel...maar onthou woorde wek maar voorbeelde strek...
Is jy self dalk te besig met die tydelike dat jy by die Ewige verby hardloop?

Besluit om vandag soos Joshua te sê:
"Ek en my huis, ONS sal die Here dien"


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”