Sal jy vrot vrugte eet?
Geestelike vrugteslaai
My lewe laat my soms dink aan ‘n vrugteboord. Een waarin ek elke dag moet werk en swoeg en aan moet aandag gee.
Ons word nie met ‘n goeie vrugteboord gebore nie, nee, die Woord leer ons
“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” ROMEINE 3:23 AFR53
Voorheen het ons ou bose natuur slegte vrugtebome opgelewer wat slegte vrugte(sonde) dra. Hierdie vrugte loop uit op die ewige dood en hel.
“Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde (slegte vrugte)voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.”
JAKOBUS 1:15 AFR83
Hierdie slegte vrugte(bome) se name lees ons in Gal 5 van.
“Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie.”
GALASIËRS 5:19-21 NLV
Hoeveel van hierdie bome staan nog in ons boorde en moet nog uitgekap word?
Dalk die een van die TONG? Dit kan goeie vrug dra of slegte vrugte...
"Dood en lewe is in die mag van die TONG; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die VRUG daarvan eet."
SPREUKE 18:21 AFR53
_________________________________________________________________________________
Wat maak ons van hierdie slegte vrugte(SONDE)?
WAT jy van SONDE en DIE HEL maak bepaal hoe jy daarteen gaan optree.
As ons hierdie slegte vrugte(Sonde) versag deur dit ander name te gee, bv selfbehoud ipv selgsug en self gerig
SONDE te verskoon, deur dit ‘n siekte te noem of dat die persoon nie daarvoor kan help nie.
SONDE te kamoefleer, deur goeie goed daarmee saam te doen bv die lotto te speel wat volgens God se Woord dobbel is, maar van die opbrengs aan welsyn te skenk.
SONDE te regverdig deur te sê maar hy of sy het dit verdien, ek doen maar net wat hulle aan my gedoen het en selfs te beweer dat SONDE nie so erg is in God se oë nie want Hy is liefdevol en genadig en sal dit oorsien.
VIR HOM WAS EN IS DIT SO ERG dat Hy selfs nie Sy Seun gespaar het nie om daarmee finaal af te reken nie.
Kom ons wees eerlik, kyk om jou rond, wat het sonde al klaargekry met die wêreld waarin ons leef. Sonde verwoes! Die vrug van die Gees doen die teenoorgestelde
As ons die HEL versag (eie opinies daaroor het en nie die Woord se weergawe glo), weg redeneer, ontken of ignoreer(nie daaroor dink of praat) dan impliseer ons dat wat God vir ons kom doen het deur Sy Seun Jesus nie eintlik so groot ding was nie. Dit water Sy ontsaglike genade, onverdiende liefde af, en dit maak Jesus se opofferende liefde om in ons plek aan die kruis te gesterf het SINNELOOS
.
Dit maak ons dankbaarheid minder en beinvloed ons maat van gehoorsaamheid.
Ons Vader haat sonde en wat die gevolge daarvan was en is.
Hy duld dit nie.
Daarom tree Hy daarteen op…
JUIS OMDAT HY LIEFDEVOL EN GENADIG IS
_________________________________________________________________________________
Die Bybel verwys na ons as ‘n vrugteboom wat veel (soorte)vrug moet dra.
Jesus vertel vir ons in hierdie gelykenis hoe ernstig God daaroor voel dat ons sal goeie vrugte dra.
“Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”
LUKAS 13:6-9 AFR83
Wanneer ons Jesus in ons lewens innooi en Hy deur Sy Gees in ons kom woon, word my vrugteboom op die Kruisboom ingeënt en agv Hom wat deur Sy Gees in my woon kan ek nou die vrug van die Gees dra.
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.
GALASIËRS 5:22-25 AFR83
Ek moet van die slegte vrugtebome ontslae raak soos ek dit oplet en bewus word van. Dit wortel en tak uitroei, dit nie net kleiner snoei nie.
Herken, erken, bely en laat staan(MY DAARVAN BEKEER)
Jesus is nie net die Tuinier wat hierdie goeie vrugtebome in my lewe kom plant (Heilige Gees wat in ons kom woon) het nie maar ook die Een wat my met hierdie taak help van HEILIGMAKING - Alles wat ons Vader se hart breek uit te roei.
Hoe kyk ek na my vrugte bome? Hulle wat ek die meeste aandag gee, sal die meeste vrug oplewer. Al die goeie vrugtebome is aangeplant deur die Tuinier en is dus in my tuin en tot my beskikking deur Sy Gees wat in my woon maar as ek dit nie versorg sal dit klein bly en nie veel vrug oplewer nie. Die boom van liefde is daar, ek moet dit versorg.
Die een boom wat ons almal seker die meeste afskeep is LIEFDE en dit is waaroor die hele Woord gaan.
En ek dink die tweede meeste, SELFBEHEERSING. Die afwesigheid van hierdie twee kan opsigself groot skade aan God se koningkryk bring en Hom baie hartseer besorg.
Louis Malerbe sê dat SONDE soos rook, drank, vetsug, woede ens nie opsigself die probleem is nie, ja dit is die sonde, maar die probleem is wel SELGBEHEERSING.
Sonder hierdie vrug is dit ook bitter moeilik om te kan gehoorsaam (doen wat God vra)
"My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie (pas selfbeheersing toe). As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê.
Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself."
JAKOBUS 1:19-22 NLV
Kom ons vat net nog een vrug as voorbeeld om te toon dat elkeen belangrik is nl VREDE
"Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking WAARSONDER NIEMAND die Here sal sien nie;"
HEBREËRS 12:14 AFR53
Sonder die vrug VREDE en heiligmaking sal ons nie die Here sien. Dink ons nog die vrugte van die Gees is net "nice to have" Dis noodsaaklik dat ons dit sal najaag en ons sal uitstrek en beywer daarvoor!
HEILIGMAKING - Uitroei van slegte vrugte, wortel en tak. Nie maar laat begaan en oorkyk of uitstel nie
Ek moet deur die Woord te gehoorsaam daarvan en ook al die ander vrugte van die Gees prioriteit in my lewe maak. Elkeen, en nie een agterweë laat nie.
Die nuwe Tuinier(Jesus) wil Sy eie vrugte in ons plant, en die vrugte daarvan geniet.
Laat ons dus weer na hierdie vers kyk, die keer nie net om die bome name te gee nie, maar om dit te versorg sodat die vrug daarvan sigbaar sal word in ons lewens en so ons Vader verheerlik
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is LIEFDE, VREUGDE, VREDE, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GOEDHARTIGHEID, GETROUHEID, NEDERIGHEID en SELFBEHEERSING. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal."
GALASIËRS 5:22-25 AFR83
Dink vir ‘n oomblik oor elkeen van hierdie vrugte. Hoeveel van elkeen van hulle sal die Vader vandag kry as Hy kom vrugte soek.
Genadiglik hoef ons nie uit onsself vrug te dra nie, dis verdiensgodsdiens en dis wat die Farriseërs met al hul wette probeer doen het, nee dis onmoontlik agv ons sondige natuur. Ons moet die Gees toelaat om ons gedrag(vrug) te bepaal. Dis Sy vrug deur ons, dis nie ons vrug. Jesus se sap wat deur ons die lote vloei. Hy is die ware wynstok. Jesus sê dit vir ons in Johannes 15 dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Maar as ons in ‘n nou verhouding met Hom leef en in Hom bly sal ons deur Hom wat ons in staat stel, veel vrug dra wat ons Vader sal verheerlik.
(Dader van die Woord, nie net kopkennis nie maar toegepaste kennis en gebed)
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, SODAT dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.
Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. (Die hel is 'n werklikheid, dis nie net 'n bangmaak storie nie)
As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief.
Julle moet in my liefde bly.
As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.
JOHANNES 15:1-12 AFR83
_________________________________________________________________________________
Deur Jesus se laaste OPDRAG hier sien ons dat die vrugte tot ons beskikking is, maar nie outomaties deel van ons lewe is nie, nee ons moet ons losmaak van die slegte vrugte en ons uitstrek om goeie vrugte te dra deur op Jesus ingeplant te wees. Sonder Hom kan ons niks doen nie.
GEHOORSAAMHEID
As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, JOH 15
_________________________________________________________________________________
Ek het begin om te sê, My lewe laat my soms dink aan ‘n vrugteboord. Een waarin ek elke dag moet werk en aan moet aandag gee(onkruid uittrek, bome snoei, water gee en bemes), maar ek wil nou byvoeg een waarin ek saam met Jesus se hulp en wysheid werk. Hy stel my in staat.
Sonder Hom baat alles my niks, en kan ek niks.
“Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.”
FILIPPENSE 3:13-14 NLV
Soms moet ons so af en toe deur ons boord stap en net 'n opname maak van watse vrugte en hoeveel vrugte daar is. As ons dit nie doen nie, en miskien uitstel gaan die Tuinier wel.
Comments
Post a Comment