Toets alles en behou die goeie

EET ONS ALLES VIR SOETKOEK OP?
Pas op vir Rottegif!


Het jy jou TOETS PEN byderhand?

Die Woord moedig ons heeltyd aan om alles te TOETS.
"Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag DIE SKRIF ONDERSOEK om te sien of dit is soos Paulus sê."
HANDELINGE 17:11 AFR83

________________________________________________________________________________
Waaraan toets ons alles?
Aan die Woord alleen punt!
________________________________________________________________________________

 Elke preek wat ons hoor, elke opinie, elke fliek, boek ens moet ons langs die Woord plaas om getoets te word of dit die waarheid is en niks anders as die waarheid. Bid daaroor!
"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt."
JAKOBUS 1:5 AFR83

As dit wat ons met die Bybel toets VERSKIL van die Waarheid, is ons veronderstel om die preek, fliek, boek ens WEG TE GOOI en nie die WOORD.  Maar mense "Compromise" die waarheid om alles te kan akkomodeer en skuif dan die Woord eenkant toe, in sommige gevalle beland hy ipv die boek of vliek in die snippermandjie.

 DIT LEI TOT VERWARRING en herhaaldelik word ons deur die Woord gewaarsku teen verwarring.
"Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het."
2 KORINTIËRS 11:3‭-‬4 AFR83


 Ons het net die WOORD nodig en niks anders sou dit al wees wat ons oor het na ons alles getoets het.

Dit beteken om liewer daardie halwe waarheid van weg te bly as om die gevaar te loop om verwar te word. Satan se plan is verwarring veral in die eindtyd en ons weet hy kom selfs soms as die engel van die lig na ons toe.

Louis Malerbe het altyd gesê nie alles op Pic en Pay se rakke kan jy eet nie, want daar is ook ROTTEGIF tussen in. Dus is ook nie elke "Christelike" boek/fliek/preek geestelike kos nie, TOETS! Daar is kosbare geestelike boeke wat die Waarheid onderstreep, maar TOETS! As dit nie met die Woord 100% saam stem nie moet dit nie plek in jou lewe hê nie.

Brother Young wie se verhaal ons lees in die boek "The Heavenly man" het vertel dat hulle wat erg vervolg is vir hul geloof in China EENSGESIND WAS toe hulle net die Bybel gehad het. Maar die oomblik toe die Westerse wêreld vir hulle Bybels begin insmokkel en elkeen hul eie "boekies" by die Bybel sit was hulle VERDEELD. Wat 'n hartseer dag vir die vervolgde kerk van China.

Iemand het eenkeer gesê kerklike dogma is iets waarmee jy groot geword het en dan dog jy maar dis reg...dit sê nie alle kerklike dogma is nou verkeerd nie,
maar het ons dit waarmee ons groot geword het al gaan toets. Sélf getoets soos Lukas gemaak het.

"Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. 
Daarom het ek dit ook goedgedink OM SELF alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. 
So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is."
LUKAS 1:1‭-‬4 AFR83

Om EENSGESIND te wees as Kinders van God moet ons, ons alleenlik met een stem instrument instem nl. die Woord, want Jesus is die Woord.
Dis soos om 100 klaviere te probeer instem om saam te speel, maar elke Pianis stem sy of haar klavier in volgens hul eie gehoor. Nooit sal hul in harmonie kan saamspeel en daar sal heelwat vals klanke opklink.
Maar stem hierdie 100 klaviere ALMAL met EEN stem instrument in dan kan 100 klavier saam die mooiste musiek maak. As ons net die Woord wat God aan ons gegee het (Hy doen alles volmaak, ons hoef Hom nie te help met ons eie boekies of opinies) gebruik om ons geloof op te baseer dan sal ons met iemand in China, Engeland ja reg oor die wêreld eensgesind wees al noem ons die gemeente wat ons besoek anders. Meeste van die kerke wat ons hier in Suid-Afrika ken het Kinders van die Here in China en die res van die wêreld nog nie eens van gehoor.

Jesus gaan ons nooit vra aan watter kerk ons behoort het nie, maar of ons aan Sy Woord geglo het en Hom as ons Verlosser aangeneem het. Doen ons wat ons geleer word deur mense of wat die Woord ons leer. Al soek ek die Bybel van hoek tot kant deur sal ek nêrens my kerk se naam daar lees.
Wel lees ons van verskillende gemeenstes van verskillende plekke omdat nie alle gelowige op een hopie bymekaar bly nie.

 Dit was ook nie Jesus se opdrag nie, sy opdrag was:  "
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:18‭-‬20 AFR83

Gaan uit, gaan impakteer jou wêreld, die wêreld.

"Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie.
 Ons ken sy planne maar alte goed."
2 KORINTIËRS 2:11 AFR83

"maar TOETS dit alles, BEHOU wat goed is, en BLY WEG van alles wat sleg is.  Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou."
1 TESSALONISENSE 5:21‭-‬24 AFR83





Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”