Vertrou vir DAAI OOMBLIK!!!


GLO NET EN VERTROU sê jy?

Ons as kinders van God weet in Wie ons glo en vertrou maar die probleem kom in by waarvoor ons vertrou.

Die Woord leer ons oor en oor GLO EN VERTROU !
Maar die resultaat van aanhoudende  "What if" gedagtes loop altyd uit op vrees en angs.

DIE VYAND wil hê ons moet DINK om te GLO EN VERTROU is om te glo dat niks met ons sal gebeur as ons God se kinders is nie en dat hoe goed ons glo ook daartoe bydra.
  Dis dan ook hoekom ons soms voel ons kry dit nie reg om te glo en vertrou, al probeer ons hoe hard, en wil vrees en angs die oorhand kry want as ons om ons kyk sien ons die teendeel. Ons sien mense word siek, mense kry seer, mense gaan gebuk onder misdaad, mense gaan dood….ook gelowige kinders van die Here word nie gevrywaar, inteendeel.
Die wêreld glo Satan se weergawe van GLO EN VERTROU en betwyfel daarom God se goedheid en liefde wanneer Sy kinders deur rampe getref word.

Natuurlik kan die Here alle onheil van ons weghou, Hy is almagtig en is niks vir Hom onmoontlik nie, maar God se wil is soms anders. Hy sê dan ook vir Petrus na Hy sy voete gewas het wat Hy nou doen verstaan hy nie maar eendag sal hy verstaan. So kan ons ook nie altyd verstaan hoekom ons Vader wat kan dan nie ALTYD alles van ons weghou nie, maar eendag sal ons verstaan.

_______________________________________________________________________________
Here ons verstaan nie altyd nie
Maar ons vertrou U hart
________________________________________________________________________________


Vir nou kan ons egter aan die wete vashou:

"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
ROMEINE 5:3‭-‬5 AFR83

As iemand aan jou verkondig dat as jy na Jesus toe kom sal niks met jou gebeur nie, kan jy weet dis die vyand wat vir jou jok want soos ons verder sal sien is dit nie volgens die Woord waar nie.

Gedagtes van wat maak my beter as ander, wat maak dat dit nie met my kan gebeur veroorsaak ANGS.

Dan probeer ons harder om te vertrou as hierdie gedagtes by ons opkom, maar om net rukkie later net weer vrees te voel opkruip in ons keel.
Nie net alleen dink ek, ek faal daarin om te vertrou nie, maar ek voel ook 'n mislukking as gelowige. Sommige probeer dan maar weer harder en harder en ander, ander gee op...
 En dis presies wat die vyand wil hê, die fokus plaas op die verkeerde plek, op mý vermoë om te glo, en op die verkeerde definisie van VERTROU.


Ons sien dat gelowiges in die Bybel het NIE VERTROU OMDAT HULLE GEGLO HET HULLE NIKS GAAN OORKOM NIE.  Inteendeel Daniel is wel Leeukuil toe , sy vriende se oond was 7x warmer gemaak, Stefanus is wel gestenig, Dawid het die een na die ander golf oor hom gehad, Elia moes vlug vir sy lewe, die volk van God is woestyn toe en baie gelowiges hét gesterf vir hul geloof oor die eeue heen en STEEDS HET HULLE GEGLO EN VERTROU. 
Dus kan "glo en vertrou dat niks gaan gebeur nie" nie die vertrou wees waarvan die Bybel ons leer nie.

“ Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.
HEBREËRS 11:13 AFR83

“Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.”
HEBREËRS 11:16 AFR83

Let op waar was hul FOKUS.
 Hulle fokus was nie op die hier en die nou nie, maar op die EWIGE en dit was wat hulle in staat gestel het om te BLY GLO en VERTROU al sien hulle nie.

**************************************************************************
 DIT IS DUS NIE VERTROU TOTDAT NIE,
MAAR DEURLOPEND VERTROU TEN SPYTE VAN
**************************************************************************
 Jy vrees nie vooruit nie, jy vertrou vooruit.

 Die Vertrou waarvan God praat is nie om Hom te vertrou alleen dat Hy die storm sal wegvat nie, want Hy kan natuurlik dit ook doen soos ons gesê het, maar om Hom te vertrou dat Hy sal intree en gee wat ons nodig het om deur die storm te kom sou Hy dit nie wegvat nie.

Luister volgende keer fyn as 'n kind van God getuig oor sy storm hoe die krag, vrede, genade ens ingeskop het die oomblik toe hul dit nodig gehad het.
Daai BUT GOD oomblikke.

Ek kan nie voor die tyd my senuwees klaar maak oor dit of dat wat kan gebeur nie. Al die sê nou maar's..."what if's"

 Ek kan wel daaroor bid en soms keer die Here die storm af, maar soms wil Hy ons daardeur vat om ons geloof te verterk of ons geestelik te laat groei en soms sommer net dat ons Hom nader en beter sal leer ken soos Job gesê het: "Ek het altyd van U geweet nou ken ek U"

Hy sal die kalmte, vrede, krag ens gee OP DAAI OOMBLIK  wat ons dit nodig het, nie ‘n oomblik vroeër, maar ook nooit te laat.
Hy beloof om ons NOOIT IN DIE STEEK TE LAAT NIE.

                                     Hebr 13: 5b, 6




"Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie.  
Die regspraak sal weer regverdig wees, alle opregtes sal hulle daaraan kan hou.  Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my veronreg?  
As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf seker al my tuiste!  Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here.  Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
  U duld geen korrupsie in die regspraak nie, geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.  Hulle span saam teen die regverdige, hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.  
Maar vir my is die Here 'n veilige vesting, 
my God is die ROTS waar ek kan skuil.
PSALMS 94:14‭-‬22 AFR83



Om maar net na 4 skrifgedeeltes te verwys in die woord waar God sê,
HY SAL SY KINDERS NIE IN DIE STEEK LAAT NIE

Dis waarop ek moet vertrou!!!!

GENADE, KRAG, KALMTE VREDE, WAT OOKAL NODIG IS sal inskop OP DAAI OOMBLIK  wat ek dit so nodig het OM OP DIE WATER TE LOOP TEN SPYTE VAN DIE PERFEKTE STORM WAT OP ELKE GEBIED OM ONS WOED…

Ek moet net op Jesus fokus en nie op die storm en HEELTYD ONTHOU, BUT GOD!!!

Ek moet glo en weet HY IS BY MY, ALTYD!!!
Hy beloof dit oor en oor in Sy woord.
Ek moet VERTROU dat Hy elke tree saam gee en voorsien in wat ons nodig het om te kan deurgaan wat ons moet deurgaan.

**************************************************************************
Vertrou is nie net om te glo als gaan ok wees nie, vertrou is om te glo God sal ons ook deurdra ten spyte van.
 God sal ons nie verlaat, of in die steek laat nie, Hy sal nie!!!
**************************************************************************
Geloof is om te vertrou dat Hy SY BELOFTES gestand sal doen.
Kom ons pas dié waarheid op Ps 23 toe.

“'n Psalm van Dawid.
Die Here is my HERDER,
(Hy voorsien, bewaar, lei en leer my, Hy laat my nooit uit onder Sy oog)
ek kom niks kort nie.
(Nie net voorsiening in materiële, genesing of fissies behoeftes nie maar ook genade, krag, vrede, ens. OP DAAI OOMBLIK WAT EK DIT NODIG HET)
Hy laat my rus in groen weivelde.
(Hy alleen kan die angstigheid en vrees wegvat, Hy sê vir ons kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Kom sit by My voete)        Hy bring my by waters
 (Lewende water van die Woord en gebed)
 waar daar VREDE is.
(Sý vrede, nie die van die wêreld nie, vrede ten spyte van, vrede wat ons verstand te bowe gaan) 
Hy gee my NUWE KRAG.
(Onuitpuntlike bron)                                                                         
Hy lei my op die REGTE PAAIE tot die eer van sy Naam.
(die nou pad, die regte pad deur Leer, Tug en Vermaan soos nodig)                     Selfs
(selfs as...even if)
 al gaan ek deur donker dieptes,
(Dus gaan daar tye wees van donker dieptes, DAAI OOMBLIK wat die vloed jou tref)
sal ek nie bang wees nie,
WANT U is by my.
 In u hande is ek veilig. 
(Maak nie saak waardeur ek gaan nie, my oë gevestig op Jesus en die ewige)
PSALMS 23:1‭-‬4 AFR83‬‬‬‬‬‬‬



Om te kan VERTROU moet ek weet wie Hy is, moet ek Hom ken, maar ook weet wat Hy van mý is...Hy is mý Vader, mý Verlosser, mý Redder, mý herder...en ek moet weet EK IS SYNE!!

Who am I - Casting Crowns

Who am I, that the lord of all the earth

Would care to know my name

Would care to feel my hurt?


Who am I, that the bright and morning star

Would choose to light the way

For my ever wandering heart?


Not because of who I am

But because of what you've done

Not because of what I've done

But because of who you are


I am a flower quickly fading

Here today and gone tomorrow

A wave tossed in the ocean

A vapor in the wind

Still you hear me when I'm calling

Lord, you catch me when I'm falling

And you've told me who I am

I am yours


“MAAR(BUT GOD) nou, so sê die Here , jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!   As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.”
JESAJA 43:1‭-‬2 AFR53‬‬‬

“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles LEER en sal julle HERINNER aan alles wat Ek vir julle gesê het.(die HG leer ons om geestelik oorlog te maak, reg te dink, reg te vertrou en onwrikbaar te glo)  
 VREDE laat Ek vir julle na, MY VREDE gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. 
Laat julle hart(gedagtes) nie ontsteld word en bang wees nie.” 
JOHANNES 14:26‭-‬27 AFR53‬‬‬‬‬‬

Het jy seer, is jy stukkend, versmoor hartseer jou?

DIE HG IS ONS TROOSTER!!!
Op daai oomblik wat jy langs n sterf bed staan of deur ‘n storm of woestyn gaan sal Sy kalmte, vrede en krag inskop.
Krag wat jy self nie sal weet waar jy dit kry.
Vrede wat die wêreld nie ken nie.

 Hoërskool Driehoek het dit aan ons demonstreer. Wat hul deurgemaak het kan geen mens jou vooruit indink hoe jy dit sal kan hanteer nie, want geen mens sal op hul eie kan nie.
 BUT GOD....Maar tog gaan hulle aan, staan hulle op, want dis nie uit eie vermoë nie, maar deur Jesus sin en alleen Hy maak dat ons kan aangaan al is dit menslik onmoontlik.
‘n Jeug prediker wat paar jaar by die skool betrokke was getuig dat die skool ANDERS IS, hy getuig dat hulle fondasie is op die ROTS, Jesus is alles vir hulle en doen hulle alles vanuit Hom. Hulle skoolhoof is die voorloper hierin.

WEL ALMAL KAN SIEN DAT HULLE ANDERS IS.

Glo my hulle weet nie eers hulle is ANDERS nie. Vir hulle voel dit of hulle geloofs armpies dalk te dun is om elke dag vas te hou. Maar hulle word vasgehou deur Jesus omdat hulle op Hom vertrou ten spyte van
en omdat so baie mense vir hulle bid.

Ons kan sien hoe die Here hulle dra.

Twee keer in my eie lewe het iemand vir my gevra hoekom ek ANDERS was. Elke keer was dit in van die grootste storms in ons lewe. Ek het nie op daai oomblik verstaan wat hul bedoel het met ANDERS nie en het alles behalwe sterk, vol geloof en vertroue gevoel. Hoekom ek ANDERS voorgekom het vir die wêreld sou ek later verstaan. Die Here het my gewys in alby daardie gevalle het ek net WOORD EN GEBED gehad om aan vas te hou. Ek het onder andere langs daardie hospitaal bed uit angs die hele boek Johannes deurgelees. Ek was "rock bottom" maar dis daar waar jy die "Rock" Jesus ontdek.

DIS NIE JÝ WAT ANDERS IS NIE, DIS JESUS IN JOU WAT JOU ANDERS LAAT LYK EN OPTREE TEN SPYTE VAN DIE STORM WAARIN JY IS?
 Dis Sý krag, Sý vrede, Sý genade wat jou deurdra.

Vertrou Jesus vir DAAI OOMBLIK!!

Al wat ons voor die tyd kan doen is om ons wapenrusting aan te trek, en aan te hê as die pyle reën. Ek moet nie net ‘n HOORDER van die Woord te wees nie maar ‘n DADER my huis op die ROTS te bou want as die Tsunamie my dan tref sal dit my nie wegspoel. Jesus is ons rots. Jesus is die Woord. Elke dag my fokus op die Rots te plaas en nie te swem vir sandbanke. My hulp te soek by Hom en nie by tydelike goed en mense nie.
______________________________________________________________
Wat dra jou deur?
Woord en gebed!!
Luister na God se Woord om te VERSTAAN, om te kan DOEN
_______________________________________________________________

Gaan so maklik by mens verby. Maar stop ons en hoor ons weer regtig.

Ons maak iemand soms stil in die helfte van die sin en sê maklik vir so iemand ek weet wat jy gaan sê want jy het al dit vir my gesê, maar dalk moes jy dit op daai oomblik weer hoor om regtig te hoor.
Ons maak ook soms so met die Woord. Pasop om die Woord te "ken" veral bekende gedeeltes. Dit kan maak dat jy nie meer regtig dit hoor om te vertstaan om te doen nie. Vandag wil die Vader dalk klem lê op 'n ander deel van die gedeelte wat jy kwansuis so goed ken, maar vorige keer was die klem dalk op 'n ander deel gewees.

Hoërskool Driehoek se huis was op die Rots gebou en die vloed het gekom en kon dit nie wegspoel nie.



Ons het dus gesien die gelowiges van die Bybel se geloof en vertroue was nie op die hier en nou alleen gerig nie, maar op die ewige.

Hulle het ‘n Habakuk geloof gehad :
”al sou die vyeboom nie bot, NOGTANS…”
Daniel se vriende het ‘n SELS AS “ even if" geloof gehad.
“Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”
DANIËL 3:17‭-‬18 AFR83‬‬‬‬‬‬‬

Die Satan wou bewys dat mense God net liefhet en gehoorsaam as dit met hulle goed gaan, maar deur Job bewys die Vader hom dat Sy ware kinders Hom liefhet en volg: TEN SPYTE VAN, NOGTANS, EVEN IF, SELFS AS…
Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”  Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.”
JOB 1:8‭-‬10 AFR83‬‬‬‬‬‬

 Glo en vertrou volgens God ons Vader se defisnisie is ‘n “even if' geloof

Even If
MercyMe

They say sometimes you win some
Sometimes you lose some
And right now, right now I'm losing bad
I've stood on this stage night after night
Reminding the broken it'll be alright
But right now, oh right now I just can't 
( bemoedig jy altyd ander, maar het nou self daardie bemoediging nodig, help jy altyd ander om koppie half vol te sien, maar deesdae sukkel jý om die koppie half vol te sien)
It's easy to sing
When there's nothing to bring me down
But what will I say
When I'm held to the flame
Like I am right now

I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But EVEN IF You don't
My hope is You alone
( dis die geloof wat ons moet hê, die vertroue wat ons moet hê, nie dat ons omstandighede so seer sal verander nie, maar dat Jesus ons nie oomblik ALLEEN sal laat of IN DIE STEEK LAAT NIE en my sal DEURDRA met sy genade, liefde, krag en vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer dit nodig is…OP DAAI VERSKRIKLIKE OOMBLIK sal ek ANDERS as die wêreld dit hanteer want dit sal Jesus wees wat deur Sy Heilige Gees in my dit namens my sal hanteer.)

They say it only takes a little faith
To move a mountain
Well good thing
A little faith is all I have, right now (dun geloofsarmpies)

BUT GOD, when You choose
To leave mountains unmovable
Oh give me the strength to be able to sing
It is well with my soul

I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But even if You don't
My hope is You alone

I know the sorrow, and I know the hurt
Would all go away if You'd just say the word
But even if You don't
My hope is You alone

You've been faithful, You've been good
All of my days
(Dink terug aan die tye waar Hy jou al reeds deurgedra het)
Jesus, I will cling to You
Come what may

‘Cause I know You're able
I know You can
I know You're able and I know You can
Save through the fire with Your mighty hand
But even if You don't
My hope is You alone
I know the sorrow, I know the hurt
Would all go away if You'd just say the word
But even if You don't
My hope is You alone
It is well with my soul
It is well, it is well with my soul"

Ek glo Stafanus kon dit op daardie laaste oomblik sê toe hy die hemel geopen voor hom sien. 
"It is well, it is well with my soul"


Wanneer ek dit nodig het sal die Here se genade en krag inskop. Ek hoef nie VOORUIT TE DINK/worry daaroor hoe ek iets sal hanteer as dit of dat moet gebeur nie. Vooruit dink bring spanning wat oorvloei in vrees en angs.

MOENIE VOORUIT DINK NIE, VERTROU VOORUIT!
"Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?"
MATTEUS 6:27 AFR83

Ons het gesien die resultaat van aanhoudende  "What if" gedagtes loop altyd uit op vrees en angs, daarom sê die Woord in
 2 Korintiërs 10 : 5
 "Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" 

en Rom 12:2 " ...maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe."

*********************************************************
VERTROU JESUS vir DAAI OOMBLIK 
dat jy níks sal kort kom nie.

“What if” - (fear) gedagtes
word dan 
“even if”- ( faith ) gedagtes


"As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!  Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:13‭-‬14 AFR83


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”