Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat.Ek wil van U grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle U groot goedheid verkondig en oor U reddingsdade jubel
Ps 145:5-7 Afr83
Get link
Facebook
Twitter
Pinterest
Email
Other Apps
Neem vandag en elke dag jou Lamp op,
bring Jesus in jou situasie in deur ernstige Woord en gebed.
ONTHOU die duisternis kan die Lig nie uitdoof nie,
inteendeel dit vlug voor die Lig.
Sit by Jesus se voete.
Vertoef daar.
Bad in Sy Woord.
IS DIT DONKER, STIKDONKER? Dié Lig kan jou lewe red. Uit die duisternis van sonde, maar ook uit die donker put van depressie/wanhoop/ opgee/oorgee. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie . In Hom was daar lewe, en dié lewe was die LIG vir die mense. Die LIG skyn in die duisternis , die duisternis KON DIT NIE UITDOOF NIE ." JOHANNES 1:1-5 AFR83 Lig teenoor duister ... Die u iterste kontras! Gen 1:1-4 "In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei." Die goeie (Lig
Wat as ons HOOP VERLOOR? GELOOF , HOOP en LIEFDE . Ons lees dit oral raak maar Geloof en liefde kry soms al ons aandag en vergeet ons soms van HOOP HOOP is allesbehalwe onbelangrik of minder belangrik as die ander twee. Satan probeer vir 'n rede heeltyd hoop by ons steel of ons fokus wegvat daarvan. Hoop kom 130x voor in die Bybel in 121 verse Die Here laat Sy lig vir my die laaste tyd val op HOOP … Dis asof ons almal wil begin hoop verloor . Amper elkeen waarmee jy praat sukkel hiermee. Ek besef ons is moeg Here, ons sukkel om ons fokus op U te hou en nie deur die storms onder gekry te word nie. Ek besef net weer en weer dat die Here weet van ons stryd, Hy weet ons begin moed en hoop verloor want op een dag deel drie verskillende medegelowiges Woord oor HOOP met my. Dit bevestig vir my dat Jesus deur Sy Gees in hierdie tyd met Sy kinders oor HOOP praat want tye is rof en ons is net mens. Hoe getrou is ons Here dat Hy self besig is om Sy kinder
Jer 12:5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” Soms stamp die aanslae van die lewe ons onderstebo. Baie mense is in 'n bloedige geveg teen die donker wat hul wil oorweldig. Mens hoor van mense wat lank gestry het teen die donker gat van depressie en dan tog selfmoord pleeg. Dan wonder mens wen die donker dan ? Ons het self die hartseer nuus gehoor nou in die tyd van iemand wat selfmoord gepleeg het, hy het self so baie mense in hul donkerste tyd bygestaan as berader, maar het egter self later in dié donker gat beland. Ook God se profeet Elia beland in hierdie donker gat, en bevind hom onder 'n BESEMBOS diep in die woestyn. " Hy self het die WOESTYN ’n dagreis ver binnegegaan . Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf. “EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouer
Comments
Post a Comment