“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”



Jer 12:5  As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? 

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”

Soms stamp die aanslae van die lewe ons onderstebo.

Baie mense is in 'n bloedige geveg teen die donker wat hul wil oorweldig.

Mens hoor van mense wat lank gestry het teen die donker gat van depressie en dan tog selfmoord pleeg.
Dan wonder mens wen die donker dan ?




Ons het self die hartseer nuus gehoor nou in die tyd van iemand wat selfmoord gepleeg het, hy het self so baie mense in hul donkerste tyd bygestaan as berader, maar het egter self later in dié donker gat beland.

Ook God se profeet Elia beland in hierdie donker gat, en bevind hom onder 'n BESEMBOS diep in die woestyn.

"Hy self het die WOESTYN ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf. 
“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”  het hy gesê. 
“Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie.” Hy het GAAN LÊ en onder die besembos aan die slaap geraak. Maar ’n engel (BUT GOD) het hom wakker geskud en vir hom gesê: “STAAN OP en eet!
1 KONINGS 19:4‭-‬5 NLV

As God se kind val bly hul nie sommer lê nie, die Here self kom haal ons daar en help ons op.

Iemand wat hul in hierdie DONKER gat bevind kan nie hulself regruk of self daaruit kom soos baie glo nie. Hoe dieper hulle in die gat is (hoe dieper die woestyn in) hoe moeiliker.
  Hulle het hulp nodig.
 Soms is mense te skaam om hulp te vra, ek glo veral as hul voel hul moet kan "practise what they preach" ander kere is daar net nie genoeg omgee in die wêreld oor om vir 'n oomblik by iemand te stop en hul op te help nie, nie uit jou eie krag nie, maar op jou knieë hul OP TE HELP.
GEBED IS HIER ONS KRAGTIGSTE WAPEN.

Ons moet in mekaar se lewens Jesus se hande en voete wees.
Ons moenie oordeel nie, maar hand in aanhoudende gebed uit steek.
 Dis nie 'n "quickfix" nie!!

Maar wat egter ook waar is, is dat die persoon in hierdie donker gat moet gehelp wíl word. Niemand kan iemand help as hul nie die hand wat na hul uitgetrek word wil of ten minste probeer vat nie. Dus moet die persoon ook gehelp wil word en nie in selfbejammering of moed-op-gee modder vasval nie.
Ongelukkig is niemand se situasie dieselfde nie, en stry baie 'n moedige stryd en wil uitkom, maar die aanslae is net te vel en aanhoudend.
Selfs dan moet ons nie hoop verloor, want by ons Vader is niks onmoontlik nie. _________________________________________________________________________________

Maar daar is genoeg gehad en dan is daar GENOEG IS GENOEG ...
Ons moet by die punt uitkom om te wil beweeg van
“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,” en wil opgee 
na GENOEG IS GENOEG 
ek wil nie in hierdie donker gat 'n oomblik langer vertoef nie.
_________________________________________________________________________________



Daar gebeur baie terug gly in die proses, maar oorgee en opgee is nie 'n opsie, nie van die persoon in die gat nie, en ook nie van die hand na hom of haar uitgestrek nie.
Mense kan op mekaar opgee maar(BUT GOD) DIE HAND VAN DIE HERE word nooit moeg of trek nooit terug nie en hierin lê ons HOOP.

Ons is in 'n geestelike oorlog. 

Party bevind hul nog op hul pos maar ander is dalk al swaar verwond deur die vyand. Niemand los tog hul makkers swaar verwond agter of verwag hul moet hulself help op die oorlogveld nie.

Nee hulle kom tot mekaar se redding, help mekaar op en dra party as dit moet tot in veiligheid waar hul weer kan verbind word en kan aansterk om weer ook hul pos te kan gaan inneem. Toe Petrus wou verdink het Jesus hom gegryp en geneem tot in die veiligheid van die boot. Hy het hom nie verby gegaan en gelos om maar te verdrink nie. Ook nie Elia is aan sy eie lot oorgelaat nie.

SONDE kan ook mense laat val en verwond en in die donker los.
"Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.  
As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie."
1 JOHANNES 1:5‭-‬10 AFR83

 Vandag kyk ons egter na swaar verwond hetsy deur omstandighede, golwe, wind, woestyne, vervolging of wat ookal wat mense in daardie DONKER gat van wanhoop kan laat beland.
Moenie neerkyk op 'n gewonde soldaat nie, jy is deur genade die val dalk nog gespaar.

"Daarom, wie meen dat hy STAAN, moet oppas dat hy nie VAL nie.  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra."
I KORINTHIËRS 10:12‭-‬13 AFR53

As ons egter moet eerlik wees is die enigste persoon wat nie aangeval word, die wat hulself nie op die oorlogsveld bevind nie, want elke kind van God is Satan se vyand en hy gaan aangeval word.
 Dis 'n gegewe!


Daarom het ons mekaar so nodig, veral in hierdie tyd, geen soldaat gaan veg alleen teen 'n magtige vyand nie.


"Verder nog dit: 
SOEK julle KRAG in die Here en in sy groot mag. 
Trek die VOLLE wapenrusting aan WAT GOD julle GEE, 
SODAT julle op julle pos kan bly
 ONDANKS die listige aanslae van die duiwel. 
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, 
maar teen elke mag en gesag, 
teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld,
 teen elke BOSE gees in die lug.
 Trek DAAROM die volle wapenrusting aan wat God julle gee,
 sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, 
nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, 
nog op julle pos kan bly staan."
EFESIËRS 6:10‭-‬13 AFR83



"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug."
JAKOBUS 4:7 AFR53

Jesus het hom met Woord weerstaan, 3x met DAAR STAAN GESKRYWE, Jesus gebruik die geestelike swaard teen die vyand, nie menslike wapens nie.

"Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. ”  Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg."
MATTEUS 4:10‭-‬11 AFR83

Ook met Elia stuur die Vader sy engele om hom te versorg, hoekom sal Hy dit nie ook vir ons doen nie, neem dus jou swaard, dit is die Woord, op en veg op jou knieë.

Bid, bid , bid!!



Juis daarom leer JESUS ons om te bid om van die bose bewaar te word.


"Só moet julle dan bid: 
Onse Vader wat in die hemele is,
 laat u Naam geheilig word;   
laat u koninkryk kom;
 laat u wil geskied, 
soos in die hemel net so ook op die aarde;  
gee ons vandag ons daaglikse brood;  
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;   
en lei ons nie in versoeking nie, 
maar verlos ons van die BOSE.
 Want aan U behoort die koninkryk 
en die krag en die heerlikheid
 tot in ewigheid. 
Amen."
MATTHÉÜS 6:9‭-‬13 AFR53


"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.
In die wêreld sal julle dit moeilik hê; 
maar HOU MOED: 
Ek het die wêreld klaar oorwin.
JOHANNES 16:33 AFR83

Ons hoop is in die feit dat Hy wat by ons is ALMAGTIG is en daarom hou ons moed en kan vrede hê ten spyte van.

Maar as ons nie die Woord glo en gehoorsaam doen nie sal ons nie hierdie vrede kry nie.

"En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie."
HEBREËRS 3:17‭-‬19 AFR53
 Ons moet Hom op Sy Woord neem en gehoorsaam volg soos Hy ons uit hierdie donker uitlei, dis soms nie dadelik nie maar 'n proses. Dis 'n wag op die Here, vertrou en nogmaals bly vertrou.



Die Here lei my toe weer terug na die vers wat ek pas in 'n vorige stuk oor geskryf het maar die keer nie om my oor GELOOF te leer nie, maar om my iets anders te wys.

"En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;  en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie. 
 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.  Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;  en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.

"En Jesus sê vir hom:
Wat dit betref — AS JY KAN GLO, 
alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê:
Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!  

En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en KOM NOOIT WEER IN HOM NIE.

En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood. 
(BUT GOD)Maar Jesus het hom BY DIE HAND GEGRYP en hom opgerig; en HY HET OPGESTAAN.  

( Ons begin sien dat donker besembos oomblikke ons voete onder ons uit vat en ons plat laat lê, maar die Here(BUT GOD) strek SY HAND UIT NA ONS IN DAARDIE OOMBLIKKE EN HELP ONS WEER OPSTAAN.
Hy los ons nie waar ons onder die besembosse lê nie, Hy kom versterk ons met Sy krag en help ons weer op.)

"En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? 

En Jesus antwoord hulle: Deur julle ONGELOOF; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: 
Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
MARKUS 9:17‭-‬30 AFR53‬‬‬‬

Weereens het ongeloof in die pad gestaan van genesing, opstaan.

Die seun het 'n gees in hom gehad wat hom wou verwoes en probeer doodmaak. Vir 'n baie lang tyd was dit die geval, al van kleinsaf.
Is dit nie tipies wat ons weet van die bose nie...
"Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. (BUT GOD) 
Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."
JOHANNES 10:10 AFR53

Die vyand val aan om ons te probeer verwoes, moed op te laat gee en soms te laat selfmoord pleeg. Ons kan nooit oordeel oor iemand wat tot daardie uiterste gegaan het nie, soms kan die donker net te oorweldigend word (BUT GOD) maar Jesus sê Hy wil vir ons die lewe kom gee in oorvloed, dis die vyand wat wil verwoes. Hy wil die persoon se lewe verwoes en steel, maar ook veral hulle wat naaste aan hul is en soms moet agter bly.

Maar daar is altyd HOOP...

"Is daar nog HOOP vir my, Here? 
U is my enigste HOOP."
PSALMS 39:8 AFR83

Toe die pa glo en Jesus intree het die bose gees hom verlaat en Jesus het vir die bose gees gesê om nooit weer terug te keer. Iemand hoef nie te voel dat dit vir altyd 'n stryd sal wees nie en daarom moedeloos raak en opgee nie.

 Vir hierdie gesin was dit 'n lang stryd, maar nie 'n vir altyd stryd nie.


Ons het wel die bose wat teen ons voortdurend veg maar die bose is
  NIE IN ONS as God se kinders nie maar NET TEEN ONS.

Hy herinner my aan die Woorde.
Hy het ons nie 'n GEES VAN VREESAGTIGHEID gegee nie, maar van KRAG

Ons vergeet Sý Gees is in ons..



"Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."
II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53


Vreesagtigheid is nie van Hom nie, 
dis net aanvalle van die bose.


God ons Vader het ons Sy Gees gegee wat in ons kom woon het toe ons Sy kinders geword het. Ek het Sy Gees REEDS binne my, ek moet net dit GLO en KIES om die WAARHEID TE GLO dat Hy wat in my is groter is as hy wat in die wêreld is wat teen my is


"En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie."
JOHANNES 7:39 AFR53

Ons staan die duiwel nie alleen teë nie, 
 Hy doen dit saam met ons.



Daarom moet ons onthou:
 Hy het belowe Hy is altyd by ons, Hy sal ons nooit alleen los nie.
"...En ONTHOU: Ek is by julle 
al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83


 Die WAARHEID is:
"Julle is uit God, my kinders,
 en 
het hulle OORWIN
OMDAT Hy wat in julle is, 
groter is as hy wat in die wêreld is."
I JOHANNES 4:4 AFR53

"Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; ..."
KOLOSSENSE 2:9‭-‬15 AFR53


ONTHOU OOK...
"Wie kan ons van die liefde van Christus skei? 
Lyding of benoudheid of vervolging,
honger of naaktheid,
gevaar of swaard?
 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”
 Maar in al hierdie dinge is ons MEER AS OORWINNAARS deur Hom wat vir ons liefhet. 
Hiervan is ek oortuig:
geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."
ROMEINE 8:35‭-‬39 AFR83


 Retief Burger -  psalm 91
"Die wat wag in die redding van die Here (bly daarop wag, vertrou en hoop)
Vind hul rus in die skadu van die heilige God (gaan sit heeltyd in Sy skadu, Sy Teenwoordigheid deur gebed en Woord)
Die Almagtige
Ek sal sê
Die Here is my vesting
Ek sal sê die
Here is my toevlug en krag
My God wie ek vertrou

U's my God, ek vertrou U grote Naam

Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam

My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou
U's my God, ek vertrou U grote Naam
Die wat glo, sal U nooit ooit beskaam
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou

In DONKER TYE as geloof en hoop getoets word En alles wat bekend is in in oomblik verdwyn

BLY U GETROU

...
Halleluja
Halleluja
My God in wie ek glo
Op U sal ek vertrou"



"They looked to Him and were radiant, And their faces were not ashamed. This poor man cried out, and the Lord heard him, 
And saved him out of ALL his troubles. 
The angel of the Lord  encamps all around those who fear Him, And delivers them.
Oh, taste and see that the Lord  is good; 
Blessed is the man who TRUSTS IN HIM! 
Oh, fear the Lord , you His saints!
 There  is no want to those who fear Him."
Psalms 34:5‭-‬9 NKJV


Kort voor of wanneer Jesus ingryp kan iets vir die blote oog soms dan op sy ergste lyk, die seun trek erg saam en dan lyk hy dood vir al die omstanders, en ons dink die vyand het 'n punt gesit. Ook Laserus ruik al...
     Die donker het gewen...
BUT GOD!!
Maar Jesus sit juis dan 'n komma, want dis baie keer net voor die wonderwerk gebeur, dis juis hier waar geen menlike ingrype meer kan help nie, dis dus onbetwisbare Goddelike ingrype. So was dit dan ook met Laserus, menslik gesproke vier dae te laat.
 Ons moet nie op daai  “doodstyding oomblik”  wanneer dit lyk of daar geen hoop meer is ons geloof verloor nie, dink die vyand het gewen nie, HY KAN NIE WEN NIE, hy sal erg terug baklei, verwag dit,
MAAR BLY BID, 
BLY GLO en 
BLY VERTROU
 al kom daar nog net 'n fluistering van "Here help" nog oor jou lippe.


Die donker gaan nie wen nie, dit kan nie, ons mag nie oorgee nie,
satan lieg vir ons dat die ding ons gaan wen.

Jesus het reeds namens ons gewen.
 Satan is verslaan!!!!!  PUNT!!



"En hulle sal teen jou veg, MAAR jou nie oorwin nie
WANT EK IS MET JOU, spreek die Here,
om jou uit te red."
JEREMIA 1:19 AFR53



_____________________________________________________________________________

As Sy kind het ek REEDS Sy Gees in my 
en daarom ook die geestelike wapens wat Hy ons gee.

_____________________________________________________________________________

ONS GAAN NIE VERLOOR NIE...ONS WEN
Ons beteken...ek veg nie alleen. 

Hy veg saam met my en ons as God se kinders veg vir mekaar op ons knieë teen die vyand. 
As die vyand dit dus kan regkry om ons met allerhande dinge te VERDEEL verswak hy ons teenstand, nog te meer as hy ons BIDDELOOS kan maak.

Daarom moet ons dit sien vir wat dit is; 
geestelike oorlog wat ons wil verwoes en ons lewe wil steel. 

________________________________________________________________________________


Ons kan uit hierdie DONKER gat kom met Hom aan ons kant en die geestelike wapens tot ons beskikking.

...GENOEG IS GENOEG...
(die vyand het nou lank genoeg by ons gesteel )

Vertrou op die Here en roep na Hom vir hulp. 
Gebruik Sý wapens wat Hy ons gee teen die vyand.
Menslike hulp, soos die wêreld aanbied is net tydelik.
Jesus se hulp verslaan die vyand om nooit weer terug te keer
_________________________________________________________________________________


Die gees wat REEDS BINNE ons is, is groter as die gees wat TEEN ons is.


"Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
PSALMS 50:15 AFR83


 Ons sien HY GRYP ONS BY DIE HAND met SY REGTERHAND sodat ons weer kan OPSTAAN, ons is nie verslaan en gaan nie bly lê nie.
ONS VAL MAAR HOEF NIE TE BLY LÊ NIE
Nie deur krag en geweld nie (menslike vermoëns) maar deur Sy Gees sal ons oorwinning kry, moenie glo dis verby nie.


"Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie(menslike vermoëns), maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare(of angel army's)  
Wie is jy, groot berg? (Vrees en angstigheid, donker)
Voor Serubbábel sal jy tot ’n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!"
SAGARÍA 4:6‭-‬7 AFR53‬‬‬

Die Here self veg vir my en jou  Hy kan ook hierdie groot berg teen ons 'n gelykte maak en dis "Genade, genade oor hom(my)!"


Soos met hierdie seun en met Elia TREE SY GENADE VIR ONS IN



________________________________________________________________________________

VREES MAAK  VAN MOLSHOPE BERGE
MAAR VANUIT GOD SE PERSPEKTIEF
EN DEUR SY INGRYPE WORD BERGE MOLSHOPE
_________________________________________________________________________________


Telkemale in die Woord lees ons van GOD SE REGTERHAND waarmee Hy ons gryp, VASHOU.
Sy regterhand dui op Sy krag, Sy seën, genade en beskerming wat Hy ons gee.



"Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?  Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.  Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,  ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.  Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,  maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
PSALMS 139:7‭-‬12 AFR83

"Cast your burden on the Lord [release it] and He will sustain and UPHOLD you; He will never allow the righteous to be shaken (slip, fall, fail).
Psalms 55:22 AMP



Here help ons om te weet hoe om in hierdie geveg oorwinning te kan behaal.


"God is our refuge and strength [mighty and impenetrable], A very present and well-proved help in trouble.
  “Be still and know (recognize, understand) that I am God.
I will be exalted among the nations! I will be exalted in the earth.”  
The Lord of hosts IS WITH US
The God of Jacob is our stronghold [our refuge, our high tower]. Selah."
Psalms 46:1‭, ‬10‭-‬11 AMP


Jes 30 :15


Roep aanhoudend na HOM....


Die Here versterk ons as ons moeg is

"Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en TOE DIT MOEG WAS, het Ú dit versterk."
PSALMS 68:10 AFR53
As ek moeg is moet ek by Jesus by die put 'n rukkie gaan sit soos die Samaritaanse vrou en van Sy lewende water drink.



Een van ons kernwapens is LOFPRYSING...
"'n PSALM. By die lofoffer.  Juig voor die Here , o ganse aarde!  Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.  Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.  
Gaan sy poorte in met lof
sy voorhowe met lofgesang
loof Hom, prys sy Naam.
  Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid,
 en sy trou van geslag tot geslag."
PSALMS 100:1‭-‬5 AFR53

Die Onse Vader gebed leer Jesus ons ook om met LOFPRYSING te begin bid,  God se voorhowe te nader.


DIE HERE IS ONS BEWAARDER

"All my life You have been faithfull, all my life You have been so so good...
 I wil sing of the goodness of God
I love You, Lord
For Your mercy never failed me
All my days, I've been held in Your hands
From the moment that I wake up
Until I lay my head
Oh, I will sing of the goodness of God

And all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I will sing of the goodness of God

I love Your voice(Word)
You have led me through the fire
And in darkest night You are close like no other
I've known You as a Father
I've known You as a Friend
And I have lived in the goodness of God, yeah!"
- Bethel Music


Maar soms kan Jesus besluit om dit nie weg te vat wat my so aanval nie, want Hy leer my daardeur om op Hom te vertrou DEURENTYD en dat SY GENOEG IS GENOEG soms beteken dat Sy genade vir my genoeg is soos met Paulus.



"selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 
Sy antwoord was: “My GENADE is vir jou GENOEG. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” 
Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, SODAT die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, 
WANT AS EK SWAK IS, IS EK STERK."
2 KORINTIËRS 12:7‭-‬10 AFR83

Want as ek swak is, is ek sterk... want dan maak ek nie staat op my eie krag nie, maar voortdurend op Syne.



In Sy hand is ons veilig, Hy vorm en maak ons na Sy wil, alles wat met ons gebeur gebruik Hy ten goede in hierdie vormingsproses

ONTHOU
"Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."
FILIPPENSE 4:13 AFR53

Maar ons het hierdie skat in erdekruike
sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. 
In alles word ons verdruk, MAAR ons is nie terneergedruk nie;
 ons is oor raad verleë, MAAR nie radeloos nie; 
 ons word vervolg, MAAR nie deur God verlaat nie, 
op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.  
Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, 
sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam."
2 KORINTIËRS 4:7‭-‬10 AFR83

Met gebed, volhardende geloof en vertroue sal ons nie onder gaan nie, al voel dit so. 

"Letting go of every single dream
I lay each one down at Your feet
Every moment of my wandering
Never changes what You see

I TRY TO WIN THIS WAR
I confess, my hands are weary, 
I need Your rest
Mighty warrior, king of the fight
No matter what I face You're by my side

When You don't move the mountains
I'm needing You to move
When You don't part the waters
I wish I could walk through
When You don't give the answers
As I cry out to You
I will trust, I will trust, I will trust in You

Truth is, You know what tomorrow brings
There's not a day ahead You have not seen
So let all things be my life and breath
I want what You want Lord and nothing less

When You don't move the mountains
I'm needing You to move
When You don't part the waters
I wish I could walk through
When You don't give the answers
As I cry out to You
I will trust, I will trust, I will trust in You
I will trust in You

You are my strength and comfort
You are my steady hand
You are my firm foudation
The rock on which I stand
Your ways are always higher
Your plans are always good
There's not a place where I'll go
You've not already stood...

 - Lauren Daigle

Ons moet heeltyd die Here loof en prys, onthou wat Hy al gedoen het en glo en vertrou wat Hy ook vorentoe sal doen.
"U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade.  Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.  U verlossingswerk, o God, is oneindig groot; groot is die dinge wat U gedoen het! Wie is soos U, o God?  U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.  Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!"
Ps71


"Prys die Here o my siel
 prys die Here want Hy is goed
 Prys die Here al wat lewe prys die Here. 
Die hele skepping sing nou saam, loof Sy almag prys Sy naam, " VONKK


Hoe kom ek dus uit hierdie donker?



Oog gevestig op Jesus, baie tyd by Sy voete in Woord, gebed, lofprysing, dus doen, glo en vertrou Sy Woord, moet dit nie net aanhoor nie.
Hy is die Woord(Joh 11:1--2)

Begin om die Here in alles raak te sien, elke "But God" oomblik op te konsentreer eerder as op die feite.

Ons moenie moed opgee nie, volhard om die Here te volg, Sy Woord te glo en te doen. Ek moet SY HAND WAT HY NA MY UITGESTREK HOU OM MY UIT DIE DONKER UIT TE HAAL IN GELOOF AANGRYP.

FOKUS JOU OOG OP HOM

"My soul [my life, my very self] is satisfied as with marrow and fatness, And my mouth offers praises [to You] with joyful lips.  When I REMEMBER You on my bed, I meditate and thoughtfully focus on You in the night watches (wanneer dit donker is om my, soms fissies soms geestelik) For You have been my help, And in the shadow of Your wings [where I am always protected] I sing for joy.  My soul [my life, my very self] clings to You;

YOUR RIGHT HAND upholds me."

Psalms 63:5‭-‬8 AMP



Hy wil vir ons die lewe gee in oorvloed...
"The thief comes only in order to steal and kill and destroy.
I came that they may have life, 
and have it in abundance [to the full, till it overflows]."
John 10:10 AMP

************************************************************************
 Net Hy kan jou uitlei vanuit die duisternis van sonde en ook die donker van wanhoop na die Lig.

  Ons hoef nie een oomblik langer  in die donker te leef nie!!


"Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. 
Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, 
sodat dié wat in My glo, 
nie in die duisternis sou bly nie."
JOHANNES 12:44‭-‬46 AFR83
************************************************************************


"As die Here my nie gehelp het nie, 

was die stilte van die graf seker al my tuiste!  
Toe ek gedink het my voete gly, 
het u troue LIEFDE MY REGOP gehou, Here. 
 Toe ek met baie onrus in my binneste sit
 (anxious thoughts multiply within me),
het u vertroosting my tot rus gebring."
PSALMS 94:17‭-‬19 AFR83

"Who stood up for me against the wicked? Who took my side against evil workers? If God hadn’t been there for me, I never would have made it.
The minute I said, 
“I’m slipping, I’m falling,” 
your LOVE, God ,
 took hold and held me fast. 
When I was upset and beside myself, you calmed me down and cheered me up."
Psalm 94:16‭-‬19 MSG

"Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela"
PSALMS 68:20 AFR83
 TREE VIR TREE DEUR DIE DONKER




"Om hierdie rede word ons nie moedeloos (en gee op) nie. 
Al is ons uiterlik besig om te vergaan, 
innerlik word ons van dag tot dag vernuwe 
(ons geloof word gelouter en versterk)
Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en GAAN VERBY 
(This too shall pass)
maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons OOG is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."
2 KORINTIËRS 4:16‭-‬18 AFR83

"Want U laat my lamp skyn; 
DIE HERE MY GOD LAAT MY DUISTERNIS OPKLAAR.  
Want met U loop ek 'n bende storm, 
en met my God spring ek oor 'n muur.  
Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
 Want wie is God buiten die Here ,
en wie is 'n ROTS behalwe onse God?
God is dit wat my met KRAG omgord en my weg volkome maak.
Hy maak my voete soos dié van herte('n ribbok)
 en laat my STAAN op my hoogtes(benoudhede).
Hy leer my hande om OORLOG te voer, 
(geestelike wapens te kan gebruik) 
SODAT my arms 'n koperboog span.
(na elke beproewing word ons arms sterker) 
  Ook het U my die SKILD van u uitredding gegee,
(Hy veg saam ons, en beskerm en red ons, die skild van die geloof weer al die brandpyle af) 
en U REGTERHAND het my ondersteun,
 en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
 U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.
 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal,
en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie. 
(aanhou saam met die Here geveg tot oorwinning behaal het)
  Ek het hulle verbrysel, 
sodat hulle nie kon opstaan nie;
 hulle het geval onder my voete.  

En U het my met krag omgord vir die stryd; 

U het my teëstanders onder my laat buk.
 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.   Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die Here , maar Hy het hulle nie geantwoord nie."
PSALMS 18:29‭-‬42 AFR53



Ons sien dus die donker kan net wen as ons OORGEE aan die gees van vreesagtigheid wat ons aanval en hom so toelaat om ons lewe te beheer en verwoes.
 Die enigste OORGEE wat die kind van GOD moet doen is aan God wat NOOIT UIT BEHEER IS. DIS 'N KEUSE OM HOM TE VERTROU EN SY WAARHEID TE GLO!
_________________________________________________________________
Ek moet onthou: 
U krag en U gees binne my is groter as die gees teen my
ONS VEG NIE ALLEEN NIE EN NIE IN EIE KRAG NIE!!

Die bose geeste wat ons aanval kan ons nie wen nie.
__________________________________________________________________

DIE HERE MY GOD LAAT MY DUISTERNIS OPKLAAR.  



Genoeg is genoeg



Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"